Tuesday 30 July 2024

Dana Soetra Die Stok

 

Dana Soetra


Vertaal vanuit Pali deur Thanissaro


Die Stok


So het ek gehoor; Die Boedda was in Savatthi en het gesê:

Vanuit ʼn ondenkbare begin ontstaan transmigrasie. ʼn Begin punt is nie bemerkbaar nie maar wesens bekleed met onkunde en omketting met begeertes (drange), transmigreer en dwaal voort.


Net soos ʼn stok in die lug opgegooi word en dit soms op die basis, soms op die kant, soms op die punt val, op dieselfde wyse/manier, wesens bekleed met onkunde en omketting met begeertes, transmigreer en dwaal voort – somstyds gaan van hierdie wêreld na ʼn ander;somstyds kom vanaf ʼn ander wêreld na hierdie een.


Waarom is dit so? Vanaf ʼn onbeskryflike en ondenkbaare ontstaan, begin transmigrasie. ʼn Beginpunt is nie opmerkbaar nie maar nogtans wesens bekleed met onkunde en geketting en verstrengeld met begeertes, transmigreer en dwaal voort.


Lank genoeg het jy gestres, gepynig en verlies ondervind en die begraafplase volgemaak. Genoeg om misnoee ten opsigte van die gefabriseerde dinge te ontwikkel; genoeg om dispassievol te raak; genoeg om verlos te raak!





** Lord Jesus be praised…

Translate into Afrikaans, 21 December 2020





Salla Sutta Die pyl

 

Salla Sutta

Die pyl

The Arrow

"Onbepaald en onbekend is die lengte van dae vir die wesens wat onderwerpe is aan sterfte (die dood). Die lewe is moeilik, kortstondig en verstrengel met lyding. Daar is geen manier waarop daardie wesens wat gebore word, nie sal sterf nie. Daar is verseker sterfte indien ʼn wese ʼn hoë ouderdom bereik het. Dit is die natuurlike gang vir lewende wesens. Met ryp vrugte is daar die konstante gevaar dat hulle sal afval (grond toe). Op dieselfde manier, vir hulle wat gebore word en onderhewig is sterfte, is daar altyd die vrees van sterfte. Net soos die potte gemaak deur ʼn pottebakker almal opeindig gebroke, so is sterfte die opbreking (beëindiging) van lewe.

"Die jeugdiges en die bejaardes, die dwaas en die wyse, almal is onderworpe aan die mag van die dood en almal eindig op dood. Van daardie wat oorkom word deur die dood en aan beweeg na ʼn ander wêreld, ʼn vader kan nie sy seun verhoed nie, nog minder een familie-lid ʼn ander. Kyk! Terwyl families toekyk en ween, een vir een word sterflinge weggelei soos ʼn bees om geslag te word.

"Op die manier word die wêreld geteister deur sterfte en verval. Maar die wyse treur nie want hulle het gerealiseer wat is die natuur van die wêreld. U ken nie die weg hoe hulle het gekom het nie en ook nie hoe hulle vertrek (weg gaan) nie. Omdat u nie die begin en einde kan sien nie, treur en ween u wanhopig en tevergeefs. Indien daar enige voordeel bekom kan word deur te treur, sal die wyses dit doen! Net ʼn dwaas beseer homself. Deur te ween en te treur word die bewussyn nie gekalmeer nie, in teendeel meer lyding volg, die liggaam word benadeel en jy word maer en bleek; jy beseer bloot jouself. Jy kan jou afgestorwe geliefde nie so beskerm nie. Om te treur is te vergeefs.

Deur nie droefheid te laat vaar nie, ondergaan ʼn wese eenvoudig net meer lyding. Betreuring van die afgestorwe lei dat ʼn wese onder die invloed van wanhopige hartseer beland. Sien hoe wesens aan beweeg volgens hul dade! Dus wesens hier bewe met vrees wanneer hul onder die mag van die dood kom. Wat ookal hulle hul verbeel het, is total verskillende van hul verbeelding. Dit is die soort teleurstellig wat bestaan. Kyk na die aard (natuur) van die wêreld! Indien ʼn man vir ʼn honderd en meer jare leef, uiteindelik word hy geskei van sy familiekring en kom hy tot sterfte aan die einde. Daarom, nadat u na die Boedda (Verligte) geluister het, moet u wegdoen met klaag(liede). Wanneer u ʼn dooie liggaam sien, moet u weet, “Hom/haar sal ek nooit weer sien/ontmoet.” Soos ʼn brandende vuur in ʼn huis geblus word, so behoort ʼn wyse, denkende(diskrimineerde) en sensiteite wese, vinnig lyding (klaagliede) wat ontstaan, soos die wind ʼn stukkie katoen weg waai, weg mee doen. ʼn Wese wat strewe na geluk moet die pyl uittrek: sy eie klaagliede, verlange en hartseer.

Met die pyl uitgetrek, ongebonde, sal die wese gemoedsrus bekom; en wanneer alle lyding en hartseer oorkom is, is hy hartseer-vry en het kalm-leegheid (Nibbána) gerealiseer.”













** Lord Jesus be praised. Translated 28 February 2021

 


Abhaya Sutta Vreesloos

 

Abhaya Sutta

Vreesloos

Vertaal uit Pali deur Thanissaro

Janussoni die priester, gaan na die Boedda en by aankoms, groet die Boedda vriendelik. Hy gaan sit toe eenkant en sê vir die Boedda: "Ek is van mening en oponinie dat daar is geen een wat onderhewig is aan sterfte wat nie bang is nie of nie in vrees is vir die dood is nie."

Die Boedda sê: "Priester, daar is wesens wat onderhewig is aan sterfte, wat bang en in angs en vrees van die dood is. En ook wesens wat onderhewig is aan sterfte wat nie bang en nie in angs en vrees vir die dood is nie.

"En wie is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte wat bang, angstig en in vrees is vir sterfte? Dit is die geval van ʼn persoon wat nie weg gedoen het met passies, begeertes, liefde, koorsigheid en drang vir sensualiteit. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, 'O, daardie geliefde sensuele plesier sal van my af weg geneem en ek sal van daardie sensuele genot ontneem word!” Hy treur en gepynig; getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat bang, bevrees en angstig is wanneer die dood verseker sal intree.

"Verder, dit is die geval van ʼn persoon wat nie weg gedoen het met passies, begeertes, liefde, koorsigheid en drang vir die liggaam. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, 'O, my geliefde liggaam sal my ontneem word en ek sal skei van my geliefde liggaam!' Hy treur en gepynig; getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op.

Dit is daardie persoon wat ondehewig is aan sterfte, wat bang, bevrees en angstig is wanneer die dood verseker sal plaasvind.

Verder, daar is die geval van ʼn wese wat nie goed gedoen het nie, wat nie gedoen wat vaardig is nie en het nie beskerming verleen aan hulle wat vreesbevange gewees het nie en instede gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed is. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte.

Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, “Ek het nie gedoen wat goed is nie, ook nie gedoen wat vaardig is nie, nie beskerming verleen aan die wat bevrees was nie. In teendeel het ek gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed was. Tot so ʼn mate dat daar ʼn bestemming is vir daardie wesens wat slegte, bose, onmenslike en wrede dade pleeg en dit is daarheen waarna ek op pad is na afsterfte!” Hy treur en gepynig, getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op. Dit, ook, is ʼn persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat bang, vervrees en anstig is wanneer die dood verseker sal plaasvind.

