Tuesday 30 July 2024

Die Lotus Soetra

 

                        Die Lotus Soetra

Vertaal deur Burton Watson

(Vertaal uit Engels deur Elroy M Heynes)


Hoorstuk een: Inleiding


So het ek gehoor:

Eens op ʼn tyd was die Boedda in Rajagriha en het op berg Arendshoogte gebly. By hom was ʼn menigte (twaalf duisend) van leidende monnikke. Almal was verligtes wat geen aardse begeertes gehad het nie, wat bekom het wat tot hul voordeel was en het ʼn einde aan bestaansbande gebring en wie se bewussyn ʼn staat van Vryheid bereik het.
Hulle name was Ajnata Kaundinya, Mahakashyapa, Uruvilvakashyapa, Gayakashyapa, Nadikashyapa, Shariputra, Magtige Maudgalyana, Mahakatyayana, Aniruddha, Kapphina, Gavampati, Revata, Pilindavatsa, Bakkula, Mahakaushthila, Nanda, Sundarananda, Purna Maitrayaniputra, Subhuti, Ananda en Rahula. Almal was soos hulle; magtige verligtes bekend aan mekaar.
Daar was ook twee duisend persone; sommige was nog besig om te leer en sommige het hul opleiding reeds voltooi.
Daar was die non, Mahaprajapati met haar ses duisend na-volgers en Rahula se moeder, die non Yashodhara, met haar na-volgers.
Daar was strewelinge en ontwaaktes, agtien duisend; geen een van hulle wat sal terug val in hulle strewe na volmaakte Boedhaheid. Almal het die mondelings formules bemeester, verheerlik hulself in preek, was welsprekend en het die wiel van die Wet gedraai wat geen terugkeer geken het. Hulle het offerande aan ontelbare Boeddas gemaak en in die teenwoordigheid van verskillende Boeddas het hulle wortels van eerbaarheid geplant en hulle was konstant deur die Boeddas geprys, hulself opgelei in medelye en was goed in die betreding van die Boedda wysheid en het ten volle gepeneteer die groot wysheid en het die anderkantste oewer bereik. Hul bekendheid het versprei deur ontelbare wȇrelde en hulle was instaat om oneindige lewende wesens te red.
Hulle name was streweling Manjushri, streweling Waarnemer van die Wȇrelds Geluide, streweling Bereiker van Groot Outoriteit, streweling Konstante Inspanning, streweling Nooit Rus, streweling Juweel Handpalm, streweling Medisyne Koning, streweling Brawe Donateur, streweling Juweel Maan, streweling Maanlig, streweling Vol Maan, streweling Groot Sterkte, streweling Onmeetbare Sterkte, streweling Oortref die drie-voudige Wȇreld, streweling Bhadrapala, streweling Maitreya, streweling Juweel Bymekaar Maak en streweling Adviserende Leier, strewelinge en ontwaaktes soos daardie was in getal agtig duisend teenwoordig.
Daardie tyd, Shakra Devanam Indra met sy na-volgers, twintig duisend seunsvan gode was ook teenwoordig. Daar was ook die seuns van gode Skaarse Maan, Hangende Geur, Juweel Gloeiend en die vier Groot hemelse konings tesame met hul na-volgers, tien duisend seuns van gode.
Teenwoordig was die seuns van gode Vryheid en Groot Vryheid en hul na-volgers, dertig duisend seuns van gode. Teenwoordig was koning Brahma, heer van die saha wȇreld, die groot Brahma Shikhin en die groot Brahma Helder Lig en hul na-volgers, twaalf duisend seuns van gode
Daar was agt drake konings; koning Nanda, koning Upananda, koning Sagara, koning Vasuki, koning Takshaka, koning Anavatapta, koning Manasvin, koning Utpalaka, elk met etlike honderd duisende na-volgers. Daar was die vier kimnara koning, die kimnara koning, Groot Wet en die kimnara koning Handhaaf die Wet, elk met honderd duisende na-volgers.
Daar was vier gandharva konings, en gandharva koning Genotvol, die gandharva koning Genotvolle Geluid, die gandharva koning Pragtige Geluid, elk met honderd duisende na-volgers. Daar was die vier asura konings; die asura koning Balin, Kharaskandha, Vemachitrin en Rahu, elk met honderd dusiende na-volgers.
Daar was vier garuda konings; die garuda koning Grote Majesteit, Magtige Liggaam, Magtige Volheid, en die garuda koning Soos Jy Wens, elkeen met menigte honderd duisende na-volgers. En daar was koning Ajatashatru, die seun van Vaidehi, met soveel honderd duisend na-volgers.
Elkeen, nadat hulle gebuig in eerbied aan die Boedda se voete, het terug gestaan en eenkant gaan sit.
Daardie tyd, dieWȇreld-Gerespekteerde Een, omring deur die vier soort geloofs aanhangers, ontvang offerande en items van respek en was vereer en geprys. En terwille van die strewelinge preek hy die Groot Voertuig soetra genaamd Onberekenbare Betekenisse, ’n Wet om die streweling te onderrig, een wat beskerm en in gedagte gehou word deur die Boeddas.
Nadat die Boedda die Soetra gepreek het, het hy met gekruisde bene in die lotus posisie gesit en die konsentrasie (Samadhi) van die plek van onmeetbare betekenisse bereik, sy liggaam en bewussyn wat nooit beweeg nie. Uit die hemel het mandarava blomme, groot mandarava blomme, manjushaka blomme en die groot manjushaka blomme, strooi dit oor die Boedda en oor die groot gemeente en orals het die Boedda wêreld gebewe en geskud op ses verskillende wyse.
Die monnikke, nonne, leke mans en vrouens, hemelse wesens, drake, yakshas, gandharvas, tasuras, garudas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens in die byeenkoms, sowel as die geringe konings en wiel-draaiende wyse konings - almal in die groot byeenkoms, bekom wat hulle nog nooit tevore bekom het nie, was gevul met vreugde en blydskap, hand palms gevou, staar na die Boedda met gekonsentreerde en enkele bewussyn.


Daardie tyd het die Boedda ʼn ligstraal laat skyn uit die groepering van wit hare tussen sy wenkbroue en sodoende agtien duisend wêrelde verlig in ʼn oostelike rigting. Daar was geen plek waar die lig nie gepenetreer het nie en selfs so ver afwaarts bereik as die Avichi hel en opwaarts tot die Akanishtha hemel.
Vanaf hierdie wêreld kon alle lewende wesens in die ses bestaanswêrelde gesien word.Terselfde tyd kon die Boeddas van daardie tyd in die ander wêrelde gesien word en gehoor word die soetras wat deur daardie Boeddas verduidelik was. Terselfde tyd ook gesien was die monnikke, nonne, leke mans en vroue wat die godsienstige verantwoordelikhede voltooi het en die weg bereik. Selfs die strewers na verligting wie deur verskillende oorsake en kondisies en verskillende tipe geloof en begrip en in verskillend vorme en aspekte wat die weg beoefen het. Selfs kon gesien word die Boeddas wat parinirvana bereik het en torings wat bedek was met die sewe skatte wat opgerig was vir die Boedda aandenkings
.
Op daardie tydstip het Ontwakeling Maitreya die volgende gedagte gekoester: ‘Nou het die Boedda hierdie wonderbaarlike tekens gemanifesteer. Maar wat is die rede vir hierdie buitengewone tekens? Nou, die Boedda het samadhi gepeneteer. ʼn Ondenkbare gebeurtenis soos hierdie word selde ondervind. Wie sal ek kan bevraagteken aangaande hierdie gebeure? Wie sal my antwoorde kan verskaf?’
En weer het hy hierdie gedagte gehad: ‘Hierdie Manjushri, seun van ʼn Dharma koning, het alreeds persoonlik omgesien na en offerande gebring aan ontelbare Boeddas in die verlede. Sekerlik het hy al hierdie skaarse tekens gesien. Ek sal hom dus vra.’
Die monnikke, nonne, leke vroulike en manlike aanhangers, sowel as hemelse wesense, drake, geeste en die ander wese het hierdie gedagte gekoester: hierdie lig straal van die Boedda, hierdie tekens van transendentale magte; nou by wie kan ons gaan vra daar omtrent?
Ontwakeling Maitreya wou graag sy onsekerheid omtrent die saak uitklaar. En hy kon ook sien wat was in die gedagtes van die vier soorte geloofs aanhangers; monnikke, nonne, gewone manne en vroues, so wel as die hemelse wesense, drake, geeste en die andere wat deel was van die groep.

So hy vra vir Manjushri, "Wat is die rede vir hierdie uitsonderlike gebeurtenisse, hierdie tekens van transendentale magte, hierdie verligtende straal wat die agtien duisend lande in die oostelike rigting verlig sodat ons al die versierings van die Boedda lande hier kan sien?"
Toe vra Ontwakeling Maitreya, die vraag in vers vorm:
Manjushri,
Waarom vanuit die wit uitgroeisel tussen die wenkbroue
van ons leier en leermeester
skyn hierdie groot lig orals?
Waarom reën mandarava en manjushaka blomme neer
en briesies van gegeurde sandalhout hang in die lug
en verbly die harte van die lede van die groep?
Omrede dit die aarde orals versier en reinig
en hierdie wȇreld skud en bewe op ses verskillende wyse.
Gedurende hierdie tyd was die vier soorte geloofs aanhangers
gevul met bydskap en vreugde,
Hulle was verbly in liggaam en siel,
hulle het bekom wat hulle nog nooit tevore behaal het nie.
Die verhelderende ligstraal van tussen die wenkbroue
verlig die oostelike rigting
en die agtien duisend lande is almal die kleur van goud.
Van die Avichi hel opwaarts tot die kruin van bestaan,
deur al die verskillende wȇrelde
die lewende wese in die ses weë,
die koninkryk waarna hul geboorte en sterfte omsien,
hul goeie en slegte dade,
en hul genotvolle of pynvolle nagevolg
alles dit kon gesien word hier vandaan.
Ons kan ook Boeddas sien, hierdie ontwaakte here, leeus,
wat verduidelik en preek die soetras wat subtiel, wonderlik en uitstaande is.
Hul stemme is helder en rein,
wat sagte en strelende geluide is,
soos hulle die ontwakelinge leer in ontelbare miljoene.
Hul godelike geluide is diepgaande en wonderlik,
sodat die mense hul verheug wanneer hulle dit hoor.
Elkeen in hul eie wȇreld preek die korrekte Wet,
volg verskillende oorsake en gevolge
en gebruik ontelbare metafore,
om die Wet van die Boedda te verlig,
lei lewende wesens tot verligting en ontwaking.
Indien ʼn persoon probleme ondervind,
verafsku veroudering, siekte en sterfte,
die Boeddas preek vir hom van nirvana,
verduidelik hoe hy ʼn einde kan maak aan alle probleme.
Indien ʼn persoon die goeie voorreg gehad het,
om in die verlede offerande aan die Boeddas te maak,
vasbeslote om ʼn verhewe Wet te vind,
die Boeddas preek die weg van die privaat-boedda.
Indien daar seuns van die Boeddas is
wat verskillende godsdienstige praktyke beoefen,
soekend na die ongeëwenaarde wysheid,
die Boeddas preek die weg van reinheid.
Manjushri,
Ek het hier rond beweeg,
gehoor en gesien op hierdie manier
verskeidenheid (meer as duisend miljoene)
Getalloos soos hulle is,
Sal ek nou slegs kortliks van dit praat.
Ek sien in hierdie lande
Ontwakelinge getalvol soos die sand van die Ganges rivier,
na gelang van die verskillend oorsake en kondisies
en opsoek na die Boedda-weg.
Sommige gee almoese,
goud, silwer, koraal, perȇls, mani juwele, seeskulpe, agaat,
diamante en ander skaarshede,
mans en vroue bediendes, koetse,
juweel-versierde hand waens en dra-stoele,
vreugdevol bied hulle hierdie liefdadigheid aan.
Sulke geskenke bied hulle die Boedda-weg,
met die begeerte om die voertuig te bekom
wat die uitmuntigste is in die drie-voudige wȇreld
en wat deur die Boeddas geprys word.
Hier is sommige ontwakelinge
wat skenk juweel-versierde waens wat deur groepe van vier gedra word
met relings en blomme gevulde tente
wat die sy kante en die toppe versier.
Weer sien ek ontwakelinge
wat hul eie vlees, hande en voete gee,
of hul vrouens of hul kinders gee,
soekend na die ongeëwenaarde weg
Ek is sien ook ontwakelinge
wat vreugdevol gee
hul hoofde, oë, liggame en liggamsdele
in hul soeke na die Boedda wysheid.
Manjushri,
Ek sien konings
wat gaan om die plek van die Boedda te besoek
om hom te vra omtrent die ongeëwenaarde weg.
Hulle sit opsy hul gelukkige lande,
hul paleise, hul mans-en-vroue bediendes,
skeer hul hare en baard en trek aan die klere van die Dharma.
Of ek sien ontwakelinge wat monnikke word,
wat alleen in stilte lewe,
verheug om die soetra voor te dra.
Weer sien ek ontwakelinge
braaf en energiek, diepe berge betree,
hul gedagtes gefokus op die Boedda-weg.
En ek sien hulle hulself verwyder van begeertes,
konstant in stilte en leegheid,
vorder diep voort in die praktyk van meditasie
totdat hulle die vyf transendentale magte bekom en bemeester.
En ek sien ontwakelinge
rustend in meditasie, handpalms teenmekaar,
met ʼn duisend, tien duisend verse
loof die koning van die leerstellings.
Weereens sien ek ontwakelinge,
diepsinnig in wysheid, ferm in hul voornemens
wat weet hoe om vrae aan die Boedda te stel
en wat aanvaar en hou by wat hulle gehoor het.
Ek sien seuns van die Boeddas
vaardig in beide meditasie en wysheid,
wat ontelbare gelykenisse gebruik
om die Wet aan die aanhoorders te verduidelik,
verbly in die preking van die Wet,
bekeer die strewelinge,
verslaan die legione van die duiwel
en slaan die Dharma drom.
En ek sien ontwakelinge
diepgaande rustig en stil,
vereer deur hemelse wesens en drake
maar wat hulle nie daarin verbly nie.
En ek sien ontwakelinge
wat in woude leef en ʼn lig uitstraal,
red hulle wat in die hel gefolter word,
en veroorsaak dat hulle die Boedda-weg betree.
En ek sien seuns van die Boedda
wat nooit ooit geslaap het,
wat sirkelend deur die woud beweeeg
ywerig soekend na die Boedda-weg.
En ek sien ook diegene wat die voorskrifte nakom,
geen gebrek in hul handelinge,
eg en rein soos juwele en edelgesteentes,
en sodoende die Boedda-weg soek.
En ek sien seuns van die Boeddas
vertroewend in die krag van sterkte
,
vat die vernedering en houe
van persone verblind deur oordraende onkunde,
bereid om te ly,

