Tuesday 30 July 2024

Die Diamand-Absorpsie Soetra

 

The Vajrasamadhi Sutra

(The Diamond-Absorption Sutra)

(Die Diamand-Absorpsie Soetra)



Vertaal na Sjinees deur anoniem, Noordelike Lerng Dinastie

(Taisho Tripitaka, No. 273)

Hoofstuk een: Voorwoord

So het ek gehoor. Die Boedda was in die stad Rajagrha (konings huis), op die berg Grahrakuta (Aasvoel's Hoogte), saam met ʼn groot groep van tien duisend en meer monnikke; almal was verligtes. Insluitende Sariputa, Mahamaudgalyayana, Subuti ens. Verder was daar nog vele ander wesens, (o.a. 2000 ontwaaktes; oudstes; gode; drake; demone; semigod-musikante; Titane en vele meer) ongeveer ses miljoen.


Die Boedda was omring deur die groot menigte. Hy verduidelik die Mahayana soetra, genaamd Die praktyke en voordele van die Enkele-Smaak, definetiewe, Gedaantelose, Skeppinglose en Absolute Realiteit van self ontwaking (Varjasamadhi Soetra). Indien iemand hierdie soetra hoor of net een vers/reël/vierreël strofe onthou, sal dit daardie wese instaat stel om die Boeddawysheid (in die toekoms) te bekom. Hy/sy sal instaat wees om wesens te help deur middel van toepaslike metodes (wat weer op hul beurt meesterlike (geestelike) helpers vir ander wesens sal word.

Nadat die Boedda die soetra verduidelik, neem hy die vol-lotus meditasie posisie in en penetreer die diamant absorbering, met sy liggaam en bewussyn bewegingloos. ʼn Monnik genaamd Agada, staan op en saluteer die Boedda met regter kniee op die grond en handpalms saam gevou. Hy sê,
U, die verpersoonlikheid van medelye

Met wysheid wat penetreer sonder enige obstruksies

Om sodoende wesens na die anderkantse oewer te help

Die kern van waarheid het u verduidelik

Via die roete van Enkel-Smaak, en

Nooit deur middel van Hinayana (gedeeltelike realisering)

(Waar) die smaak van kern-waarheid (gespreek word),

Stel almal instaat om die illusie te ontsnap

Sodoende in voeling te kom met die wysheid-basis van alle Boeddas,

Die absolute Realiteit


Hierdie gehoor weet nou hoe om die fisiese wêreld te oorkom

Almal van hulle sal uiteindelik absolute Vryheid ondervind

Hulle weet hoe om wesens te help om die eindelose see van lewe en dood te oorkruis

Want hulle ondersoek ernstig en intensief die kalm-leë (vormlose) eienskappe van die dharmas

Hulle penetreer die Absolute natuur van verligting/ontwaking

Die Boedda, deur middel van sy wysheid, spreek sodat alle wesens in staat sal wees om die realiteit te penetreer in ooreenkoms die Een-Voertuig

Sonder veelvoudige smaak,

Soos deurdrenking deur ʼn enkele reënbui
Verskeie plante groei eksponsioneel in ooreenstemming hul natuur,

Benat, verfris en versadig deur die Dharma van Enkel-Smaak,
Hul bodhi (ontwaking)-spruite groei tot volwassenheid
en pentreer die Diamand-Smaak (van die diamand samadhi),
Hulle realiseer die absorpsie van die Realiteit van dharmas

Hulle is vasberade om twyfel en spyt uit te oorkom
Deur die seël van die Een-Dharma.

Hoofstuk twee: Die Tekenslose Dharma

Die Boedda sê daarna, "Die wysheidsbasis van alle Boeddas penetreer die natuur en karaktereienskappe van alle dharmas. Vanuit hierdie defnitiewe wysheidsbasis, bemagtig die Boedda deur middel van geestelike mag en toepaslike metodes, die verskillende wesens sonder sigbare tekens.
Die essensie van die Een-Ontwaking is moeilik om te verstaan en te penetreer. Dit kan nie verstaan word of herken word deur navolgers van die twee voertuie (aanhoorders en die privaat-Boeddas). Dit is slegs gekend deur Boeddas en verligtes wat die Enkel-Smaak verduidelik aan wesens wat instaat is om te ontwaak.

Vimukti (Vryheid) die ontwakeling, staan onmiddelik op en met sy hande gevou, met regter kniee op die grond, sê vir die Boedda, "Heer! Na u fisiese heengaan, sal die reine dharma verdwyn en die korrupte dharma sal voortduur. Gedurende die darma-einde tydperk, sal u Enkel-Smaak Absoluut Realiteit verduidelik, sodat die verskillende wesens kan ontwaak (bevry word)."

Die Boedda antwoord, "Jy vra wat is die rede vir my teenwordigheid in die wêreld om wesens in staat te stel om die vrug van ontwaking te smaak wat hierdie fisiese wêreld oorkom.
Die rede is ondenkbaar want dit is as gevolg van uiterse medelye en simpatie. Indien ek nie reageer nie, sal ek ellendig voel. Dus moet jy aandagtig luister terwyl ek verduidelik.

Noemenswaardig is dit voorwaar wanneer wesens gehelp om te ontwaak, dat dit nie gesien word dat wesens in werklikheid gehelp is nie. Lei die wesens om die opvatting dat ego en bewussyn bestaan, verwerp moet word want beide ego en bewussyn is basies ʼn illusie. Indien hulle die nie-realitiet van ego en bewussyn verstaan, sal die bewussyn geen illusies kan projekteer. Vry van geprojekteerde illusies sal hulle die oorkantste oewer bereik."

Ontwakeling Vimukti addresseer die Boedda soos volg, " Die natuur van wesens se bewussyn is fundamenteel leeg. Die essensie van bewussyn (brein) is leeg van sensoriese voorwerpe en hul eiesoortige karaktereienskappe. Hoe moet ons leer en kultiveer sodat ons die fundamentele vormlooshied van bewussyn kan realiseer? Betoon uiters medelye, simpatie en empatie met ons en verduidelik vir ons."

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, fundamenteel die bewussyn en sy karaktereienskappe het geen oorsprong en het dus geen tuiste; is kalm-leeg en projekteer niks. Wanneer die bewussyn [brein] niks fabriseer, penetreer dit kalm-leegheid. By die basis van die bewussyn waar alles kalm-leeg is, realisisseer jy tekensloosheid-en-leegheid. Die tekenslose bewussyn is vry van beide bewussyn en self (ego). Dieselfde geld vir die karaktereienskappe van alle dharmas."
Ontwakeling Vimukti addresseer die Boedda: "Heer! Vir daardie wesens wat glo in en aan ʼn self en bewussyn, watter Dharma sal hulle help om te ontwaak en om van die kettings vry te kom?"


Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, wanneer iemand glo aan en in ʼn self, moet hy gelei word om nabetraging te doen met betrekking tot die twaalf interafhanklike oorsprong/begin. [bestaande uit: onkunde, spanning, bewussyn, liggaam-brein formasies, ses sensoriesies deure, kontak, gevoelens, begeerte, vasklouing, ontstaan, geboorte en siektes/sterfte]. Hierdie twaalf interafhanklike ontstaning is as gevolg vang oorsaak en gevolg. Maar beide gevolg en oorsaak is fabrikasies van die brein/bewussyn! Basies bestaan die brein nie nog minder die liggaam. Dus moet ʼn wese wat glo in en aan ʼn self gelei word tot die besef dat die self nie bestaan nie.

"Terselfde tyd moet ʼn individu wat glo in en aan ʼn nie-self, gelei word tot die besef dat die nie-self nie bestaan nie. Indien ʼn ididvidu glo aan in in dat die bewussyn bestaan, moet hy gelei word tot die besef om weg te doen met die idee dat die bewussyn is onderwerp aan ontstaan/begin/skepping. Indien ʼn persoon dink dat die bewussyn kan uitgewus word, moet hy gelei word tot die besef dat die natuur van bewussyn is onderworpe aan uitwissing. Sodrae alle opvattings ontrent die natuur van bewussyn tot ʼn einde gekom het, sal die persoon onmiddelik Realiteit kan penetreer. Waarom? Want wat basies ongebore is, is nie onderwerpe aan uitwissing of ʼn einde nie en wat ookal uitgewis is, is nie onderwerpe aan ʼn begin nie. Dit is waar vir alle dharmas."

Vimukti die ontwakeling, adresseer die Boedda, "Heer! Indien ʼn wese glo dat ʼn dharma bestaan, watter opvatting moet hy aangemoedig word om mee weg mee te doen? Watter opvatting moet hy aangemoedig word om af te lê indien hy glo en aan dat ʼn dharma is onderhewig aan uitwissing?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, indien ʼn wese glo dat ʼn dharma is onderwerpe aan begin of geboorte of skepping, moet hy die opvatting van die nie-bestaan van dharmas verwerp. Wanneer hy glo ʼn dharma is onderwerpe aan beëindiging/uitwissing, lei hom tot die opvatting dat die skepping ʼn illuise is. Wanneer hy nie meer die opvattings en oortuigings koester nie, realisiseer hy die absolute nie-bestaan van alle darmas en penetreer hy die defnitiewe nie-projektering (van bewussyn)."

Vimukti, adresseer die Boedda: "Heer! Indien ʼn wese die opvatting van nie-skepping koester, beteken dit nie-skepping (van dharmas)?"
Die Boedda antwoord, "Deur nie-skepping te koester, skep hy in werklikheid iets! Waarom? Slegs wanneer ʼn wese nie-skepping koester, is dit in werklikheid nie-skepping. Ontwakeling, wannneer ʼn wese nie-skepping koester, is dit eintlik die skepping of aktivering van bewussyn om skepping uit te wus! Wanneer beide skepping en nie-skepping uit gewus word, kan skepping nie plaas vind en die bewussyn sal dus kalm-leeg wees sonder enige woonplek. Slegs ʼn egte nie-koesterende bewussyn is nie-skeppend."

Vimukti, die ontwakeling, adresseer die Boedda: "Indien die bewussyn geen woonplek het, is daar nodigheid vir opleiding en kultivering? Is daar nog verdere opleiding of leer nodig om te voltooi of is geen leer meer nodig?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, ʼn nie-skeppende bewussyn het geen ingang of geen uitgang (oorskot of ʼn tekort). Die essensie daarvan is kalm en bewegingsloos. Dit benodig geen verdere leer/opleiding of vry van enige verdere leer. Waar daar nie of leer of nie-leer teenwoordig is, is geen verder opleiding nodig. Nie-leer beteken daar is geen nodigheid vir opleiding."

Vimukti adresseer verder die Boedda: "Hoe is dit moontlik dat die natuur van Realiteit kalm-leeg en bewegingloos is?"

Die Boedda antwoord, "Die eienskappe van opwelling en beëindiging van boeddaheid is in ooreenstemming met die verborge essensie (kalm-leegheid) wat dit instaat om nie te manifesteer. Dus die natuur van boeddaheid is kalm-en-bewegingloos."

Vimukti vra die Boedda verder, "Waarom is die eienskappe van die natuur van Boeddaheid onderwerpe aan opwelling en beëindiging?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, persepsies is vry van aanvaarding en verwerping. Indien daar of aanvaarding of verwerping is, sal alle soorte gedagtes en denke dus ontstaan. Alle konsepsies en mentaliteit is onderwerpe aan opwelling en beëindiging.

"Ontwakeling, nabetraag die self-natuur en eienskappe van Boeddaheid en die kern sal vervolmaak wees. Konsepsies en mentasies vergroot of verbeter nie die beginsels van die weg nie. In teendeel, dit versteur die bewussyn sodat die wese die basiese Boeddanatuur vergeet. Sonder of konsepsies of mentasies sal daar nie skepping/begin of beëindiging wees nie. Bewussyn sal nie opwel nie maar deel wees van Realiteit. Bewussyn sal dus vreugdevol en kalm wees. Die vloede (van begeertes, bestaan en onkunde) sal nie opwel nie. ʼn Wese penetreer en is/word deel van die egtheid van die vyf dharmas (betrekking tot die vyf elemente van vorm, gevoelens, persepsies, formasies en bewussyn). Dit word die Mahayana genoem
"Ontwakeling, deur die egtheid van die vyf dharmas (elemente) te penetreer sal bewussyn vry wees van illusies. Wanneer illusies verdwyn, dan penetreer ʼn wese onmiddelik die basis van Boeddaheid (self-ontwaking, opregte-wysheid). ʼn Wese wat hierdie wysheid penetreer weet met sekerheid dat alles oorspronklik ongebore is. Wetend dat alles nie onderworpe is skepping, is die wese vry an alle illusies (hallusinerende konsepsies)"

Vimukti adresseer die Boeda: "Heer! ʼn Wese wat vry is van illusies/konsepsies het dus geen nodigheid om begeertes te kalmeer of tot einde te bring."

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, oorspronklik bestaan illusies nie en daarom is daar geen illusies wat tot ʼn einde gebring moet word nie. Weet dat bewussyn is in werklikheid kalm-leeg en daarom is daar geen bewussyn wat tot kalm-leegheid gebring moet word nie. Vry van beide diskriminasie en diversiasie, is die bewussyn wat andersins sensoriese voorwerpe projekteer, dus nie aktief. Niks hoef dus gekalmeer te word nie en is dus kalm-leeg. Waarom? Want ware kalmte in werklikheid kalmeer niks nie."

Vimukti sê: "Heer! Indien kalmte in werklikheid nie-kalmering is, dan sal kalmering deur die bewussyn geskep word. Hoe kan dit dus gesê word dat dit (nie onderwerpe is aan skepping) nie-geskep is nie?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, die oomblik wanneer kalmering plaasvind, word dit geskep maar daarna is geen kalmering nodig. Moennie vasklou aan en in of nie-kalmering of in en aan nie-permanesie. Hoe is dit moontlik dat (kalmering) geskep was?"

Vimukti adresseer die Boedda verder: "Heer! Waaraan of aan wat klou of verwerp ʼn nie-fabriserende bewussyn? Is dit onderworpe aan die karakter eienskappe van die dharmas?"

Die Boedda antwoord, "Die bewussyn wat niks fabriseer klou nie of verwerp nie enige iets.Dit hou by nie-bewussyn en nie-dharma."

Vimukti vra die Boedda: "Hoe hou ʼn wese by nie-bewussyn en nie-dharma?"

Die Boedda sê, "Die vermoeë om by nie-bewussyn te hou beteken om niks te skep nie. Om by nie-dharma te hou beteken bewussyn word nie opgewel/geakttiveer deur enige dharma nie.

"Ontwakeling, wanneer bewussyn nie geaktiveer word nie of dit fabriseer nie enige iets nie, sal dit onafhanklik wees van alles (alle skepping). Deur nie formasies te koester nie, sal die bewussyn konstant kalm-leeg wees sonder enige projeksies. Dit kan vergelyk word met leë uitspansel - bewegingsloos,vormloos, aksieloos en vry van of dit of dat. ʼn Wese bekom dus so die oog (essensie) van die kalm-leegheid van bewussyn en die dharmas. Dus sal die vyf elemente en die ses sensoriese basis kalm-leeg wees.

"Ontwakeling, die wese wat die Dharma van kalm-leegheid kultiveer is nie onderworpe aan die drie bestaanskoninkryke (vorm, vormloosheid en begeertes) en hoef nie by die monastiese reëls te hou nie want die reëls word beliggaam binne die Dharma. Ontwaak en vry van gedagtes, die wese klou nie aan of verwerp nie enige iets. Sy natuur is dieselfde as die van ʼn diamand; geensins minderwaardig teenoor die drievoudige eenheid (Boedda, Dharma en Gemeente). Sy bewussyn, kalm-leeg is stil en vervuld met die ses perfeksies."

Vimukti adresseer die Boedda: "Heer! Al die vervolmakings het karakter eienskappe. Kan dharmas wat karakter eienskappe besit, verhewe wees bo wesens?
Die Boeda antwoord, "Ontwakeling, die ses vervolmakings waarvan ek praat is vormloos en is nie onderworpe aan beoefening/praktisering nie. Waarom so! Indien ʼn wese begeertes afsterf, sal sy bewussyn altyd kalm-leeg wees. Deur middel van egtheid en opregdheid in spraak en vaardige metodiek, bemagtig hy homself en andere. Dit is die vervolmaking van mededeelsaamheid.

"Met ferme voornemens en konstante waaksaamheid, is die wese se bewussyn opreg en onbesmet. Hy klou nie vas nie vas aan die drie bestaans-realms nie. Dit is die vervolmaking van moraliteit.