Verder, daar is die geval van wesens wat in twyfel en radeloosheid is, wie nog nie sekerheid het t.o.v die egte Dharma. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte en op sy siekbed die volgende gedagte kom by hom op, “Hoe twyfelagtig en radeloos is ek! Ek het geen sekerheid t.o.v die egte Dharma!” Hy treur en gepynig, getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op. Dit, ook, is ʼn persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat bang, vervrees en anstig is wanneer die dood verseker sal plaasvind.

"Hierdie, priester, is die vier wesens (persoone) wat onderhewig is aan sterfte wat bang, bevrees en beangs t.o.v die dood.

"En wie is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie t.o.v die dood?

"Daar is die geval van ʼn wese wat weg gedoen het met passies, begeertes, liefde, koors en drang vir sensualiteit. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte.

Op sy siekbed kom die volgende gedagte glad nie by hom op nie, “O, daardie geliefde sensuele plesier en genot sal van my weg geneem word en ek sal van dit ook weg geneem word!” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

"Verder, daar is die geval van ʼn persoon wat weg gedoen het met passies, liefde, dors, koors en drang vir die liggaam. Dan word hy platgetrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte glad nie by hom op nie, “O, my geliefde liggaam sal van my af weg geneem word en ek sal van my geliefde liggaam ontneem word!” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig nie, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit, ook, is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

"Verder, daar is die geval van ʼn persoon wat gedoen het wat goed is, gedoen wat vaardig is, wat beskerming verleen het aan die wat bevrees was en wat nie gedoen het wat sleg, boos, onmenslik en wreed is nie. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, “Ek het gedoen wat goed is, gedoen wat vaardig is, beskerming verleen aan die bevrees was en nie gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed is nie.Tot so ʼn mate is ʼn dat daar ʼn bestemming is vir hulle wat goed gedoen het, gedoen wat vaardig is, beskerming verleen aan die die wat bevrees was en het nie gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed is nie. Dit is waarheen ek op pad is wanneer ek verseker sal sterf!” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig nie, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

Verder, daar is die geval van ʼn wese wat nie twyfel nie en ook nie radeloos is t.o.v die egte Dharma. Verseker weet hy wat die egte Dharma is. Dan word hy platgetrek deur ʼn ernstige siekte.

Op siektebed kom die volgende gedagte by hom op, “Ek het geen twyfel of is nie radeloos t.o.v die egte Dharma nie. Verseker weet ek wat die egte Dharma is.” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig nie, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

Hierdie, priester, is die vier wesens wat onderwerpe is aan sterfte, wat nie bang, nie angstig en nie bevrees is oor die dood nie!” Nadat dit gesê is, antwoord Janussoni die priester, die Boedda, “Wonderlik, Meester Gotama! Wonderlik! Dit kan vergelyk word met dit wat omgeval het wat weer regop gesit is, of belig word dit wat verborge was, of om iemand wat verdwaal het weer die regte pad aan te wys, of om ʼn lig te dra in die donkerte sodat hulle met oë, vorms kan onderskei/sien. Op dieselfde wyse, Meester Gotama, deur middel van verskeie beredenering het u die Dharma verhelder. Ek kom na Meester Gotama, die Dharma en die monnikke vir toevlug. Mag Meester Gotama my onthou as ʼn leke navolger vir lewenslank van hierdie dag af."





** Lord Jesus be praised…

Translated into Afrikaans, 2 January 2021 by Elroy M Heynes


Kama Sutta Sensuele Genot

 

Kama Sutta

Sensuele Genot

Indien ʼn wese, smagtend na sensuele genot,
dit bekom/bereik, ja,
hy's weggeraap tot die hart’s kern
Die sterfling bekom wat hy wil hê.
Maar indien vir hom, smagtend,
die genot/plesier verminder
hy is verpletterd,
asof met ʼn pyl getref.

Wie ookal sensuele begeertes vermy
as hy kan, met sy voet,
die kop van ʼn slang verpletter,
gaan verder, oplettend,
sonder vasklouing aan die wêreld.

ʼn Wese wat gulsig/gierig is
vir velde, landerye, goud,
beeste, perde,
bediendes, werkers,
verskeidenheid sensuele genot en plesier,
word oorweldig deur swakheid
en vertrap deur probleme,
want pyn val hom aan
soos water, ʼn gekraakte boot.

So ʼn wese, altyd oplettend en bewustelik,
behoort sensuele begeertes vermy.
Laat dit gaan,
hy sal die vloed oorsteek
soos een wat, die sinkende boot verlaat het,
die oorkantste oewer bereik.

*Lord Jesus be praised. Translated 23 February 2021




Adittapariyaya Sutta

 

Adittapariyaya Sutta

Die vlamme predikasie

So het ek gehoor, die Boedda het gewoon by Varanasi in Gaya, (Gaya Hoogte), saam met 1,000 monnikke. Hy adresseer die monnike:

'Monnike, die Alles is in vlamme. Wat Alles is in vlamme? Die oog is in vlamme. Vorms is in vlamme. Visuele bewussyn is in vlamme. Visuele kontak is in vlamme. En wat ookal ontstaan a.g.v afhanklikheid van visuele kontak, wat ondervind word as genot, lyding(verlies), of nie-genot-of-nie-lyding, dit ook is vlammend. Vlammend en brandend met wat? Brandend met dit vure van passie, die vuur van aversie, die vuur van misleiding. Brandend met ontstaan, veroudering, sterfte, met hartseer, klaagliedere, lyding, treur en desperaadheid.

'Die oor is vlammend… Geluide is vlammend…

'Die neus is vlammend. Reuke is vlammend... Die tong is vlammend. Geure is vlammend...

'Die liggaam is vlammend. Tasbare sensasies is vlammend...

'Die intellek is vlammend. Idees is vlammend. Geestelike bewussyn is vlammend. Geestelike kontak is vlammend. En wat ook bestaan a.g.v afhanklikheid van geestelike kontak en wat ondervind word as genot, lyding, nie-genot-of-nie nie-lyding. Dit ook is vlammend. Vlammend en brandend met wat? Brandend met die vure van passies, die vure van afsku en die vure van misleiding. Vlammend met geboorte, veroudering en sterfte, met hartseer, klaagliedere, lyding, treur en desperaatheid.

'Wetend dus, die onderrigte Edele dissipel ontwikkel ontvredenheid t.o.v die oog, vorms, visuele bewussyn en visuele kontak, pyn, die intellek, misnoeë/ontevredenheid met idees, misnoeë met geestelike bewussyn, ontrvredenheid met geestelike kontak. En wat ookal is wat ontstaan het as gevolg van afhanklikheid van geestelike kontak, ondervind word as genot/plesier, pyn of nie-plesier of nie-pyn: die wese ontwikkel misnoeë en ontevredenheid daarmee. Ontevrede en nie-passievol is die wese. Deur nie-passie, is/word hy vrygestel. Met die vrystelling, kom die kennis, "Vrygestel/verlos." Hy weet (onderskei)dat "Geboorte/Ontstaan het tot ʼn einde gekom (uitgeput), die heilige lewe is gelei, die taak voltooi. Daar is niks meer verder te doen in hierdie wêreld."'

Dit is wat die Boedda gesê het en verheug was die monnikke. Hulle harte en bewussyn was bevry van geestelike uitvloeiings.



** Lord Jesus be praised…


Translated into Afrikaans, 17 January 2021


Die Diamand Soetra

Die Diamand Soetra

Vertaal deur A. F. Price en Wong Mou-Lam 

Afdeling Een

Die Konvokasie van die Byeenkoms.