En sodoende die Boedda-weg te soek.
Ek sien strewelinge
wat hul self verwyder van ligsinnigheid en gelag
en van oppervlakkige en bedreiglike vriende,
bevriend wyse persone,
verenig hul bewussyn, weg doen met verwarring,
orden hul gedagtes in die berge en woude
vir ʼn miljoen, ʼn duisend, tien duisend jare
om so ʼn wyse die Boedd-weg te soek.
Of ek sien strewelinge
met smaaklike dinge om te eet en drink
en ʼn honderd soorte medisinale porsies,
offer dit vir die Boeddas en sy monnike;
fyn en duur klere
waarde van duisende of tien duisende,
van kleed verhewe bo stand

offer dit aan die Boedda en sy monnike;
en duisend, tien duisend, ʼn miljoen soorte
wonings gemaak van sandalhout
en vele wonderlike beddegoed,
offer dit aan die Boedda en sy monnike;
ongeëwenaarde tuine en boorde
waar blomme en vrugte volop is,
vloeiende spruite en verfrissende baddens,
offer dit aan die Boedda en sy monnike;
offerande van hierdie soort,
of verskillende wondervolle verskeidenheid
verheug en bly word dit geskenk sonder enige
berou
soos hulle soekend is na die ongeëwenaarde weg.
of daar is strewelinge
wat die Wet van absolute kalm-leegheid propageer,
gee verskillende instruksies
vir tallose wesens
Of ek sien streweling
wat die natuur van alle verskynsels beskou
asof dit geen dualitiese eienskappe besit,
en asof dit soos leegheid is.
en ek sien Boedda seuns
wie se bewussyn geen aanhangselshet nie,
wie hierdie wonderlike wysheid gebruik
om die ongeëwenaarde weg te soek.
Manjushri,

Daar is ook die strewelinge
wie, nadat die Boedda nirvana bereik het
doen offerande aan sy aandenkings.
Ek sien die seuns van die Boeddas
wat nadenkings torings bou
getalloos soos die sand van die Ganges rivier,
elke land daarmee versier,
edelgesteente bedekte torings verhewe en wonderlik
vyf duisend meter hoog,
hul breedte en diepte
presies twee duisend meter,
elk van hierdie aandenkings torings
met hul duisende baniere en vlae
met gordyne versier met gesteentes soos dou druppels
en edelgesteentes-belaaide klokke wat harmonies lui.
Daar is hemelse wesens, drake en geeste,
menslike en nie-menslike wesens,
met wierook, blomme en musiek
wat konstant offerande maak .
Manjushri,
hierdie seuns van die Boeddas
om offerande aan die
Boedda aandenkings te maak
versier die aandenkings torings
sodat elke land, net soos dit is,
is uitstaande, wonderlik en lieflik
soos die hemelse koning van bome
wanneer die blomme ontwaak en oop gaan.
wanneer die Boedda ʼn lig uitstraal
Ek en die ander lede van hierdie byeenkoms kan die lande sien in al hul uitstaande wonders.
Die bonatuurlike magte van die Boeddas en hul wysheid is skaars inderdaad;
deur een reine ligstraal uit te straal,verlig en verhelder die Boedda ontelbare lande.
Ek en die andere het dit gesien,
het bekom iets soos nog nooit tevore.
Manjushri,
Ek pleit dat jy die twyfel van die groep uit die weg ruim.
Die vier soorte aanhangers kyk op in gelukkige afwagting na ons,
Waarom straal die Boedda hierdie heldere lig uit?
gee ons asseblief ʼn treffende antwoord,
besweer hierdie twyeling en onsekerheid en laat ons juig!
Watter ryke voordele sal volg
na die projeksie van die heldere lig?
Dit moet wees dat die Boedda wil verduidelik
die wonderlike Wet wat hy ontdek het
toe hy gesit het in die plek van meditasie
Hy moet profesieë het om te openbaar.
Hy het ons die Boedda lande gewys
met hul versierings en egtheid van menigte waardevolle skate,
en ons het hul Boeddas gesien -
dit het nie gebeur vir nietige redes nie.
Manjushri, jy moet weet.
Die vier soorte na-volgers, die drake en die geeste
kyk na jou met afwagting,
wonder watter verduideliking sal jy verskaf.

En die monnikke en nonne
wie se getalle soos die sand van die Ganges rivier is
hernu hul inspanning,
om sodoende die ongeëwenaarde weg te te soek.
Hierdie Dharma leermeester, Wonderlik Helder
vereer en behou die Boedda se stoorhuis van die Dharma
regdeur tagtig eeue
grootliks propageer die Lotus Soetra.
Hierdie agt prinslike seuns
wat deur Wonderlik Helder bekeer is
hou ferm aan die ongeëwenaarde weg
en was dus instaat om ontelbare Boedda te ontmoet
En nadat hulle offerande gebring aan daardie Boeddas
volg hulle in beoefening van die groot weg
en een na die ander slaag hulle daarin om ʼn Boedda te word,
elk op hul beurt skenk ʼn profesie aan hul opvolger.
Die laaste een wat die hemelse wese onder die hemelse wese was,
was genaamd Boedda Brandende Lamp.
As leier en leermeester van sieners
red hy ontelbare menigtes.
Hierdie Dharma leermeester,Wonderlik Helder,
had daardie tyd ʼn dissipel
wie sebewussyn gedurig behep was met luiheid,
was gregtig vir beroemdheid en wins.
onversadigbaar soekend na beroemdheid en wins,
baie keer homself vermaak tussen eie groep en ander mense.
Hy het weggegooi dit wat hy bestudeer en gememoriseer het,
verwaarloos, vergeet en kon nie verstaan nie.
As gevolg daarvan was hy genaamd Soeker na Beroemdheid.
Maar hy het ook baie goeie dade gedoen
en dus was hy instaat om ontelbare Boeddas teë te kom.
Hy het offerande aan die Boeddas gemaak
en hulle gevolg om die groot weg te beoefen,
uitgevoer al ses vervolmakings,
en nou het die Leeu van die Shakyas ontmoet.
Hierna sal hy ʼn Boedda word
wie se naam Maitreya sal wees,
wie lewende wesens uitermatig sal red
in getalle wat nie bereken kan word nie.
Nadat daardie Boedda nivarna bereik het,
daardie lui en luiaard was jy,
en die Dharma leermeester Wonderlik Helder -
daardie persoon is nou ek.
Ek het gesien hoe die Boedda Helder Vlam (Son Maan Helder)
vroeër so ʼn gunstige teken gemanifesteer het.
En so weet ek nou dat die huidige Boedda
van voornemens is om die die Lotus Soetra te preek.
Die tekens nou is soos die van vroeër gunstige tekens,
dit is die doeltreffende metodes wat die Boeddas gebruik.
Nou wanneer die Boedda die helder lig uitstraal
help hy om te verlig die betekenis van die ware natuur van verskynsels
menslike wesens sal dit leer ken.
Laat ons ons handpalms saam vou en
met ʼn vereenigde bewussyn.
Die Boedda laat die Wet neer reën om ten volle alle soekers na die weg te versadig.
Jy wat soekend is na die drie voertuie (weë),
indien jy enige twyfel en spyt het,
Die Boedda sal dit vir jou verduidelik,
sodoende dit tot ʼn einde bring sodat niks oorbly.

Hoofstuk Twee: Wenslike Metodes
Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een kom kalm uit konsentrasie (samadhi) en sȇ vir Shariputra, "Die wysheid van die Boeddas is oneindig diepgaande en onmeetbaar. Die toegang na hierdie wysheid is moeilik om te verstaan en om in te gaan. Nie een van die aanhoorders of privaat-boeddas is instaat om dit te begryp nie.

"Wat is die rede vir dit? ʼn Boedda was persoonlik teenwoordig by honderd, ʼn duisend, tien duisend, ʼn miljoen, ontelbare Boeddas en het ten volle ontelbare godienstige praktyke beoefen en uitgevoer. Hy was dapper en energiek en sy naam is Universeel bekend. Hy het gerealiseer die Wet wat diepsinnig is en wat nie tevore bekend was nie en hy preek in harmonie wat toepaslik is en nogtans is sy intensies moeilik om te verstaan.

"Shariputra, nadat ek Boeddaheid bereik het, het ek deur middel van verskillende oorsake en verskillende gelykenisse wyd my leerstellings gepropageer en het onmeetbare wenslike metodes gebruik om lewende wesens te lei en veroorsaak dat hulle met
aanhangsels mee weggedoen het. Waarom is dit so? Omdat die Boedda ten volle in besit is van biede wenslike metodes en die mag van wysheid.

"Shariputra, die wysheid van die Boedda is uitkringend en diepgaande. Hy het onmeetlike genade, welsprekendheid, mag, vreesloosheid, konsentrasie, vryheid en samadhi en het diep gepenetreer die eindelose kalm-leegheid en het ontwaak tot die Wet wat nooit tevore bereik is.

"Shariputra, die Boedda weet hoe om verskillende soorte onderskeidings te maak en propageer die leerstellings vaardig. Sy woorde is sag en strelend en verheug die harte van die groep.

"Shariputra, om op te som: die Boedda het ten volle gerealiseer die Wet wat eindeloos, grensloos en nooit tevore bereik is nie.

"Maar stop, Shariputra, ek sal niks meer verder sȇ. Waarom? Omdat wat die Boedda bereik het is die skaarste en mees moeilik-om-te-verstaan Wet. Die ware natuur van alle verskynsels kan slegs verstaan en gedeel word tussen Boeddas. Hierdie realiteit bestaan uit voorkoms, natuur, entiteit, mag, invloed, inherente oorsaak, verhouding, latente effek, gemanifesteerde effek en hul konsekwentheid van begin tot einde."

Die Boedda wens om sy betekenis te beklemtoon, spreek in vers vorm:

Die held van die wȇreld is onpeilbaar .
Tussen hemelse wesens of mense in die wȇreld,
tussen alle lewende wesens,
niemand kan die Boedda verstaan nie.
Die Boedda se krag, vreesloosheid,
bevryding en samadhis (konsentrasies)
en die Boedda se ander eienskappe
geeneen kan herken of begryp.
Vroëer, onder die invloed van ontelbare Boeddas
het hy ten volle geleer en beoefen verskillende metodes,
diepgaande, subtiele en wonderlike leerstellings
wat moeilik om te sien en moeilik om te verstaan.
vir onmeetbare miljoen eeue
het hy hierdie weë beoefen
totdat hy op die plek van beoefening die doel behaal het.

Ek het alreeds gesien en ken volkome hierdie groot doel en vergoeding,
die betekenis van die verskillende nature en karaktertrekke.
Ek en die ander Boeddas van die tien rigtings
kan nou hierdie dinge verstaan.
Hierdie Wet kan nie verduidelik word nie,
woorde faal enword stil voor dit.
Tussen ander soort lewende wesens
daar is niemand wat dit kan dit begryp,
behalwe die baie ontwaaktes
wie ferm is in die mag van geloof.
Die vele dissipels van die Boeddas
wat in die verlede offerande aan die Boedda geoffer het,
het alreeds alle uitvloeiings afgesweer
en beleef nou hulle laaste inkarnasie (her-geboorte).
Maar selfs sulke persone het nie die mag wat benodig word.
Selfs as die hele wȇreld gevul was met mans soos Shariputra,
en hul denke uitgeput en al hul vermoeëns saamgevoeg,
sal hulle nie instaat kan wees om die Boedda se kennis te begryp nie.
Selfs as die tien rigtings gevul was met mans soos Shariputra
of soos die ander dissipels,
selfs al vul hulle die lande in die tien rigtings
en put hulle denke uit en voeg saam hul vermoeëns,
sal hulle nog steeds nie kan verstaan nie.
Indien privaat-Boeddas, akkuut in begrip,
Sonder enige uitvloeiings, hul laaste inkarnasie,
sou die wȇrelde in die tien windrigtings kon vul,
so ontelbaar soos bambose in ʼn boord,
selfs al sou hulle saamvoeg as een bewussyn
vir ʼn miljoen of ontelbare eeue

verwagtend om die Boeddas se ware wysheid,
sal hulle nog steeds nie die kleinste gedeelte daarvan verstaan nie.
indien die streweling pas begin met hul strewe op die weg
sou offerande bied aan ontelbare Boeddas,
volkome bemeester die intensie van die verskillende leerstellings
en ook instaat wees om die Wet effektief en foutloos te preek,
soos so baie rys en hemp plante, bamboes of riete,
wat die lande in die die tien rigtings opvul,
met ʼn enkele bewussyn, met hul wonderlike kennis,
vir eeue so menig soos Ganges-rivier sand
sou hulle hul denke en vermoeëns saam voeg,
sal hulle nie die Boedda se kennis verstaan nie.
Indien strewelinge wat nooit sal terug val,
hul getalle soos die sand van die Ganges rivier,
met ʼn enkele bewussyn sal saam bepeins en soekend,
sal selfs hulle ook nie verstaan nie.
Ek kondig aan vir jou, Shariputra,
dat hierdie diepgaande, subtiele en wonderlike Wet
Sonder enige uitvloeiings is onbegrypbaar,
Ek het dit nou ten volle bereik.
Slegs ek verstaan hul karakter eienskappe,
en die Boeddas van die tien rigtings ook.
Shariputra, jy moet weet:
die woorde van die verskillende Boeddas verskil nooit.
Ten opsigte van die Wet soos gepreek deur die Boeddas
moet jy groot mag van geloof kultiveer.
Die Wȇreld-Gerespekte Een het wyd sy leerstellings verduidelik
en moet nou die waarheid openbaar.
Ek verkondig dit aan die gemeente van stem-aanhoorders
en hulle op soek na die voertuig van die private Boedda;
Ek het mense instaat gestel om te ontsnap van die bande van lyding
en om nirvana te bereik.
Die Boedda, deur middel van die mag van wenslike metodes,
het aan hulle getoon die leringe van die drie voertuie (weë)
help hulle om verlos te raak van hierdie en daardie aanhegsels
en dus sodoende bevry te word.