"Kultivering van kalm-leegheid en die ontknoping van alle knope, veroorsaak dat die wese nie verknog en geheg is aan enige iets is nie. Hy kalmeer en onderdruk die drie karmiese formasies met betrekking tot liggaam, spraak en bewussyn. Dit is die vervolmaking van geduld (ksantiparamita).

"Deur wegdoening met sensoriese voorwerpe, klasifissering en alle ego- gegenereerde aktiwiteite, oorkom die wese die sienings van beide bestaan en nie-bestaan en penetreer die kalm-leegheid van die elemente (en hul natuurlike uitvloeisels; die ses wortels (sensoriese-deure), die twaalf ingange en die agtien sensoriese realms). Dit is die vervolmaking van moed (viryaparamita).

"Volkome afsiening van kalm-leegheid maar terselfdetyd nie vertoef in enige kalm-leegheid, is die bewussyn sonder ʼn tuiste maar terselfde tyd dwaal en vertoef dit nie die kalm-leegheid self nie. Dit is die vervolmaking van meditasie (dhyanaparamita).

"Vry van alle projeksies, klou die bewussyn nie eens aan dit self nie. In en gedurende alle aktiwiteite, wel die bewussyn nie op nie en is ook nie in afwagting van enige realisering van kalm-leegheid nie (Nirvana). Dit het nie utgange of ingange nie. Die bewussyn se natuur is in ewedurige gebalanseerdheid. Die Realiteit van alle Fenomena het hierdie Absolute natuur. Dit is nie afhanklik van enige stadia van geestelike vordering ook nie enige wysheid nie. Dit is die vervolmaking van wysheid (prajnaparamita).

"Ontwakeling, al die ses vervolmakings lei tot Self-verligting. Dit penetreer die Absolute Realiteit en oorkom die werêld. Dit is voorwaar onvoorwaardelike en obstruksielose vryheid. "

"Ontwakeling, die karakter eienskappe van sulke Dharams wat lei tot vryheid is verhewe bo alle tekens en praktyke. Dit is ook terselfde tyd verhewe bo beide vryheid en gevangenisskap. Dit word genoem vryheid. Waarom? Omdat die eienskappe van vryheid verhewe is bo beide tekens en praktyke. Dit is bewegingsloos, kalm en stille Nirvana sonder om aan enige eienskappe van Nirvana te klou."

Nadat Vimukti hierdie woorde gehoor het, was sy bewussyn uitermate tevrede soos nog nooit te vore. Hierna dra hy die volgende strofe voor:

Ons Heer, volkome Verlig en Ontwaak,
dra die dharma voor aan die byeenkoms.
Verduidelik aan die hand van die Een-Voertuig,
Nie deur middel van die weg van die dualistiese voertuie
Die vormlose voordele van die Een-Smaak,
Is soos die uitspansel,
Wat alles omhels en aanvaar,
Na gelang van die verskille in wesens se natuur.
Almal penetreer en behaal die fundamentele Self-Domein.
Dus verwerp hulle bewussyn en self,
Die Een-Dharma vervolmaak.
Alle praktyke met identifikasie en differensiasie,
Wat beloen word met Self-Verligting,
Met alle diverse siensings wat verdwyn.
Die kalm en stille Nirvana,
Niemand klou en verlustig hulle daarin.
Penetreer die Absolute sfeer,
Sonder enige eienskapppe en praktyke.
Binne die kalm-leegheid,
Die kalm-uitgestrowe bewussyn is nie-skeppend.
Soos die natuur van ʼn diamand,
is nie minderwaardig teenoor die drie-eenheid juwel.
Gesëend met all die ses vervolmakings,
Karwei alle wesens na die oorkanste oewer.
Verhewe bo die drie bestaanskoninkryke,
Nie steun op Enkel(privaat)-Verligting (Hinayana).
Die Dharma sëel van die Enkel-Smaak,
Word vervolmaak deur middel van die Een-Voertuig.

Nadat die groep die verduideliking gehoor het, was hulle bewussyn uitermatig tevrede. Hulle kon die siening van bewussyn en ego weg mee doen. Hulle penetreer die tekenlose kalm-leegheid wat breed en uitkringend, vakant en wyd (sonder obstruksies) is. Hulle almal behaal die Absolute Realiteit, breek alle kettings en elimineer alle bevlekkings en lekkasies.

Hoofstuk driee: Die beoefening van Nie-Skepping

Cittaraja (Bewussyns Koning) het die Boedda se bespreking van die Dharma wat die drie bestaanskoninkryke oorbrug, aangehoor. Dit was ondenkbaar. Respekvol het hy vanuit sy sitplek opgestaan en handpalms gevou, vra hy in die vorm van ʼn strofe:

Die dogma wat die Boedda geopper het,
verrig die skepping sonder tekens.
Dit stel wesens instaat,
om volkome bevry te wees van die lekkasies (die drie wêrelde).
ontknoop die knope en bevry beide bewussyn en ego,
Is dit nie-skepping?
Indien niks geskep word,
Hoe kan ʼn wese die nie-skepping oorkom?

Die Boedda sê vir Cittaraja, "Ontwakeling, Dharma wat betrekking het tot nie-bestaan en nie-skepping van dharmas is fundamenteel ongebore. Alle praktyke lei tot niks, nie dat daar praktyke is van nie-skepping. Enige realisering is dus ʼn illusie."

Cittaraja vra, "Heer! Omdat realisering deur middel van glo in en glo aan nie-skepping ʼn illusie is, is nie-realisering ook nie maar ʼn illusie nie?"

Die Boedda antwoord, "Nie so nie! Waarom? In nie-bekomming en nie-koestering bestaan daar oorwinning (bewussyns aktiwiteite). In oorwinning en koestering bestaan daar skepping (opwelling van bewussyn). Beide skeppping deur middel van oorwinning (oorkom) en skepping van dharmas (fenomena) is dus misleidend."

Cittaraja vra, "Heer! Wat is ʼn nie-oorwinnings en nie-koesterende bewussyn wat nie onderwerpe is aan illusies (oëverblindering)?"

Die Boedda antwoord, "ʼn Bewussyn wat vry is van beide koestering en bereiking, het nie vorm of nie-permanensie. Dit is soos (die natuur van) vuur, alhoewel aanwesig in hout, kan dit nie daar gevind word nie; omdat die aanwesigheid geen absolute plek het. Dus alle name en beskrywings van fenomena is nie onderworpe aan gryping (moet nie afhanklik wees aan). Sodanige name en bekrywings word voorlopig aangedui om begrip te fasiliteer in kommunikasie. Bewussyn en al haar eienskappe; fundamenteel kalm-leeg, het geen woonplek. Weet dat die aard van bewussyn kalm-leeg is en dit sal nie enige iets fabriseer nie.

"Ontwakeling, die aard en eienskappe van die bewussyn is so die voorbeeld van die myrobalan (amalaka) vrug. Dit word/is nie: self-genereerd, genereer deur ekstrene agent, genereer samentlik deur iets anders of genereerd in die afwesigheid van oorsaak. Waarom? Omdat die oorsake alternatieflik ontstaan en verdwyn. Wanneer oorsake ontstaan moet dit nie beskou word as skepping nie. Wanneer die oorsake verdwyn moet dit nie beskou word as (uit)sterfte nie. Of gemanifesteerd of onsigbaar, dit is sonder vorm. Hul fundamentele beginsel is die kalm-leegheid en daar is geen plek waar dit gevind kan word (het geen defnitiewe woonplek). Dit is as gevolg van hul Absolute natuur.

"Hierdie Absolute natuur is nie of een of verskillend nie; nie of tydelik of nie permanent. Dit het nie of ʼn ingang of uitgang nie. Dit kan nie geskep of vernietig word nie. Dit is nie onderhewig aan die vier perimeters (volheid, leegheid, biede volheid-en-leegheid, en nie-volheid-en-nie leegheid). [Op hierdie manier is] is dit nie onderwerpe aan die wee van woorde en spraak . Die ongebore natuur van bewussyn is dieselfde - hoe kan gesê word dat iets word geskep of vernietig of dat daar is vertoef of nie-vertoef?

"Indien [ʼn wese] sê dat die bewussyn is instaat tot realisering, vertoef of persepsie, beteken dit daardie wese het nie Absolute Boeddaheid gerealiseer. [Hierdie] wysheid is vir daardie wesens wat bereid is om die "lang nag" van bewussyn en sy karakter eienskappe te oorkom en agter te laat. Weet dat die bewussyn en dus sy karakter eienskappe is so. Dit is nie-skepping en nie-beoefening."

Cittaraja sê, "Heer! Indien die bewussyn basies so is [natuurlike staat], sal niks geproduseer word uit enige werke (aksies). Alle praktyke lei dus to niks! Dus wanneer ʼn wese probeer en strewe, produseer dit niks. Hierdie nie-produksie hoef nie beoefen te word nie, Dit is die praktyk van nie-skepping."


Die Boedda vra, "Ontwakeling, jy gebruik die praktyk van nie-skepping met die intensie vir die realisering van die praktyk van nie-skepping."

Cittaraja antwoord, "Nie so nie. Waarom? Realiteit is verhewe bo bewussyn en kultivering. Beide die natuur en eienskappe (van die bewussyn) is kalm-leeg, daar is geen [self identifisering met] sig of gehoor, wins of verlies, woorde of spraak, persepsie, beelde, aanvaarding of verwerping. Hoe kan daar enige realisering wees? Indien ʼn wese glo in en aan hierdie realisering, lei dit tot disharmonie en argumentering [in die bewussyn]. Slegs in die afwesigheid van konflik en argumentering realiseer ʼn wese die beoefening van nie-skepping.

Die Boedda sê, "Het jy Absolute Boeddaheid gerealiseer?"

Cittarajaantwoord, "Heer! Ek is vry van enige realisering van Absolute Boeddaheid. Waarom is dit so? Die natuur van ontwaking het nie of aanwins of verlies nie, of nie verligte of gewone bewussyn nie, want dit is vry van alle eienskappe van differensiasie. Binne hierdie differensiasie is die egte en ware natuur [van ontwaking]. Hierdie natuur is vry van enige eksterne vermenging [soos die dualiteit van skepping/vernietinging/onderwerp/voorwerp]. Dit is vry van woorde en spraak. Dit bestaan nie maar nog minder bestaan dit. Dit is nie of bewus of onbewus nie.


"Dit is dieselfde met alle fenomena (tegnieke) wat beoefen kan word. Waarom? Want alle fenomena en tegnieke het geen woonplek. Dit is hul Absolute natuur. Basies, hulle is vry van enige realisering of nie-realisering. So hoe kan ʼn wese Absolute Boeddaheid realiseer?"

Die Boedda antwoord, "So is dit, so is dit. Soos jy gesê het, alle aktiwiteite van bewussyn is sonder vorm en sy liggaam (natuur van bewussyn) is kalm-leeg en nie-skeppend. Dit is dieselfde met alle bewussynne. Waarom is dit so? Weet dat die oog en sig is kalm-leeg [van nature]. [Oog] bewussyn [ditself] is ook kalm en leeg - vry van enige eienskappe van beweging of stilheid. Intern is dit vry van die drie gevoelens (genotvol, nie-genotvol, of neutraal). [Dus,] die drie gevoelens is kalm-leeg. So ook gehoor, smaak, aanraking, geestelike (sesde bewussyn), diskriminering (sewende bewussyn), en alaya (agste bewussyn). Almal is ook ongebore. [Dus,] die bewussyn is kalm-leeg en nie-skeppend. [Indien ʼn wese probeer om ʼn] kalm-leeg en nie-skeppende bewussyn te skep, sal dit neerkom op ʼn praktyk (aktiwiteit) om iets te skep; nie die praktyk van nie-skepping.


"Ontwakeling, [dus] intern word die drie gevoelens, die drie karmiese formasies [van liggaam, spraak en bewussyn] en die drie morele beginsels [bestaande uit eerstens die voornemens om alle kwaad te beeindig, tweedens die voornemens om alle goeie dade te kultiveer en derdens om alle wesens te help bevry,] gegenereer. As hierdie alreeds kalm-leeg en uitgestrowe is, sal die fabrieserende bewussyn niks (wil) fabriseer. ʼn Wese koester nie die realisering van enige eienskappe van kalm-leegheid; of (ver)dwaal in nie-realisering nie. In nie-vertoewing orals, is die nie-formasie van alle bemestings. Dus, die drie gevoelens, die drie formasies en die drie morele beginsels, sal dus nie ontstaan. Alles sal dus kalm-leeg en rein wees. ʼn Wese het nie nodig om samadhi (bepeinsende absorpsie) te penetreer nie of te volhou in dhyana (statiese bewussyn gefokusde meditasie). Dit is nie-skepping en nie-beoefening."

Cittaraja vra, "Indien dhyana (gefokusde meditasie) alle kwellinge kan tem en alle denkbeeldige afleidings kan stabiliseer, waarom nie gefokusde meditasie?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, [gewone] dhyana is [in werklikheid] beweging (mentale (denkende) aktiwiteite). Ondat dit nie of gekonsentreerd of nie ongefokusd is, is dit [egte] nie-skeppende gefokusde meditasie. Die natuur van hierdie dhyana is nie-skepping, [dus] verwerp enige dhyana wat sensoriese objekte (rupa) fabriseer. Die natuur van [nie-skepping] dhyana is nie-vertoef. [Dus, ʼn wese moet] verwerp enige teken van vertoewing in gefokusde meditasie. Indien ʼn wese weet dat die [ware] dhyana vry is van beide afleidings en kalmte, sal die wese onmiddelik die [wysheid van] nie-skepping van dharmas penetreer. [Hierdie] wysheid van nie-skepping is nie afhanklik van vertoewing nie. [Gevolglik,] sal die bewussyn nie afgelei kan word nie. Met hierdie wysheid, is dit hoe ʼn wese deel word van die ongebore (buite geboorte-sterfte siklusse)."

Cittaraja sê, "Heer! Hierdie nie-skeppende wysheid, waar ookal dit mag wees, is nie-vertoewend. Dit is nie apart van die bewussyn nie en het geen woonplek nie. Daar is geen plek waar die bewussyn gevind kan word nie. Met geen woonplek, is die bewussyn nie-skeppend. Die bewussyn wat so verkeer is vir ʼn feit nie-skeppend en nie sfeer gebonde.

"Heer! [U verduideliking] die praktryk van nie-vertoewing en nie-skepping van die bewussyn is onbegryplik. Omdat dit onbegryplik is, kan dit slegs van gepraat word maar dit is verhewe bo spraak (enige beskrywing is nie identies met wat beskryf word nie)."

Die Boedda antwoord, "So is dit is, dit is so."
Cittaraja, prys die ongeëwenaarde eienskappe in ʼn strofe (soos volg):

Die Heer vervolmaak in onmeetbare wysheid,
Propageer wyd die Dharma van nie-skepping.
Dit was nog nooit van tevore gehoor.
Wat nog verduidelik moet word, is nou verduidelik.
Soos amritha (egte soete dou druppels),
Wat selde verskyn,
[So is hierdie Dharma] moeilik om te ontmoet en te begryp.
en raar ook om te kan hoor.
Dit is die ongeëwenaarde veld van meriete,
Die absoluut effektiewe, wonderlike medisyne.
Om sodoene wesens na die oorkantse oewer te help vaar,
Is nou verduidelik en aangekondig

Nadat die groep die woorde aangehoor het, het hul ontwaak tot die nie-opwelling [van dharmas] en die wysheid van nie-skepping.

Hoofstuk vier: Die Seëninge van Self-Verligting

Gedurende hierdie tyd het Apratisthia (nie-vertoef) die Boedda se bespreking van die enkel-smaak Realiteit wat onbegryplik is, gehoor. Van ʼn ver afgeleë land (ʼn ander wêreld stelsel) het hy persoonlik na die Boedda se koninlike stoel gekom met die uitsluitlike doel om aandagtig te luister na die Eerbare-waarheid. Hy penetreer die egte domein van Absolute-Realiteit met sy liggaam en bewussyn bewegingsloos.

Die Boedda adresseer Apratisthia: "Waar het jy vandaan gekom? Waar het jy nou net aangekom?"

Apratisthia Bodhisattva antwoord, "Heer! Ek kom vandaan waar daar geen oorsprong is en het nou aangekom hier waar daar ook geen oorsprong is nie."

Die Boedda sê, "Jy kom oorspronklik van waar daar geen oorsprong is en het nou aangekom waar daar ook geen oorsprong is nie. Jy het gepenetreer die [Dharma van] Self-Seëning/aanvaarding, wat onbegryplik is. Jy is ʼn ontwakeling by uitstek (mahasattva)."