So het ek gehoor:

Eens op ʼn tyd het die Boedda vertoef in Anathapindika se Park, by Shravasti met ʼn groot menigte monnikke (selfs twaalf honderd en vyftien). Eendag, tydens die tyd om hul vas te breek, het die Wêreld Gerespekteerde Een, sy monnik’s kleed aangetrek, sy bedelaars houer (bak) geneem en na die groot stad van Shravasti gegaan om te bedel vir kos. In die stad het hy van deur-tot-deur gebedel volgens die monnik se reëls. Daarna het hy terug gekeer en sy kos geeët. Na sy ete het hy sy kleed en bedel bak weg gesit, sy voete gewas, sitplek reg gekry en gaan sit.


Afdeling Twee

Subhuti doen ʼn versoek.

Nou ten midde van die byeenkoms was die geagte Subhuti. Hy staan op, ontbloot sy regterskouer, kniel op sy regter knie en respekvol met gevoude handpalms, adresseer hy die Boedda soos volg: Wêreld Grespekteerde Een, indien goeie mans en vrouens wie die Volmaking van Ongeëwenaarde Verligting soek, by watter kriteria moet hulle vertoef en hoe moet hulle hul denke beheer?

Die Boedda sê: Knap gedaan Subhuti! Net soos jy sê, die Boedda is altyd bewus van al die strewelinge, beskerm en onderrig hulle baie goed. Nou luister aandagtig en neem my woorde ter harte: Ek sal aan jou duidelik maak deur middel van watter kriteria goeie mans en vrouens wat die Konsumasie van Onvergelykbare Verligting soek, moet vertoef en hoe hulle hul denke moet beheer.

Subhut sê: Asseblief Wêreld Gerespekteerde Een! Met vreugdevolle afwagting hoor ons graag. 


Afdeling Drie

Die ware leerstelling van die Magtige Weg.

Die Boedda sê: Subhuti, al die Streweling-Helde behoort hul denke soos volg te dissiplineer: Alle lewende wesens van watter klas ookal, gebore uit eiers, gebore uit baarmoeders, gebore uit klammigheid, of deur transformasie met of sonder vorm, of in ʼn denkende staat of sonder denke of totaal buite alle bewussyn’s (denke) koninkryke – alles dit word deur my veroorsaak om Ongebonde Bevryding (Nirvana) te bereik. Nogtans wanneer ontelbare en onmeetbare aantal lewende wesens sodoende bevry is, versekerd geen wesens was in werklikheid bevry! Waarom is dit so Subhuti? Omdat geen Streweling wat ʼn egte streweling is, koester die idée van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese of ʼn afsonderlike individualiteit. 


Afdeling Vier

Selfs die Mees Voordeligste Praktyke is Relatief.

Verder, Subhuti, met die beoefening van liefdadigheid behoort die streweling onpartydig en ongebonde te wees. Dit is om te sê, die streweling behoort liefdadigheid te beoefen sonder inagname van voorkoms, klank, reuk, aanraking, smaak of enige kwaliteit. Subhuti, dus die streweling se beoefening van liefdadigheid moet sonder enige aanhegsels wees. Waarom? In sulke gevalle sal sy meriete en voordele onberekenbaar wees. Subhuti, wat dink jy? Kan jy al die spasie in ʼn oostelike rigting bereken?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, ek kan nie.

Kan jy, Subhuti, al die spasie uitgebrei in ʼn suidelike, westelike of in enige ander rigtings bereken?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, ek kan nie.

Wel, Subhuti, soortgelyk onberekenbaar is die meriete van die streweling wat liefdadigheid beoefen sonder enige vasklouing (inagneming van) aan voorkoms. Subhuti, strewelinge behoort gefokusd te volhou in die beoefenig van hierdie instruksie. 


Afdeling Vyf

Verstaan die mees Grond Beginsel van Realiteit. 

Subhuti, wat dink jy? Kan die Boedda herken word deur een of ander materiële kenmerk?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een; die Boedda kan nie herken word aan enige materiele karaktereienskap. Waarom? Omdat die Boedda gesê het dat materiele kenmerke is inderwaarheid nie materiele kenmerke nie.

Boedda sê: Subhuti, waar ookal materiele kenmerke aangetref word (is), is daar illusies en dwaling; maar wie ookal waarneem dat alle kenmerke in werklikheid nie-kenmerke is, neem die Boedda waar. 


Afdeling Ses

Skaars is Reine (Ware) Geloof.

Subhuti sê vir die Boedda: Wêreld Gerespekteerde Een, sal daar altyd mans en vrouens wees wat opreg sal glo nadat hulle hierdie leerstellings gehoor het?

Boedda antwoord: Subhuti, moenie sulke woorde uiter nie! Na die einde van die laaste vyf honderd jaar periode na die sterfte van die Boedda, sal daar self-beheersde mans en vrouens wees wat geanker is in deugde, wat hierdie leerstellings sal hoor, wat ge-ïnspireerd sal wees met geloof. Maar jy moet besef dat sulke mans (en vrouens) het nie net hul wortels van deugde onder net een Boedda of twee Boeddas of drie of vier of vyf Boeddas maar onder onberekenbare Boeddas geplant nie en hul deugde is van elke denkbare soort. Sulke mans, wie kom om hierdie leerstellings te hoor, sal onmiddelike opwelling van egte geloof ondervind en die Boedda sal hulle erken. Ja, hy sal duidelik al diegene met ʼn reine hart en die omvang van hul morele vooruitstrewendheid waarneem.

Waarom? Dit is omdat sulke mans nooit sal terugval om die gedagte van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese of ʼn onafhanklike indivualiteit te koester nie. Ook sal hulle nie die idée koester dat dinge intrinsieke kwaliteit besit, selfs nie dat dinge sonder intrinsieke kwaliteite is.

Waarom? Omdat indien sulke mans toelaat dat hul bewussyne sou gryp en vasklou aan enige iets, dan sou hulle die idée van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese of ʼn aparte individualiteit koester; en indien hulle gryp en vashou aan die idée dat dinge intrinsieke kwalitieite besit, sal hulle dus die idée koester van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese of ʼn aparte individualiteit. Soortgelyk, indien hulle gryp en vasklou aan die idée van verskynsels as vry van (sonder) intrinsieke kwaliteite, dan sal hulle die idee van ʼn ego, ʼn entitteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese of ʼn aparte individualiteit koester. So jy behoort nooit aangetrokke te wees tot dinge as eiendom of sonder intrinsieke kwaliteite. Dit is die rede waarom die Boedda altyd die volgende leerstelling onderrig: My onderrig van die Goeie Wet moet vergelyk word met ʼn boot wat gebruik word om ʼn vloed te oorkruis [sal ʼn wese wat veilig ʼn vloed met ʼn boot oorkruis het, aanhou om die boot op sy kop en skouers te dra?]. Die Boedda-leerstelling moet opgegee (afstand geneem van word) word; hoeveel te meer nie die wan-leerstelling! 




Afdeling Sewe

Magtige wesens, perfek verhewe bo studies, uiter geen woorde van die Leerstelling.

Subhuti, wat dink jy? Het die Tathágata die Komsumasie van Onverlykbare Verligting bereik? Het die Tathágata ʼn Leerstelling om te verkondig?