Tussen die groot menigte was daar aan-hoorders en ontwaaktes wie se uitvloeiings tot ʼn einde gekom het, Ajnata Kaundinya en andere, twaalf honderd persone. En daar was monnikke, nonne, leke mans en vroue wat het begeerte gehad het om stem aan-hoorders of privaat-boeddas te word. Elkeen van hulle het hierdie gedagte gehad: Nou vir watter rede loof die Boedda so ernstig wenslike metodes en noem dat die Wet bereik deur die Boedda is diepgaande en moeilik om te verstaan, dat dit baie moeilik om die betekenis van die woorde wat hy preek te begryp, dat nie of die aan-hoorders of die privaat-boeddas dit kan verstaan nie? Indien die Boedda slegs een leerstelling van bevryding preek, dan behoort ons ook instaat te wees om die Wet en Nirvana te bereik. Ons kan nie die kern van wat hy nou sȇ, volg nie.

Shariputra verstaan die twyfel in die bewussyne van die vier soorte gelowiges en hy homself het dit nog nie ten volle begryp nie. Dus addresseer hy die Boedda deur te sȇ, "Wȇreld-Gerespekde Een, watter oorsake en kondisies het u gelei om so ernstig wenslike metodes, die belangrikste metode van die Boedda, die diepsinnig, subtiel en wonderlik Wet wat moeilik is om te verstaan, te preek? In die verlede het ek nog nooit die soort preking van die Boedda gehoor nie. Nou die vier soorte gelowiges twyfel almal. Ons pleit dat die Wȇreld-gerspekteerde Een ernstig moet loof die Wet wat diepgaande, subtiel, wonderlik en moeilik is om te verstaan."

Shariputra, wens om weereens die betekenis in vers vorm te verwoord en sȇ:

Seun van wysheid, groot wyse en geagte een,
uiteindelik preek u hierdie Wet.
U self het verklaar dat u bereik het:
mag, vreesloosheid, samadhis,
konsentrasie, vryheid en die ander eienskappe,
en die Wet wat verhewe is bo begrip.
Hierdie Wet bereik in die plek van beoefening
niemand is instaat om u te bevraagteken.
'My intensies is moeilik om te begryp,
en niemand kan my bevraagteken nie."
Niemand bevraagteken u maar nogtans preek u,
loof u die weg wat u betree en die pad wat u loop.
U wysheid is baie subtiel en wonderlik,
dit wat al die Boeddas bereik.
Die ontwaaktes wat sonder uitvloeiings is
en hulle wat op soek is na nirvana
het nou in die net van twyfel geval,
wonder vir watter rede preek die Boedda hierdie leerstellling.
Hulle wat privaat-boeddas wil word,
monnikke en nonne,
hemelse wesens, drake en geeste,
tesame met die
gandharvas en andere ,
kyk na mekaar, gevul met verwarring,
staar opwaarts na die mees gerepekteerde van alle twee-been wesens.
Wat is die betekenis van alles?
Ek pleit by die Boedda om dit te verduidelik.
Tussen die gemeente van aan-hoorders
het die Boedda gesȇ ek is die vernaamste,
maar ek ervaar ʼn gebrek aan wysheid
om hierdie twyfel en verwarring uit die weg te ruim.
Het ek inderdaad die alomvattede Wet begryp,
of is ek maar nog steeds op die weg van beoefening?
Die seuns gebore uit die Boedda se mond
druk handpalms by mekaar en staar opwaarts en wagtend.
Ons bepleit u om subtiele en wonderlike woorde te uiter
en verduidelik vir ons hoe dit regtig is.
Die hemels wesens, drake, geeste en die andere,
hul getalle soos die sand van die Ganges rivier,
die strewelinge soekend om Boeddas te word
hul getalle, ʼn magtige tagtig duisend,
sowel as die wiel-draaiende wyse konings
kom van die tien duisend miljoen lande,
almal handpalms bymekaar en eerbiedige bewussyne
wens om te hoor die lering van perfekte skenking.

Die Boedda
antwoord Shariputra deur te sȇ, "Stop, stop! Daar is geen rede om verder te praat. Indien ek van hierdie saak praat, sal die hemelse en menslike wesens regdeur die wȇrelde verstom en vol twyfel wees."

Shariputra sȇ weer toe vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons pleit by u om te preek! Ons pleit by u om te preek! Wat is die rede? Omdat in hierdie byeenkoms van onteltelbare honderde, duisende, tien duisende, miljoene van lewende wesens het in die verlede die Boeddas gesien; hul fakuliteite is energiek, skerp en hul wysheid is helder. Indien hulle die Boedda hoor preek, sal hulle instaat wees tot eerbiedige geloof."

Weereens wens Shariputra om in vers vorm sy betekenis uit te druk en hy sȇ:

Dharma Koning, niemand meer hoogs gerespekteerd,
spreek, ons bepleit u, sonder enige terughouding!
In hierdie byeenkoms van ontelbare wesens
is daar hulle wat eerbiedig sal glo.

Die Boedda herhaal, "Stop, Shariputra! Indien ek spreek oor hierdie saak, sal die hemelse, menslike wesens en asuras regdeur die wȇrelde almal verstom wees en twyfel. Die monnikke wat oordadig en arrogant is, sal in ʼn groot put val."

Die Wȇreld-Gerespekteerd Een herhaal wat hy gesȇ in vers vorm:

Stop, stop, geen rede om te praat!
My Wet is wonderlik en moeilik om te bepeins.
Diegene wat oormatig arrogant is
wanneer hulle dit hoor, sal nooit eerbiedige respek betoon.

Shariputra praat weer met die Boedda deur te sȇ, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons pleit by u om te preek! Ons pleit by u om te preek! In hierdie byeenkoms teenwoordig is daar persone soos myself in die honderde, duisende, tien dusiende, miljoene. Eeue na eeue was ons in die teenwoordigheid van Boeddas en het onderrig ontvang. Mense soos diè is verseker instaat tot eerbiedige geloof. Regdeur die lang nag sal hulle vrede en rus verky en baie voordele geniet."

Weereens wens Shariputra om sy betekenis in vers vorm te klemtoon deur te sȇ:

Hoogs geëerde Een tussen twee-been wesens,
ons pleit by u om die uitsonderlike Wet te preek.
Ek wat as die Boedda se oudste seun gereken word
vra u as guns om die onderskeidings te preek.
Die ontelbare lede van die byeenkoms
is instaat tot eerbiedige geloof in hierdie Wet
Die Boeddas het alreeds tyd na tyd
hulle onderrig en bekeer op so wyse.
Almal met enkele bewussyn en handpalms bymekaar gedruk
gretig om te hoor en ontvang die Boedda se woorde.
Ek en die ander twaalf honderd van hierdie groep,
sowel as die ander ook soekend om Boeddas te word,
pleit terwille van hierdie byeenkoms
dat u as guns vir ons hierdie onderskeidings sal preek

Wanneer ons hierdie Wet hoor
sal ons gevul wees met groot vreugde.

Die Boedda sȇ vir Shariputra, "Drie keer het jy nou al jou versoek in erns gemeld. Wat anders kan ek doen as om te preek? Nou moet jy aandagtig luister en sorgvuldig bepeins. Vir jou sal ek die saak analiseer en verduidelik."

Nadat die Boedda dit gesȇ het, het daar onmiddelik meer as vyf duisend monnike, nonne en gewone mans en vrouens die byeenkoms verlaat (nadat hulle opgestaan het en gebuig het voor die Boedda). Wat was die rede? Hierdie individue het wortels van skuldgevoelens wat veelvoudig en baie was en daarby was hulle oordadig arrogant. Wat hulle nog nie bereik het nie, het hulle gedink hulle het bereik en wat hulle nog nie verstaan nie, het hulle gedink hulle verstaan. Omdat hulle daardie gebrekke gehad het, het hulle nie gebly in die byeenkoms nie.

Die Wȇreld-Gerespekteerd Een was stil en het hulle nie probeer keer nie.

Die Boedda sȇ toe vir Shariputra, "Hierdie byeenkoms van my is nou vry van takke en blare, bestaande nou net uit standvastiges en waaragtiges. Shariputra, dit is goed dat die oordadig arrograntes onttrek het. Luister nou aandagtig en ek sal preek."

Shariputra sȇ, "So sal dit wees Wȇreld-Gerespekteerd Een. Ons luister aandagtig!"

Die Boedda sȇ vir Shariputra, "ʼnWonderlike Wet soos hierdie soos dit gepreek word deur die Boedda, gebeur net sekere tye. Maar soos die ontluiking van die udumbara blom, sulke tye kom baie selde. Shariputra, jy en die andere moet my glo. Die woorde wat die Boedda preek is nie leeg of vals nie.

"Shariputra, die Boedda preek die Wet in ooreenstemming met wat geskik is, maar die betekenis is moeilik om te verstaan. Waarom is dit so? Omdat ons ontelbare wenslike metodes gebruik, bespreek oorsake en kondisies en gebruik woorde van metafore en gelykenisse om die leerstellings te propageer. Hierdie is nie ʼn Wet wat begryp en verstaan kan word deur bepeinsing of analisering nie. Slegs hulle wat Boeddas is, kan dit verstaan. Waarom is dit so? Omdat die Boeddas, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, in die wȇreld verskyn vir een groot rede. Shariputra, wat beteken dit wanneer gesȇ word dat die Boeddas vir slegs een groot rede in die wȇreld verskyn?

"Die Boeddas wens om die deur tot die Boedda wysheid vir alle lewende wesens te open en hulle toe te laat om egtheid te bereik. Hulle wens om toe te laat dat lewende wesens ontwaak tot Boedda wysheid en daaarom verskyn hulle in die wȇreld. Hulle wens om lewende wesens aan te moedig om die weg tot Boedda wysheid te betree en daarom verskyn hulle in die wȇreld. Shariputra, dit is hierdie een groot rede waarom die Boeddas in die wȇreld verskyn."

Die Boedda sȇ vir Shariputra, "Die Boedda onderrig en bekeer eenvoudig die strewelinge. Ten alle tye is dit die rede waarom hulle die dinge doen. Hulle wens eenvoudig om die Boedda wysheid vir die lewende wesens te wys en hulle tot dit aan te spoor en help hulle om verlig te word.

"Shariputra, die Boeddas het slegs een Boedda voertuig wat hulle gebruik om die Wet vir lewende wesens te preek. Hulle gebruik nie ʼn tweede of ʼn derde voertuig nie. Shariputra, die Wet gepreek deur al die Boeddas in die tien rigtings is dieselfde.

"Shariputra, die Boeddas in die verlede het menigte wenslike metodes, verskillende oorsake en kondisies en woorde van gelykenisse gebruik om die leerstellings aan die lewende wesens oor te dra. Hierdie leerstellings is alles terwille van die een Boedda voertuig. Hierdie lewende wesens, deur te luister na die leerstellings van die Boeddas, sal almal uiteindelik die wysheid bereik wat alle wesens sal omsluit.

Shariputra, wanneer die Boeddas van die toekoms hul opwagting in die wȇreld gaan maak, sal hulle ook ontelbare wenslike metodes gebruik, verskillende oorsake en kondisies en woorde van gelykenisse en metafore om die leerstellings te verduidelik ter wille van lewende wesens. Hierdie leerstelling is alles terwille van die een Boedda voertuig. En hierdie lewende wesens, deur te luister na die leerstellings van die Boeddas, sal almal uiteindelik die wysheid bereik wat alle spesies insluit.

"Shariputra, die Boeddas, die Wȇreld-Gerespekteerdes, wat huidiglik in ontelbare honderde, duisende, tien duisende en miljoene Boedda lande in die tien rigtings is, bevoordeel en bring vrede en vreugde aan lewende wesens in groot mates. Hierdie Boeddas gebruik ook onmeetbare wenslike metodes, verskillende oorsake en kondisies en woorde van metafore en gelykenisse om die leerstellings aan die lewende wesens oor te dra. Hierdie leerstellings is alles ter wille van die een Boedda voertuig. En hierdie lewende wesens, deur te luister na die leerstellings van die Boeddas, sal almal uiteindelik die wysheid bereik wat alle wesens sal omsluit.

"Shariputra, hierdie Boeddas onderrig en bekeer strewelinge. Hulle doen dit omdat hulle wens om die Boedda se wysheid aan lewende wesens te toon. Hulle doen dit omdat hulle die Boedda se wysheid wil gebruik om te help om lewende wesens te verlig. Hulle doen dit omdat hulle wens dat die lewende wesens die weg van die Boedda wysheid kan betree.

"Shariputra, ek myself sal ook nou dieselfde doen. Ek weet dat lewende wesens verskille begeertes het. Aanhangsels wat diep binne hul bewussyn geplant en gewortel is. Inagneming van hul basiese natuur, sal ek dus gebruik verskillende oorsake en kondisies, metafore en gelykenisse en die mag van wenslike metodes om die Wet te verduidelik. Shariputra, ek doen dit alles sodat almal van hulle die een Boedda voertuig en die wysheid wat alle spesies omvat, kan bereik.

"Shariputra, wanneer die tyd onrein en chaoties is, dan sal die verontreinigings van lewende wesens erg wees, hulle sal buitengewoon
gulsig en jaloers wees en wortels plant wat nie goed is nie. Daarom gebruik die Boeddas die mag van wenslike metodes en pas toe onderskeidings met betrekking tot die een Boedda voertuig en preek asof dit drie voertuie is.

"Shariputra, indien enige van my dissipels sou wou voorgee om ʼn ontwakeling of privaat-Boedda te wees en nogtans weet of verstaan dat die Boeddas slegs strewelinge onderrig en bekeer, dan is hy of sy nie ʼn dissipel van my nie. Hy is ook nie ʼn onwaakte of privaat-boedda nie.