Onmiddelik straal die Boedda ʼn verhelderde lig uit na duisende wêreld stelsels en dra voor die strofe:

O Groote ontwakeling,
Versadig en omgordel in wysheid,
Konstant deur middel van Self-Seëning,
Tot voordeel van wesens.
In al vier posture [loop, staan, sit, lê],
konstant verbly deur Self-Seëning,
Lei alle wesens,
Nie kom of nie gaan nie (geluidloos sonder tekens).

Apratisthia adresseer daarna die Boedda: "Heer! Deur middel van watter vaardige metode kan ʼn wese die besmette bewussyn van ander wesens transformeer sodat hulle die amala (denitiewe-realisering bewussyn getransmorfeer uit die agste bewussyn) kan penetreer?"

Die Boedda antwoord, "Al die Boeddas, konstant transmorfeer al die [besmette] bewussyn van wesens deur middel van die Een-Verligting sodat hulle die amala (Absolute-Realiteit) kan penetreer. Waarom? Omdat alle wesens besit oorspronklik oor (oer-verligting) Self-Verligting. Die Boeddas, konstant help ontwaak wesens deur hulle te lei tot herontdekking van Self-Verligting. Ontwaak en verlig word gerealiseer dat alle besmette bewussynne kalm-leeg en nie-skeppend is. Waarom? [Omdat] die Absolute Self-Natuur fundamenteel bewegingsloos is."

Apratisthia vra, "Siende dat elk van die agt bewussynne begin [deur kö-oorsprong] vis-a-vis die sensoriese-sfere, hoe is dit moontlik dat dit bewegingsloos is?"

Die Boedda antwoord, "Al die sensoriese-sfere is basies kalm-leeg [van onfhanklike bestaan]. Alle bewussynne is ook basies kalm-leeg. Omdat die natuur van kalm-leegheid nie geffekteer word deur ko-inisiasie, hoe kan dit geskep/ontstaan deur kö-oorsprong?"

Apratisthia vra, "Indien alle sensoriese-sfere kalm-leeg is, hoe kan daar persepsie wees?"

Die Boedda antwoord, "Persepsie is fundamenteel ʼn illusie. Waarom? Al die tien duisende manifesterings is [fundamenteel] ongebore en sonder vorm. Oorspronklik is dit naamloos. Hulle is almal kalm-leeg. Die eienskappe van alle dharmas (fenomena) is dieselfde. Die liggame van wesens is ook dieselfde (kalm-leeg). Omdat die liggame fundamenteel nie bestaan, hoe kan daar persepsie bestaan!"

Apratisthia sê, "Indien alle sensoriese-sfere kalm-leeg is, alle liggame is kalm-leeg en alle bewussynne is kalm-leeg, dan moet ontwaking en verligting ook kalm-leeg wees."

Die Boedda antwoord, "Die Een-Verligting is nie onderwerpe aan beide vernietiging en dekomposisie (verotting) omdat dit is die Absolute. Dit is terselfde tyd nie kalm-leeg of nie-kalm-leeg omdat dit vry is van kalm-leegheid en nie-kalm-leegheid."

Apratisthia merk op, "Dit is dieselfde met alle sensoriese-sfere. Hulle word nie karakteriseer as kalm-leeg of nie-kalm-leeg."

Die Boedda stem saam, "Dit is so. Die natuur van alle sensoriese-sfere is basies binne die Absoluut (kalm-leegheid]. Die basis van die Absoluuthet geen woonplek."

Apratisthia sê, "Verligting is ook dieselfde: dit is nie gelokaliseer in enige plek."

Die Boedda stem saam, "Dit is so. Omdat ontwaking/verligting geen woonplek het, is dit eg en rein [en kalm-leeg]. Omdat dit eg (en rein) is, is dit vry van enige teken van verligting. Sensoriese-objektifikasie het geen woonplek, dit is eg. Omdat dit eg/rein is, is (egtheid) dit vry van [enige eienskap van] sensoriesies voorwerpe."

Apratisthia merk op, "Die bewussyn (brein) en oog-bewussyn is ook dieselfde. Dit is ondenkbaar en onbegryplik!"

Die Boedda antwoord, "Ja, brein-en-oog-bewussyn is ook onbegryplik. Waarom? ʼn Sensoriese-objek het geen woonplek; dit is eg-rein sonder name. Dit maak nie inbraak intern [tot die sensoriese basisse]. Oog bewussyn het geen woonplek; dit is rein en nie-sienend [sonder ʼn oortuiging van ʼn self wat sien]. Dit gaan nie uit na die ekstrene [sensoriese objekte]. Die bewussyn het ook nie ʼn woonplek. Die bewussyn se reinheid is nimmereindend, sonder ʼn geboorte plek. Ander bewussynne het ook nie ʼn woonplek. Hulle is rein en beweginloos, nie geaffekteer deur kondisies of differnsiasies. Die natuur van alle dharmas is kalm-leeg. Hierdie natuur is dus vry van enige teken van verligting. Dit is hoe verligting gerealiseer word.

"Ontwakeling! Wanneer ʼn wese ontwaak [tot die wysheid] dat daar uiteindelik geen realisering van verligting is nie, sal al die agt bewussynne verligting penetreer. Waarom? By die staduim van die diamand ( ʼn Boedda se Absolute) wysheid, die weg wat lei tot bevryding word gelos (omdat daar nie of bevryding of nie vasketting). Wanneer ʼn wese die weg eenkant toe geskuif het, kan hy/sy die nie-vertoef staduim penetreer, [van ongeëwenaarde verligting] waar daar nie of ingang of nie uitgang is - die Absolute Domein waar die bewussin nie ʼn woonplek het nie. Die basis [van hierdie toestand] is eg en rein, soos die deurskynende lapis lazulihe [verteenwoordig die perfekte Absolute Realiteit wysheid. Dit is in voortdurende en oneindigende gebalanseerdheid, soos die groot aarde [verteenwoordigend van die behaling van vryheid van onpartydige wysheid]; verlig, wonderbaarlik, opletterde waaksaamheid [verteenwoordig die Absloute Wysheid], soos die allesomsluitendheid van die wysheid van die son; vervolmaak deur Self-ontwaking, soos die groot reëns van die Dharma. ʼn Wese wat hierdie wysheid penetreer, penetreer in werklikheid die Boeddas se domein van wysheid. Vir so ʼn wese sal geen van die bewussynne opwel of ontstaan."

Apratisthia sê, "Die Boedda het verduidelik dat die heilige krag van die Een-Verligting waar die vier wyshede vervolmaak is, is in werklikheid die self-verligtende natuur van alle wesens. Waarom? Want basies is die vervolmaking teenwoordig binne die liggame van die verskillende wesens."

Die Boedda sê, "Dit is so. Waarom? Alle wesens is basies vry van die uitvloeiings met die heilsame Self-Seëning as deel van hul inherente natuur. Huidiglik word hulle geprikkel deur die dorings van begeertes wat hulle nog moet oorwin of oorkom."

Apratisthia vra, "Indien wesens wat nog moet ontwaak tot Self-Verligting, aanhou om te versamel (begeertes ) en ophoop (werêldse dinge en ondervindinge), hoe kan hulle oorkom dit wat uiters moeilik is om te oorkom?"

Die Boedda antwoord, "As ʼn individu of as deel van ʼn groep, indien diskriminasies en infeksies gebeur, met bewussyn gekoester in ʼn grot van kalm-leegheid, kan hul oorkom dit wat uiters moeilik is om te oorkom en bevry wees van die demoniese magte. Laat hulle transendensiëel sit op die oop grond waar die bewussyn en die elemente getransformeer (Absolute-Realiteit) kan word (die elemente verdwyn)."

Apratisthia sê, "Die bewussyn wat Nirvana penetreer en deel word daarvan, is koel sonder kameraadskap en verkeer voortdurend in Nirvana. [So ʼn bewussyn] is versekerd bevry."

Die Boedda antwoord, "Voortdurende koesering van Nirvana is in werklikheid die verstrengeling en kettings van Nirvana. Waarom? Nirvana is die seën van Self-Verligting. Hierdie seëning is die oeroue Nirvana. Die verligtende aspekte van Nirvana is in werklikheid die aspekte van Self-Verligting. [Hierdie aspekte is kalm-leeg van nature,] die natuur van verligting is nie-diskriminerend en Nirvana is ongedifferiseerd. [Dus,] verligting is basies ongebore. [Dus] verligting is basies vry van sterfte (uitwissing) en Nirvana is ook vry van sterfte (uitwissing). Omdat die verligtende aspek van Nirvana nie onderhewig is aan differensiasie nie, is daar geen realisering van Nirvana. Omdat Nirvana nie onderwerpe is aan realisering, hoe kan ʼn wese daar in verkeer?

"Ontwakeling, verligte wesens verkeer nie in Nirvana. Waarom? Verligting is basies ongebore; dit is verwyderd van die besmettings van wesens. Verligting is basies vry van kalmte. Vir ʼn wese wat verknog is aan Nirvana, so ʼn wese se bewussyn sal dus versteurd word die oomblik hy/sy verwyderd is van Nirvana. Die bewussyn wat verkeer in die grond [fondasie] van Realiteit het geen vertoefplek. Vry van beide ingang en uitgang, penetreer dit die komiese bewussyn (amala)."

Apratisthia vra, "Indien die komiese bewussyn iewers gepenetreer kan word, behoort dit iets te wees wat bereikbaar te wees, dus ʼn bereikbare Dharma?"

Die Boedda ntwoord, "Nee, dit is nie so nie. Waarom? Dit is soos die voorbeeld van die verwarde seun met goue muntstukke in sy hande wat nie weet dat hy dit in sy hand het nie. Dwalend in verskillende rigtings het hy vyftig jaar in armoede, mislikheid en swaarkry gekripeer. Alhoewel hy hard probeer om ʼn eerbare lewe te lei, kon hy nie homself onderhou. [Uiteindelik,] toe die vader sy seun in so vervalle toestand sien, sê hy vir hom, "Die goue munte wat jy so rond dra, waarom gebruik jy dit nie? Dan is jy vry om al jou behoeftes te bevredig." Die seun skrik wakker en vind die goue muntstukke. Vreugdevol skree hy uit dat hy goue munte gevind het. Sy pa antwoord, "Dwase seun! Jy het nie nodig om uitermate bly te wees! Die goue munte was nog altyd joune, nie iets wat jy ontdek het nie. Wat is daar om voor bly te wees?"

"Ontwakeling, dit is dieselfde met die komiese bewussyn. Basies het dit [jou] nooit verlaat nie, dit is nie iets wat nou bekom moet word nie. Omdat jy nie bewus was van dit in die verlede, beteken nie dat die nie bestaan nie. Noudat jy ontwaak tot dit, is nie dat jy nou dit bekom/behaal het nie."

Apratisthia vra, "Siende dat die vader bewus was dat die seun verward en onkundig was, waarom het hy toegelaat dat die seun vyftig jaar gedwaal het in armoede, mislikheid en swaarkry voordat hy hom vertel het van die goue muntstukke wat hy gedra het?"

Die Boedda antwoord, "Die [voorbeeld] verloop van vyftig jaar is maar die beweging van ʼn enkele gedagte.Verdwaling in die verskillende rigtings is die fantasie van verafgeleë reis [versinnebeeld die oneindige illusies wat verhoed dat terug gekeer word na Absolute Realiteit]."

Apratisthia vra, "Wat is 'die beweging' van ʼn enkele gedagte?'"

Die Boedda antwoord, "Binne die beweging van enkele gedagte, wel al die vyf elemente op. [En] al vyftig booshede is opgesluit binne die vyf elemente."

Apratisthia vra, "Die fantasie van verafgeleë reis en verdwaling in alle rigtings is die opwelling van ʼn enkele gedagte wat al die vyftig boosheid insluit, hoe kan wesens gelei word sodat dat nie ʼn enkele gedagte opwel nie?"

Die Boedda antwoord, "Wesens moet gelei word om hul bewussyn te kalmeer deur te verkeer in die diamond-basis [van onversteurde bewusdheid] met geen opwelling van denke. Die bewussyn sodoende gekalmeer sal altyd kalm en in vrede wees, sonder ʼn enkele gedagte."

Apratisthia sê, "Dit is onbegryplik dat in verligting denke nie opwel nie en ʼn wese se bewussyn is kalm en vredevol. ʼn Kalm en vredevolle bewussyn is die seëning van Self-Verligting. Die seëning is bewegingloos; dit bestaan voortdurend en eindeloos. Dit is nie onderworpe aan of bestaan of nie-bestaan. Dit verlig [besit die vermoeë] alles. Dit is nimmereindend bewus sonder dat hoef te probeer om bewus te wees. Self-Seëning [ditself] is Self-Verligting. ʼn Wese wat ontwaak, is nie onderwerpe aan besmettings en is nie-vertoewend. Dit is omdat die natuur [van verligting] onveranderd en permanent Absoluut is. Dit is ondenkbaar en onbegryplik!"

Die Boedda antwoord, "Dit is so."

Net daar en dan penetreer en bekom Apratisthia wat hy nog nooit gepenetreer het en hy dra voor die strofe:

Die Heer is die Heer van Groot Verligting.
Hy verduidelik die Dharma van nie-skepping van gedagtes.
ʼn Denkvrye bewussyn is nie-skeppend.
So ʼn bewussyn is voortdurend en nooit uitgewis.
Die Enkel-Ontwaking van Self-Verligting,
Lei almal [wesens] wat self-toegerus is.
Dit is soos [die voorbeeld van] van een wat sy goue munte herontdek het,
Maar wat hy herontdek [was oorspronklik sy eie] het, was nie ʼn ontdekking nie.

Nadat die groep hierdie woorde gehoor het, het almal ontwaak tot die Self-Seëning van die diamand-wysheid.


Hoofstuk vyf: Bereik Realiteit

Later sê die Boedda: "Al die ontwakelinge en andere [in hierdie groep] wie diep die Absolute gepenetreer het, sal instaat wees om ander wesens te bevry. Gedurende die Dharma-degenerend tydperk, moet hulle die Absolute Dharma propageer en versprei sodat die luisteraars die voordele van Self-Seëninge kan geniet, ongeag die wese simpatiek of onsimpatiek teenoor die Dharma staan.. Die spraak (lering) moet geskied sonder vertoewing/vasklouiing, of deur middel van identifikasie of differensasie (sonder vooroordeel). Sulke eerbare spraak lei alle besoedelde bewussynne [van wesens] sodat dit vloei na die see van wysheid van die Boeddas. Dit sal verhoed dat hulle weg gevoer word deur die leë wind [van onkunde], en instede lei hulle na die geestelike melk van die Enkel-Smaak."

Of in die alledaagse of super-alledaagse wêreld, vertoewing (in die Dharma) of nie-vertoef (in die Dharma), die uitgang en ingang van die vyf leeghede word gedoen sonder of vasklouiing of verwerping. Waarom? [Die eienskappe van alle dharmas (fenomena) is leeg. Die natuur [van alle dharmas] bestaan nie maar nog minder bestaan dit. Dus het dit geen absolute natuur. Hulle (dharmas) bly nie in/by ontstaan of nie-bestaan omdat dit verhewe is bo bestaan en nie-bestaan. Die [Boedda] wysheid wat verhewe bo beide geestelke en alledaagse, alhoewel onsigbaar, is verhewe bo foute.

Sodra die ontwakeling en andere ontwaak het tot hierdie Seëning, sal hulle onmiddelik ontwaak tot verligting."

Op daardie staduim was daar ʼn ontwakeling genaamd Mahabala (Groot Mag). Hy staan op vanuit sy sitplek, kom na die Boedda en sê: "Heer! As die Boedda gesê het dat die ingang en uitgang tot die vyf leeghede word gedoen sonder vasklouiing of verwerping, hoe is dit dat daar geen vasklouiing of verwerping is met betrekking tot die vyf leeghede?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, die vyf leeghede is: [eerstens,] die drie bestaansfere is kalm-leeg; [tweedens,] die skaduwees (van karmiese uitwerkings) van die ses bestaans (hel, diere, honger geeste, mense, titane en gode) is leeg; [derdens,] die eienskappe van alle dharmas (fenomena) [omdat dit sonder onafhanklike bestaan is] is ook leeg; [vierdens,] sensoriese-orgaan voorwerpe en hul eiesoortige eienskappe is ook leeg; [en laastens] die bewussyn en gepaardgaande gedagtegange is ook leeg.