Subhuti antwoord: Soos ek die Boedda se betekenis verstaan is daar geen formulering van die waarheid genaamd Voleinding (Konsumasie) van die Onverlykbare Verligting. Verder het die Tathágata nie ʼn leerstelling geformuleer om te verkondig. Waarom? Omdat die Tathágata gesê het dat die waarheid is onbeperkend en onuitspreeklik. Dit is nie dit of nie dat nie. Dus is dit dat hierdie ongeformuleerde beginsel die fondasie van die verskillende stelsels van die wyses is. 


Afdeling Agt

Die vrugte van Verdienstelik Optrede.

Subhuti, wat dink jy? Indien enige iemand die drie duisend sonnestelsels van die wêrelde vul met die sewe skatte en dit weggee as almoese, sal daardie iemand groot voordele bekom?

Subhuti sê: Groot versekerd, Wêreld Gerespekteerde Een! Waarom? Omdat die voordele wat deel is van die karakter van nie-voordeel, die Tathágata karakteriseer die voordele as groot.

Toe sê die Boedda: Aan die anderkant, indien enige iemand selfs net vier verse van hierdie Leerstelling ontvang en handhaaf en leer en verduidelik dit aan andere, sal sy voordele groter wees. Waarom? Omdat, Subhuti, vanaf hierdie Leerstelling ontstaan alle Boeddas en die Volmaking van Onvergelykbare Verligting’s leestellings van al die Boeddas. Subhuti, wat genoem word die “Godsdiens van die Boedda” is nie in werklikheid die Boedda-Godsdiens nie. 


Afdeling Nege

Ware Aanwysing is Onbenoembaar.

Subhuti, wat dink jy? Sê ʼn dissipel wat ʼn stroom-toetreder tot die Heilige Lewe geword het, vir homself: Ek het die vrug van ʼn stroom-toetreder bereik?

Subhuti sê: Nee, Wêreld Gerespekteerde Een. Waarom? Omdat "Stroom-toetreder” slegs ʼn benaming is (ʼn naam is). Daar is nie stroom-toetreding nie. Die dissipel wat nie aangetrokke is tot vorm, klank, reuk, smaak, aanraking of enige kwaliteit, word genoem ʼn stroom-toetreder.

Subhuti, wat dink jy? Dink jy dat ʼn ingewyde monnik (wese) wat onderworpe is aan slegs een meer her-geboorte vir homself sê: “Ek het die vrug van ʼn eenkeer meer her-geboorte bekom?

Subhuti sê: Nee, Wêreld Gerespekteerde Een. Waarom? Omdat "Een keer meer her-geboorte” is slegs ʼn naam (benaming). Daar is geen uitwissing of ontstaan. [Die monnik wat dit realiseer] dit word genoem “Eenkeer-her-gebore"

Subhuti, wat dink jy? Sê ʼn geagte een wie nooit weer as ʼn sterflike her-gebore sal word, vir homself: Ek het die vrug van ʼn nooit-weer-terugkeer(der) bereik?

Subhuti sê: Nee, Wêreld Gerespekteerde Een. Waarom? Omdat “nooit-weer-terugkeer (der)” is slegs ʼn naam. Daar is nie “nie-weer-terugkering”; daarom is die benaming “nie-weer-terugkeerder”.

Subhuti, wat dink jy? Sê ʼn heilige vir homself: Ek het die vrug van Vervolmaakte Verligting bereik.

Subhuti sê: Nee, Wêreld Gerespekteerde Een. Waarom? Omdat daar nie so ʼn kondisie genaamd “Vervolmaakte Verligting” is nie." Wêreld Gerespekteerde Een, indien ʼn hielige een van Vervolmaakte Verligting vir homself sou sê: "as sulks is ek," sal hy noodwendig deelneem aan die idée van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese, of ʼn aparte individualiteit. Wêreld Gerespekteerde Een, wanneer die Boedda verklaar dat ek uitstaande is tussen heiliges in die Joga van perfekte stilte, in vertoewing in afgesonderdheid en in die vryheid van begeertes en passies, sê ek nie vir myself: Ek is ʼn heilige van die Vervolmaakte Verligting, vry van begeertes en passies. Wêreld Gerespekteerde Een, indien ek vir myself sou sê: As sulks is ek, sou u nie verklaar: Subhuti vind vrede in die vertoef van vreugde, in afgesonderdheid ten midde van die woud. Dit is omdat Subhuti nêrens vertoef: dus word hy genoem, "Vreugdevolle-Vetroewer-in-Vrede, Vertroewer-in-Afgesonderdheid-in-die-Woud”." 


Afdeling Tien

Daarstelling van Rein (e) Lande.

Boedda sê: Subhuti, wat dink jy? In die verre verlede toe die Tathágata saam met Dîpankara Boedda was, het hy enige graad van bereiking van die Goeie Wet bekom?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een. Toe die Tathágata saam met Dîpankara Boedda was, het hy geen graad van bereiking in die Goeie Wet gehad nie.

Subhuti, wat dink jy? Stel ʼn ontwake enige manjifieke Boedda-land daar?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een. Waarom? Omdat die daarstelling van vier manjifieke Boedda-lande is nie ʼn manjifieke daarstelling; dit is self ʼn naam (benaming).

Toe gaan die Boedda voort: Daarom, Subhuti, alle strewelinge, gering of magtiges, behoort ʼn reine, helder bewussyn te ontwikkel wat nie afhanklik is van klank, smaak, aanraking, reuk of enige ander kwaliteit. ʼn Streweling behoort ʼn bewussyn te ontwikkel wat in lyn is met niks wat ookal en hy behoort dit so te vestig. Subhuti, dit kan verglyk word met ʼn menslike liggaam so groot soos Berg Sumeru. Wat dink jy? Sal so ʼn liggaam groot wees?

Subhuti antwoord: Groot inderwaarheid, Wêreld Gerespekteerde Een. Omdat die Boedda verduidelik het dat ʼn nie-liggaam word genoem ʼn groot liggaaam. 

 

Afdeling Elf

Die Verhewenheid van die Ongeformuleerde Waarheid

Subhuti, indien daar soveel Ganges riviere soos die sandkorrels van die Ganges rivier is, sal die sandkorrels almal baie wees?

Subhuti sê: Baie inderwaarheid, Wêreld Gerespekteerde Een! Selfs die Ganges riviere sal onberekenbaar wees; hoeveel te meer nie sal die sandkorrels nie wees nie?

Subhuti, ek sal die waarheid aan jou verklaar. Indien ʼn goeie man of vrou die drie duisend kosmosse van wêrelde vul met die sewe skatte vir elke sandkorrel in al daardie Ganges riviere, en alles aanbied (weggee) as almoese, sal hulle groot meriete bekom?

Subhuti antwoord: Groot inderwaarheid, Wêreld Gerespekteerde Een!

Die Boedda verklaar toe: Nie-teen-staande, Subhuti, indien ʼn goeie man of vrou wie hierdie leerstelling bestudeer in so verre om dit te ontvang en vier reëls te herroep, dit te onderrig en verduidelik aan andere, die daaruit spruitende voordele sal veel groter wees. 


Afdeling Twaalf

Verering van Ware Leer (stelling) .

Verder, Subhuti, moet jy weet dat waar ookal hierdie leerstelling verkondig word, selfs so min as vier reëls, daardie plek behoort vereer te word deur godelike, menslike en Titaan koninkryke asof dit ʼn Boedda altaar. Hoeveel te meer nie soveel in die geval wanneer een wie instaat is om te ontvang en te handhaaf en te lees en voor te dra die hele Diamand soetra! Subhuti, jy moet weet dat so ʼn een bereik die hoogste en mees wonderlikste waarheid. Waar ookal hierdie heilige leerstelling gevind mag word, moet jy optree asof jy in die teenwoordigheid van die Boedda en sy dissipels is, wat waardig van lof is. 