"Weereens, Shariputra, indien daar sou wees monnikke of none wat beweer dat hulle alreeds die status van ʼn ontwaakte bereik het, dat hierdie hul laaste inkarnasie is, dat hulle finale nirvana bereik het en dat hulle dus geen verdere intensies het om absolute Boeddaheid te soek nie, moet jy verstaan dat sulke persone oordadig arrogant is. Waarom sȇ ek so? Omdat, indien hulle monnike is wat werklik die status van ontwakeling bereik het, dan is dit ondenkbaar dat hulle nie in hierdie Wet sal glo nie. Die enigste uitsondering sal wees in ʼn tydperk nadat die Boedda gesterf het en wanneer geen Boedda teenwoordig is in die wȇreld. Waarom is dit so? Omdat, nadat die Boedda gesterf het, sal dit moeilik wees om iemand te vind wat die betekenis van soetras soos hierdie kan omhels, voordra en verstaan. Maar sou sulke persone in daardie tyd ʼn ander Boedda teë kom, sal hulle ʼn beslissende begrip bereik ten opsigte van hierdie Wet.

"Shariputra, jy en die andere, moet met ʼn gefokusde bewussyn glo en aanvaar die woorde van die Boedda. Die woorde van die Boeddas is nie leeg of vals nie. Daar is geen ander voertuig; daar is net die een Boedda voertuig.

"Die Wȇreld-Gerespekteerd Een, om sy betekenis te beklemtoon, sȇ in vers vorm:

Indien daar monnikke en nonne
wat optree met oordadige arrogansie,
leke mans na-volgers vol van eie waan,
leke vrouens wie gebrekkige geloof besit.
Tussen die vier soorte aanhangers,
hul getal is vyf duisend.
Hulle faal om hul eie foute te raak te sien,
slaan nie ag ten opsigte van die voorskrifte
,
kweef aan hul eie tekortkominge, onwillig om te verander.
Maar hierdie persone met geringe wysheid het die byeenkoms verlaat;
die kaf tussen die byeenkoms
het weggaan in die gesig van die Boedda se gesag.
Hierdie persone was van geringe meriete en eerbaarheid,
nie instaat om hierdie Wet te ontvang nie.
Hierdie byeenkoms is nou vry van take en blare,
en bestaan nou net uit standvastiges en eerbares
Shariputra, luister aandagtig,
vir die Wet wat die Boeddas bereik het,
deur die mag van ontelbare wenslike metodes
hulle preek tot voordeel van lewende wesens.
Die denke wat in die bewussyn van lewende wesens is,
die verskillende weë wat hulle volg,
hul verskillende begeertes en nature,
die goeie en slegte dade wat hulle in hul vorige lewe gedoen het -
alles hierdie neem die Boeddas in berekening,
en dan gebruik hy oorsake, metafore en gelykenisse,
woorde wat die mag van wenslike metodes gebruik,
sodat hulle almal gelukkig en tevrede is.
Somtyds preek hy die soetras,
verse, stories van die vorige lewens van die dissipels,
stories van die vorige lewens van die Boedda, van ongehoorde dinge.
En ander tye preek hy van oorsake en kondisies,
gebruik metafore, gelykenisse en poësie of besprekings
Vir hulle van dowwe kapasiteit wat verheug in die klein Wet,
wie gretig kleef aan geboorte en sterfte,
wie, nie teen staande ontelbare Boeddas,
faal om die diepgaande en wonderlike weg te beoefen
maar wat verward is as gevolg van vele probleme -
vir sulke preek ek nirvana.
Ek bedink en gebruik hierdie wenslike metodes
en sodoende help hulle om die Boedda wysheid te betree.
Tot sover het ek jou nog nooit vertel
dat jy verseker die Boedda-weg gaan bereik.
Die rede waarom ek nog nooit so gepreek het nie
was dat die tyd om so te preek het nog nie aangebreek nie.
Maar verseker is die tyd nou reg,
dat ek beslissend die groot Voertuig (Weg) moet preek.
Ek gebruik hierdie nege metodes,
verander en aangepas vir die lewende wesens wanneer ek preek
my basiese mikpunt om hulle te lei in die Groot Voertuig,
en dit is waarom ek hierdie soetra preek.
Hier is seuns van die Boedda wie se bewussyne rein is,
wie sagmoedigis en akkute kapasiteit en vaardighede besit,
wie onder ontelbare Boeddas
die diepgaande en wonderlike weg beoefen het.
Vir hierdie seuns van die Boedda
Preek ek hierdie soetra van die Groot Voertuig (Weg).
En ek voorspel dat hierdie persone
in ʼn toekomstige bestaan die Boedda-weg sal bereik.
Omdat diep in hul bewussyn dink hulle aan die Boedda
en beoefen en behou die ware voorskrifte,
versekerd sal hulle Boeddaheid bereik,
en toe hulle dit hoor, hul hele liggaam was gevul met groot vreugde.
Die Boedda ken hul bewussyne en hul praktyke
en dus daarom preek vir hulle die Groot Voertuig (Weg).
Wanneeer die aan-hoorders en die strewelinge
hoor hierdie Wet wat ek preek,
sodra hulle een verse gehoor het
sal hulle sonder twyfel Boeddaheid bereik.
In die Boedda lande van die tien rigtings
Is daar slegs die Wet van die een voertuig (weg),
daar is nie twee, daar is nie drie,
behalwe wanneer die Boedda dit preek as wenslike metode,
gebruik slegs voorlopige name en terme
om sodoende lewende wesens te orden en te lei
en preek vir hulle die Boedda wysheid.
Die Boeddas verskyn in die wȇreld
uitsluitlik vir hierdie een rede, wat waar is;
die ander twee is nie die waarheid nie.
Nooit gebruik hulle ʼn geringer voertuig
om lewende wesens te red en hulle (oor) na die anderkantse oewer te help.
Die Boedda homself woon in hierdie Groot Voertuig,
en beklee met die mag van meditasie en wysheid
wat saam gaan met die Wet wat hy bereik het,
hy gebruik dit om lewende wesens te red.
Hy homself getuig van die ongeëwenaarde weg,
die Groot voertuig, die Wet waar alle verskynsels gelyk is.
Indien ek ʼn kleiner voertuig sou gebruik
om selfs een persoon te bekeer
sal ek skuldig wees aan suinigheid en vraatsig,
maar so iets sal onmoontlik wees.
Indien ʼn persoon glo in en toevlug neem in die Boedda,
die Boedda sal hom nooit bedrieg,
of enige gierigheid of jalousie toon,
omdat hy alle boosheid ontwortel het tussen die fenomena.
daarom, regdeur die tien rigtings
die Boedda alleenlik is sonder vrees.
Ek bekroon my liggaam met spesiale eienskappe
en skyn my lig op die wȇreld.
Ek word vereer deur ontelbare menigtes
en vir hulle preek ek die emblem van die realiteit van verskynsels.
Shariputra, jy moet weet
dat aan die begin het ek ʼn eed afgelȇ,
om alle persone aan my gelyk te maak,
Sonder enige verskille tussen ons,
en wat ek lank gelede voor gehoop het
het nou vervul geword.
Ek het alle lewende wesens bekeer
en veroorsaak dat hulle die Boedda-weg betree het.
Indien en wanneer ek lewende wesens sou teë kom
Ek in alle gevalle hulle onderrig in die Boedda-weg,
diegene sonder wysheid sal verward word
en in hul verwaring sal hulle faal om my leerstellings te aanvaar.
Ek weet dat sulke lewende wesens het nooit in die verlede goeie wortels gekultiveer nie
maar het hardkoppig gekweef aan die vyf begeertes,
en hul dwaasheid en smagtings het gelei tot verdrukking.
Hul begeertes is die rede
waarom hulle die drie bose weë betree het,
draaiend soos ʼn wiel deur die ses bestaans koninkryke
en ondergaan elke denkbare soort lyding en pyn.
Nadat hulle ʼn klein vorm in die maag ontvang het,
en bestaan na bestaan groei hulle tot volwassenheid.
Persone van geringe eerbaarheid en min meriete,
hulle is onderhewig aan bekommernisse en veelvoudige lyding.
Hulle verdwaal in die woud van verkeerde opvattings,
debateer aangaande wat bestaan of wat nie bestaan nie,
en aan die einde kleef vas aan sodanige sienings,
hulle aanvaar al twee en sestig.
Hulle is diepsinnig verbind tot valse en leë leerstellings,
kleef ferm daaraan en kan dit los nie.
Arrogant en opgeblaas met verwaandheid van self belangrikheid,
vleiend (praat) en jaloers, nie opreg nie,
vir ʼn duisend, ʼn miljoen eeue
sal hulle nie die Boedda se naam hoor nie,
nog minder sal hulle die korrekte Wet hoor -
sulke wesens is moeilik om te red.
Vir hierdie redes, Shariputra,
het ek wenslike metodes gebruik,
en preek die weg wat alle lyding beëindig.
en wys hulle nirvana.
maar alhoewel ek nirvana preek,
is dit nie ware uitwissing nie.
Alle fenomena het van die begin af
die eienskap van rustige uitwissing (nirvana).
Nadat die Boedda se seuns die weg voltooi het,
dan in ʼn toekomstige bestaan sal hulle instaat wees om Boeddas te word.
Ek het die mag van wenslike metodes gebruik
om te laat ontvou en te demonstreer hierdie leerstelling van die drie voertuie (weë),
maar die Boeddas, elkeen van hulle,
almal preek die enkele weg (voertuig)
Nou voor hierdie groot byeenkoms
moet ek alle twyfel en verwaring uit die weg ruim.
Daar is geen verskille en teenstrydigheid in die woorde van die Boeddas,
daar is slegs een voertuig, nie twee nie.
Vir ontelbare eeue in die verlede
menigte Boeddas het uitwissing (nirvana) bereik,
ʼn honderd, duisend, tien duisend, miljoene tipes
in getalle ontelbaar - daardie Boeddas,
gebruik verskillend tipe van oorsake, metafore en gelykenisse,
die mag van ontelbare wenslike metodes,

Het die eienskappe van die leringeverduidelik.
Hierdie Boeddas het die leerstelling van die een voertuig (weg) gepreek,
bekeer ontelbare lewende wesens
en veroorsaak dat hulle die Boedda-weg betree.
Al hierdie wyse here,
wetende wat word begeer diep in die bewussyne
van die hemelse en mense en die ander lewende wesens
regdeur al die wȇrelde,
het ook ander wenslike metodes gebruik
om te help om die hoogste waarheid te verlig.
Indien daar lewende wesens is
wie hierdie Boeddas van die verlede teë gekom het,
en hulle het geluister na hul Wet, almoese aangebied,
of die voorskrifte aangekom het en uithou vermoeëns toon,
hardwerkend, beoefen meditasie en wysheid en so voorts,
kultiveer verskillende soorte meriete en deugde,
dan sal sulke persone almal die Boedda -weg bereik.
Nadat die Boeddas nirvana bereik het,
indien persone goeie en rugstige bewussyn besit,
dan sal sulke lewende wesens die Boedda-weg bereik.
Nadat die Boeddas nirvana bereik het,
indien persone offerande bring aan die aandenkings,
oprig tien duisend of ʼn miljoen soorte torings,
gebruik goud, silwer en kristal,
seeskulpe en agaat,
Karneliaan, lapis lazuli, pȇrels
dit reinig en dit breedvoerig beklee,
op so manier torings oprig;
of indien hulle klip graf tempels
of gemaak van sandalhout of alwyne,

Of verskillende soorte hout,
of van steen of klei teëls of moddergrond;
as in die middel van wye velde
hulle pak moddergrond om graf tempels te maak vir die Boeddas,
of selfs as klein seuns terwyl hulle speel
kollekteer sand om ʼn Boedda toring te maak,
dan het sulke persone
almal die Boedda-weg bereik.
Indien daar persone is wat terwille van die Boedda
ontwerp en maak beelde,
gekerf met baie uitstaande kenmerke,
almal van hulle het die Boedda-weg bereik.
Of indien hulle dinge maak uit die sewe soorte edel gesteentes,
of koper, rooi of wit kopper,
tin, lood, yster hout of klei,
of gebruik kleedstof deurweek in lak hars
om die Boedda beelde te bedek en te versier,
dan het sulke persone almal die Boedda-weg bereik.
Indien hulle pigmente gebruik om die Boedda beelde te verf,
en verder versier met die eienskappe van honderd-voudige meriete,
indien hulle dit self gemaak of laat maak het,
dan het hulle almal die Boedda-weg bereik