"Ontwakeling, omdat hierdie leeghede leeg is (van nature) is dit nie instaat om te vertoef in die leegheid, omdat die leegheid vormloos is. Hoe kan dharmas wat vormloos is, kleef of verwerp [enige iets]? Omdat dit vry is van kleef en verwerping is dit identies met die drie leeghede."

Mahabala vra, "Wat is die drie leeghede?"

Die Boedda antwoord, "Die drie leeghede is: [eerstens] die eienskappe van die leegheid is leeg [van nature]; [tweedens] die leegheid van leegheid is leeg; [derdens] dit wat leeg is van leegheid is ook leeg. Hierdie leeghede [is gelyke] is nie onderhewig aan die eienskappe van die drie leeghede. Hulle nie sonder Realiteit [van die Absolute]. [Verhewe bo] die weë van woorde en spraak is hulle ongegryplik."

Mahabala sê, "Indien hulle nie sonder Realiteit is, moet hulle dus eienskappe besit."

Die Boedda verskil deur te sê, "[Omdat dit die Absolute-kalm-leegheid is,] nie-vertoef vertoef nie in nie-(be)staan; bestaan vertoef nie in bestaan nie. Daar is nie of bestaan of nie-bestaan nie. ʼn Nie-bestanende dharma kan nie vertoef in nie-bestaan. Nie-bestanende eienskappe kan bestaan in bestaan. Die beginsel van nie-vertoewing [nie-bly] kan nie verstaan word in terme van of bestaan of nie-bestaan.

"Ontwakeling, die essensie wat verhewe is bo name en eienskappe, is onbegryplik. Waarom is dit so? Die benaming van die naamlose is nie sonder bestaan; die essensie verhewe bo essensie is nie sonder essensie nie."

Mahabala sê, "Sulke name en beginsels [van dieselfde, gelykheid en nie-obstruksie] is die eienskappe van Realitiet. Dit is terselfde tyd die eienskappe van die realitiet van die Boeddas. Realiteit vertoef nie in realitiet. Realiteit het geen eienskappe van realititeit omdat dit vry is van enige eienskappe. Die eienskappe van realitiet is nie verskillend van die Boeddas s'n nie. Die eienskappe van die bewussyn van wesens is dieselfde as die van die Boedda. Daarom, die bewussyn van wesens behoort vry te wees van sensoriese-sfere."

Die Boedda sê, "Dit is so. Die bewussyn van wesens is in werklikheid vry van sensoriese-sfere. Waarom? Omdat die bewussyn basies rein is en die kern [van reinheid] is onbesmet. Dit is die vervuilling/besmeting met die stof (sensoriese voorwerpe) kulmineer in die drie bestaans-sfere. [Dit is hoe] die bewussyn wat verstrengel/betrokke is met en in die drie bestaans-sfere, word genoem 'die ander sfeer'. Sulke sfere is leeg en is illusies. Dit is projeksies van die bewussyn. Wanneer die bewussyn vry is van enige illusies, sal daar geen ander sfere wees."

Mahabala herhaal, "Indien die bewussyn rein (nie-skeppend) is, sal geen sensoriese-sfeer opwel/bestaan. Wanneer die bewussyn rein is, behoort die drie bestaans-sfere nie te bestaan nie."

Die Boedda antwoord, "Dit is so. Indien die bewussyn nie sensoriese-sfere projekteer nie, sal die sensoriese-sfere nie opwel in die bewussyn nie. Waarom? Alle sensoriese-voorwerpe is niks anders as soos die bewussyn dit sien. Indien die bewussyn dit nie denkbeeldig projekteer nie, sal daar geen [misleidende] visuele-voorwerpe wees nie.

"Ontwakeling, indien wesens [weet dat] wesens is (binne hul bewussyn] nie-bestaandend en dat die drie nature [van saggaardheid, aggressie en neutralitiet] kalm-leeg is, sal daar geen vasklouiing aan ʼn self (ego) of vasklouiing aan andere. Selfs die twee ingange sal nie die bewussyn kan aktiveer nie. Vir so ʼn wese sal daar nie die bestaan van die drie sfere wees nie."

Mahabala vra, "Wat word bedoel met: 'Die twee ingange sal nie die bewussyn aktiveer nie'? Die bewussyn is basies ongebore; hoe kan daar ingang wees?"

Die Boedda antwoord, "Die twee ingange is: een word genoem die toegang via beginsel(begrip/verstaan); die tweede een word genoem toegang via aktualisering (realisering).

"Een wat ingang bereik via die beginsel beteken iemand wat oortuig is [deur begrip en insig] dat wesens is nie verskillend van verligdes (boedda) natuur. Dit [natuur] is nie dieselfde nie maar ook nie verskillend nie. [Maar hier natuur] ,was verbloem en verhinder deur vreemde stowwe (sensoriese-voorwerpe). Sonder dat die bewussyn kom of gaan, vertoef ʼn wese in nadenkende bewusdheid. ʼn Wese oordink die eerbare-waarheid dat die Boedda-natuur in werklikheid bestaan en ook nie-bestaan; nie self maar terselfde tyd ook nie verskillend in ʼn gewone persoon of ʼn verligte wese is nie. ʼn Wese wat ferm verkeer sonder om af te dwaal, is in [deel van] die staat van die diamand basis van die bewussyn, kalm, stil, nie-doenend en vry van differensiasies. Dit word genoem die ingang via die beginsel.

"Die bewussyn van ʼn wese wat gerealiseer het via aktualisering het geen voorkeure of neigings; vry van die skaduwees van die flukuasies [van die sensoriese-voorwerpe]. Waarook al dit mag wees, die bewussyn is sonder denke, en soek niks. Nie geaffekteer deur die winde en geraas [van onkunde], is dit [bewegingloos] soos die grote aarde. Deur af te sien en weg te doen met bewussyn en self-identiffikasie, red so ʼn wese ander wesens. Dit (so ʼn bewussyn) is nie onderwerpe aan skepping nie, het geen eienskappe en is vry van beide vasklouing en verwerping.

"Ontwakeling, die bewussyn het nie of ingang of uitgang nie. Omdat die bewussyn vry is van beide ingang en uitgang, bereik dit toegang sonder om toegang tot enige iets te bekom, [vir gerieflikheids halwe word na dit verwys as 'toegang'.

"Ontwakeling, die Dharma wat so penetreer is nie sonder eienskappe; en die Dharma self is nie nie-leeg nie. Daardie Dharma is [in werklikheid]]alles insluitend. Waarom? Die Dharmas (die Boedda se definitiewe lerings) wat nie-bestaans is, is vol meriete. Dit is nie onderwerpe aan die [skeppings] bewussyn en sy skaduwee. Dit is van nature rein."

Mahabala vra, "Hoe is dit moontlik dat die Dharma wat verhewe bo [die skeppings van] bewussyn en skaduwee is, kalm en rein kan wees?"

Die Boedda verduidelik, "Die kalm-leegheid; die Dharma, is nie ʼn dharma wat deur die bewussyn geskep is/word nie. Dit is ook nie fabrikasies van die bewussyn self nie. Hierdie Dharma word nie gekenmerk deur die eienskappe van die kalm-leegheid nog minder het dit enige eienskappe van die fisiese-realitiet (vorm) nie. Hierdie Dharma behoort nie aan die bewussyn nie. Daarom is dit nie ʼn dharma wat generereer word deur kö-oorsprong.

"[Alhoewel,] nie iets geskep deur die bewussyn nie, maar terselfde tyd [dit resultaat van], nie-werk(ing), is dit ook nie sonder kö-oorsprong. Dit is nie ʼn skaduwee of nie ʼn projeksie van enige van die sensoriese voorwerpe. Dit besit nie onafhanklike natuur of enige verskille daarvan. Dit het nie name, eienskappe, of definisies (verskille). Waarom? Omdat die Absolute [Dharma] besit nie [eens] realiteit nie.

"Daardie dharmas wat nie ineenstemming met kalm-leegheid, ondervind nie ʼn gebrek/te kort aan realiteit nie. Daardie [dharmas] wat nie bestaan nie, het nie gebrek aan realiteit nie. Dit is nie dat hulle gebrek het aan realiteit. Waarom? Die Dharma met die basiese essensie is verhewe bo enige essensie of basis. Dit is verhewe bo alle geskille en eienskappe.

"Ontwakeling, die reine Dharma van Realiteit kan nie geskep word deur skepping nie [omdat hul essensie ongebore is]; nog minder kan dit vernietig word deur vernietiging [omdat die essensie, kalm-leeg is, is dit verhewe bo venietiging]."

Mahabala sê verbaas, "Ongelooflik! Die eienskappe van die Dharma van Realiteit bestaan nie uit kombinasies (geproduseer in samewerking met ander oorsake) of onafhanklik [omdat dit geen onafhanlike self-natuur het] nie. Hulle word nie opgesaal (is nie vorm of nie voorwerp nie) of gebind /geketting (deur die sintuie) [omdat hulle self-bevrydend is]. [Kalm-leeg en ongebore] is hulle kalm-leeg sowel as ongebore,] hulle is nie of aan mekaar geheg of nie verstrooi nie. Dit is verhewe bo skepping en vernietiging. Hulle is ook vry van enige eienskappe van aankoms of vertrek van vertoewing. Dit is onbegryplik!"

Die Boedda sê, "Dit is so. Dit is voorwaar onbegryplik! Die onbegryplike bewussyn! Die bewussyn [van wesens] is ook so. Waarom? Realiteit is nie verskillend van die bewussyn. Die bewussyn is basies so.

"Die Boedda-natuur van alle wesens [en ook van die Boeddas] is nie een maar ook nie verskillend nie. Die natuur van alle wesens is oorspronklik vry van beide skepping en uitwissing [sterfte]. Hierdie natuur van skepping en uitwissing is oorspronklik ook die natuur van Nirvana. Die natuur van die eienskappe [van die skepping en einde/sterfte] is oorspronklik so. (leeg van onafhanklike bestaan), want Realiteit is bewegingsloos.

"Die eienskappe van alle dharmas word nie genereer deur kö-onstaan. [Omdat] die natuur van die eienskappe van skeppig is realiteit, maar Realiteit is bewegingsloos. Die eienskappe van al die faktore van kö-ontstaan is basies kalm-leeg en bestaan nie. Omdat sulke faktore en selfs kö-ontstaan self ook kalm-leeg is, is daar nie mede-onstaan/mede-oorsprong. Alle dharmas gegeneer deur kö-oosprong/mede-begin is illussies van die misleide bewussyn. Die verskyning [van sulke visies/illusies] bestaan basies nie, want die mede-oorsprongs faktore [wat veronderstel is om verantwoordelik vir hul skepping te wees] is basies nie-bestanend. Die bewussyn en sy realiteit is soos die beginsels van dharmas; sonder self-natuur. Dit is soos die [nie-blywende] 'Koning van uitspansel' wat geen woning het. Die bewussyn van gewone mense wan interperteer en differensieer[alles].

"Die eienskappe van Realiteit is basies verhewe bo bestaan en nie-bestaan. Die eienskappe van bestaan en nie-bestaan is die persepsies van die gedagte en bewussyn.

"Ontwakeling, so is dit met die natuur van die bewussyn. Dit is nie leeg van ʼn self-natuur nie maar die self-natuur is ook nie-bestanend [bestaan nie]. Dit is verhewe bo bestaan en nie-bestaan.

"Ontwakeling, nie-bestaan is nie sonder eienskappe nie. Dit (die eienskappe van beide bestaan en nie-bestaan) is verhewe bo spraak en taal. Waarom? Die Dharma van Absolute Realitiet is kalm-leeg, alomsluitend, en is leeg van eienskappe. Dit is nie iets wat begryp kan word deur aanhangers van die dualistiese voertuie [oortuigings].

"Die sfeer van die [Absolute]kalm-leegheid kan nie intern [deur die bewussyn en meegaande eienskappe; omdat dit kalm-leeg is van nature is dit verhewe bo begrip,] begryp word nie of van ekstern deur die sensoriese sfere. Slegs die meesters van die ses praktyke ken dit."

Mahabala vra, "Wat is die ses praktyke/beoefenings? Verduidelik asseblief."

Die Boedda antwoord, "Eerste is die praktyk van die tien oortuigings. Tweedens is die praktyk van die tien vertoewings. Derdens is die praktyk van die tien praktyke. Vierdens is die praktyk van die tien oordragings. Vyfdens is die praktyke van die tien vervolmakings. Sesdens is die praktyk van gelyke verligting. Beoefenaars van hierdie praktyke sal dan die kalm-leeg sfeer ken."

Mahabala vra, "Omdat die Absolute Verligting van Realiteit geen uitgang of ingang het, deur watter Dharma of bewussyn kan ʼn wese dit penetreer?"

Die Boedda antwoord, "Die Dharma van Realiteit het geen grense. ʼn Grenslose bewussyn is alreeds binne Realiteit."

Mahabala vra, "Die wysheid van hierdie grenslose bewussyn het geen perke. Die grenslose bewussyn is die een wat bevry is. Die bevryde wysheid penetreer [direk] Realiteit. In die geval van ʼn gewone, alledaagse, swakgesinde wesens, wie se bewussyn onderhewig aan gedurige hyging (onsteltenisse), deur middel van watter Dharma kan hulle gelei word om die gehyging te beheer en om hul bewussyn te stabiliseer om sodoende Realiteit te penetreer?"


Die Boedda antwoord, "Ontwakeling, ʼn wese wie se bewussyn hyg, word gelei beide intern [deur die sensoriese organe en klou aan ʼn ego] en ekstern [deur sensoriese-voorwerpe en die sensoriese-sfere]. [Hierdie besmette onderwerpe en voorwerpe vloei saam met die impulse, tot hul akkumulasies soos ʼn see van besmette bewussynne word. Die winde [van onkunde] roer [die see van neigings ontstaan] die branders [van die bewussyne], daardeur verskrik die groot draak [van onkunde]. Omdat die bewussyn verskrik is, hyg die wese gedurig.

"Ontwakeling, spoor alle wesens aan om die drie te behou en te vekeer in die een, [om sodoende] die Boedda-Realiteit te penetreer. Met gekonsentreerde absorpsie, sal hul bewussyn vry wees van hyging."

Mahabala vra, "Wat is 'behou die drie en vertoef in die een', om sodoende toegang tot die Boedda-Realiteit te bekom?"

Die Boedda antwoord, "Om die drie te behou beteken om die drie bevrydings te behou; om by die een te bly, beteken om in die realiteit van die bewussyn te bly en sodoende ingang tot die Boedda-Realiteit te bekom en dus die essensie en die beoefening van bepeinsing te ken. Hierdie basis van die bewussyn beteken om ingang tot Realiteit te bereik."

Mahabala vra, "Wat is die drie bevrydings? Deur watter Dharma kan ʼn wese ingang tot samadhi van die natuurlike Realiteit bekom?"

Die Boedda antwoord, "Die drie bevrydings is: [eerstens] die bevryding van die leegheid [alles is in werklikheid kalm-leeg van nature, en sodoende is ʼn wese vry van die verstrengelings van alle dharmas]; [tweedens] diamand bevryding [dat alles in in werklikheid vormloos en sodoende is ʼn wese vry van geestelike ontsteldnisse]; [en derdes] wysheid bevryding [dat alles, kalm-leeg van nature, is verhewe bo vasgryp en sodoende ontwaak wesens tot die oeroue rein en geluidlose natuur van die bewussyn]. Die bewussyn van ʼn wese wat in harmonie is met die essensie [kalm-leegheid, vormloosheid en reinheid is in bepeinsing [of aandagtigheid] (vry van vertoef en obstruksie) met geen saamstemming of verwerping om te differsieer."

Mahabala vra, "Hoe gaan ʼn wese te werke met die preservering? Hoe kan ʼn wese dit bepeins?"
Die Boedda antwoord, "Preservering is om te poog waar die bewussyn en sy voorwerpe nie-dualisties is nie. Of dit intern [via die sensoriese organe], of ekstern [deur die sensoriese-voorwerpe en die sensories-sfere], met geen in of uitgang, die bewussyn bly nie-dualisties. Deur nie vas te klou aan enige iets, is die bewussyn vry van wins (voordeel) of verlies. Die bewussyn, dus gesuiwer, vrylik penetreer die een-en-alles van geestelike bereiking. Dit is wat bedoel word met nabetraging/ bepeinsing.

