Tuesday 30 July 2024

Adittapariyaya Sutta

 

Adittapariyaya Sutta

Die vlamme predikasie

So het ek gehoor, die Boedda het gewoon by Varanasi in Gaya, (Gaya Hoogte), saam met 1,000 monnikke. Hy adresseer die monnike:

'Monnike, die Alles is in vlamme. Wat Alles is in vlamme? Die oog is in vlamme. Vorms is in vlamme. Visuele bewussyn is in vlamme. Visuele kontak is in vlamme. En wat ookal ontstaan a.g.v afhanklikheid van visuele kontak, wat ondervind word as genot, lyding(verlies), of nie-genot-of-nie-lyding, dit ook is vlammend. Vlammend en brandend met wat? Brandend met dit vure van passie, die vuur van aversie, die vuur van misleiding. Brandend met ontstaan, veroudering, sterfte, met hartseer, klaagliedere, lyding, treur en desperaadheid.

'Die oor is vlammend… Geluide is vlammend…

'Die neus is vlammend. Reuke is vlammend... Die tong is vlammend. Geure is vlammend...

'Die liggaam is vlammend. Tasbare sensasies is vlammend...

'Die intellek is vlammend. Idees is vlammend. Geestelike bewussyn is vlammend. Geestelike kontak is vlammend. En wat ook bestaan a.g.v afhanklikheid van geestelike kontak en wat ondervind word as genot, lyding, nie-genot-of-nie nie-lyding. Dit ook is vlammend. Vlammend en brandend met wat? Brandend met die vure van passies, die vure van afsku en die vure van misleiding. Vlammend met geboorte, veroudering en sterfte, met hartseer, klaagliedere, lyding, treur en desperaatheid.

'Wetend dus, die onderrigte Edele dissipel ontwikkel ontvredenheid t.o.v die oog, vorms, visuele bewussyn en visuele kontak, pyn, die intellek, misnoeë/ontevredenheid met idees, misnoeë met geestelike bewussyn, ontrvredenheid met geestelike kontak. En wat ookal is wat ontstaan het as gevolg van afhanklikheid van geestelike kontak, ondervind word as genot/plesier, pyn of nie-plesier of nie-pyn: die wese ontwikkel misnoeë en ontevredenheid daarmee. Ontevrede en nie-passievol is die wese. Deur nie-passie, is/word hy vrygestel. Met die vrystelling, kom die kennis, "Vrygestel/verlos." Hy weet (onderskei)dat "Geboorte/Ontstaan het tot ʼn einde gekom (uitgeput), die heilige lewe is gelei, die taak voltooi. Daar is niks meer verder te doen in hierdie wêreld."'

Dit is wat die Boedda gesê het en verheug was die monnikke. Hulle harte en bewussyn was bevry van geestelike uitvloeiings.



** Lord Jesus be praised…


Translated into Afrikaans, 17 January 2021


No comments:

Post a Comment