Selfs indien klein seuns as deel van speel
sou gebruik ʼn stukkie gras of hout of (verf) kwas,
of selfs ʼn vingernael
om ʼn beeld van die Boedda te teken,
sulke persone sal meriete geleidelik opstapel
en sal ten volle ʼn bewussyn van groot medelye bekom;
hulle almal het die Boedda-weg bereik.
Deur slegs die strewelinge te bekeer
bring hulle verlossing en bevryding aan ontelbare menigtes.
En indien persone, in die teenwoordigheid van sulke gedenks torings,
sulke juweel-vesierde beelde en geverfde beelde,
sou met eerbiedige bewussyne bring offerande
van blomme, wierook, baniere of tente,
of indien hulle persone sou werk aanbied om musiek te maak,
dromme slaan of horings of
trompetskulpe blaas,
bespeel pype, fluite, zithers, harpe,
kitare, symbale en
ghongs,
en indien hierdie verskillende soorte wonderlike note
opreg opgedra word as offerande;
of indien iemand met ʼn vreugdevolle bewussyn
ʼn liedjie sing ter ere van die Boedda se deugde,
selfs al is dit een geringe noot,
dan wat hierdie dinge doen, het die Boedda-weg bereik.
Indien iemand met ʼn verwarde en afgeleide bewussyn
selfs een blom vat
en offerande aan ʼn geverfde beeld bring,
in ʼn afsiendbare tyd sal hy ontelbare Boeddas sien.
Of as ʼn persoon sou buig of gehoorsaam sou wees,
of sou slegs sy handpalms teen mekaar druk,
of selfs ʼn enkele hand oplig,
of gee amper onbemerkbare knip van die oog,
en indien dit gedoen word as offerande aan ʼn beeld,
dan binnekort sal hy ontelbare Boeddas sien.
En indien hyself die ongeëwenaarde weg bereik
en versprei verlossing oorsee aan ontelbare menigtes,
sal hy die nirvana van geen oorblyfsels bereik
as ʼn vuur wat dood gegaan het wanneer die brandhout op is.
Indien persone met verwarde en afgeleide bewussyne
sou binnegaan ʼn gedenks toring
en eenkeer uitroep, "Eer aan die Boedda!"
Dan almal van hulle het die Boedda-weg bereid.
Indien van Boeddas van die verlede
toe die Boeddas in die wȇreld was of nirvana (uitwissing) bereik het,
hulle daardie persone was wat die Wet gehoor het,
dan het almal van hulle die Boedda-weg bereik.
Die Wȇreld-Gerespekteerdes van die toekoms,
wie se getalle ontelbaaar sal wees,
daardie Boeddas
sal ook wenslike metodes gebruik om die Wet te preek,
en al daardie Boeddas
deur middel van ontelbare wenslike metodes
sal lewende wesens red en tot verlossing bring
sodat hulle die Boedda se wysheid wat vry is van uitvloeiings is, binnegaan.
Indien daar van hulle is wat die Wet hoor,
dan sal nie een van hulle nie faal om Boeddaheid te bereik.
Die oorspronklike eed van die Boedda
was dat die Boedda-weg, wat hulle (die Boeddas) self beoefen,
moet
Universeel gedeel word tussen alle lewende wesens
sodat die lewende wesens ook dit op dieselfde wyse bereik.
Die Boeddas van die toekomstige tyd,
alhoewel hulle honderde, duisende, miljoene
ontelbare getal leerstellings sal preek,
in derwaarheid doen hulle dit ter wille van die een voertuig.
Die Boeddas, mees geresekteerdes van twee-been wesens,
weet dat die fenomena het geen vaste natuur ,
dat die saad van Boeddaheid versprei deur middel van oorsprong,
en vir daardie rede preek hulle die een voertuig (weg)
maar dat hierdie fenomena is deel van ʼn bindende en konstante Wet,
dat die eienskappe van die wȇreld is konstant bindend -
dit het hulle te wete gekom in die plek van beoefening
en as leiers en leermeester preek hulle wenslike metodes.
Die huidige Boeddas van die tien rigtings,
aan wie hemelse en menslike wesens offerande bring,
wie se getalle soos die sand van die Ganges rivier is,
hulle het in die wȇreld verskyn
om vrede en gerieflikheid vir lewende wesens te bring,
en ook hulle preek die Wet op so wyse.
Hulle verstaan die ongeëwenaarde waarheid van rustige uitwissing
en dus gebruik hulle die mag van wenslike metodes,
en alhoewel hulle uitwys die verskillende weë,
inderwaarhied doen hulle dit terwille van die Boedda voertuig.
Hulle verstaan die aksies van die lewende wesens,
die denke en gedagtes wat diep in hul
bewussyn opgesluit is,
die dade wat lewende wesens in die verlede uit gevoer het,
hul begeertes, hul natuur, die mag van hul energieke pogings,
en of hul kapasiteit skander of
dof is,
en dus gebruik die Boeddas verskillende oorsake en kondisies,
metafore, gelykenisse en ander woorde en frases
en pas aan watter wenslike metodes ookal geskik is vir hul preking.
Nou, ek is ook so;
om sodoende vrede en gemak vir lewende wesens te bring
Ek gebruik verskillende leerstelling
om die Boedda-weg te verduidelik en te bespreek
Deur die mag van my wysheid
Ken ek die natuur en begeertes van lewende wesens
en deur wenslike metodes preek ek hierdie leerstellings,
en veroorsaak dat alle lewende wesens vreugde en blydskap bereik.
Shariputra, jy moet verstaan
dat ek kyk na dinge deur die oë van ʼn Boedda,
Ek sien lewende wesens op die ses weë,
hoe arm en gestres hulle is, sonder meriete of wysheid,
hoe hul die gevaarlike pad van lewe en dood betree,
hul lyding is konstant sonder enige rusperiode,
hoe diepgaande is hulle aangetrokke tot die vyf begeertes,
soos ʼn hond wat al in die rondte agter sy stert aanhardloop,
verblind hulself met gulsigheid en verliefdheid,
hul sig belemmer sodat hulle niks kan sien.
Hulle soek nie die Boedda met sy groot mag,
of die Wet wat hul lyding kan beëindig,
maar betree al dieper foutiewe sienings,
hopend om lyding af te skud deur nog groter lyding.
Terwille van lewende wesens
Ek beklee my met ʼn bewussyn van groot medelye.
Toe ek eerste in die plek van beoefening gesit het
en gestaar het na die boom en rondom dit geloop het,
drie keer vir sewe dae
Ek bepeins die kwessie op so manier.
die wysheid wat ek bereik het, het ek gedink,
is subtiel, wonderlik, die mees uitstaande.
Maar lewende wesens, stomp in kapasiteit,
is verslaaf aan plesier en verblind deur onnoselheid.
Met sulke persone,
wat kan ek sȇ, hoe kan ek hulle red?
daardie tyd het die (Brahma) godelike koning,
tesame met die hemelse koning Shakra,
die Vier Hemelse Konings wat die wȇreld beskerm en bewaar,
en die hemelse koning, Groot Vryheid,
in die geselskap van die ander hemelse wesens
en hul honderde en duisende aanhangers,
eerbiedig hul handpalms saam gevou en gebuig,
pleit by my om die wiel van die Wet te draai.

Onmiddellik dink ek by myself

indien ek slegs die Boedda voertuig prys,
dan, die lewende wesens verdiep in hul lyding,
sal nie die vermoeë besit om in hierdie Wet te glo nie.
En omdat hulle die Wet verwerp het en gefaal het om daarin te glo,
sal hulle val in die drie bose weë.
Dit sal beter wees indien ek nie die Wet preek nie
en liewers vining nirvana binnegaan.
Toe dink ek aan die Boeddas van die verlede
en die mag van wenslike metodes wat hulle gebruik het,
en ek dink die weg wat ek nou bereik het
behoort soort gelyk gepreek word as drie voertuie (weë).
Toe ek op so manier gedink het,
het die Boeddas van die tien rigtings almal verskyn
en met godelike geluide vertroos my en onderrig gegee
"Wel gedaan, Shakyamuni!" het hulle gesȇ.
"Uitstaande leier en leermeester,
u het die ongeëwenaarde Wet bereik.
Maar volg die voorbeeld van al die ander Boeddas,
u gebruik die mag van wenslike metodes.
Ons ook het almal bereik,
die mees wonderlike, die voortreflike Wet,
maar terwille van die lewende wesens
maak ons onderskeidings en propageer die drie voertuie.
Wesens met geringe wysheid verheug in die klein Wet,
is nie instaat om te glo dat hulself eendag Boeddas sal word.
Daarom gebruik ons wenslike metodes,
maak onderskeidings en preek verskillende doelwitte.
Alhoewel ons die drie voertuie preek,
doen ons dit uitsluitlik om die strewelinge te onderrig."
Shariputra, jy moet verstaan
Toe ek hierdie heilige leeus hoor
en hul diep, egte, wonderlike geluide,
Ek was verheug en huilend loof ek, "Eer aan die Boeddas!"
Toe dink ek by myself,
Ek het na hierdie onegte en bose wȇreld gekom,
en soos hierdie Boeddas gepreek,
Ek ook moet die voorbeelde volg in my optrede.
nadat ek so gedink het, het ek onmiddelik na Varanasi vertrek.
Die tekens van kalmleegheid gekenmerk deur alle fenomena
kan nie in woorde verduidelik word nie,
en dus gebruik ek die mag van wenslike metodes
om vir die vyf kluisenaars.
Dit noem ek die draai van die wiel van die Wet,
en ook betreffende die “geluid van nirvana,"
en ‘ontwakeling’, ‘Dharma’ en‘Sangha’,
Ek gebruik hierdie terme om onderskeidings aan te dui.
"Sedert oneindige eeue gelede
het ek die Wet van nirvana geprys en gepreek,
en einde gemaak aan die lyding van geboorte en sterfte."
Dit is hoe ek gewoonlik preek.
Shariputra, dit moet jy weet;
Wanneer ek kyk na die seuns van die Boeddas,
sien ek ontelbare duisende, tien duisende, miljoene
wie vasberade is om die Boedda-weg te soek,
elkeen met ʼn respekvolle en eerbiedige bewussyn,
almal kom tot by die plek van die Boedda,
persone wat in die verlede na ʼn ander Boedda geluister het
en gehoor die Wet gepreek deur middel van wenslike metodes

Onmiddelik die gedagte kom by my op
die rede waarom die Boedda verskyn het

is om die Boedda wysheid te preek.
Nou is presies die tyd om dit te doen.
Shariputra, jy moet verstaan
dat persone met afgestompte vermoeëns en min wysheid,
wie aangetrokke is tot voorkoms, trots en aanmagtig,
is nie instaat om in hierdie Wet te glo.
Nou, vreugdevol en vreesloos,
in die midde van die streweling en ontwaaktes,
eerlik weg doen met wenslike metodes,
sal ek net die ongeëwenaarde Weg preek.
Wanneer die strewelinge hierdie Wet hoor,
sal hulle vry gemaak word van die verstrengelings van twyfel.
die twaalf honderd ontwaaktes,
hulle ook sal Boeddaheid bereik.
Volg op dieselfde wyse die Boeddas van die drie bestaanswȇrelde
die preking van die Wet,
Ek doen ook nou so,
preek die Wet wat sonder onderskeidings is.
Die tye wanneer die Boeddas in die wȇreld verskyn is ver uitmekaar en moeilik om teë te kom
en selfs al verskyn hulle in die wȇreld
is dit moeilik vir hulle om hierdie Wet te preek.
Regdeur onmeetbare en onberekenbare eeue
is dit skaars dat ʼn persoon hierdie Wet mag hoor,
en ʼn persoon wat instaat is om na hierdie Wet te luister,
so ʼn persoon is ook skaars.
Dit is soos die udumbara blom
wat deur almal in die wȇreld geliefd en verheug in is,
wat deur hemelse en menslike wesens as skaars gesien word,
maar slegs eenkeer verskyn in baie jare.
Indien ʼn persoon hierdie Wet hoor, verheug is en dit prys,
selfs al uiter slegs een woord,
dan het hy offerande gebring

aan al die Boedda van die drie bestaanswȇrelde.
maar so ʼn persoon is uiters skaars om te vind,
meer skaarer as die udumbara blom.
Jy moet geen twyfel hȇ
Ek, die koning van die leerstellings,
maak hierdie aankondiging aan die byeenkoms.
Ek maak gebruik van die enkele voertuig weg
om strewelinge te leer en te bekeer,
Ek het geen aan-hoorder dissipels.
Jy, Shariputra,
en die aan-hoorder en strewelinge,
moet verstaan dat hierdie wonderlike wet
is die geheime kern van die Boeddas.

In hierdie bose wȇreld van die vyf onreinhede
hulle wat verheug in en aangetrokke is tot die begeertes,
sulke lewende wesens
sal aan die einde nooit die Boedda-weg soek.
Wanneer bose persone in die toekoms
die Boedda die enkel voertuig hoor preek,
sal hulle verward wees en nie daarin glo en aanvaar nie,
die Wet verwerp en die bose paaie betree.
maar wanneer daar persone wat ʼn gevoel van skaamheid, persone van reinheid
wat vasberade is om die Boedda-weg te soek,
dan vir sulke persone soos daardie
moet een wyd loof die weg van die enkele voertuig.
Shariputra, jy moet dit verstaan;
Die Wet van die Boeddas is soos dit.
Gebruik van tien duisend, miljoen wenslike metodes,
stem ooreen met wat is aanvaarbaar in die preking van die Wet.
Hulle wat nie geskoold is in hierdie saak
kan dit nie ten volle begryp nie.
Maar jy en die andere weet alreeds
hoe die Boeddas, leermeesters van die wȇreld,
in ooreenstemming met dit wat aanvaarbaar is in die gebruik van wenslike metodes

Jy sal geen meer twyfel en verwarring hȇ
maar julle bewussyn sal gevul wees met vreugde,
sal weet dat julself Boeddaheid sal bereik


Hoofstuk Drie: Metafoor en Gelykenis
Daardie tyd Shariputra se bewussyn dans van blydskap. Daarna staan hy onmiddelik op, handpalms teen mekaar, kyk op in eerbeid na die Boedda en sê , "Net nou, toe ek hoor by die Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie stem van die Wet, my bewussyn blyk asof dit dans en ek het bereik wat ek nog nooit tevore gehad het nie. Waaarom sȇ ek dit? Omdat in die verlede toe ek gehoor die Wet soos die vanaf die Boedda en gesien het hoe die strewelinge hul profesies ontvang het dat hulle in die toekoms Boeddaheid sal bereik, het ek en die andere gevoel ons had nie deel daaraan nie. Ons was diep hartseer om te dink dat ons nooit die onmeetbare insig van die Boedda sal bereik nie.

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek het konstant geleef in die bergagtige woud of alleen gesit onder die bome, somtyds sittend, somtyds lopend en altyd by myself gedink, sedert ek en die andere in gegaan het in die natuur van die Wet, waarom gebruik die Boedda die Wet van die geringe Voertuig om ons tot bevryding te bring?

"Maar die fout is by ons en nie die Boedda nie. Waarom sȇ ek dit? Indien die Boedda bereid was om te wag totdat die ware metode om alomvattende Boeddaheid te bereik te preek, dan sou ons verseker vryheid bereik het deur die Groot voertuig (Weg). Maar ons het gefaal om te verstaan dat die Boedda wenslike metodes gebruik het en dit wat geskik was vir die omstandighede. So toe ons die eerste keer die Wet van die Boedda gehoor het, het ons onmiddelik geglo en aanvaar, onder die indruk ons het verstaan.

"Wȇreld Gerespekteerde Een, vir ʼn lang tyd nou al, heel dag en regdeur die nag, ek het my herhaaldelikvermoeid met hierdie gedagte. Maar nou het ek van die Boedda gehoor wat ek nog nooit voorheen gehoor het nie. ʼn Wet nog nooit gehoor in die verlede en dit het al my twyfel en spyt beëindig. My liggaam en bewussyn is rustig en ek het ʼn wonderlike gevoel van vrede en sekuriteit bereik. Vandag, uiteindelik verstaan ek dat ek waarlik ʼn seun van die Boedda is, gebore uit die mond van die Boedda, gebore deur bekering tot die Wet, my deel van die Boedda se Wet behaal!"

Om sy mening weereens te stel, sȇ Shariputa in vers vorm:

Toe ek die geluid van die Wet hoor,
bereik ek wat ek nog nooit voorheen bereik het.
My bewussyn was gevul met uiterste vreugde,
Ek was verlos van al die bande van die net van twyfel.
Voorheen het ek die Boedda se leringe ontvang
en was die Groot Voertuig nie weerhou nie.
Die Boedda se geluid word noulings gehoor,
maar dit kan lewende wesens bevry van angs.
Alreeds het ek ʼn einde gebring aan uitvloeiings,
en noudat ek dit gehoor het, is ek vry van bekommernisse en stres.
ek het gewoon in die berg valleie
of onder die bome van die woud,
somtyds sittend, somtyds rond geloop,
en konstant die kwessie bepeins -
hoe erg het ek myself belas!