Afdeling Dertien

Hoe hierdie Leerstelling (onderrig) ontvang en behou moet word.

Daardie tyd, Subhuti addresseer die Boedda deur te sê: Wêreld Gerespekteerde Een, by watter naam behoort hierdie Leerstelling bekend te wees en hoe behoort ons dit te ontvang en behou?

Die Boedda antwoord: Subhuti, hierdie Leerstelling moet bekend staan as “Die Diamand van die Perfeksie van Transendentale Wysheid” – dit is hoe jy dit te behoort te ontvang en te behou. Subhuti, wat is die rede daarvoor?

Volgens die Boedda-lering, die Perfeksie (Vervolmaking) van Transendentale Wysheid is nie in werklikheid as sulks nie. “Vervolmaking van Transendentale Wysheid” is slegs die naam wat gegee aan dit. Subhuti, wat dink jy? Het die Boedda ʼn leerstelling om te onderrig?

Subhuti antwoord die Boedda: Wêreld Gerespekteerde Een, die Boedda het niks om te onderrig nie.

Subhuti, wat dink jy? Sal daar baie molekules in [die samestelling van] drie duisend komosse (heelal) wees?

Subhuti sê: Baie inderwaarheid, Wêreld Gerespekteerde Een!

Subhuti, die Tathágata verklaar dat al hierdie molekules is in werklik nie as sulks, dit word slegs genoem "molekules." [Verder,] die Tathágata verklaar dat ʼn wêreld is nie werklik ʼn wêreld nie; dit word slegs genoem ʼn wêreld." Subhuti, wat dink jy? Kan die Boedda waargeneem word deur die twee-en-dertig fisies eiesoortige eienskappe [van ʼn uitstaande wyse man/vrou]

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, die Boedda kan nie waargeneem word aan hierdie twee-en-dertig eiesoortige eienskappe nie. Waarom? Omdat die Boedda verduidelik dat die twee-en-dertig is in werklikheid is so nie, dit word terwille van name (benaming) “die twee-en-dertig tekens” genoem.

Subhuti, indien egter, enige goeie man of vrou wie opoffer soveel lewens gelykstaande aan die sandkorrels van die Ganges rivier en daarinteen enige iemand wie selfs net vier lyne van hierdie leerstelling ontvang en handhaaf, en dit onderrig en verduidelik dit vir andere, sal laasgenoemde se meriete veel groter wees. 


Afdeling Viertien

Perfekte Vrede kan gevind word in die Vryheid van kenmerkende Onderskeidings.

Terwyl Subhuti hierdie Leerstelling hoor, ondervind hy ʼn interne realisering van die Leerstelling se betekenis (en het hy in trane uitgebars.) Daarna addresseer hy die Boedda soos volg: Dit is die mees waardevolste ding, Wêreld Gerespekteerde Een, dat u hierdie mees diepgaande verkondig. Nooit tevore sedert my wysheid’s oog geopen is, het ek so ʼn uiteensetting gehoor. Wêreld Gerespekteerde Een, indien enige iemand na hierdie Leerstelling met ʼn rein en helder bewussyn (verstand) luister, sal hy daarna bepeins ʼn idee van Fundamentele Realiteit. Ons moet weet dat so ʼn wese die mees waardigste deugd (e) besit. Wêreld Gerespekteerde Een, so ʼn idée van Fundamentele Realiteit is nie in werklikheid ʼn onderskeidende idée nie; daarom onderrig die Boedda: ʼn idee van Fundamentele Realiteit is slegs ʼn naam.

Wêreld Gerespekteerde Een, nadat ek na hierdie Leerstelling geluister het, ontvang ek dit en behou dit met geloof en begrip. Dit is nie moeilik vir my nie maar in die toekomstige tyd - in die laaste vyf honderd jaar, indien mans/vrouens wat hierdie Leerstelling hoor en dit ontvang en dit behou met geloof en begrip, sal hulle persone van die mees waardigste prestasie wees. Waarom? Omdat hulle vry sal wees van die idée van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese en vry van die idée van ʼn aparte individualiteit. En waarom? Omdat die onderskeiding van ʼn ego-entiteit (fundamenteel) foutief is. Soortgelyk die onderskeiding van ʼn persoonlikheid of ʼn wese of ʼn aparte individualiteit is foutief. Gevolglik word diegene wat elke onderskeiding van verskynsels agtergelaat het, almal Boeddas genoem.

Die Boedda sê verder vir Subhuti: Net so jy sê! Indien enige iemand luister na hierdie Leerstelling en is nie of gevul met verskrikking of verbasing of vrees nie, laat dit bekend wees dat so ʼn wese is van die mees waardigste prestasie. Waarom? Omdat, Subhuti, die Boedda leer dat die die eerste Vervolmaking [die Vervolmaking van Liefdadigheid] is nie, in realiteit die eerste Vervolmaking nie: as sulks is dit slegs ʼn naam (benaming). Subhuti, die Tathágata onderrig soortgelyk dat die Vervolmaking van Geduld is nie die Vervolmaking van Geduld: dit is slegs ʼn naam. Waarom is dit so? Dit word hier aangetoon, Subhuti: Toe die koning van Kalinga my liggaam geskend het, was ek daardie tyd vry van die idée van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese en ʼn aparte (afsonderlike) individualiteit. Waarom? Omdat, sou ek geketting was aan die onderskeidings soos voorheen genoem, sou gevoelens van woede en haat in my opgewel het.

Subhuti, ek onthou so lank gelede, gedurende my vorige vyf-honderd menslike lewens, was ek ʼn streweling wat geduld beoefen het. Selfs toe was ek vry van sulke onderskeidings van ʼn aparte self (heid). Daarom, Subhuti, strewelinge moet weg doen met onderskeiding van alle verskynsels en ontwaak die gedagte van die Vervolmaking van Onvergelykende Ontwaking (Verligting) deur nie die bewussyn toe te laat om afhanklik (te steun) op die idees van die sigbare wêreld – klank, reuk, smaak, aanraak-kontak of enige ander kwaliteite. Die bewussyn behoort onafhanlik gehou te word van enige idees wat opwel binne dit self. Indien die bewussyn afhanklik is van enige iets, het dit geen seker hawe. Dit is waarom die Boedda leer dat die bewussyn van ʼn streweling moet die voorkoms van verskynsels aanvaar as ʼn basis wanneer hy/sy liefdadigheid beoefen. Subhuti, indien die streweling liefdadigheid vir die welstand van alle lewende wesens beoefen, moet hulle dit op so wyse doen. Net soos die Tathágata verklaar dat eienskappe nie in werklik eienskappe is nie, soortgelyk verklaar hy dat lewende wesens nie in realiteit lewende wesens is.

Subhuti, dieTathágata is Hy wat verklaar dit wat waar is; Hy wat verklaar dit wat fundamenteel is; Hy wie verklaar dit wat die uiteindelike is. Hy verklaar nie dit wat bedreiglik is, nog minder dit wat monsteragtig is. Subhuti, daardie Waarheid wat die Tathágata bereik het, is nie werklik of nie onwerklik nie. Subhuti, indien ʼn streweling wie liefdadigheid beoefen se bewussyn aaangetrokke is tot formele begrippe is hy soos iemand wat sigloos in die somberheid kreun (mis tas); maar ʼn streweling wie liefdadigheid beoefen met ʼn bewussyn losgemaak van enige formele begrippe is soos ʼn persoon met oop oë in die uitkringende glorie van die oggend wat alle soorte voorwerpe helder sigbaar laat vertoon.