"Ontwakeling, so ʼn wese kleef nie aan enige dualistiese eienskappe nie. Alhoewel hy nie die ouerhuis verlaat, heg nie hy waarde aan en sien homself nie werklik deel van die huishouding nie. Vir die rede dra hy nie die monnikskleed nie, kom die voorskrifte (monnik se gedrags kode) nie na of neem nie deel aan die geestelike byeenkomste nie. Met ʼn onbevlekte bewussyn in nie-doen, sonder enige egosistiese denke, behaal hy die vrug van heiligheid. Sonder om te talm oor enige van die twee [dualistiese] voertuie, bereik hy toegang tot die ontwakings weg. Vervolgens sal hy die vervolmakings vervolmaak en die ontwaking van die Boeddas behaal."

Mahabala sê, "Dit is onbegryplik! Alhoewel hy nie toegetree tot die hawelose-staat, is hierdie wese nie so een wat wel ʼn hawelose een is nie. Waarom is dit so? Hy het toegang bereik tot die domein van Nirvana, waar hy die kleed van die Boeddas aantrek en sit op die ontwakings troon. So ʼn persoon moet gerespekteer word en moet offerande aangebied word deur selfs beginner-monnikke."

Die Boedda sê, "Dit is so. Waarom? Toegang tot die domein van Nirvana, en die bewussyn van so ʼn wese oorkom die drie bestaans-sfere. Met die kleed van die Boeddas aan, bereik hy toegang tot die kalm-leegheid sfeer van die dharmas. Sittend op die ontwakings troon, styg hy tot perfekte verligting. Die bewussyn van so ʼn wese styg uit bo die twee tipes selfheid (selfheid van ʼn eie ego en die van dharmas). Waarom sal die beginner-monnikke hom nie respekteer en almoese aanbied nie?"

Mahabala merk op, "Navolgers van die twee [dualistiese] voertuie kan nie sien die Enkel-Boeddaheid of die see van die [Absolute-] kalm-leegheid."

Die Boedda antwoord, "Dit is so. Navolgers van die twee [dualistiese, geringe] voertuie is aangetrokke tot samadhi (geestelike absorpsie), [om sodoende] toegang tot die samadhi-liggaam te bekom [deur die beswyming van beëindiging (nirodhasamapatti), waardeur hulle behaal of 'persepsie of nie-persepsie']. Hulle is soos alkholiste wat dronk is en nie nugter kan raak nie betreffend die Enkel-Verligting [van Boeddaheid] of die see van [die Absolute] kalm-leegheid. Voortdurend ondergaan hulle eindelose beproewings maar hulle is nie instaat om verlig te word. Totdat en nadat die drank verdamp het, ontwaak hulle uiteindelik. Hulle sal dan instaat wees om hierdie [ses] praktyke te beoefen en uiteindelik behaal die liggaam (realisering) van Boeddaheid. Langs die weg van beoefening (tegnieke/metodes), word sy bewussyn gereinig [deur toewyding tot nabepeinsing van realiteit] en hy ken definitief die weg. Die mag van sy diamandagtige wysheid veroorsaak dat hy nooit onderhewe sal wees aan geestelike agteruitgang. Hy help wesens bevry met oneindige simpatie en medelye."

Mahabala merk op, "Omdat so ʼn wese nie nodig het om die morele gedragskode na te kom nie, sal hy nie gerespekteer word deur die beginner monnikke."

Die Boedda antwoord, "Die morele gedragskode word voorgeskryf vir diegene met ongesonde aksies en trots a.g.v die branders en swellings (versteurings van die eerste sewe gedagtegange) van die see [van die bewussyn]. [Oer-reinheid en ontwaking tot die kalm-leë natuur van die dharmas] hierdie wese se see van die agste gedagtegang van sy bewussyn-basis is kalm, die gevolglike vloei in die negende gedagtegang (Boedda bewussyn) is rein (stil). Die winde [van die sintuie-sfere]word onaktief [dit kan nie die ontwaakte bewussyn versteur nie, en dus] die branders en swelle ontstaan nie.

"Die morele gedragskodes is kalm-leeg van nature; die navolgers wat (eng) daaraan klou, is onder ʼn wanindruk en verward. ʼn Wese wat die ware natuur van die geestelike voorskrifte ken, vir hom/haar ontstaan die sewende en agste bewussyn en die verwante faktore van kö-oorsprong nie. Die napeinsings absorpsie veroorsaak dat hy nie weg is van drie [aspekte van] boeddaheid (dharmakaya, nirmanakaya en sambhogakaya). Dus die ontwakings saad het begin ontkeim en groei. Binne die drie vormlose eienskappe [van nie-geboorte of nie-sterfte, van nie of Nirvana of ook nie-Nirvana, en of nie vormloos maar ook nie-vormloosheid.] Sy bewussyn geheimsinnig penetreer [die Dharma van Een-Bewussyn]. Hy is nie sonder ʼn waardige houding en morele waardes en daarom respekteer die beginner monnike hom!

"Ontwakeling, ʼn wese wat dus ontwaak [verlig is] het, sal nie talm oor enige wêreldse dharmas, of dit aktief [lei tot her-geboorte in die (nie-permanente) begeerte-sfeer] of passief [lei tot hergebooorte in die vorm en vormlose sfere wat veel langer duur]. Instede, hy bereik toegang tot die drie tipes leeghede [bestande uit die drie bevrydings deur middel van die leegheid, vormloosheid en gelofte] en wis uit die bewussyn wat aktiek betrokke is met die drie bestaans-sfere."

Mahabala sê, "Die waardige een; hy behaal die vrug van boedda met die (drie) kwalitiete van [1] Boeddaheid (sambhogakaya) met al die meriete; [2] (dharmakaya) Self-Verligting teenwoordig in alle wesens]; en [3] (nirmanakaya) boeddaheid van die fisiese Boedda wat aktief wesens help bevry. Hy bekom die drie elemente van moraliteit [bestaande uit die weg doen van alle booshede, doen orals en altyd goed en bevry alle wesens], maar nie te min talm nie oor hul eienskappe nie. Hy doen weg met alle denke van die drie bestaans-sfere maar vertoef nie in die kalm domein [van Nirvana]. Hy versaak nie wesens nie, hy [versaak die ongeëwenaarde ontwaking en] bly in die (fisiese) wêreld (herhaaldelike geboorte-sterfte siklusse en gepaardgaande ondervindings soos gewone wesens). Dit is onbegryplik!"

Daarna staan Sariputra op uit sy sitplek, kom na vore en dra die volgende voor:

Die Boedda, gekleed met die see van wysheid,
Sonder om te vertoef in die stad van Nirvana,
Is soos die wonderlike lotus,
Wat nie groei in die hoë vlaktes.
Alle boeddas ondergaan oneindige toetse [en toetsing],
Sonder om die besmettings te vermy.

Slegs nadat die wêreld bevry is, penetreer en vertoef [hulle in Nirvana],
Soos die lotusblom wat verrys uit die modder
Die ses praktyke,
Die ontwakeling kultiveer.
So is die drie bevrydings,
Die ware weg van ontwaking
Of ek vertoef [in Nirvana] of nie,
Dit sal wees soos die Boedda gesê het;
Ek sal herhaaldelik terugkeer vanaf die plek waarvandaan ek gekom het,
En gaan weg slegs na voltooiing [die ontwakings weg].
Verder sal ek alle wesens aanmoedig,
Om my te volg [in die nastrewing van dieselfde eed],
Mag hulle wie voor my gekom het of hulle wat nog moet kom [in die toekoms],
Gelei word om te klim (realiseer) die berg van ontwaking tot Realiteit.

Toe sê die Boedda vir Sariputra: "Dit is onbegryplik! Jy sal verseker die ontwakingsweg bereik in die toekoms. Oneindige wesens sal die see van lewe en sterfte oorkruis."

Die groep [Mahayaniste] almal ontwaak tot verligting en die sub-groep [van Hinayaniste] penetreer die see van vyf leegheid (die binneste leegheid, die buitenste leegheid, die leegheid van beide die binneste en die buitenste leegheid, die groot leegheid en die leegheid van die kalm-leegheid.)

Hoofstuk Ses: Die ware natuur van kalm-leegheid

Toe adresseer Sariputra die Boedda: "Heer! Die kultivering van die ontwakings-weg is vry van beide tekens en karaktereienskappe. Die drie morele gedragskodes (weg doen met alle boosheid, doen ten alle tye goed en bevry alle wesens) is ook nie onderhewig aan nakoming nie. Hoe behoort ons die voorskifte te handhaaf en nakom sodat ons dit kan oordra aan ander wesens? Mag die Boedda uit simaptie en medelye vir ons verduidelik."

Die Boedda antwoord, "Geagte man! Jy moet aandagtig luister. Ek sal dit aan jou verdudielik.

"Alle holistiese en nie-holistiese dharmas is illusies geprojekteer deur die bewussyn. Al die sintuiglike en sensoriesiese-sfere is die diskriminasies en differensiasies van denke en spraak. Konsenteer dit op een plek en alle kö-oorsprongs faktore sal nie meer bestaan nie. Waarom? Ontwakeling! Die Oer-Verligting is basies verhewe bo generering. Dus die funksionering van die drie uitvloeiings, [via die liggaam, spraak en bewussyn] word nie-operasioneel. Deur te vertoef binne die beginsel van Realitiet, word die hekke wat lei tot die ses paaie (sintuig-organe) gesluit en die vier kö-oorsprongsfaktore wat in harmonie met Realitiet is, word gevul met die drie morele voorskrifte."

Sariputra vra, "Hoe word die vier kö-oorsprongs faktore wat in harmonie is met Absolute-Realitiet, vol met die drie morele voorskrifte?"

Die Boedda antwoord, "Die vier kö-oorsprongsfaktore is: Eerstens, die mag van Nirvana om die verdwyning en uitwissing van hierdie faktore te weë te bring [andersins moet die voorskrifte streng nagekom word] handhaaf beide die dissipline en die voorskrifte van die morele kode. Tweedens, die mag van Self-Seëning genereer deur die reine basisse [van die vyf wortels (bestaande uit geloof, moed, denke, konsentrasie en wysheid) en hul onderskeie sterkpunte], is die morele kode wat kulmineer in holistiese Dharmas. Derdens, die krag van die groot deernis inherent in Self-Wysheid is die morele kode wat die eed inkorporeer om alle wesens te bevry. Vierdens, die krag van die penetrerende wysheid van die Een-Verligting is in harmonie met vertoef in Realitiet [wat alle geestelike magte en wysheid insluit wat werk deur kö-oorsprong]. Hierdie is die vier kö-oorsprongsfaktore.

"Geagte man, dus die mag van die vier kragtige faktore talm nie oor die substansie sowel as die eienskappe van hul werk nie, ook nie gebrekkig in die omvang of effektiwiteit in die funksionering (alhoewel absoluut geluidloos in hul werking, onpartydig help dit bevry alle wesens). Omdat dit geen defnitiewe woonplek het, kan dit nie gesoek word nie (vry van enige vertoewing, hul ses wortels kweef nie aan die ses stowwe) nie).

"Geagte man, die Een-Verligting van Realiteit omsluit volledig die ses praktyke. Dit is die Boeddas se see van ontwaking en wysheid."

Sariputra merk op, "'Hierdie Dharma is die Ware kalm-leegheid; permanent,salig, [met] selfheid, en eg. Verhewe bo die twee tipes van selfheid (ego en dharmas), dit is die groot parinirvana. So ʼn bewussyn het geen bande. Dit is ʼn kragtige nabepeinsing (direkte bewustheid van die bewussyn van dit self). Al die sewe en dertig vereistes van verligting moet binne die bewustheid wees."

Die Boedda sê, "Inderdaad dit is so. Dit is insluitend van die drie en dertig vereistes van Verligting. Hoe? Omdat dit omsluit die vier toepassing van aandagtignisheid, die vier regte pogings, die vier basisse van geestelike krag, die vyf fakuliteite, die vyf kragte, die sewe faktore van ontwaking en die waardige agtvoudige weg; of wat ookal naam of titel dit mag genoem word. Alhoewel dit vele klassifikasies (titels en name) is, het hulle egter een essensie [almal lei tot verligting]. Hulle is nie een [alhoewel hulle van dieselfde essensie is], maar ook nie verskillend alhoewel hulle verskillende benamings het].

"Nie teenstaande hul verskeidenheid name, is sodanige name net terwille van name en letters. [Omdat hulle in werklikheid kalm-leeg is, verhewe bo differensiasie], die dharmas [met betrekking tot hul onderskeie name] is verhewe bo begrip. ʼn Dharma wat verhewe is bo begrip het slegs een essensie en is vry van [alle] beskrywings. Die eienskap van vry wees van beskrywing is die natuur van die Absolute kalm-leegheid. Die essensie van daardie kalm-leegheid is in harmonie met Realiteit. Die beginsel van Realiteit [dus] omsluit alle dharmas.

"Geagte man, ʼn wese wat vertoef deur te verkry deur hierdie beginsel oorkom die see van die drie lydinge (pyn, verval en onnodige vernietigende praktyk)."

Sariputra vra, "Al die verskeidenheid van dharmas is maar net [die uitdrukkings van] spraak en geskrif(te). Enige iets gekarakteriseer deur middel van spraak en geskrif besit geen essensie. Essensie wat in harmonie is met Realiteit, is verhewe bo [die beelde oorgedra via] taal en dispute en twiste. Hoe verduidelik die Boedda nou die Dharma?"

Die Boedda antwoord, "Ek verkondig die Dharma tot voordeel van julle wesens. Ek verkondig dit wat nie van gepraat kan word nie, (wat verhewe is bo woorde). [Omdat die Dharma, kalm-leeg van nature, verhewe bo beskrywing is,] is dit die rede waarom ek die Dharma verkondig [vir kommunikasie met wensens]. Wat ek spreek is die taal van [transedentele] essensie, nie net sommer woorde nie. Die spraak van wesens is egter leeg en betekenlose woorde en tale, sonder transendentale essensie. Nie-[transendentele] essensie en woorde moet verstaan word dat dit slegs leeg en dwaling is. Sulke woorde het nie betrekking op transendetele essensie en is inderwaarheid valse spraak.

"Spraak wat in harmonie is met essensie, is waarlik kalm-leeg maar ook nie kalm-leeg nie [want dan is die kalm-leegheid werklik maar terselfde tyd ook onwerklik.] [Sulke spraak] is verhewe bo alle dualistiese eienskappe maar terselfde tyd ook nie gesentreerd tussen die eienskappe. Die dharma wat nie so gesentreerd is nie, is verhewe bo die drie eienskappe [van skepping, vertoewing en gepaardgaande beëindig]. Dit het geen woon of bIyplek waar dit gevind kan word nie.

"Spraak [wat buite die eienskappe] word gemaak na aanleiding van Realiteit. Realiteit is nie-bestanend maar terselfde tyd ook nie nie-bestanend nie. Realiteit [ʼn nie-vertoewende Dharma] is buite beide bestaan en nie-bestaan. [Kalm-leeg van nature,] hul bestaan kan nie bestaan binne bestaan/skepping. Daar is geen plek waar Realiteit nie bestaan nie [dit bestaan orals]. Soos ʼn wese behoort nie geheg te wees aan [blote spellings] van spraak nie, so behoort ʼn wese ook nie te vertoef in Realiteit nie. [Soos die Dharma ] van realiteit nie bestaan maar ook nie nie-bestaan nie, kan dit maar net genoem word Realiteit."

Sariputra sê, "[Die geestelike pad wat alle wesens moet begin as beginners word gekenmerk deur allerlei struikelblokke]. Om die vlak van die Boeddas en die Boedda se absolute eienskappe [Absolute Boeddaheid (komplete, perfekte verligting)] te bereik, hoe moet die bewussyn van ʼn beginner wees?"

Die Boedda sê, "Van die bewussyn van ʼn beginner af opwaarts, tot jy die Boedda en die absolute eienskappe van ʼn Boedda bereik, moet ʼn wese deur vyf vlakke gaan.

"Eerstens is die bereiking van die [tien] geloof. [ʼn Navolger wat voorheen geen geloof gehad het] het nou die geloof dat binne sy liggaam is die saad van Absolute-Realiteit wat huidiglik verberg word deur wanpersepsies. Deur beheer van wanpersepsies op te gee en misleidende gedagtes mee weg te doen, sal die [oeroue toegeruste] bewussyn rein en vlekloos wees en ʼn wese sal weet dat alle sensoriese sfere net die diskriminasies van die bewussyn en spraak is.

