Tuesday 30 July 2024

Raja Sutta

 

Raja Sutta

Die Koning

Ek het gehoor dat by een geleentheid die Boedda het gebly naby Savatthi, in die Jetta groef, Anathapindika se klooster. Gedurende daardie tyd was koning Pasenadi Kosala saam met koninging Mallika in die boonste paleis. Die koning vra vir haar, “Is daar enige iemand meer kosbaar vir u behalwe u self?"

"Nee, u majesteit," sy antwoord. "Daar is niemand meer kosbaar vir myself as ek, my self. En wat van u, u majesteit? Is daar iemand meer kosbaar vir u as u self?"

"Nee, Mallika. Daar is niemand meer kosbaar vir my behalwe myself."

Daarna het die koning afgekom vanaf die paleis en na die Boedda gegaan. By aankoms het die koning gekniel voor die Boedda en eenkant gaan sit. Soos hy daar sit, sê hy vir die Boedda, "Netnou was ek saam met konining Mallika in die boonste paleis. Ek vra toe vir haar, 'Is daar enige eimand meer kosbaar vir u behalwe uself?'

"Nee, u majesteit," sy antwoord. "Daar is niemand meer kosbaar vir myself as ek, my self. En wat van u, u majesteit? Is daar iemand meer kosbaar vir u as u self?"

"Nee, Mallika. Daar is niemand meer kosbaar en geliefd vir my behalwe ek, myself."

Die Boedda besef onmiddelik belangrikheid daarvan en verklaar:

Soekend in alle rigtings met (ʼn wese se) bewustheid,
vind jy geen een meer kosbaarder en geliefd behalwe jyself.
Op dieselfde wyse is andere
Net so ontsettend kosbaar vir hulself.
Dus, n wese moenie ander wesens seer maak as jy jouself lief het.

*Lord Jesus be paised. Translated Friday, 26 February 2021


No comments:

Post a Comment