Tuesday 30 July 2024

Alomvattende Kennis Stoor Soetra; die hart van Diamand-Vervolmakings

 Sūtra of the All-Encompassing Knowledge Store, the Heart of Prajñā-Pāramitā

Alomvattende Kennis Stoor Soetra; die hart van Diamand-Vervolmakings

Vertaal vanuit Sanskrit na Sjinees gedurende Tang dinastie

deur

Tripitaka meester DHARMACANDRA van Indië

So het ek gehoor:


    Die Boedda het vertoef op Arends-hoogte berg naby die stad Rajagrha (Koningshuis). Teenwoordig was 100 000 monnike en 77 000 Ontwakelinge met Avalokitesvara, Manjusri, Maitreya en nog andere aan die hoof van die groep. Almal het die Samadhi van Totale Herroeping gepeneteer en was verlig (in onbeskryfbare vryheid)
    Avalokiteśvara staan op en gaan na die Boeddha en hande gevou, buig respektvol vooroor. Hy sê, "Wêreld-gerespekteerde Een, ek wil graag aan hierdie groep die alomvattende kennis stoor, die hart van diamand-paramita, voorhou. Laat my asseblief toe om aan die groep die geheime grondbegunsels van die Dharma voor te hou,"

Die Boedda antwoord, "Baie goed! Knap! U het my toestemming om te praat en dus ʼn groot uitstrallende lig vir hierdie wesens te wees."
   
 Avalokiteśvara, met dus die Boedda se toestemming en beskerming, penetreer die Samadhi van Wysheid (Lig). Met behulp van hierdie Samdhi se krag, sien hy dat die essensie van die die vyf elemente leeg is. Met die verstandhouding dat die essensie van die vyf elemente leeg is, kom hy vreugdevol uit die Samdhi. Hy sê vir Śāriputra die Wyse, “Geagte man, ek het die hart van die Alomvattende Kennis Stoor. Luister asseblief nou aandagtig en oordink goed! Ek sal dit nou oordra.”

Śāriputra die Wyse, antwoord, “Ja, ons luister graag. Nou is die regte tyd.”
 "U-hulle moet verstaan en leer die volgende: Die natuur van vorm is vormlooshied; die natuur van vormlooshied is vorm. Vorm verskil geensins van vormloosheid; vormloosheid is geensins verskillend van vorm. In realiteit is vorm vormloos en vormloosheid is vorm. Dieselfde geld vir sensoriese persepsies, persepsies, denk prosesse en bewussyn. Die natuur van bewussyn is vormloos; die natuur van vormloosheid is bewussyn. Bewussyn is niks verskillend van vormloos; vormlooshied is niks anders as bewussyn. In werklik is bewussyn vormloosheid en vormloosheid is bewussyn. Śāriputra,
dharmas, vormloos maar terselfde tyd sigbaar, het geen geboorte of sterfte, of is nie onrein of rein nie, en vermeerder nie of verminder nie.
Dus in vormloosheid is daar geen vorm, ook nie sensoriese waarneming, geen persepsies, denke prosessering, of bewussyn, geen oog, oor, neus, tong, liggaamlike of denke nie, of geen sig, geluid, reuk, geur, tasbare sensasies of denk vormwerpe nie; geen sfere, van oor sfeer of denk en bewussyn sfere. Daar is nie onkunde of die beëindiging van onkunde, nie ouderdom en sterfte nie of einde van ouderdom en sterfte nie. Daar is geen stryd, die opeenhoping van beproewinge, beëindiging van beproewinge of die weg. Daar is geen wysheid-kennis of bekomming daarvan want daar is werklikheid niks om te bereik/te bemeester.
 

Ontwakelinge ,omdat hulle staat maak op prajñā-pāramitā,(diamand-vervolmakings) het geen hindernisse in hul bewussyn nie. Met geen hindernisse het hulle dus geen vrees. Deur ver weg te bly van omgekeerde en nuttelose drome en denke, sal hulle uitenidelik die anderkanste oewer bereik (nirvāṇa). Boeddas van die verlede, huidiglik en van die toekoms, omdat hule staat maak op prajñā-pāramitā (diamand-vervolmakings), bereik almal Alomvattende Boeddaheid.


Dus weet ons dat die Diamand Vervolmakings, die groot geestelike mantra, die groot verligtende mantra, die onoortrefbare mantra, die onvergelykbare mantra is wat alle hindernisse/beproewings laat verdwyn/uit die weg uit rym. Dit is waar en eg. Dus hier volg die Diamand-Vervolmakings Mantra:


    gate gatepāragatepāra-saṁgatebodhisvāhā”

Nadat die Boedda hierdie soetra geopenbaar (deur middel van Avalokiteśvara) het, het die menigte monnike en Ontwakelinge sowel as die gode, mense, Titane en ander wesens, nadat hulle die Boedda se woorde gehoor het, luidelik gejuig. Hulle almal het geglo in, aanvaar en respekvol die lering toegepas en uitgevoer.




Vertaal vanaf die digitale Sjinese Kanon (T08n0252)

** Translated by Elroy M Heynes, 27 April 2020 (Lord Jesus be praised)

No comments:

Post a Comment