"Tweedens is die bereiking van bepeinsing [bestaande uit die tien vertoewings, tien praktyke en die tien oordragings,] waar ʼn wese bewus is dat alle sensoriese sfere niks meer is as mentasies (wensdenke) en verbalisering van die bewussyn is. Hulle manifesteer volgens die bewussyn se diskrimenerende mentasies en verbale neigings. Die sensoriese sfere is nie die Boedda se Absolute (basis) bewussyn nie. Verstaan dat die Absolute (basis) bewussyn is nie: ʼn dharma, ʼn essensie, die sensoriese voorwerpe waaraan jy vasklou nie of ook nie die bewussyn en die ander sintuiglike organe wat [vas] klou.

"Derdens is die vervolmaking van kultivering. Kultivering behels konstante generering [van ontwaking, ʼn bewussyn gefokus op ontwaking van die ses vervolmakings en die beoefening daarvan. Beide generering en beoefening moet terselfde tyd gedoen word. Aanvanklik [ʼn wese moet gelei word deur wysheid (voorbereidende siening om alle hindernisse en moeilikhede te oorkom. Dit is hoe ʼn wese alle hindernisse (sensuele begeertes, haat, luiheid en uitstel, rusteloosheid en berou,en twyfel) en boeie (skaamteloosheid, apatie, jaloesie, moedeloosheid, mislikheid, berou, slaaperigheid, opwinding, lusteloosheid, woede en verkleinering) weg mee doen en afsterf.

"Vierdens is die vervolmaking van die praktyk. Praktyk beteken om alle praktyke van af te sien. Die bewussyn is vry van beide aanvaarding en verwerping, [manifesteer] die uiterste reine, funfamentele seëninge [van Self-Verligting]. Die Realiteit van die bewussyn is bewegingsloos en die wese se Absolute natuur word gerealiseer. Dit is die magtige parinirvana waar [van die ses elemente (aarde, water, vuur, wind, leegheid, en bewussyn)] die kalm-leegheid wat die mees magtigste is.

"Vyfdes is die vevolmaking van gebalanseerde onverskilligheid (perfekte verligting-boeddaheid). Sonder om te vertoef in die kalm-leeg natuur, vloei wysheid vrylik. Groot medelye word gekarakteriseer deur Realiteit maar die eienskappe talm nie in Realiteit. Die volmaakte ontwaking, omdat dit kalm-leeg van nature is, is in werklikheid niks om te realiseer. [So ʼn] bewussyn het geen perke en is sonder fokus. Dit is hoe Boeddaheid bereik word .

"[Al] die vyf vervolmakings ontstaan van Een-Verligting en toegang bekom deur die Self-Seëning [van oer-verligting]. [Wanneer ʼn wese] help om ander wesens te transformeer moet dit wees vanaf daardie Self-Basis [van verligting]."

Sariputra vra, "Hoe gaan ʼn wese vanaf 'daardie Self-Basis'?"

Die Boedda antwoord, "Basies is daar geen begin. Die funksionering van Realiteit is sonder ʼn basis. Hierdie Absolute leegheid is die basis-Realititeit [manifestering] van alles. Deur die generering van ontwaking (lei tot die realisering vn die kalm-leë natuur van die bewussyn wat kulmineer in alle meriete daarin opgesluit) voltooi ʼn wese die heilige weg (reis). Waarom? Geagte man! Soos ʼn hand wat na lug gryp, [verligting/ontwaking,] is nie of bereiking, [want alle all dharmas is kalm-leeg van nature,] of nie nie-bereiking [want alle kalm-leë dharmas, ontstaan uit kö-oorsprong]."

Sariputra merk op, "Soos u verduidelik het, aan die begin van ʼn wese se reis [van die vyf vervolmakings], moet so ʼn wese mik na Self-Seënwensing van Self-Verligting. So ʼn [staat] van bewussyn is kalm en nie-fabriserend en daardie nie-fabrisering is realiteit. [Realiteit] bevat alle meriete [van absolute verligting] en omsluit alle Dharmas. Dit is die perfekte, nie-dualistiese samesmelting. Dit is onbegryplik! Ons moet weet dat hierdie Dharma is die vervolmaking van magtige wysheid (Absolute-Wysheid vervolmaking). Dit is die groot geestelike mantra, die mantra van groot helderheid, die onverlykbare mantra, die onoortreflike mantra, die ongeëwenaarde mantra."

Die Boedda sê, "Dit is so! Die kalmleeg-natuur van die Dharma is realiteit. Omdat hul natuur kalm-leeg is, is dit die vuur van wysheid wat alle knope (besmettings en lyding verbrand). Dit is gelyk in alle aspekte. Die drie [finale] staduims van volmaakte verligting en die drie liggame (dharmakaya, sambhogakaya, nirmanakaya) van subtiele verligting skyn briljant, sonder enige skaduwees, in die neënde bewussyn.

"Geagte man, hierdie Dharma is verhewe bo oorsaak of kö-oorsprong omdat dit wysheid is wat op sy eie funksioneer. Dit beweeg nie nog minder is dit stil omdat die funksionering kalm-leeg van natuur is. Die essensie bestaan nie nog minder nie-bestaan ook nie, omdat die eienskappe van die kalm-leegheid kalm-leeg is.

"Geagte man, wanneer gehelp word om ʼn wese te bevry, moet hulle gelei word om toegang tot die essensie [van die kalm-leegheid] te behaal deur nabepeinsing. ʼn Wese wat toegang behaal tot hierdie essensie, sal die Boeddas ontmoet [as gevolg van die realisering van die enkel dharma-liggaam van alle boeddas]."

Sariputra merk op, "Die essensie van die nabepeinsing oor die boedda beteken om te talm in enige [bewussyn-geleide/gedrewe] strome. ʼn Wese moet weg doen met die vier [gewone] dhyanas (geestelike absorpsies gegenereer deur konsentrasie) sowel as hul beperkende plafonne (toppunte) (hemelse state/fases van sulke absorpsies)."

Die Boedda sê, "Dit is so. Waarom? Omdat alle dharmas basies name en klassifikasies is. Die vier gewone [dhyanas [omdat dit voorwerp-gebaseerde konsentrasies is] is dieselfde. Indien ʼn wese die boeddas (realisering van die Enkel-liggaam van alle boeddas) [jou eie boedda-bewussyn] (omdat dit realiteit is; sonder kom of gaan) ontmoet, is die absoluut bevry (verewig in ʼn staat van uitwissing, nie weg van of toegang tot daardie staat. Omdat daar gelykheid (geen verskil) binne of buite die boedda-bewussyn is.

"Geagte man, alle [tipes van gewone] bepeinsings is absorpsies gerig tot die verdwyn/uitwissing van persepsies. Maar realiteit-bepeinsing is nie dieselfde nie as daardie gewone tipe bepeinsing. Waarom? ʼn Wese wat realiteit-binne-realiteit bepeins het geen persepsie (teken) dat hy realiteit bepeins. Al die eienskappe met betrekking tot realiteit is alreeds kalm-leeg. Kalm-leegheid is die kern van Realiteit.

"Die dhyana absorpsie [gerig op] die uitwissing van persepsie is in werklikheid bewussyns aktiwiteite en is nie die ware bepeinsing nie. Waarom? Die natuur van bepeinsing is los van alle bewussyns-aktiwiteite. Dit besmet nie en nog minder word dit besmet. Dit is nie ʼn dharma nog minder (die dharma se) skaduwee. Dit is verhewe bo alle differensiasies omdat hul essensie is die essensie van Self-Seëning. Geagte man! Hierdie bepeinsing (absorpsie) van Realiteit is die egte (regte) bepeinsing."

Sariputra vra, "Dit is onbegryplik! Die Boedda gebruik konstant Realiteit wat in harmonie met die essensie van realiteit is, om wesens te bevry. Die essensie het verskillende betekenisse en is wyd in omvang, slegs wesens met skerp fasiliteite is in staat om dit te kultiveer. Wesens van afgestompte fasiliteite sal dit moeilik vind om te begryp en te verstaan (die betekenis). Deur middel van watter nuttige wyse kan daardie wesens met afgestompte fasiliteite na die waarheid gelei word?"

Die Boedda antwoord, "Diegene met afgestompte fasiliteite moet aangemoedig om te ontvang en te behou die vier-lyn strofe [wat hulle instaat sal stel om toegang tot die waarheid van Realiteit te bekom]. Alle Boedda-Dharmas kan saam gevat word met ʼn enkele vier-lyn strofe."

Sariputra vra, "Wat is die vier-lyn strofe? Ek versoek die Heer om dit te verkondig."
Daarna dra die Boedda die strofe voor:
Die essensie van alles wat geskep is/word deur oorsaak en oorsprong,
Sulke essensie [in werklikheid kalm-leeg] is uitgewis en verhewe bo skepping.
Essensie wat alles wat onderwerpe aan skepping-uitwissing, blus,
Sulke essensie [in werklikheid kam-leeg] bestaan en is nie uitgewis.

Nadat die groot byeenkoms die verkondiging aangehoor het, was hulle almal jubelend. Almal het ontwaak tot die staat waar skepping nie meer kon opwel/ontstaan nie. Almal ontwaak [hul bewussyn gestil] tot die wysheid-see van wysheid ten opsigte van die natuur van kalm-leegheid.

Hoofstuk sewe: Die Eindelose Stoor

Op daardie tyd staan, Oudste Brahmacarya (Vroomheid) op uit vanaf Self-domein [van Realiteit, die verligtende staat] en sê vir die Boedda, "Heer! Die essensie [die natuur van kalm-leegheid] wat bestaan, is verhewe bo uitwissing/sterfte [omdat dit nie onderhewig is aan kö-oorsprong]. Die essensie wat uitwissing kan veroorsaak is ongebore (die essensie van uitwissing self is nie onderhewig aan uitwissing). [Daarom,] die essensie van realiteit is die ontwaking van die Boeddas. Die natuur van ontwaking is vry van differensiasie. Die nie-differensierende wysheid [kalm-leeg van nature] kan oneindige differensisies bedink/fabriseer. Hierdie onbeperkte eienskappe [van wysheid] lei tot die verdwyning van alle differensiasies. Daarom is beide die essensie en eienskappe [van kalm-leegheid] onbegryplik; en binne die onbegryplike essensie, lê hul nie-differensiasie.

"Heer! Die getal dharmas is ontelbaar en onbeperk, maar die onbeperkte eienskappe het slegs een [gemene] essensie van vertoef/bly by een natuur. Hoe gebeur dit?"

Die Boedda antwoord, "Oudste! Dit is ondenkbaar! Ek maak bekend alle Dharmas terwille van verlore wesens.
Die Dharmas is slegs wenslike metodes. Al die eienskappe van die dharmas besit slegs een essensie van Realiteit. Waarom? Hulle is soos die voorbeeld van die vier hekke wat toegang verleen aan n stad. Al vier hekke lei na die(selfde) stad. Net soos die inwoners vrylik die stad mag ingaan [deur enige hek], is dit dieself met die verskillende smake van die verskeidenheid dharmas [wat uiteindelik lei tot dieselfde essensie van die Enkel-Smaak]."

Oudste Brahmacarya merk op, "Indien die dharmas so is, behoort ek instaat te wees om alle smake te penetreer [proe], deur te vertoef in die Enkel-Smaak."

Die Boedda antwoord, "Dit is so! Waarom? Die essensie van die Enkel-Smaak is soos die groot, wye see (oseaan). Daar is nie ʼn enkele van al die strome wat nie daarin vloei nie. Oudste! Die smake van die dharmas is net soos al die strome. Hul name en klassifikasies mag verskil, die water van al die strome verskil egter nie.Van die perspektief van die see; hul water omsluit alle waters vanaf die strome. [Op dieselfde manier,] indien ʼn wese vertoef in die Enkel-Smaak, outomaties alle smake word dan bereik."

Oudste Brahmacarya vra, "Indien alle dharmas net een smaak het, hoe is dit dat daar weë van die drie voertuie is? Is die wysheid agter elkeen verskillend?"

Die Boedda antwoord, "Oudste! Dit is soos die voorbeeld relatief tot die stroom, die rivier, die kanaal en die see. In die lug van die verskille in hul grootte en diepte, het hulle verskillende name [word hulle verskillend benoem.] Wanneer die water in die stroom is, word dit stroom water genoem. Wanneer dit in ʼn kanaal is, word dit kanaal water genoem. Wanneer dit in die rivier is, word dit rivier water genoem. Maar wanneer al die water in die see is, word dit (genoem) net seewater. Die dharmas [van die drie voertuie] is ook dieselfde. [Omdat] hulle almal binne die Realitiet van Realiteit, word hulle genoem die weg na boeddaheid.

"Oudste! Die wese wat die weg van boeddaheid behaal het, behaal die drie praktyke."

Oudste Brahmacarya vra, "Wat is die drie praktyke?"

Die Boedda antwoord, "Eerstens is die praktyk in harmonie met fenomena [wettend dat dit in werklikheid kalm-leeg is.] Tweedens is die praktyk in harmonie met bewussyn [weet dat die eienskappe van alles (alle fenomena) projeksies van die bewussyn]. Derdens is die praktyk in harmonie met Realiteit [van nie-blyende bewussyn wat funksioneer sonder enige obstruksies onder alle omstandighede].

"Oudste! Hierdie drie praktyke omsluit alle benaderings. Van al die benaderings tot die Dharma, is daar nie een wat dit nie behaal nie. ʼn Wese wat hierdie praktyke bereik (toegang verkry), genereer nie enige eienskap van die kalm-leegheid. En ʼn wese wat toegang tot die praktyke behaal kan gesê word het tot Absolute-Boeddaheid toegang verkry. ʼn Wese wat toegang tot Boeddaheid bekom het, het toegang bekom tot dit wat nie onderwerpe is aan toegang nie."

Oudste Brahmacarya sê, "Dit is ongelooflik en onbegryplik! Verkryging tot Boeddaheid is soos die knop wat (vol) groei tot ʼn volwaardige vrug. Dit het geen ingangs punt. Deur die mag van die fundamentele Self-Seëning, penetreer dit Self-Realiteit. Met die penetrering van Self-Realitieit, hoeveel tipe wyshede sal so ʼn wese hê?"

Die Boedda antwoord, "ʼn Wese se wysheid sal onuitputlik wees. Kortliks, een sal die vier kategorieë van wysheid hê [besit]. Wat is die vier? Eerstens, die ewige wysheid wat in harmonie is met Realiteit, [werk sonder obstruksies vir wesens, in samewerking met kö-oorsprong]. Tweedens is die aanpassende wysheid wat buitensporing besweer die siekhede (besmettings) van wesens in samewerking met kö-oorsprong. Derdens is die nirvaniese wysheid [van Nirvana] wat tydelike wysheid van die kultiveerder verwyder. Vierdens is Absolute-Wysheid wat Realitiet perfek penetreer.

"Oudste, so is die werking van hierdie vier hewige [ernstige] kwessies. Die spreke van al die Boeddas van die verlede dien as ʼn groot brug en lei wesens veilig na die anderkanste oewer. [Wanneer jy] wesens help bevry, moet jy die wyshede gebruik en toepas.

"Oudste, verder, die werking van hierdie groot funksies behels drie belangrike aspekte. Eerstens, daar is ʼn wedersydse nie-oortreding tussen die interne (vir self-bevryding) en die eksterne (wanneer help bevry ander wesens) binne die drie samadhis. Tweedens, gebruik diskriminerende wysheid binne die groot matriks (matriks van onderwerp) [in beeindiging van alle obstruksies met betrekking tot die vier elemente en die basis bewussyn]. Derdens, die wysheid en nie-afleidings van Realiteit aangedryf deur medelye, simpatie en deernis wanneer self bevry en ander bevry. Hierdie drie aspekte sal kulmineer in die vervolmaking van ontwaking. ʼn Wese wat nie hierdie beoefen, sal nie instaat wees om in die see van die vier wyshede te vloei en sal onderworpe wees aan die grille van al die magtige demone.

"Oudste, tot die bereiking van boeddaheid, moet jy en die andere in die groep konstant kultiveer en oefen sonder enige tydelike uitstel."

Oudste Brahmacarya vra, "Wat is die drie samadhis?"

Die Boedda antwoord, "Die drie samadhis is die samadhi van die leegheid, die sonder enige eienskappe en die samadhi van nie-verwagting. Dit is die samadhis."

Oudste Brahmacarya vra weer verder, "Wat is the groot onderwerp matriks [van onderwerp]?"

Die Boedda antwoord, "'Groot' beteken die vier basiese elemente (aarde, water,vuur en wind). 'Onderwerp' beteken die mengsel/som van die (vyf) elemente (skandha), en ander [soos die sintuig-sfere, en die twaalfvoudige kö-oorsprong]. 'Matriks' beteken die basis (agste) bewussyn. Dit word genoem die groot onderwerp matriks."