"Waarom was ek mislei?" het ek gesȇ.
"Ek en die ander seuns van die Boedda ook,
almal van ons het die Wet wat sonder uitvloeiings is, betree,
maar in die toekoms sal ons nooit instaat wees
om die ongeëwenaarde weg te verduidelik.
Die goue liggaam, die twee en dertig merke,
die tien magte, die verskillende bevrydings -
alhoewel almal deel die enkele Wet,
hierdie sal ons nooit bereik!
Die tagtig tipe wonderlike eienskappe,
die agtien ongedeelde eienskappe
meriete soos hierdie
is almal verlore vir ons!"
Toe ek alleen rond geloop het,
Het ek die Boedda tussen die menigte byeenkoms gesien,
sy beroemdheid het die tien rigting gevul,
bring voordele ver en wyd vir lewende wesens,
en ek dink by myself, ek word ontneem van sulke vooordele!
Hoe erg is ek nie mislei nie!
Konstant, dag en nag,
wanneer ek dit bepeins het,
wou ek die Wȇreld Gerespekteerd Een gevra het
of ek inderdaad weerhou is van dit (mislei is) aldan nie.
Konstant, wanneer die Wȇreld Gerespekteerd Een die strewelinge geloof het,
dan, dag en nag sou ek die kwessie bepeins het
Maar nou soos ek luister na die stem van die Boedda,
sien ek dat hy preek die Wet in ooreenstemming met wat geskik is,
gebruik hierdie ondenkbare leerstelling met geen uitvloeiings
om mense na die plek van (be)oefening te lei.
Voorheen was ek aangetrokke en aangeheg tot foutiewe sienings,
opgetree as leermeester vir die priesters.
Maar die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wetend wat in my bewussyn was,
ontwortel my foute en preek nirvana.
Ek was verlos van al my foute
en bekom begrip van die Wet van kalm-leegheid.

Daardie tyd het my bewussyn my wys gemaak
dat ek die staduim van uitwissing gerealiseer,
maar nou verstaan ek
dit was nie ware uitwissing (nirvana) nie.

Indien die tyd sou kom dat ek ʼn Boedda sou word,
dan sal ek al die twee en dertig eienskappe besit
en hemelse en menslike wesens, die menigte;
drake, geeste en die andere sal my eerbiedig wees,
Wanneer daardie tyd sal aanbreek, dan sal ek kan sȇ
ten einde alles is uitgewis sonder enige oorblyfsels.
In die middel van die groot byeenkoms, die Boedda
het aangekondig dat ek ʼn Boedda sal word.
wanneer ek die geluid van hierdie Wet gehoor het
my twyfel en spyt was alles weg gevee.
die eerste keer toe ek die Boedda se preking hoor,
was daar groot verbasing en twyfel in my bewussyn.
“Is hierdie nie ʼn duiwel wat voorgee dat hy die Boedda is nie,
probeer om my bewussyn te verwar?” het ek gedink.
Maar die Boedda het verskillende oorsake,
metafore en gelykenisse gebruik, verduidelik alles welsprekend.
Sy bewussyn was vredevol en rustig soos die see,
en soos ek geluister het, was ek bevry van die net van twyfel.
Die Boedda het gesȇ eeue gelede
die ontelbare Boedda wat uitwissing bereik het
rus en verkeer ten midde van wenslike metodes,
en soortgelyk preek hierdie Wet.
Die Boeddas van die hede en toekoms,
wie getalle nie bereken kan word nie,
hulle ook sal wenslike metodes gebruik
wanneer hull hierdie selfde Wet verduidelik
Dus die huidige Wȇreld-Gerespekteerde Een,
gebore en later sy familie verlaat;
bereik die weg en draai die wiel van die Wet,
gebruik ook wenslike metodes in sy preking.
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een preek die ware weg.
Papiyas wou nie dit doen nie
Daarom weet ek verseker
hierdie is nie ʼn duiwel wat voorgee om die Boedda te wees.
Maar omdat ek in die net van twyfel geval het
het ek veronderstel dit is die duiwel se werk.
Nou hoor ek die Boedda se sagte en rustige stem,
diepgaande, verreikend, uiters subtiel en wonderlik,
verduideliking en bespreking die reine Wet,
en my bewussyn is gevul met groot vreugde.
My twyfel en spyt is vir altyd beëindig,

Ek sal rus en verkeer in ware wysheid.
Ek is verseker dat ek sal ʼn Boedda word,
wat geëerbeidig sal word deur hemelse en menslike wesens,
wat die wiel sal draai van die ongeëwenaarde Wet
en onderrig en bekeer die strewelinge.

Daardie tyd die Boedda sȇ vir Shariputra, "Nou, in midde van hierdie groot byeenkoms van hemelse en menslike wesens, strewelinge, gode en sovoorts, sȇ ek dit. In die verlede, onder twintig duisend miljoen Boeddas, terwille van die ongeëwenaarde weg het ek jou konstant onderrig en bekeer. En jy, regdeur die lang nag het my gevolg en lering en instruksies aanvaar. Nou, omdat ek wil hȇ jy moet onthou die manier hoe jy jou oorspronklik eed afgelȇ het om my te volg, terwille van die stem aan-hoorders preek ek hierdie Groot Voertuig soetra genaamd die Lotus van die Wonderlike Wet. ʼn Wet om strewelinge te onderrig en een wat beskerm en altyd in gedagte gehou word deur die Boeddas.

"Shariputra, in toekomstige tyd, na ontelbare, onmeetbare en ondenkbare eeue verby gegaan het, sal jy offerande bring aan duisende, tien duisend miljoene Boeddas en die korrekte Wet eerbiedig en nakom. Jy sal elke aspek van die weg van die streweling nakom en sal instaat wees om ʼn Boedda te word met die naam Gloeiende Blom Boedda, waardig vir offerande, van korrekte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, wel gedaan, verstaan die wȇreld, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense en leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een.

"Jou koninkryk sal genoem word Vry van Kolle, die land sal gelyk en plat wees, suiwer en pragtig versierd, vredeliewend, vrugbaar en gelukkig. Hemelse en menslike wesens sal daar floreer. Die grond sal van apis lazuli wees, die paaie sal kruis in agt rigtings en toue van goud sal dien as grense. Langs elke pad sal groei rye van sewe edelgesteende bome wat konstant blom en vrugte dra. En hierdie Gloeiende Blom Boedda sal gebruik maak van die drie voertuie om lewende wesens te onderrig en te bekeer.

"Shariputra, wanneer hierdie Boedda sal verskyn, dit sal nie gedurende ʼn bose tydperk wees nie omdat as gevolg van sy se oorspronklike eed en sal hy die Wet preek deur middel van die drie voertuie. Sy tydperk sal genoem word Groot Skatte Versiering. Waarom sal dit so genoem word? Omdat in daardie land sal na strewelinge opgekyk word as ʼn groot skat. Daardie strewelinge sal ontelbaar, onmeetbaar en ondenkbaar wees in getalle, buite die bereik van metafore en gelykenisse. Sonder die mag van die Boedda se wysheid, kan niemand verstaan hoeveel dit is. Wanneer ookal hierdie strewelinge wens om te loop, sal edelgesteente blomme hul voete omhoog hou.

'Hierdie strewelinge sal net skielik die begeerte vir verligting nie bedink het nie, maar almal sou vir lang tydperk wortels van eerbaarheid geplant het. Onder ontelbare honderde, duisende, tien duisende, miljoene Boeddas sou hulle die godelike praktyke op foutlose manier uitgevoer het en sou sonder ophou deur die Boeddas geprys word. Konstant sou hulle Boedda wysheid kultiveer, bekom magtige transedentale kragte en ten volle verstaan die ingange tot die leerstellings. Hulle sal van opregte karakter wees, sonder dubbelsinnigheid, ferm in voornemens en denke. Sulke strewelinge sal volop in die land wees.

"Shariputra, die leef tydperk van Boedda Gloeiende Blom sal twaalf eeue
wees, nie bygetel die tyd toe hy ʼn prins was en voordat hy ʼn Boedda geword het. Die mense van sy land sal ʼn leef tydperk van twaalf eeue hȇ, hy sal profiteer dat die streweling Ferm Vol gaan ten volle Boeddaheid bereik. Hy sal aankondig vir die monnikke, 'Hierdie streweling Ferm Vol sal die volgende Boedda wees en hy sal genaamd wees Blom Voet Veilig Lopend, Tathagata, ontwakeling. Sy Boedda land sal soos myne wees.'

"Shariputra, nadat Boedda Gloeiende Blom nirvana bereik het, sal die era van die Korrekte Wet vir twee en dertig eeue
voort duur en die era van die Nagemaakte (Valse) Wet sal vir nog twee en dertig eeue duur."

Om sy mening weereens te stel, sȇ die Wȇreld-Gerespekteerde Een in vers vorm:

Shariputra, eeue in die toekoms
sal jy ʼn Boedda word, van universele wysheid, geëerd,
met die naam Gloeiende Blom,
en jy sal ontelbare menigtes red.
Jy sal offerande aan getallose Boeddas bring,
toe vertroud wees met al die streweling’s praktyke,
die tien magte en ander seëninge,
en sal die ongeëwenaarde weg realiseer.
na ontelbare eeue,
sal jou tydperk Groot Skatte Versiering genoem word.
Jou wȇreld sal Vry van (Vuil) Kolle genoem word,
rein, sonder enige foute of verontreiniging.
Die land sal van lapis lazuli wees,
die paaie afgebaken met toue van goud,
en sewe juweel bedekte bome in verskillende kleure
wat konstant blom en vrugte dra.

Die strewelinge van daardie koninkryk
sal altyd ferm in voornemens en denke wees.
Transendentale magte en vervolmakings -
elkeen sal toegerus wees met alles (genoem),
en onder ontelbare Boeddas
sal hulle geduldig die streweling’s weg bestudeeer.
Dus sal hierdie magtige manne
bekeer word deur Boedda Gloeiende Blom.
Toe daardie Boedda nog ʼn prins was,
het hy sy land prys gegee, weg gedoen met wȇreld’s glorie,

En in sy finale inkarnasie
verlaat sy familie en bereik die Boedda-weg.
Boedda Gloeiende Blom sal leef in die wȇreld
vir ʼn tydperk van twaalf eeue.
Die menigte mense van sy land
sal ʼn leeftyd hȇ van agt eeue.
nadat daardie Boedda nirvana bereik het,
sal die Korrekte Wet voortduur in die wȇreld
vir twee en dertig eeue,
red lewende wesens wyd en ver.
Nadat die Korrekte Wet verdwyn,
die Vervalste Wet sal dan voortduur vir twee en dertig eeue.
Die Boedda aandenkings sal wyd sirkuleer;
hemelse en menslike wesens orals sal offerande bring aan die aandenkings.
Die aksies van Boedda Gloeiende Blom
sal alles wees ter wille van wat ek alreeds gesȇ
Hierdie mees wyse en geëerde van
twee-been wesens

Sal uitstaande en sonder gelyke wees.
En hy sal niemand minder wees as jy -
jy behoort verheug te wees en jouself gelukkig ag!

Daardie tyd, toe die vier soort gelowiges, naamlik monnikke, nonne, leke mans en leke vrouens en die hemelse wesens,
yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahoragas, en die andere in die grote byeenkoms sien hoe Shariputra hierdie profesie dat hy algehele Boeddaheid sal bereik, ontvang van die Boedda, was hulle harte gevul met groot vreugde en gedans sonder einde. Elkeen verwyder die boonste kleding stuk wat hy of sy gedra het en bied dit as offerande aan die Boedda. Shakra Devanam Indra, koning Brahma, en die ontelbare seuns van die gode het ook hul wonderlike hemelse kleding stukke, hemelse mandarava blomme en manjifieke mandarava blomme aan die Boedda geoffer. Die hemelse kleding stukke wat hulle gestrooi het, het in die lug bly hang en van self in die rondte bly draai. Hemelse wesens maak musiek, honderd, duisend, tien duisende verskillende variteite, almal terselfde tyd in die middel van die lug, reën af hoeveelhede van hemelse blomme en uiter hierdie woorde: "In die verlede by Varanasi, die Boedda het die wiel van die Wet die eetste keer gedraai. Nou draai hy die wiel weer, die wiel van die ongeëwenaarde, die grootste Wet van alle wette!"

Om hul betekenis weer te beklemtoon, spreek die seuns van die gode in vers vorm:

In die verlede by Varanasi
draai jy die wiel van die Wet van die vier edele waarhede,
maak onderskeidings, preek dat alle dinge,
word gebore en sterwe, bestaande uit die vyf elemente.
Nou draai jy die wiel van die mees wonderlike,
die ongeëwenaarde groot Wet.
hierdie Wet is baie diepsinnig en verborge;
daar is min wat dit kan glo.
In die verlede het ons dikwels gehoor
die Wȇreld-Gerespekteerde Een se preking,

Maar ons het nog nooit hierdie soort van diepsinnige, wonderlike en beste Wet
Sedert die Wȇreld-Gerespekteerde Een hierdie Wet preek,
verwelkom ons almal dit met vreugde.
Shariputra met sy groot wysheid
het nou sy geëerde profesie ontvang.
Ons ook op dieselfde wyse
sal verseker ook instaat kan wees om Boeddaheid te bereik,
regdeur al die wȇrelde
die mees geëerde, die ongeëwenaarde doelwit.

Die Boedda-weg is moeilik om te begryp,
maar jy sal preek deur wenslike metodes te gebruik,
in ag neming met wat geskik is
Die
navolgenswaardige dade deur ons gedoen
in hierdie of vorige lewens,
en die seëninge verwerf deur die Boedda te sien -
dit alles sal ons toepas in ons wandel op die Boedda-weg.

