Tuesday 30 July 2024

Salla Sutta Die pyl

 

Salla Sutta

Die pyl

The Arrow

"Onbepaald en onbekend is die lengte van dae vir die wesens wat onderwerpe is aan sterfte (die dood). Die lewe is moeilik, kortstondig en verstrengel met lyding. Daar is geen manier waarop daardie wesens wat gebore word, nie sal sterf nie. Daar is verseker sterfte indien ʼn wese ʼn hoë ouderdom bereik het. Dit is die natuurlike gang vir lewende wesens. Met ryp vrugte is daar die konstante gevaar dat hulle sal afval (grond toe). Op dieselfde manier, vir hulle wat gebore word en onderhewig is sterfte, is daar altyd die vrees van sterfte. Net soos die potte gemaak deur ʼn pottebakker almal opeindig gebroke, so is sterfte die opbreking (beëindiging) van lewe.

"Die jeugdiges en die bejaardes, die dwaas en die wyse, almal is onderworpe aan die mag van die dood en almal eindig op dood. Van daardie wat oorkom word deur die dood en aan beweeg na ʼn ander wêreld, ʼn vader kan nie sy seun verhoed nie, nog minder een familie-lid ʼn ander. Kyk! Terwyl families toekyk en ween, een vir een word sterflinge weggelei soos ʼn bees om geslag te word.

"Op die manier word die wêreld geteister deur sterfte en verval. Maar die wyse treur nie want hulle het gerealiseer wat is die natuur van die wêreld. U ken nie die weg hoe hulle het gekom het nie en ook nie hoe hulle vertrek (weg gaan) nie. Omdat u nie die begin en einde kan sien nie, treur en ween u wanhopig en tevergeefs. Indien daar enige voordeel bekom kan word deur te treur, sal die wyses dit doen! Net ʼn dwaas beseer homself. Deur te ween en te treur word die bewussyn nie gekalmeer nie, in teendeel meer lyding volg, die liggaam word benadeel en jy word maer en bleek; jy beseer bloot jouself. Jy kan jou afgestorwe geliefde nie so beskerm nie. Om te treur is te vergeefs.

Deur nie droefheid te laat vaar nie, ondergaan ʼn wese eenvoudig net meer lyding. Betreuring van die afgestorwe lei dat ʼn wese onder die invloed van wanhopige hartseer beland. Sien hoe wesens aan beweeg volgens hul dade! Dus wesens hier bewe met vrees wanneer hul onder die mag van die dood kom. Wat ookal hulle hul verbeel het, is total verskillende van hul verbeelding. Dit is die soort teleurstellig wat bestaan. Kyk na die aard (natuur) van die wêreld! Indien ʼn man vir ʼn honderd en meer jare leef, uiteindelik word hy geskei van sy familiekring en kom hy tot sterfte aan die einde. Daarom, nadat u na die Boedda (Verligte) geluister het, moet u wegdoen met klaag(liede). Wanneer u ʼn dooie liggaam sien, moet u weet, “Hom/haar sal ek nooit weer sien/ontmoet.” Soos ʼn brandende vuur in ʼn huis geblus word, so behoort ʼn wyse, denkende(diskrimineerde) en sensiteite wese, vinnig lyding (klaagliede) wat ontstaan, soos die wind ʼn stukkie katoen weg waai, weg mee doen. ʼn Wese wat strewe na geluk moet die pyl uittrek: sy eie klaagliede, verlange en hartseer.

Met die pyl uitgetrek, ongebonde, sal die wese gemoedsrus bekom; en wanneer alle lyding en hartseer oorkom is, is hy hartseer-vry en het kalm-leegheid (Nibbána) gerealiseer.”













** Lord Jesus be praised. Translated 28 February 2021

 


No comments:

Post a Comment