Oudste Brahmacarya sê, "Dit is onbegryplik! Sulke wysheid [bestaande uit die vier wyshede en die drie verwante kwessies wat lei tot hul vervolmaking] is tot voordeel van jou self en andere.] [Dit stel die beoefenaar instaat om die drie sfere te bowe te kom maar sonder om in Nirvan te vertoef en sodoende toegang tot die ontwakings weg te behaal.

"Sulke eienskappe [geskep deur die funksionering van differensiasie binne kö-oorsprong] behoort tot dharmas wat onderhewig is aan skepping-uitsterfte, omdat hulle betrekking het met differensiasie. Indien ʼn wese sou wegdoen met differensiasie, sal hierdie dharmas nie onder hewig wees aan uitwissing nie.

Die Boedda verkondig die essensie deur die strofe voor te dra:


Dharmas geskep uit differensiasie (kö-oorsprong)
Word behoorlik uitgewis te word deur differensiasie,
Doen weg met alle dharmas wat onderworpe is aan differensiasies,
Hulle sal dan nie geskep of uitgewis kan word nie.
Toe Oudste Brahmacarya hierdie strofe hoor, was sy bewussyn jubbelend en opgewonde.

Hy wens om die kern van die strofe te verkondig deur die volgende voor te dra:

Alle dharmas is oorspronklik kalm-leeg.
Hierdie kalm-leegheid is ook ongebore.
Alle dharmas wat onderhewig is aan skepping-uitsterfte,
Sulke dharmas is nie verhewe bo skepping nie.
Hulle is nie dieselfde as dit wat verhewe is bo skepping-uitsterfte,
Omdat elk een onderhewig is aan of permanesie of verganglikheid.
Hierdie [Dharma van die Boedda]doen weg met alle dualism,
Maar talm ook nie in eenheid.
Indien gesê word dat dharmas is [denkbeeldig] een,
Sal dit wees soos die [denkbeeldige] hare van die ringe van vuur,
[Of] verwar hitte-golwe vir water.
Alles [sulke persepsies] is vals en misleidend.
[Ook] indien iemand aanvaar die nie-bestaan van dharmas,
[Daardie persepsie skep] ʼn dharma van niksheid.
Soos ʼn blinde man wat [onkundig] andersins glo,
Verkondig ʼn dharma soos (onwerklike) hare van ʼn skilpad.
Nou het ek die Boedda se uiteensetting gehoor het,
Die Dharma verhewe bo dualistiese sienings,
Ook nie steun op vertoewing tussen sulke sienings.
Daarom is dit verhewe bo kleef aan of vertoef.
Die Dharmas verduidelik deur die Boeddas,
Is volkome vry van nie-vertoewing.
Ek, vanaf die plek van nie-vertoewing,

Betoon my respeck aan die Boeddas van hier af.
Respekvol eer betoon aan die eienskappe van die Boeddas,
Hul bewegingloosheid gelykstaande aan leë spasie.
Vry van vaskleef en talm,
Ek respekvol saluteer hul nie-vertoewende liggame.
Orals en altyd sien ek al die Boeddas.
Ek wens net al die Boeddas wil aan my verduidelik die ewige Dharma.

Die Boeda sê toe: "Ontwakelinge! Julle moet aandagtig luister en ek verduidelik die eindeloses Dharma.

"Geagte man, oneindige Dharma is nie ʼn oneindige dharma. Dit is nie die gesproke nog minder die geskrewe woord. Dit is nie die edele waarheid nie, ook nie bevryding nie. Die is nie nie-bestaan ook nie die sensoriese-sfere (bestaan). Dit is verhewe bo alle wan-persepsies (vaskleef) en verganklikheid. Hierdie Dharma is ook nie verganklik. Dit is verhewe bo alle sienings en opvattings van permanensie en verganklikheid. Permanensie word ontbloot wanneer [die verganklike-misleidende] bewussyn [van die agtien sensoriese-realms,] gerealiseer word as leegheid. Die [agste bewussyn, as die basis van die ander sewe] bewusssyn is oneindig kalm-leeg. Hierdie kalm-leegheid self is ook kalm-leeg.

"Geagte man, ʼn wese wat weet dat dharmas kalm-leeg is, het nie nodig om sy bewussyn te kalmeer, nog minder dit te blus. So ʼn wese se bewussyn is altyd kalm-leeg. Die bewussyn wat kalm-leegheid bereik (deur die realisering dat die bewussyn en dharmas is kalm-leeg van nature) is konstant bewus dat alle mentasies en sensoriese (sintuie) voorwerpe, is niks minder as die skepping van die onkundige bewussyn. Die onkundige bewussyn differensieer alle dharmas. [Maar die dharmas is glad nie apart van denke en sensoriese voorwerpe (sintuie). [ʼn Wese wat] weet dat die Realitiet van dharmas volg nie geskrewe taal en spraak nie. Die bewusssyn sal net binne die essensie wees en sal nie differensieer tussen dit self en ander nie [dus oorkom dualisme]. Wetend (weet) dat die self is slegs ʼn hipotetiese naam, is die bereiking van kalm-leegheid. Wanneer ʼn wese kalm-leegheid bereik, bereik hy/sy Absolute Boeddaheid."

Nadat Oudste Brahmacarya hierdie verduideling gehoor het, dra hy die strofe voor:
Mentasies en vorms, die fenomena [geskep deur] differensiasie,
Tesame met dharmas; hierdie word genoem die driee [mis/wankonsepsies].
Absolute realiteit en subtiele wysheid (die twee van Realiteit),
[Bogenoemde] saam maak vyf.
Ek weet nou dat hierdie dharmas,
[Aanmekaar en] vas gevleg deur permanensie en verganklikheid.
Behaal toegang tot die weg van skepping en uitsterfte,
Is verganklik en nie permanensie.
Die Dharma van kalm-leegheid soos verduidelik deur die Boedda,
Is verhewe bo verganklikheid en permanensie.
Sonder kö-oorsprong, [hierdie Dharma] is ongebore.
Omdat dit verhewe bo skepping is, is dit nie onderhewig aan uitsterwing.
Vasklewing aan bestaan (van kö-oorsprong],
Is soos die pluk van ʼn blom uit die lug,
Of die verwagting van onvrugbare vrou wat ʼn kind moet baar
Die Absolute is verhewe bo vasklewing.
Doen weg met [verwerp] alle vasklouiing aan kö-oorsprong,
Moet ook nie talm met gedagte dat alles is onderwerpe aan uitwissing/sterfte,
of aan Self-essensie (bewussyn basis) en die vier groot elemente.
Deur te steun/leen op realiteit, behaal ʼn wese Realiteit.
daarom die Dharma of Realiteit,
Is konstant vry binne realitei.
Al die tienduisende soorte dharmas,
Is nie die fabrisering van die bewussyn van Realiteit nie.
omdat die Dharma los van die agt bewussynne, kalm-leeg is,
daarom word dit verduidelik vanaf die perspektief van die kalm-leegheid.
Deur weg te doen met alle dharmas onderwerpe aan skepping-uitsterfte,
Vertoef ʼn wese in Nirvana.
Deur oorweldig te word deur die groot medelye,
Talm/vertoef ʼn wese nie binne die uitwissing van Nirvana.
Styg uit bo beide voorwerpe en onderwerpe van vasklewing,
ʼn Wese bereik toegang tot Boeddaheid.

Toe die groot byeenkoms die essensie gehoor het, het almal die regte geestelike missie vervolmaak en hulle behaal die verhewe bo kom-en-gaan (skepping-uitwissing) see van Boeddaheid.

Hoofstuk Agt: Samevattende Opsomming

Toe kom Ksitigarbha (Aarde-stoor) uit die midde van die byeenkoms, en staan voor die Boedda. Handpalms teenmekaar en regterkniee op die grond, adresseer hy die Boedda, "Heer! Ek het opgelet dat sommige hier teenwordig het nog bedenkinge wat opgelos moet word. Siende dat die Boedda gewillig is om die twyfel te belig, vra ek namens die groep aangaande die twyfelings wat nog bestaan. Ek versoek die Boedda om uit medelye en deernis, ons jammer te kry en te voldoen aan my versoek."

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling ongeëwenaard! Die wyse waarop jy wesens red en bevry toon groot medelye en empatie. Dit is onbegryplik. Jou vrae moet uitgebreid wees. Ek sal verduidelik [praat]."

Ksitigarbha vra, "Waarom word alle dharmas nie geskep deur middel van kö-oorsprong?"
Die Boedda verkondig die essensie deur die voordra van die strofe:
Indien dharmas geskep is deur middel van kö-oorsprong,
Geen dharmas kan bestaan wanneer kö-oorsprong afwesig is.
Omdat dharmas kalm-leeg is van [onafhanklik] nature,
Hoe kan kö-oorsprong dharmas skep?
Toe vra Ksitigarbha, "Indien dharmas verhewe bo skepping is, hoe kan die Boedda ʼn Dharma verkondig dat dharmas word geskep deur die bewussyn?"
Vervolgens dra die Boedda die strofe voor:
Dharmas wat geskep word deur die bewussyn,
Sulke dharmas kleef aan onderwerp en voorwerp.
Soos blomme in die lug in ʼn dronkard se oë,
Sulke dharmas is nie die ware realiteit nie maar ook nie andersins nie.
Ksitigarbha merk toe op, "Indien dharmas so is, dan sal hulle sonder gelyke wees (soos realiteit). Dharmas wat geen gelyke het, behoort self-genereerd (sonder oorsake) te wees."
Vervolgens dra die Boedda die strofe voor:
Dharmas is basies vry van bestaan en nie-bestaan,
So is dit ook die geval met die bestaan van self (ego) en andere.
Met nie of begin en of nie ʼn einde (nie-bestaan) nie,
Die sukses en mislukking [van alles] is nie-vertoewend (kalm-leeg).

Toe sê Ksitigarbha [haal die Boedda aan], "Die eienskappe van alle dharmas is die basisse van Nirvana. Nirvana [dit self] en die eienskappe van kalm-leegheid is ook dieselfde. Van die perspektief van Realiteit behoort alle dharmas sonder eienskappe van realiteit dieselfde te wees."

Die Boedda stem saam, "Alle dharmas sonder die eienskappe van realiteit is dieselfde [omdat hulle gelyktydig nie-obstrukterend is]."

Ksitigarbha sê, "Dit is onbegryplik. Die eienskappe van realiteit is nie of een of verskillend [van een]. Enige klewing [met betrekking tot spraak en bewussyn] deur die bewusssyn en aksies [deur die liggaam] is kalm-leeg. Die kalm-leë bewussyn en hul dharmas is verhewe bo vasklouiing [kleef]. Dus hulle (die bewussyn en dharmas), behoort ook kalm-leeg te wees."

Daarna dra die Boedda die volgende strofe voor:
Alle dharmas wat kalm en leeg is,
Sulke dharmas is kalm maar nie leeg nie,
Wanneer die bewussyn nog nie tot die leegheid ontwaak het nie,
Is dit dan ʼn (mis)tassende/grypende bewussyn wat nog nie kalm is nie.

Daarna sê Ksitigarbha, "Hierdie Dharma [van die Een-bewussyn] is nie van die drie waarhede. Vir die drie waarhede betreffende die sensoriese voorwerpe, bestaan die leegheid en die bewussyn ook nie. Omdat hierdie [drie] Dharmas basies nie bestaan nie, behoort die Dharma [van die Een-bewussyn] ook nie te bestaan nie."

Die Boedda dra die strofe voor:
Dharmas is basies sonder self-natuur,
Hulle onstaan as gevolg van kö-oorsprongs faktore.
Deur nie te vertoef in realiteit,
Is dit hoe hulle in realiteit vertoef

Toe vra Ksitigarbha weer, "Indien alle dharmas verhewe bo skepping en uitwissing is, hoe is dit moontlik dat hulle nie een (identies) is nie?"


Daarna dra die Boedda die strofe voor:
ʼn Woonplek vir die dharmas bestaan nie,
Hul eienskappe en klassifikasies is kalm-leeg, daarom bestaan dit nie.
Hierdie twee, name (benaming) en spraak en alle dharmas,
is die (mis) tastings deur die onderwerpe (sintuig-organe).

Toe merk Ksitigarbha op, "Die eienskappe van alle dharmas bly nie by die twee oewers [van onderwerp en voorwerp] nie. [Omdat hulle nie-vertoewend is] talm hulle ook nie (middel-stroom) tusen hulle nie. Bewussyn en denke is soortgelyk (verhewe bo skepping-uitwissing]. Hoe kan al die sensoriese-realms geskep word deur bewussyn? Indien bewussyn instaat is tot skepping, dan moet bewussyn [ditself] ook geskep wees [deur iets anders]. So hoe kan bewussyn verhewe wees bo skepping? Die onderwerp wat kan skep, moet die voorwerp van sy skepping hê."

Toe dra die Boedda die strofe voor:

Die voorwerp en die onderwerp van skepping is twee,
hierdie twee is die onderwerp en voorwerp van kö-oorsprong.
omdat beide sonder onafhanklike natuur is,
Vashou (glo in) aan hul bestaan is soos ʼn illusie; soos ʼn blom in die lug.
Wanneer bewussyn nie opgewel (ontstaan) het nie,
sal sensoriese-realms ook nie geskep word nie.
Wanneer sensoriese-realms nie geskep is nie,
Sal bewussyn ook uitgewis word (nie-opwel).

Omdat albei hierdie basies nie-bestanend is.
Hulle beide bestaan en terselfde tyd bestaan nie.
Bewussyn wat nie geskep is nie, is ook nie-bestanend (bestaan nie),
Hoe skep die sensoriese-realms hul eie bestaan/skepping?"

Toe merk Ksitigarbha op, "Soortgelyk, die eienskappe van dharmas is kalm-leeg [beide] intern (binne bewussynne van die sensoriese-organe) en ekstern (in sensoriese voorwerpe). Hierdie twee groepe: [sensoriese-voorwerpe en sensoriese-organe] bewussynne, is basies kalm-leeg. Die Boedda se verduideliking hou verband met ʼn dharma se Absolute eienskap. ʼn Dharma wat absoluut kalm-leeg is, is absoluut verhewe bo kö-oorsprong."

Die Boedda reageer daarop, "Dit is so. ʼn Dharma wat met Realiteit in harmonie is, is verhewe bo sintuig-objektifikasie en is nie-vertoewing/blydend. Dit kan nie kö-geskep word nie en nog minder kan dit kö-skep. Dit nie die voorwerp [van die element-mengsels en die sensoriese-realms] nie, en ook nie die groot elemente nie. [Dit is die Dharma van Self-Seëning (verligting). [Dus is dit] die samesmetting van ondenkbare meriete."

Ksitigarbha sê, "Dit is onbegryplik! Dit is ʼn onbegryplike kongomerasie van meriete! Die sewende [bewussyn] en die vyf [bewussynne van die vyf sensoriese-organe] is nie onderwerpe aan skepping nie. Die agste en sesde [bewussynne] is kalm-leeg. Die eienskappe van die neënde [bewussyn, omdat dit Absoluut kalm-leeg is] is [daarom,] kalm-leeg en bestaan nie. [Daarom, binne die neënde bewussyn (Absoluut kalm-leeg),] die kalm-leegheid is ook kalm-leeg [van bestaan]. Die nie-kalm-leegheid is ook kalm-leeg en bestaan nie. Soos die Heer verduidelik het; dharmas en essensie is in werklikheid kalm-leeg. [Met] penetrering van die kalm-leegheid (die hek tot bevryding), is daar geen praktyke [wat gekultiveer moet word], maar terselfde tyd is daar ook nie nalaat van enige aksies [soos die ses vervolmakings]. daar is nie ʼn self (ego) of voorwerp-van-self nie, nog minder onderwerp of voorwerp van die liggaam of voorwerp van persepsie. Al die interne en eksterne knope (besmettings) is kalm en stil. Daarom gelooftes [eed] is/word ook uitgewis. Hierdie realiteits bepeinsing is die ware Realiteit waarbinne wysheid en konsentrasie perfek gebalanseerd is. Die Heer verduidelik konstant dat die Dharma van kalm-leegheid is die ongeëwenaarde medisyne."

