Tuesday 30 July 2024

Rahula Sutta

 

Rahula Sutta

Advies aan Rahula

"Verwerp die vyf soorte plesier van die sensoriese sintuie wat die bewussyn bedwelm en verlustig. In geloof verlaat die huis/woning en word een wat ʼn einde aan lyding maak!

"Assosieer met goeie vriende en kies ʼn afgeleë en stil skuil-en- woon plek. Wees matig met etes. Klere, bedel-kos, genees-middele en ʼn blyplek – moennie ʼn drang na hierdie dinge openbaar nie; moennie een wees wat na hierdie wêreld terugkeer nie. Beoefen bedwang(ing) volgens die dissiplinêre kodes en kontroleer die vyf sensoriese sintuie.

"Beoefen bewustheid van die liggaam en ontwikkel voortdurend nie-passie ten opsigte daarvan. Vermy die teken van mooi(heid) gekoppel aan passies. Vermy die teken deur te mediteer aangaande die walgdheid/vuilheid van (dooie) korpse en kultiveer ʼn bewustheid wat gekonsentreerd en gekollekteerd is.

"Mediteer aangaande die Tekenloosheid en doen weg met die neiging tot wanopvattings.Deur wanopvattings tot die kern te verstaan en te vernietig, sal jy lewe in die hoogste vrede."

Op so ʼn wyse het die Boedda voortdurend vir Rahula vermaan. 




Lord Jesus be praised. Translated 8 March 2021

No comments:

Post a Comment