Shariputra sȇ vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, nou het ek geen twyfel en spyt. In persoon het ek die profesie van die Boedda ontvang dat ek volkome Boeddaheid sal bereik. Die twaalf honderd persone hier teenwoordig wie se bewussyne vry is - in die verlede het hulle op die vlak van student (leer) gebly en die Boedda het hulle konstant onderrig en bekeer en gesȇ, 'My Wet kan julle bevry van geboorte, ouderdom, siekte en sterfte en julle instaat stel om uiteindelik nirvana te bereik.' Hierdie persone, sommige wie nog steeds leer en sommige wie alreeds hul studies voltooi het, elkeen het geglo omdat hulle gedink het dat hulle die idee van 'self,' en ook hul seining van ‘bestaan’ en ‘nie-bestaan’ afgeskud het, hulle nirvana bereik het .'' Maar nou, van die Wȇreld-Gerespekteerde Een hoor hulle wat hulle nog nooit tevore gehoor het en almal is verward en in twyfel.

"
Goed so Wȇreld-Gerespekteerde Een. Ek pleit terwille van die vier soorte na-volgers dat u sal verduidelik die oorsake en kondisies en maak dit moontlik vir hulle om weg te doen met hul twyfel en berou."

Die Boedda sȇ vir Shariputra, "Het ek nie jou vroëer vertel dat wanneer die Boeddas, die Wȇreld-Gerespekteerdes, verskillende oorsake en kondisies aanhaal en metafore, gelykenisse en ander uitdrukkings en wenslike metodes gebruik om die Wet te preek, dit alles is terwille van die bereiking van volkome Boeddaheid. Wat ookal gepreek word, is terwille van die bekering van die strewelinge.

"Verder, Shariputra, ook ek sal nou metafore en gelykenisse gebruik om hierdie leerstelling te verlig. Omdat deur middel van metafore engelykenisse kan hulle wat wys is, verstaan.

"Shariputra, veronderstel in ʼn sekere dorp in ʼn sekere land was daar ʼn baie ryk man. Hy was ver gevorderd in ouderdom en sy rykdom was onmeetbaar. Hy het baie velde, huise en bediendes gehad. Sy eie huis was groot en
impossant, maar dit het net een ingangshek gehad. ʼn Groot menigte mense - ʼn honderd, twee honderd en selfs soveel as vyf honderd het in die huis gewoon. Die sale en die kamers was oud en vervalle, die mure vallend, die pilare verrot op die basis en die balke en kappe krom en skeef.

"’n Vuur breek toe uit op alle kante, versprei deur al die kamers van die huis. Die seuns van die ryk man, tien, moontlik dertig, was binne-in die huis. Toe die ryk man die hoë vlamme sien, was hy grootliks ontsteld en bevrees. Hy dink by homself, “Ek kan veilig ontsnap deur die vlammende ingang maar my seuns is nog steeds binne-in die brandende huis besig om te speel en hulle te geniet. Onbewus, onwetende en sonder bekommernis of vrees. Die vuur is besig om hulle te omsingel, pyn en lyding bedreig hulle maar hulle bewussyne het geen sin vir benoudheid
of gevaar ondervind en hulle dink nie daarna om te probeer ontsnap nie!

"Shariputra, daardie ryk man dink by homself, “My liggaam en arms is sterk.Ek kan hulle toe draai in’n kledingstuk of hulle op ’n bank sit en uitdra. Maar hierdie huis het slegs een hek en verder is dit nou en smal.

My seuns is baie jonk met geen begrip en hulle is lief vir speletjies, so geinteresseerd
en verdiepin hul speletjies dat hulle heel waarskynlik verbrand sal word. Ek moet aan hulle verduidelik waarom ek so bevrees en bekommerd is. Die huis is alreeds in valmme gelaai en ek moet hulle so gou as moontlik uit die huis kry sodat hulle nie verbrand nie!”

Hy roep dus na al sy seuns, 'Julle moet onmiddelik uit kom!" Maar alhoewel die vader jammer gevoel het en goeie instruksies gegee het, die seuns was vasgevang
verdiep in hul speletjies en ongewillig om te luister. Hulle was nie bekommerd, geen vrees en aan die einde geen gedagte om die huis te verlaat nie. Nog erger, hulle het nie verstaan wat die brand (vuur) was nie, wat die huis was nie, wat die gevaar was nie. Hulle het onkundig hierna toe en daarna toe gehardloop as deel van speel en na hul pa gekyk sonder om na hom te luister.

"Die ryk man het verder gedink: die huis is alreeds aan die brande as gevolg van hierdie groot vuur. Indien ek en my seuns nie onmiddelik uitkom nie, gaan ons verseker verbrand. Ek moet nou een of ander wenslike metode fabriseer wat dit sal moontlik maak vir die kinders om te ontsnap van die gevaar.

"Die vader het sy seuns verstaan en en geweet watter verskillende speelgoed en interessante voorwerpe, elke kind van gehou het en wat hul sou vermaak het. Dus sȇ hy vir hulle, 'Die soort speelgoed waarvan jul hou is skaars en moeilik om te vind. As julle dit nie vat terwyl julle nog kan, sal julle baie spyt wees later. Byvoorbeeld, dinge soos hierdie bok-waens, hert-waens en os-waens. Dit is nou buitekant die ingangshek waar julle daarmee kan speel. So julle moet onmiddelik uit die brandende huis kom. Dan watter een julle ook al wil hȇ, ek sal dit alles vir julle gee!'

"Toe die seuns hierdie keer hoor wat hul vader hulle vertel van die skaarse speelgoed wat hulle so graag wou hȇ, het elkeen versterk in hul hart gevoel en drukkend en stoot die een die ander, hulle het wild en vining uit die brandende huis gehardloop,

"Die ryk man sien dat sy kinders veilig uit die brandende huis gekom het en het gaan sit op ’n oop stuk grond by die kruispad en was nie meer in gevaar nie. Hy was grootliks verlig en sy bewussyn het gedans van vreugde. Die seuns sȇ toe vir hul pa, "Die speelgoed wat u ons vroeër belowe het, die bok-waens, die hert-waens en die osse-waens - gee dit asseblief nou vir ons!'

"Shariputra, die ryk man gee toe elk van sy seuns ’n groot wa van univormige grote en kwaliteit. Hierdie waens was groot en ruim en versier met menigte juwele. ’n
reling as reg rondom en klokke hang van al vier kante. ’n Kappie was gestrek daaroor, wat versier was met verskeidenheid skaars edel juwele. Toue met juwele bedek, ʼn fril van blomme hang af en helder rooi gekleurde kussings was orals gestrooi. Elke wa was getrek deur ’n wit os, opreg en skoon vel, aansienlik in vorm en sterk, instaat om die wa egalig te trek en so teen ’n pas so vining soos die wind. Daarby was daar baie mans bediendes en hofbeamptes wat help en die wa beveilig het.

"Wat was die rede vir dit? Hierdie rykman se rykdom was onmeetbaar en hy het baie soorte stoorhuise wat gevul en oorvol was. Hy dink tot by homself, 'Daar is geen einde aan my besitting. Dit sal nie reg wees as ek my seuns klein en minderwaardige waens gee. Hierdie klein seuns is al my kinders en ek is lief vir hulle sonder om partydig te wees. Ek het getallose groot waens versier met die sewe soorte edelgesteentes. Ek moet onpartydig wees en vir al my seuns gee. Ek moenie diskrimineerteen enige een van hulle nie. Waarom? Omdat, selfs al verdeel ek my besittings tussen all die persone in die hele land, selfs dan bly daar steeds oor, dan sal dit nie uitgeput wees nie!

"Daardie tyd het elke seun op sy wa geklim en in besit geneem dit wat hy nog nooit tevore gehad het nie, iets wat hy nooit oorspronklik verwag het nie. Shariputra, wat dink jy hiervan? Toe hierdie ryk man onpartydig aan sy seuns hierdie groot waens versier met die skaarse juwele gee, was hy skuldig aan valsheid of nie?"

Shariputra antwoord, "Nee, Wêreld-Gerespekteerde Een. Hierdie ryk man het dit net moontlik vir sy seuns gemaak om die gevare van die brand te ontsnap en sodoende hul lewens te behou. Hy was geensins vals nie. Waarom sê ek so? Omdat indien hulle hul lewens kon bewaar, toe het hulle alreeds ’n speelding van een of ander aard gekry. En hoeveel meer so deur wenslike metodes was hulle gered van die brandende huis! Wêreld-Gerespekteerde Een, selfs al het die ryk man hulle nie die kleinste wa gegee nie, sou hy nie skuldig gewees het aan valsheid. Waarom? Omdat hierdie ryk man alreeds
vroëer besluit het om wenslike metodes te gebruik om sy seuns te help ontsnap. Die gebruik van wenslike metodes was nie ’n aksie van valsheid. Hoeveel minder so dan wanneer die ryk man weet dat sy rykdom is eindeloos en hy is van voorneme om sy seuns te verryk en bevoordeel deur elkeen ’n groot wa te gee."

Die Boedda sȇ vir Shariputra, "Baie knap, baie knap. Dit is net soos jy sȇ. Die Boedda is soos dit. Hy is die vader vir die hele wȇreld. Sy vrese, omgee en angstigheid en onkunde en misverstande het lank gelede tot ’n einde gekom, sonder enige oorblyfsels. Hy het uiteindelik geslaag om onmeetbare insig, mag en vryheid van vrees bekom en groot bomenslike magte en die mag van wysheid bereik. Hy is toegerus met wenslike metodes en die vervolmaking van wysheid, sy groot medelye en groot omgee is konstant en ononderbroke; ten alle tye soek hy wat goed is om te doen en wat voordeel vir almal sal bring.

'Hy is gebore in die drie bestaanskoninkryke (wȇrelde), ’n brandende huis wat verrot en oud is. Om lewende wesens te red van die vure van geboorte, ouderdom, siekte en sterfte, omgee vir hul onkunde, misverstande en die drie soorte gif; om hulle te onderrig en te bekeer, hulle instaat te stel om algehele Boeddaheid te bereik.

"Hy sien lewende wesens besmeer en verteer deur geboorte, ouderdom, siekte en sterfte en lyding, sien hulle ondergaan verskeie soorte pyn omrede hul gulsigheid en vasklewing en strewend ondergaan hulle menigte lyding in hul huidige lewens en later ondergaan ook pyn wanneer hul her-gebore word in die hel of as honger geeste. Selfs al word hulle her-gebore in ’n hemelse koninkryk of as menslike wese, ondergaan hulle die pyn van armoede en begeertes, die pyn van skeiding van geliefdes, die pyn van ontmoeting met die wat hulle nie goedgesind is nie (vyandig) - al hierdie menigte en verskeidenheid pyn en lyding.

"Nogtans lewende wesens verdrinkend ten midde van al hierdie, verheug en ge-amusiseerd, onbewus, onwetend, sonder bekommernis of vrees. Hulle voel geen gevoel van afkeer en probeer nie ontsnap nie. In hierdie brandende woning wat die drie-voudige wȇreld is, jaag hull in die rondte na die ooste en weste en alhoewel hulle erge pyn ondergaan, is hulle nie ontsteld nie.

Shariputra, wanneer die Boeda dit sien, dink hy by homself, “Ek is die vader van lewende wesens en ek behoort hulle te red van hulle lyding en gee hulle die onmeetbare en grenslose Boedda wysheid sodat hulle genot daarin kan vind.”

"Shariputra, die Boedda het het ook hierdie gedagte gehad: indien ek slegs bomenslike kragte en die mag van wysheid gebruik; indien ek wenslike metodes eenkant sou sit en terwille van lewende wesens die Boedda se insig, mag en vryheid van vrees sou loof, dan sal lewende wesens nie instaatsou wees om vryheid te bekom nie. Waarom? Omdat hierdie lewende wesens nog nie ontsnap het van geboorte, ouderdom, sterfte, omgee en lyding nie maar word verteer deur die vlamme in die brandende huis wat die drie-voudige wȇreld is. Hoe kan hulle instaat wees om die Boedda se wysheid te verstaan?

"Shariputra, daardie ryk man, alhoewel hy sterkte in sy liggaam en arms gehad het, het hy dit nie gebruik nie. Hy het slegs goed uitgedinkte wenslike metodes gebruik en was dus instaat om sy seuns te red van die gevare van die brandende huis en agterna hulle elkeen gegee ’n groot wa versier met skaarse juwele. Die Boedda doen dieselfde. Alhoewel hy mag en die vryheid van vrees besit, gebruik hy dit nie. Hy gebruik slegs wysheid en wenslike metodes om die lewende wesens te red uit die brandende huis wat die drie-voudige wȇreld is, verduidelik aan hulle die drie voertuie; die voertuig van die aan-hoorders, die privaat-boedda en die van die Boedda.

"Hy sȇ vir hulle, 'Julle moet nie net tevrede wees om in hierdie brandende huis van die drievoudige wȇreld is te bly nie! Moenie gulsig wees vir die rowwe en misleidende vorms, geluide, reuke, geure en sensasies! Indien jy aangetrokke en leer om dit lief te kry, sal jy verbrand word! Jy moet onmiddelik uitkom uit die drie-voudige wȇreld sodat jy die drie voertuie (stem aan-hoorders, privaat-boedda en volkome Boeddaheid) kan bekom. Ek belowe jou dat jy dit sal bekom en die beloofte is nie vals nie. Jy moet net durf aan die dag lê en hardwerkend wees!'

"Die Boedda gebruik hierdie wenslike metodes om die lewende wesens uit te lok om tot aksie oor te gaan. En dan sê hy vir hulle, 'Julle moet weet dat hierdie leerstellings van die drie voertuie geloof en vereer word deur die wyse. Hulle is vry, sonder verstrengelings, niks verder om aan afhanklik te wees of te soek nie. Saal hierdie drie voertuie op, verkry wortels wat sonder uitvloeiings is, verkry magte, bewusheid, die weg, meditasie, vryheid, samadhis en geniet dan julle self. Julle sal bekom die vreugde van onmeetbare vrede en veiligheid.'

"Shariputra, indien daar lewende wesens is wat nature wyse is en wie die Boedda bedien, die Wet hoor, glo en aanvaar en verder energiek pogings aanwend om vining te ontspan van die drie-voudige wȇreld en soek om nirvana te bereik, hulle sal genoem word (hulle wat ry) die voertuig van die stem aan-hoorder.

Hulle is soos daardie seuns wat die brandende huis verlaat het in hoop om bok-karretjie te bekom.

"Indien daar lewende wesens is wat die Boedda bedien, hoor die Wet, glo en aanvaar diten verder energiek pogings aanwend, soek wysheid wat vanself kom, neem afgesonderde vreugde in goedheid en rustigheid en verstaan diepgaande die oorsake en kondisies van alle fenomena, hulle sal genoem word (hulle wat ry) die voertuig van die privaat-boedda.