Subhuti, indien daar enige goeie mans of vrouens in die toekoms wat instaat sal wees om hierdie Leerstelling in totaliteit te ontvang, lees en voor te dra, sal die Tathágata hulle duidelik waarneem en herken deur middle van sy Boedda-kennis; en elkeen van hulle sal onmeetbare en onberekenbare meriete tot vrug bring.


Afdeling Vyftien

Die onvergelykbare waarde van hierdie Leer (stelling).

Subhuti, indien egter, ʼn goeie man of vrou in die oggend so veel as moontlik welwillenheids dade van selfbeheersing uitvoer soos die sandkorrels van die Ganges rivier en weer net soveel in die namiddag uitvoer en net soveel ook in die aand en so doen regdeur onmeetbare eeue maar aan die anderkant sou ʼn wese net luister met ʼn hart van geloof en sonder weerstand na hierdie Leerstelling, sal laas genoemde meer geseënd wees. Maar hoe kan enige vergelyking getref word met iemand wat hierdie Leerstelling neerskryf, dit ontvang, dit behou en dit aan andere verduidelik!

Subhuti, ons kan hierdie saak opsom deur te sê dat die volle waarde van hierdie Leerstelling kan nie bedink of beraam word nie nog minder kan enige beperking daaraan gestel word. Die Tathágata het verklaar dat hierdie Leerstelling tot voordeel vir die ingewydes van die Groot Weg is. Wie ookal hierdie Leerstelling ontvang, handhaaf, dit bestudeer, dit voordra en dit oorsee versprei, sal duidelik deur die Tathágata waargeneem en herken word en sal ʼn vervolmaking van meriete verhewe bo meting of berekening – ʼn vervolmaking van meriete onbeperk en ondenkbaar. In alle geval so ʼn wese versinnebeeld die Tathágata (Vervolmakingvan die Onvergelykbare Verligting). Waarom? Omdat, Subhuti, diegene wat vertroosting vind in beperkte leerstellings wat die konsepsie van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid of ʼn aparte individualiteit bevat, is nie instaat om hierdie Leerstelling te aanvaar, te ontvang, te bestudeer, voor te dra en openlik te verduidelik nie.

Subhuti, in elke plek waar hierdie Leerstelling gevind word, al die koninkryke van gode, mense en Titane behoort aanbidding te doen; want jy moet weet dat so ʼn plek is (ge) heilig soos ʼn altaar en behoort vereer te word met die nodige seremoniële gehoorsaamheid en omsingeling en met offerande van blomme en wierook. 


Afdeling Sestien

Suiwering deur lyding vir die vergelding van sondes van die verlede.

Verder, Subhuti, indien dit sou wees dat goeie mans en goeie vroue wat hierdie Leerstelling ontvang en behou, vertrap word, hulle bose lot is die onvermydelike vergeldende gevolg van sondes wat in hul vorige sterflike lewens gepleeg is. Op grond van hul huidige ongelukke sal die reagerende gevolge van hul verlede daardeur uitgewerk word, en hulle sal instaat wees om die voleinding van onvergelykbare verligting te bereik.

Subhuti, ek onthou die oneindige verlede voor Dîpankara Boedda. Daar was 84,000 multi-miljoen Boeddas en aan almal het ek offerande gemaak; ja sonder enige foute het ek hulle bedien. Nie-teenstaande, indien enige iemand aan die einde van die laaste vyf honderd jaar periode instaat is om hierdie Leerstelling te ontvang, behou, bestudeer en voor te dra, sal hy meriete bekom dat myne indiens van al die Boeddas nie gereken kan word as een honderdste deel daarvan, selfs nie een duisendste, menigte multimiljoenste deel daarvan - inderwaarheid, geen sulke vergelyking is moontlik.

Subhuti, indien ek ten volle die meriete bekom deur goeie mans en vrouens wat hierdie Leerstelling sal ontvang, behou, bestudeer en voordra in die laaste tydperk sou beskryf sal my aan-hoorders gevul wees met twyfel en mag hulle bewussyn wanorderlik, agterdogtig en ongelowig word. Jy moet weet, Subhuti, dat die betekenis van hierdie Leerstelling is verhewe bo konsepsie (begrip); soortgelyk die vrugte van die Leerstelling se belonings is ook verhewe bo konsepsie (begrip). 


Afdeling Sewentien

Geen een bekom Transendentale Wysheid.

Daardie Subhuti addresseer die Boedda deur te sê: Wêreld Gerespekteerde Een, indien goeie mans en vrouens die Voleinding (vervolmaking) van Onvergelykbare Verligting soek, by watter kriteria moet hulle vertoef en hoe behoort hulle hul gedagtes beheer?

Die Boedda antwoord: Goeie mans en vrouens wie op soeke is na die Voleinding van die Onverlykbare Verligting moet hierdie vasberade houding van hul bewussyn skep: Ek moet alle lewende wesens red (bevry), nogtangs wanneer almal bevry is, is nie niemand in werklikheid bevry. Waarom? Indien ʼn streweling die idée vertroetel van ʼn ego-entiteit, ʼn persoonlikheid, ʼn wese of ʼn afsonderlike individualiteit, is hy/sy gevolglik nie ʼn streweling nie. Dit is omdat in realiteit is daar geen formule wat aanleiding gee tot die ontstaan van die Volgeinding van die Onvergelykbare Verligting.

Subhuti, wat dink jy? Toe die Tathágata saam met Boedda Dîpankara was, was daar enige formule vir die bereiking van die Voleinding van die Onvergelykbare Verligting?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, soos ek die Boedda se betekenis verstaan was daar nie formule waardeur die Tathágata die Voleinding van die Onvergelykbare Verligting bekom het nie.

Die Boedda sê: Subhuti, jy is reg! Verseker was daar geen formule deur middle waarvan die Tathágata die vervolmaking van die Onvergelykbare Verligting bekom het nie. Subhuti, sou daar sodanige formule wees, sou Boedda Dîpankara nie aangaande my voorspel: "In die toekoms sal jy ʼn Boedda genaamd Shakyamuni word"; maar Dîpankara Boedda het hierdie voorspeling aangaande my gemaak omdat daar in werklikheid geen formule vir die bereiking van die Onvergelykbare Verligting is. Die rede is dat die Tathágata is 'n aanduiding wat alle formules impliseer. Ingeval enige iemand sou sê dat die Tathágata het die Voleinding van Onvergelykbare Verligting bekom, ek vertel jou die waarheid, Subhuti, dat daar geen formule waardeur die Boedda die Voleinding van die Onverlgelykbare Verligting bekom (bereik) het nie. Subhuti, die basis van die Tathágata se bereiking van die Voleinding van die Onvergelykbare Verligting is totaal verhewe bo begrip; dit is nie ʼn werklikheid nie nog minder is dit nie ʼn onwerklikheid nie. Daarom sê ek dat die hele koninkryk van formules is nie werklik as sulks nie, daarom word dit genoem die "Koninkryk van formulerings."

Subhuti, ʼn vergelyking mag gemaak word met [die idée van] ʼn reusagtige menslike liggaam (vorm).

Toe sê Subhuti: Die Wêreld Gerespekteerde Een het verklaar dat dit is nie ʼn reusagtige liggaam nie; ʼn groot liggaam is slegs die naam wat daarvoor gegee word.