Die Boedda antwoord, "Dit is so. Waarom? Omda die natuur van die dharma (bestaan nie) is kalm-leeg. Omdat hierdie kalm-leë natuur verhewe bo skepping is, is die bewussyn voortduend en oneindend nie-skeppend en terwelfde tyd verhewe bo (die) skepping. Omdat die kalm-leeg natuur nie-vertoewend is, is die bewussyn ook nie-vertoewend. Omdat die kalm-leë natuur verhewe bo enige aksies [praktyke] is, is die bewussyn ook nie-doenend (verhewe bo praktyke). Die kalm-leegheid is vry van beide ingange en uitgange en is ook vry van (aan)winste en verliese. Die elemente, sensensoriese-realms ens bestaan ook nie. (nie-bestanend). Daarom is die bewussyn realisties en nie-tassend! Ontwakeling, ek verkondig die Dharma met betrekking tot kalm-leegheid om sodoende alle wensens te prik (doen weg met die begrip/mistassing aan bestaan/skepping"

Ksitigarbha sê, "Heer! Wetend dat die skepping onwerklik is, soos hitte golwe wat verskyn as water en daardie Realiteit is nie nie-bestanend soos die natuur van vuur [opgesluit in hout], is ʼn wese wat so nabepeins, wys?"

Die Boedda antwoord, "Dit is so. Waarom? Daardie wese bepeins realiteit. Bepeins die een [eienskap van nie-eienskappe ens] kalm-uitwissing. Alle eienskappe en nie-eienskappe wat kalm-leeg [van nature is], word geabsorbeer deur die kalm-leegheid in die proses waar die kalm-leegheid gekultiveer [gerealiseer] word. [Met ʼn nie-vertoewend bewussyn waar alle eienskappe ontstaan gedurende bepeinsing, is self-bevrydend, ʼn wese bereik toegang tot die realiteit en dus] sal met alle sekerheid die Boeddas ontmoet. Wanneer ʼn wese die Boeddas ontmoet, sal hy/sy nie die drie strome (tipes van kultiveerders wat nie instaat sal wees om tot boeddaheid te ontwaak gedurende hul leeftyd] volg nie.

"[Binne die Mahayana;] die weg van die drie bevrydings [van die kalm-leegheid, vormloosheid en nie-praktyk/beoefening] het ʼn enkele liggaam (essensie) wat kalm-leeg van natuur is. Omdat dit kalm-leeg van nature is, word dit die kalm-leegheid genoem. Omdat dit kalm-leeg is, besit dit geen eienskappe. Omdat dit geen eienskappe het, is dit nie-doenend. Omdat dit verhewe bo praktyke is, soek dit niks. Omdat dit niks soek, is dit vry van verwagtinge. Omdat dit nie-verwagtend is, is dit verhewe bo gelooftes. Omdat dit verhewe bo gelooftes is, verstaan dit dat alle karmas [is die skeppings van die bewussyn], en die nodigheid om die bewussyn te reinig (kalmeer). Indien die bewussyn gekalmeer (gereinig) is, sien ʼn wese die Boeddas. As ʼn wese die Boeddas sien, sal so ʼn wese in die Rein Land gebore word.

"Ontwakeling, hierdie onbegryplike Dharma met betrekking tot die drie bevrydings moet ywerig gekultiveer word. Wysheid en [regte] konsentrasie sal dan vervolmaak word en dit lei tot die verhewing bo die drie bestaans-realms."

Ksitigarbha vra, "Wat die Boedda verduidelik het aangaande die nie-skepping en nie-uitwissing is die Dharma van verganklikheid [van dharmas]. Uitwissing/uitsterfte ontstaan as gevolg van skepping en sterfte. Maar skepping en sterfte is self-uitwissend. Wanneer skepping en sterfte uitgewis is, sal kalm-leegheid permanent wees. Wanneer dit permanent is, kan dit nie vernietig word nie. Dit is die ewige Dharma wat verhewe bo die drie bestaans-realms is. Al die aktiewe (verganklike) dharmas [van die begeerte realm] en die statiese (langer durende) dharmas [van die vorm en vormlose realms] wat beoefening (praktyke) vereis, moet soos vuur putte vermy word.

"Deur middel van watter dharma mag ʼn wese steun sowel as vermaan om sodoende toegang toe die een weg [oneindige Dharma] te bereik?"

Die Boedda antwoord, "Ontwakeling! Vermaan die bewussyn met betrekking tot die drie gewigtige vraagstukke en bereik toegang via die drie edel waarhede."

Ksitigarbha vra, "Hoe moet ʼn wese die bewussyn vermaan ten opsigte van die drie vraagstukke? Hoe kan ʼn wese toegang bereik tot die een praktyk via die drie edel waarhede?"

Die Boedda antwoord,"Met betrekking tot die drie gewigte vraagstukke: die eerste word genoem die oorsaak, die tweede is die gevolg en die derde is die bewussyn. Hierdie drie vraagstukke is kalm-leeg en bestaan basies nie. Hulle is nie die self (ego) [omdat hulle kalm-leeg van nature is] nie, nog minder is hulle die Ware-Self (Boedda-natuur). Maar hoe ontstaan die besmetting van drange in hulle? Bepeins hierdie drie kwessies. Hulle word gebind deur die bande van aangetrokkenheid en verknogheid. Wat veroorsaak dat wese rigtingloos en eindeloos dryf [verdwaal] in die see van lyding. Konstant moet ʼn wese hom/haar vernaam ten opsigte van bogenoemde.

"Met betrekking tot die edel waarhede: die eerste word genoem die weg van ontwaking (bodhi). hierdie is die edele waarheid van gelykheid [alle wesens besit die verligtings-natuur]. Dit is nie ʼn waarheid van ongelykheid nie. Die tweed waarheid word genoem die edele waarheid van wysheid wat bekom is deur magtige verligting. Dit is nie die afgeleide-waarheid [van ander weë]. Die derde edele waarheid is daardie waarheid wat toegang bekom is deur tergelyktydige kultivering van wysheid en konsentrasie. Hierdie word waarheid kan nie toegang verkry word indien die wese traak-my-nie-agtig kultiveer. Enige wese wat hierdie drie waarhede beoefen/kultiveer op die weg na boeddaheid, sal suksesvol wees in die bereiking van die groot verligting. Met bereiking van toegang tot die wysheid van groot verligting, straal ʼn wese uiterse medelye en deernis uit en bevoordeel beide homself en andere en behaal die ontwaking van die Boeddas."


Ksitigarbha vra, "Heer! So ʼn Dharma [van kalm-leegheid] sal vry wees van oorsake en kö-oorsprong. Indien ʼn dharma is nie geskep word deur kö-oorsprong, behoort daar nie oorsake te wees wat gegeneer kan word nie/was nie. So hoe kan so ʼn bewegingslose dharma toegang tot die boeddas behaal?"

In sy wens om die betekenis te verkondig, dra die Boedda die strofe voor:
Die eienskappe van alle dharmas,
Is kalm-leeg, nie-bestanend en bewegingsloos van nature.
Hierdie dharmas gedurende ʼn spesifieke tyd,
Word nie opgewek (nie geaffekteer) deur sodanige tyd.
dharmas is nie onderhewe aan tyd nie, het geen verskille in tyd,
Hulle onstaan nie deur verskille in tyd nie.
Dharmas is buite die sfeer van (verhewe bo) beweging en stilheid
Hulle is kalm-leeg omdat hul natuur kalm-leeg is.
Wanneer hul natuur leeg, kalm en uitgewis is
Kan hulle, dharmas, ontstaan/opwel (deur kö-oorsprong).
Wanneer hul verwyder is van alle eienskappe, vertoef hulle kalm.
Omdat hulle kalm vertoef, kö-ontstaan hulle nie.
Alle kö-oopsrongende dharmas,
Is kö-oorsprongend [maar] nie geskep nie.
Omdat kö-oorsprongende faktore en geskep of uitgewis/geblus word nie
die natuur van geskepping-stefte(uitwissing) is dus kalm-leeg.
Die natuur van kö-oorsprong gee aanleiding tot die onstaan van onderwerp en voorwerp,
Hierdie kö-oorsprong fenomena ontstaan a.g.v kö-oorsprong [natuur].
Daarom is dharmas se ontstaan nie direk as gevolg van kö-oorsprong.
Dit is ook die geval van die nie-ontstaan van kö-oorsprong.
Alle dharmas wat ontstaan as gevolg van kö-oorsprong,
Sulke dharmas [in werkliheid kalm-leeg] is kö-oorsprongend.
Die kö-oorsprongende eienskappe van skepping en uitsterfte,
Is hulself vry van skepping en uitsterfte.
Sulke eienskappe [die Absolute] is Realiteit en werklik/realisties,
Basies nie gemanisfesteerd of verdwyn nie
Alle dharmas [kalm-leeg van nature] op ʼn spesifieke tyd,
kö-begin manifestasies en verdwynings hulself.
Daarom die absolute rein basis,
Word nie veroorsaak deur ander faktore/magte nie,
Wanneer dit gevolglik bereik word,
[her-] bereik ʼn wese Self-Verligting.

Toe Ksitigarbha hoor wat die Boedda sê, was sy bewussyn-grond (diepste gedeelte van die bewussyn) salig en vry. Almal in die byeenkoms het nie meer getwyfel nie. [Ksitigarbha ken hul geestelike toestand en] hy dra voor die strofe:

Ek het die twyfelings in hul bewussyn/denke geken,
En dus het ek opreg en wyd versoek,
Die Boedda se oneindige medelye en deernis [het gelei dat],
[Hy] het geanaliseer [die bedenkinge/twyfel] en almal belig.
Elkeen in hierdie twee [sub-] groepe,
Het duidelik verstaan.
Vanuit die Absolute-Domein
Ek [belowe om] alle wesens te bevry.
Soos die groot medelye van die Boedda,
Laat vaar nie die groot gelofte.
Vandaar die enigste-kind toestand (sien almal as jou eie kind),
[Die verligtes] woon tussen die besmettings (vullis) [om andere te bevry].


Toe spreek die Boedda die byeenkoms verder toe, "Hierdie ontwakeling is onbegryplik! Konstant verlig hy wesens van hul lyding deur sy groot deernis. Indien daar wesens is wat hierdie Dharma behou of hierdie verligte se naam voorhou, sal hulle nooit neerdaal en leef in die bose realms [die hel, honger geeste en diere], met alle hindernisse en moeilikhede totaal uitgeroei. Indien daar wesens met geen agterblywende verdwaalde denke is, moet hulle ekskulsief hierdie Dharma van die soetra voordra, bepeins en beoefen. Hierdie verligte wese sal altyd ʼn getransformeerde liggaam manifesteer om die Dharma aan hulle te verkondig. Hy sal hulle onverpos ondersteun en lei om Absolute Boeddaheid vinnig te bereik.

"Julle ontwakelinge, wanneer julle wesens bevry, moet julle altyd hulle lei om te kultiveer en beoefen hierdie Absolute-Essensie van die Mahayana."


Epiloog
Ananda staan op uit sy sitplek, kom na vore en adresseer die Boedda: "Wat die Boedda van gepraat het, is die konglomerasie/opeenhoping van meriete van die Mahayana. Dit sal verseker die knope (ysterkettings) uitwis. Die ewige voordele van verligting is onbegryplik! Wat moet die titel van hierdie soetra van hierdie Dharma wees? Hoeveel meriete sal hulle ophoop wat ʼn soetra so hierdie ontvang en (be)hou? Mag die Boedda begenadiglik wees en medelye betoon deur vir ons te verduidelik."

Die Boedda antwoord, "Geagte man, die naam van hierdie soetra is ondenkbaar en onbegryplik. Dit was gehou en onderhou deur al die Boeddas van die verlede. Dit het hulle in staat gestel om toegang tot die Absolute-Boedda se alomvattende see van wysheid te behaal. Indien ʼn wese hierdie soetra hou hoef hy nie enige ander soetra te raadpleeg. Die Dharma van hierdie soetra is inklusief [van die essensie] van alle ander Dharmas. Dit omhels die essensie van al die ander soetras. Dit is die saambindend faktoor van die Dharmas van al die soetras. Die titel van hierdie soetra is Mahayanasamgraha-soetra; (Kompendium van Mahayana sutras). Dit word ook genoem die Vajrasamadhi (Diamand absorpsie-samadhi). Dit kan ook genoem word die Bron van Ommeetbare Leer. Indien ʼn wese hierdie Skrif ontvang en behou, sal die meriete gelykstaande wees soos iemand wat honderd duisende boeddas ondersteun. Sulke meriete is vergelykbaar met onbegryplike en eindelose spasies. Ek stel jou nou in beheer van die dispensering van hierdie soetra."

Ananda vra, "Watter soort mentaliteit en watter tipe soort persoon kan hierdie soetra ontvang en behou?"

Die Boedda antwoord, "Geagte man, die bewussyn van ʼn wese behoort vry te wees van voordele en verlies en moet konstant die geestelike lewe kultiveer/beoefen. Selfs in en gedurende nie-essensieële gesprekke is so ʼn wese se bewussyn altyd salig en kalm. In die middel van ʼn raserige en besige omgewing is sy bewussyn gekonsententreerd en gefokus. Selfs al leef so ʼn wese soos ʼn gewone mens die huislike lewe, kleef hy/sy nie aan die drie bestaans-realms nie.

"So ʼn wese se voorkoms is toegerus met vyf meriete. Eerstens, hy word gerespekteer deur die massas (mense). Tweedens, hy sal nie ontydig sterf nie of in ʼn ongeluk sterf nie. Derdens, hy sal kundig perverse sienings regstel. Vierdens, hy sal met blydskap wesens tot die anderkantse oewer karwei [oor help]. Vyfdens sal hy in staat wees om toegang tot die heilige weg te bereik. So ʼn wese sal die soetra ontvang."

Ananda vra, "Sal so ʼn wese waardig wees om offerande te ontvang of nie?"

Die Boedda antwoord, "So ʼn wese is in staat om ʼn groot veld van meriete te word vir ander wesens. Hy pas konstant magtige wysheid toe en vertoon beide vaardige metodes en wysheid. Hy is net so waardig om offerande te ontvang soos enige van die vier [vlakke van monnikskap]. [Selfs al sou so wese sterf] persoon mag offerande (betoon respek) aanbied [aan sy gedeeltelik verasde hoof, oë, murg en brein]. So hoekom sou hy nie klere en ander voorsienings ontvang nie? Geagte man, so ʼn wese is jou mentoor, jou brug. Waarom sou ʼn gewone persoon nie hom respekteer nie?"

Ananda vra, "By daardie wese se woning, indien ʼn persoon hierdie soetra ontvang en behou en ook toon respek en bied offerande aan daardie wese, hoeveel meriete sal so ʼn persoon ophoop?"

Die Boedda antwoord, "Indien ʼn persoon ʼn stad vol goud en silwer skenk as donasie, sal dit nie verlykbaar wees met die ondenkbare meriete van een wat ʼn vier lyn strofe van hierdie soetra handhaaf. Die toon van respek en aanbied van offerande aan daardie wese is onbegrypbaar!

"Geagte man, ʼn wese wat ander wesens aanmoedig en lei om hierdie soetra te behou, se bewussyn sal altyd versameld wees en hy sal nooit sy boedda-natuur versaak. Sou hy sy bewussyn-basis vergeet, moet hy onmiddelik berou toon. Hierdie Dharma van berou toon, lei [produseer] tot koelte (verkoeling van die bewussyn)."

Ananda vra, "Indien ʼn persoon berou toon, sal bose dade in die verlede gepleeg, terug getrek word?"

Die Boedda antwoord, "Dit is so. Soos in ʼn donker kamer wanneer ʼn helder lamp ingebring word, word die donkerheid oombliklik uitgewis. Geagte man! Gepraat oor roubetonig van/oor bose dade, alle bose dade gepleeg kan gesê word dat dit tot in die verlede verdwyn/teruggetrek het."

Ananda vra, "Wat is bekering (hoe kan bekering gerealiseer word)?"

Die Boedda antwoord, "Deur te steun op die lerings van hierdie soetra, bereik jy toegang tot die bepeinsing van Realitiet. Nadat tot kontemplasie toegang bereik is, sal alle bose dade volkome uitgewis word. Alle bose-realms word agter gelos en ʼn persoon word gebore in die Rein Land waar jy vinnig Absolute Boeddaheid bereik."

Toe die Boedda die uit eenlegging van die soetra voltooi het, was Ananda, die ontwakelinge en die viervoudige veradering uitermatig opgewonde. Hulle bewussyn bereik die sekerheid van verligting. Hulle betoon respek aan die Boedda deur sy voete met hul voorhoofde aan te raak. Bly en respekvol het hulle die Boedda se lering beoefen.








*** Lord Jesus be praised-translated by Elroy M. Heynes. Started 14 April and completed 4 August 2020



No comments:

Post a Comment