Tuesday 30 July 2024

Ogha-tarana Sutta

Ogha-tarana Sutta

Crossing over the flood

Oorkruis die vloed

Vertaal uit Pali deur Thanissaro


 So het ek gehoor: Die Boedda het gebly naby Savatthi in Jetta se groef; Anathapindika se klooster.

Toe het ʼn sekere godin, in die laat nagtelike ure, met haar uitstralende lig die hele Jetta groef verlig, na die Boedda gekom. By aankoms, nadat sy gekniel het, het sy eenkant gaan staan. Sy sê vir die Boedda, “Vertel vir my geagte Heer, hoe u die vloed oorkruis het.”

"Ek het die vloed oorkruis deur nie vorentoe te beur nie en ook nie op dieselfde plek te bly nie."

"Maar hoe geagte Heer, het u die vloed oorkruis sonder om vorentoe te beur en sonder om op een plek te bly?”

"Toe ek vorentoe gebeur het, was ek heen en weer geslinger. Toe ek op een plek gebly het, het ek gesink. So ek het die vloed oorkruis sonder om vorentoe te beur en sonder om op een plek te bly.”

Die godin:

Ten einde laas sien ek
ʼn wese, totaal ongebonde,
wie sonder om vorentoe te beur,
sonder om op een plek te bly,
wat oorkruis het

die verstrengelings van die wêreld”

Dit is wat die godin gesê het en dit het die Boedda se goedgekeuring gehad. Sy het gekniel, rondom die Boedda geloop en net dan en daar verdwyn.


  • Lord Jesus be praised. Translated 23 March 2021.


No comments:

Post a Comment