Subhuti, dit is dieselfde aangaande die strewelinge en ontwaaktes. Indien ʼn streweling aankondig: Ek sal alle lewende wesens bevry, kan hy of sy na regte nie ʼn streweling genoem word nie. Waarom? Subhuti, omdat daar nie in werklikheid so ʼn kondisie is wat genoem word strewelingskap, want die Boedda onderrig dat alle verskynsels is sonder selfheid, sonder ʼn aparte individualiteit. Subhuti, indien ʼn streweling aankondig: Ek sal manjifieke Boedda-lande daarstel, moet hy/sy nie ʼn streweling genoem word nie want die Tathágata het verklaar dat die daarstelling van manjifieke Boedda-lande is nie werklik as sulks nie: "manjefieke daarstelling" is slegs die naam wat daarvoor gegee word.

Subhuti, ontwaaktes wat ten volle sonder enige konsepsie van ʼn aparte selfheid verkeer, word waarlik ʼn ontwaakte genoem.  


Afdeling Agtien

Alle modus van bewussyn is in werklikheid net Bewussyn.

Subhuti, wat dink jy? Besit die Tathágata die menslike oog prosesse?

Ja, Wêreld Gerespekteerde Een, u besit dit.

Wel, dink jy dat die Tathágata besit die hemelse oog?

Ja, Wêreld Gerespekteerde Een.

En dink jy die Tathágata besit die Gnostiese oog?

Ja, Wêreld Gerespekteerde Een, u besit dit (die gnostiese oog)

En dink jy dat die Tathágata oog van transendentale wysheid besit?

Ja, Wêreld Gerespekteerde Een, u besit dit.

En dink jy dat die Tathágata besit die Boedda-oog van alomwettendheid?

Ja, Wêreld Gerespekteerde Een, u besit dit.

Subhuti, wat dink jy? Betreffende die sandkorreltjies van die Ganges rivier, het die die Boedda aangaande dit onderrig?

Ja, Wêreld Gerespekteerde Een, die Tathágata het aangaande hierdie sandkorreltjies onderrig.

Wel, Subhuti, indien daar soveel Ganges rivers soos die sandkorreltjies van die Ganges rivier is en daar was ʼn Boedda-land vir elk van hierdie sandkorreltjies in al die Ganges riviere, sal daardie Boedda-land baie wees?

[Subhuti antwoord]: Baie inderdaad, Wêreld Gerespekteerde Een!

Toe sê die Boedda: Subhuti, hoeveel ookal baie lewende wesens in al daardie Boedda-lande sou wees, alhoewel hulle verskillende en verskeidenheid modus van bewussyn het, die Tathágata verstaan hulle almal. Waarom so? Omdat die Tathágata onderrig dat al daardie is nie bewussyn nie; hulle word gerieflikheidhalwe "bewussyn" genoem. Subhuti, dit is onmoontlik om te huidige bewussyn te behou, die bewussyn van die verlede te behou en onmoontlik om toekomstige bewussyn te begryp. 






Afdeling Neëntien

Absolute Realiteit is die Enigste Fondasie.

Subhuti, wat dink jy? Indien enige iemand die drie duisend kosmos van wêrelde met die sewe skatte vul en dit gee weg as geskenke van almoese, sal hy groot meriete bekom?

Ja, inderdaad, Wêreld Gerespekteerde Een, hy sal groot meriete bekom!

Subhuti, indien sodanige meriete werklik was, dan sal die Tathágata dit nie verklaar as groot, maar omdat dit sonder ʼn fondasie is, karateriseer die Tathágata dit as "groot". 


Afdeling Twintig

Die Onwerklikheid van Fenomenale Onderskeidings.

Subhuti, wat dink jy? Kan the Boedda waar geneem word deur sy volmaak (perfekte) gevormde liggaam?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, die Tathágata kan nie waargeneem word deur sy perfek-gevormde liggaam, omdat die Tathágata leer dat ʼn perfek-gevormde liggaam is nie werklik so nie; dit word slegs genoem "n perfek-gevormde ligaam".

Subhuti, wat dink jy? Kan die Tathágata waargeneem word deur enige fenomenale eienskappe?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, die Tathágata kan nie waargeneem word by wyse van enige fenomenale eienskap nie, omdat die Tathágata leer dat fenomenale eienskappe is in werklikheid nie so nie; dit word gerieflikheidshalwe genoem "fenomenale eienskappe." 


Afdeling Een-en-Twinting

Woorde kan nie die waarheid weergee nie. Dit wat woorde weergee is nie-waarheid.

Subhuti, moenie sê dat die Tathágata bedink die idee: Ek moet ʼn Leerstelling daarstel. Indien enige iemand sê dat die Tathágata ʼn Leesrstelling daarstel, beswadder hy in werklikheid die Boedda en is nie instaat om te verduidelik wat ek onderrig. Wat betref enige Waarheid-verklarende stelsel - Waarheid is onverklaarbaar; so ʼn verklaring van Waarheid is slegs ʼn naam wat daarvoor gegee is.

Daarna spreek Subhuti hierdie woorde aan die Boedda: Wêreld Gerespekteerde Een, in ʼn toekomstige tydperk, indien daar wesens sal wees wat ʼn verklaring van hierdie Lering (Leerstelling) sal hoor, sal hulle met geloof geïnspereerd word?

Die Boedda antwoord: Subhuti, diegene waarna jy verwys (as lewende wesens) is nie lewende wesens nog minder nie- lewende wesens. Waarom so? Omdat "lewende wesens", Subhuti, daardie "lewende wesens" is nie in werklikheid as sulks nie: hulle word slegs daardie naam genoem. 


Afdeling Twee-en-Twintig

Dit kan nie gesê word dat enige iets is Bereikbaar.

Toe antwoord Subhuti die Boedda: Wêreld Gerespekteerde Een, in die bereiking van die Voleinding van die Onvergelykbare Verligting het die Boedda geen bereiking wat ookal behaal?

Boedda antwoord: Net so, Subhuti. Deur die volmaking van Onvergelykbare Verligting het ek absoluut niks bereik; daarom word dit genoem "Volmaking van Onvergelykbare Verligting." 


Afdeling Drie-en-Twintig

Die praktyk van Goeie Werke reinig die Bewussyn.

Verder, Subhuti, Dit is orals so, sonder enige differensiasie of graad, daarom word dit genoem "Voleinding van Onvergelykbare Verligting." Dit word direk bereik deur vryheid van ʼn aparte persoonlike selfheid en deur die kultivering van alle soorte deugde.

Subhuti, alhoewel ons praat van ‘goedheid’, die Boedda verklaar daar is nie goedheid; sulks is slegs ʼn naam. 


Afdeling Vier-en-Twintig

Die Onvergelykbare Meriete van hierdie Leerstelling.

Subhuti, indien daar sal wees enige iemand wie weggee geskenke van almoese ʼn menigte van die sewe skate gelykstaande aan die baie magtige Sumeru Berg soos daar sal wees in die drie duisend kosmos (van wêrelde) en indien daar iemand anders sal wees wie (ver)kies selfs net vier reëls van hierdie Leerstelling van die Vervolmaking van Transendentale Wysheid, dit ontvang en dit behou en dit duidelik ander wesens verduidelik sal die meriete van laasgenoemde veel groter wees as eergenoemde sodat geen vergelyking tussen hulle getref kan word nie. 


Afdeling Vyf-en-Twintig 

Die illusie van Ego

Subhuti, wat dink jy? Laat niemand sê die Boedda vertroetel die idée: Ek moet alle lewende wesens bervry. Subhuti, moenie so ʼn gedagte koester nie.

