Tuesday 30 July 2024

Kama Sutta Sensuele Genot

 

Kama Sutta

Sensuele Genot

Indien ʼn wese, smagtend na sensuele genot,
dit bekom/bereik, ja,
hy's weggeraap tot die hart’s kern
Die sterfling bekom wat hy wil hê.
Maar indien vir hom, smagtend,
die genot/plesier verminder
hy is verpletterd,
asof met ʼn pyl getref.

Wie ookal sensuele begeertes vermy
as hy kan, met sy voet,
die kop van ʼn slang verpletter,
gaan verder, oplettend,
sonder vasklouing aan die wêreld.

ʼn Wese wat gulsig/gierig is
vir velde, landerye, goud,
beeste, perde,
bediendes, werkers,
verskeidenheid sensuele genot en plesier,
word oorweldig deur swakheid
en vertrap deur probleme,
want pyn val hom aan
soos water, ʼn gekraakte boot.

So ʼn wese, altyd oplettend en bewustelik,
behoort sensuele begeertes vermy.
Laat dit gaan,
hy sal die vloed oorsteek
soos een wat, die sinkende boot verlaat het,
die oorkantste oewer bereik.

*Lord Jesus be praised. Translated 23 February 2021




No comments:

Post a Comment