Waarom? Omdat in realiteit is daar nie lewende wesens om bevry te word deur die Boedda. Indien daar lewende wesens sou wees vir die Boedda om te bevry, sal Hy dus deelneem aan die idée van selfheid, persoonlikheid, ego-entiteit en ʼn aparte individualiteit.

Subhuti, alhoewel gewone mense die ego aanvaar as ʼn werklikheid, die Tathágata verklaar dat die ego is niks verskillend van nie-(geen) ego. Subhuti, diegene waarna die Tathágata verwys as "gewone mense" is nie in werklikheid gewone mense nie; as sulks is slegs ʼn naam. 


Afdeling Ses-en-Twintig

Die Liggaam van Waarheid het geen tekens

Subhuti, wat dink jy? Kan die Tathágata waargeneem word deur middle van die twee-en-dertig tekens [van ʼn magtige man]?

Subhuti antwoord: Nee, die Tathágata kan nie daardeur waar geneem word nie.

Toe sê die Boedda: Subhuti, indien die Tathágata kan waar geneem word deur sulke tekens, dan is enige groot keiserlike heerser dieselfde as die Tathágata.

Subhuti sê toe vir die Boedda: Wêreld Gerespekteerde Een, soos ek die Boedda se woorde verstaan, kan die Tathágata nie waargeneem word deur middel van die twee-en-dertige tekens nie.

Waarna die Wêreld gerespekteerde Een hierdie vers uiter:

Wie My in vorm sien,

Wie my soek in geluide,

Pervers is hul voetstappe op die Weg

Want hulle kan nie die Tathágata waarneem nie. 


Afdeling Sewe-en-Twintig

Foutief om te bevestig dat alle verskynsels ooit uitgedoof word. 

Subhuti, indien jy die idée sou koester dat die Tathágata het die Voleinding van Onvergelykbare Verligting bereik as gevolg van sy perfekte vorm, moenie so ʼn gedagte koester nie. Die Tathágata se bereiking was nie as gevolg van sy perfekte vorm nie. [aan die ander kant] Subhuti, indien jy die idee sou bedink dat elkeen in wie die Voleinding van Onvergelykbare Verligting aanbreek, verklaar dat alle manifesteerde standaarde beëindig en uitgedoof word, nie sulke gedagtes in ag neem nie. Waarom? Omdat die man in wie die Voleinding van Onvergelykbare Verligting aanbreek, nie met betrekking tot enige formule bevestig dat dit uiteindelik uitgedoof word nie.

 

Afdeling Agt-en-Twintig

Vasklou aan die belonings van verdienste.

Subhuti, indien een strewelings in liefdadigheid sou skenk die sewe skatte om soveel wêrelde so veel as daar sandkorreltjies in die Ganges rivier is om te vul en ʼn ander wat realiseer dat alle verskynsels egoloos is, bereik perfeksie deur geduldige verdraagsaamheid, die meriete van laasgenoemde sal ver oortref diè van eersgenoemde. Waarom is dit so Subhuti? Dit is omdat alle strewelinge ongevoelig is ten opsigte van die belongings van meriete.

Toe sê Subhuti vir die Boedda: Wêreld Gerespekteerde Een, wat is hierdie gesegde dat strewelinge ongevoelig is ten opsigte van die belonings van meriete?

[en die Boedda antwoord]: Subhuti, strewelinge wat meriete bekom, wie verdienste behaal, moet nie verstrengel word met die begeerte na belonings nie. Dus word dit gesê dat die belonging van meriete nie ontvang word nie. 


Afdeling Nege-en-twintig

Perfekte Kalm-Rustigheid.

Subhuti, indien enige iemand sê dat die kom of gaan of sit of (terug) leun, faal hy/sy om my Leerstelling te verstaan. Waarom? Omdat die Boedda het nie waarvandaan of waarheen nie (gaan nie hierheen of daarheen nie), daarom word Hy genoem "Tathágata". 


Afdeling Dertig

Die integrale beginsel.

Subhuti, indie ʼn goeie man of vrou ʼn oneindige komos van wêrelde tot stof maal, sal die gevolglike klein stofdeeltjies baie wees?

Subhuti antwoord: Menig inderwaarheid, Wêreld Gerespekteerde Een! Waarom so? Omdat indien dit werklik klein stofdeeltjies sou wees, sal die Boedda nie van dit gepraat het as klein stofdeeltjies nie. Want wat dit betref, die Boedda het verklaar dat hulle nie regtig so is nie. "Klein (stof) deeltjies" is slegs die naam wat dit gegee word. Ook, Wêreld Gerespekteerde Een, wanneer die Boedda praat van kosmos van wêrelde, dit is nie regtig wêrelde nie; want as realiteit bevestig kan word van ʼn wêreld sal dit selfbestanende kosmos wees en die Boedda onderrig dat daar nie regtig so iets is nie. "Kosmos" is slegs beeldspraak.

[Toe sê die Boedda]: Subhuti, woorde kan nie die werklike natuur van die kosmos verduidelik nie. Net gewone mense verstrengeld met begeertes maak van hierdie arbitrêre metode gebruik. 


Afdeling Een-en-Dertig

Konvensionele waarheid moet afgesny word.

Subhuti, indien enige iemand sou sê dat die Boedda verklaar enige opvatting van die ego, dink jy dat hy/sy my leerstelling reg verstaan?

Nee, Wêreld Gerespekteerde Een, so ʼn wese sou geen grondige begrip van u leerstelling hê, want die Wêreld Gerespekteerde Een verklaar dat idees van selfheid, persoonlikheid, entiteit en afsonderlike individualiteit as ʼn werklikheid, is foutief - hierdie terme is bloot beeldspraakspraak.

[Daarop sê die Boedda]: Subhuti, diegene wat aspireer tot die voleinding van Onvergelykbare Verligting behoort te herken en verstaan alle variteite van verskynsel (dinge) op dieselfde wyse en sny die ontstaan van [sienings wat bloot] aspekte af. Subhuti, met betrekking tot aspekte, die Boedda verklaar dat in werklikheid is dit nie so nie. Dit word (gerieflikheidshalwe) "aspekte" genoem.


Afdeling Twee-en-dertig

Die Misleiding van Verskynsels

Subhuti, iemand mag onberekenbare wêrelde met die sewe skatte vul en alles weggee as geskenke van almoese maar indien ʼn goeie man of vrou ontwaak tot die gedagte van Verligting en neem selfs net vier reëls van hierdie Leerstelling - dra dit voor, gebruik dit, ontvang, behou en versprei dit oorsee en verduidelik dit tot voordeel van andere, sal dit veel meer voordelig wees. Nou op watter wyse moet hy dit aan andere oordra? Deur losmaking van verskynings, vertoef ʼn wese in Reine Waarheid. So ek sê vir jou - as sulks moet jy dink ten opsigte van alle verskynsels in hierdie vlugtige wêreld:

ʼn Stêr teen dagbreek,

ʼn Borrel in ʼn stroom;

ʼn Blits van donder (weer) in ʼn somer wolk,

ʼn Flikkende lamp, ʼn skim en ʼn droom.

Nadat die Boedda aan die einde van hierdie leerstelling gekom het, was geagte Subhuti, tesame met die monnikke, nonne, leke-mans-en-vroue, en die hele koninkryk van gode, menslike wesens en Titane gevul met vreugde en dit erngstig ter harte geneem en daarvan daan weggegaan.


*Lord Jesus be praised... Translated by Elroy M Heynes, 30 July 2023