Hulle is soos daardie seuns wat die brandende huis verlaat het in hoop om die hert-wa te bekom.


"Indien daar lewende wesens is wat die Boedda bedien, hoor die Wet, glo en aanvaar dit en verder energiek pogings aanwend, soek alomvattende wysheid, die insig van die Boedda, magte en vryheid van vrees, wie bejammer en gemoedsrus gee aan ontelbare lewende wesens en hulle almal red,hulle sal genoem word (hulle wat ry) die Groot Voertuig. Omdat die strewelinge hierdie voertuig soek, word hulle magtige monastiese
ontwaaktes genoem. Hulle is soos daardie seuns wat die brandende huis verlaat het in hoop om die osse-wa te bekom.

"Shariputra, daardie ryk man, aangesien sy seuns almal veilig uit die brandende huis ontsnap het en nie meer langer berdrieg was, onthou dat sy rykdom onmeetbaar is en gee elk van sy seuns ’n groot wa. En die Boedda doen dieselfde. Hy is die vader van alle lewende wesens. Toe hy sien dat ontelbare duisende miljoene lewende wesens deur die hek van die Boedda se leerstelling kan ontsnap die pyn en lyding van die drie-voudige wȇreld, vreesvolle en gevaarlike paaie en bereik die vreugde van nirvana, die Wêreld Gerespekteerde Een het hierdie gedagte: Ek besit onmeetbare, eindelose wysheid, mag vreesloosheid, die stoorhuis van die wet van die Boedda. Hierdie lewende wesens is almal my seuns (kinders). Ek sal die Groot Voertuig (wa) vir hulle gee sonder partydigheid sodat daar nie hulle sal wees wat uitwissing (nirvana) sal bereik deur hul eie toedoening maar dat hulle nirvana mag bereik deur middel van die uitwissing (nirvana) van die Boedda.

"Vir al die lewende wesens wat ontsnap het van die drie-voudige wȇreld gee hy dan die vreugdevolle geskenke van meditasie, bevryding en sovoorts van die Boeddas. Al hierdie is univormig in karakter, univormig in tipe, geprys deur die wyses, instaat om egte, wonderlike en alle hoogste genot te produseer.

"Shariputra, daardie ryk man het eerste die drie tipe waens gebruik as lok middels vir die seuns, maar later gee hy net die groot wa versier met edel gesteentes, die veiligste, die mees gemaklikste van alles. Nieteenstaande dit, die ryk man was nie skuldig aan valsheid nie. Die Wêreld-Gerespekteerde Een doen dieselfde en hy is sonder valsheid. Hy preek eerste die drie voertuie om lewende wesens aan te lok en te lei maar later gebruik hy net die Groot Voertuig om hulle te red. Waarom? Die Boedda besit oneindige wysheid, mag, vryheid van vrees, die stoorhuis van die Wet. Hy is instaat om aan alle lewende wesens die Wet van die Groot Voertuig te gee. Maar nie almal van hulle is instaat om dit te ontvang nie.

"Shariputra, vir hierdie redes moet jy verstaan dat die Boeddas gebruik die mag van wenslike metodes en omdat hulle dit doen, maak hulle onderskeidings in die een Boedda voertuig en preek dit as drie."

Die Boedda, wens om sy mening weereens te beklemtoon, sȇ in vers vorm:

Veronderstel daar was ’n ryk man
wie ’n groot huis gehad het.
Hierdie huis was baie oud,
en vervalle en verrot ook.
Die kamers, alhoewel deftig, was in ’n gevaarlike kondisie
balke en kappe skeef en krom,
fondasie en trappe besig om te verkrummel.
Mure gekraak en vol gapings
en pleister het afgeval.
Die dak luik was vervalle of weg,
die punte van die dakrand het afgeval.
Die grensmuur was krom of het plat geval
en opgehope vuilis was orals rondom.
Omtrent vyf honderd mense woon in die huis.
Vliëers, uile, valke, arende,
kraaie, duiwe,
akkedisse, slange, adders, skerpioene, duisendpote,
paddavissies en kewers,
muishonde, wasbere, honde, muise, rotte,
menigte bose wesens skarrel heen en weer.
Plekke wat stink van ontlasting
het oorstroom van vuilis
waar mis kewers en ander wesens by mekaar kom.
Vosse, wolwe en jakkalse
knaag aan en trap in die vuillis
of verskeur dooie liggame,
strooi bene en vlees orals.
Daarom het trope van honde
daarna gehardloop om te gryp en te verskeur,
gedryf deur hongerte en vrees,
soekend orals na kos,
veg, stry en gryp,
ontbloot hul tande, grom en huil-skree.
daardie huis is vreesvol en angswekkend.
In elke deel van dit
was daar kabouters en trolle,
yakshas en bose geeste
wat menslike vlees geëet het
of vergiftigde wesens se vlees geëet het.
Die verskillende bose voëls en diere
skenk geboorte, broei en versorg dit,
elkeen steek kleintjies weg en beskerm dit,
maar die yakshas wedywer
in hul haas om die kleintjies te gryp en te vreet.
En nadat hulle versadig was,
het hul bose harte nog meer boser geraak as ooit tevore;
die geluide van hul wroegings en twis
was voorwaar vrees aanjagend.
Kumbhanda demone
gehurk op stukke grond
of spring een tot twee meter vanaf die grond,
luier, dwalend hier en daar,
vermaak hul self na hul grille.

Somtyds gryp hulle ’n hond aan sy pote
en slaan dit tot die hond nie meer kan skree nie,
of hulle plant hulle pote op die hond se nek,
terroriseer dit vir hul eie vermaak.
En daar was ook demone met groot en lang liggame,
naak, swart en uitgeteer
konstant daar gelewe,
wat skreeu in harde en lelike geluide,
skree en eis kos.
daar was ook ander demone
wie se kele soos naalde was,
of nog ander demone
met koppe soos die van ’n bees,
sommige eet menslike vlees,
ander verslind honde.
Hulle hare soos verstrengelde onkuid,
wreed,
verderflik, woes,
gedryf deur hongerte en dors,
hardloop rond skreeuend en huilend.
Die yakshas en die uitgehongerde geeste
en die verskillende bose voëls en diere
gulsig en honger, beweeg vorentoe in alle rigtings,
en ook loerende uit die vensters.
So was die gevare van die huis,
bedreigings en vrees sonder grense.
Hierdie huis, oud en verrottend,
behoort aan ’n sekere man
en daardie man het daar naby weggegaan
en hy was nog nie vir lank buite
toe ’n brand skielik uitgebreek het.
Binne oomblikke van al vier kante
styg die vlamme op as ’n massa.
Rifpale, balke, kappe, pillare
ontplof met geraas, bewend en geskeur,
breek in twee en tuimel
resend neer.
soos die buite mure en afskoftings neer stort.

Die verskillende demone en geeste
hef hul stemme op in ’n luide geween,
die valke, arende en ander voëls,
die kumbhanda demone,
was paniekbevange en geterroriseerd,
en weet nie hoe om te ontsnap.
Die bose diere en giftige wesens
kruip weg in hul gate en holtes,
en die pishacha demone,
wat ook daar gewoon het,
omdat hulle min gedoen wat goed was,
was verdruk deur die vlamme
en het mekaar begin aanval,
drink bloed en verobber vlees.
Die jakkals en hul soort
was alreeds dood teen daardie tyd
en die groter bose diere
loer om hulle te verslind.
Vuil rook draai en styg sirkelend op,
vul die huis van alle kante.
Die duisendpote en honderdpote,
die giftige slange en hul soort,
geskroei deur die vlamme,
kom skarrellend uit hul lê plekke,
waarna die kumbhanda demone
hulle gryp en opvreet.
daarby, die uitgehongerde geeste,
die vlamme woedend bokant hul koppe,
honger, dors en gemartel deur die vlamme,
skarrel vinnig hier en daar in vrees en verwarring.
So was die toestand van daardie huis,
werklik vreesagtig en vreesaanjaend;
kwaadwillige beserings, die chaos van die vuur -
baie siekte, nie net een, het dit aangetas.
daardie tyd, die eienaar van die huis
staan buite die hek
toe hoor hy iemand sȇ,
"’n Tyd gelede jou verskillende seuns,
om hulle speletjies te speel ,
het die huis in gegaan.
Hulle is baie jonk en besit ’n gebrek aan begrip
en sal verdiep wees in hul vermaaklikhede."
Toe die ryk man dit hoor,
haas hy bekommerd die brandende huis in,
oorgehaal om sy seuns te red
en hulle te help om nie verbrand te word deur die vlamme.
Hy het sy seuns aangemoedig om na hom te luister,
verduidelik die vele gevare en uitdagings,
die bose geeste en giftige diere,
die vlamme wat oral rond versprei,
die menigte pyn en lyding
wat eindeloos een na die ander volg ,
die giftige slange, akkedisse en adders,
sowel as die vele
yakshas
en die kumbhanda demone
,
die jakkalse, vosse en honde,
valke, arende, vlieërs, uile,
grond miskruipers en soortgelyke diere
gedryf en gepyning deur honger en dors,
waarlik dinge om gevrees te word.
Sy seuns kon nie in so gevaarlike plek bly nie,
nog te meer as dit in vlamme gelaai is!
Maar sy seuns het geen begrip gehad
en alhoewel hulle hul vader se waarskuwings gehoor het,
het hulle aangegaan om verstrengeld te wees in hul vermaak,
nooit hul speletjies gestaak nie.

Daardie tyd het die ryk man by hom self gedink:
My seuns se gedrag,
dra by tot die my hartseer en stres.
Op hierdie oomblik in hierdie huis
is daar glad nie vreugde en blydskap,
en nog steeds is my seuns verstrengel in hul speletjies,
weier om na my instruksies te luister
en hulle sal vernietig word deur die vuur!

Toe kom dit by hom om wenslike metodes te bedink
en hy sê vir sy seuns,
"Ek het verskillende skaars en wonderlike speelgoed,
wonderlik juweel-versierde waens,
bok-waens, hert-waens,
waens getrek deur grote osse.
Hulle is op hierdie oomblik buite die hek
julle moet net uitkom en hulle sien!
Ek het uitdruklik hierdie waens vir julle gemaak
Julle mag geniet watter een julle ookal kies,
speel daarmee soos julle daarvan hou!
Toe die seuns hoor
hierdie beskrywing van die waens,
het hulle meteens gewedywer met mekaar
om so vining as moontlik uit die huis te kom,
totdat hulle by die oop stuk grond kom,
weg van alle gevaar.
toe die ryk man sien dat sy seuns ontsnap uit die brandende huis
en by die kruispaaie staan,
gaan sit hy op die leeu troon,
wens himself geluk met hierdie woorde:
"Nou is ek tevrede en gelukkig .
Hierdie seuns van my
was baie uitdagend om groot te maak.
Onkundig, jeugdig, sonder verstand (begrip),
Hulle betree die gevaarlike huis
met die baie giftige diere
en trolle om te vrees.
Die brullende vlamme van die groot vuur
styg op vanaf alle kante,
en steeds kleef hierdie seuns van my aan hul speletjies.
Maar nou het ek hulle gered,
en sodoende gehelp om te ontsnap van die gevaar.

Dit is die rede, geagte mense,
waarom ek tevrede en gelukkig is."
Daardie tyd, die seuns,
sien hul vader tevrede sittend,
almal gaan na hom toe en sê:

Gee asseblief vir ons
die drie soorte juweel-versierde waens
u vroeër belowe het.
u het gesȇ indien ons uit die huis kom
u sal vir ons die drie soorte waens gee
en ons kan kies watter een ookal ons wil hê.
Nou is die tyd om vir ons te gee!"
Die ryk man was baie welgesteld
en het baie stoorhuise gehad.
Met goud, silwer, apis lazuli,
seeskulpe,
agaat,
en ander soorte edelgesteentes bedek
maak hy groot waens
pragtig bedek en versierd,
met
relings reg rondom en hangende klokke van alle kante.
Gedraaide en gevlegde toue van goud,
nette van perȇls gestrek oor die bokant,
en frille van goue blomme hang orals af.
Multi-gekleurde versierings
was rondom die waens gedraai,
sagte sy en gaas
dien as kussings,
met
wonderlike fyn felt
gewaardeer teen duisende of miljoene,
glinsterde wit en rein,
om te versprei oor die waens
Daar was groot wit osse,
slank, staatmakers, sterk en kragtig,
aantreklik in vorm,
om die juweel-bedekte waens te trek,
en vele bediendes en bywoners
wat hulle vergesel en beskerm.
Hierdie wonderlike waens
die ryk man gee aan sy seuns onpartydig.
Die seuns was oorsteld en het gedans van blydskap,
saal die juweel-vesierde waens op,
en ry aan in alle rigtings,
verheug en vermaak hulself vrylik en sonder hindernisse

Ek sê vir jou Shariputra -
Ek is soos daardie ryk man.
Ek, die mees gerespekteerd van die wyse,
is die vader van hierdie wȇreld
en alle lewende wesens is my kinders.
Maar is diep verstrengeld aan die wȇreldse plesier
en gebrek aan wysheid.

Daar is geen veiligheid in die drie-voudige wȇreld;
dit is soos ’n brandende huis,
vol veelvoudige lyding,
waarlik om te vrees,
konstant beset met die pyn en lyding
van geboorte, veroudering, siekte en sterfte,
wat soos vure onbeheerd en sonder ophou brand.
Die Wêreld-Gerespekteerde Een het alreeds verlaat
die brandende huis van die drie-voudige wȇreld
en verkeer in kalm-stilheid en kalm-leegheid
in die veiligheid van die woude en vlaktes.
Maar nou in hierdie drie-voudige wȇreld
is alles my domein en die lewende wesens is almal my kinders.
Nou hierdie plek is besaai met pyn en uitdagings.

Ek is die enigste persoon
wie andere kan red en beskerm,
maar alhoewel ek hulle onderrig en hulle lei,
glo hulle nie en aanvaar ook nie my leringe,
omdat, besmet met begeertes,
hulle verstrengeld en vasgevang in gulsigheid en aanhangsels

So, ek gebruik wenslike metodes,
beskryf aan hulle die drie voertuie,
en veroorsaak dat alle lewende
verstaan die pyne van die drie-voudige wȇreld,
en daarna toon en verduidelik ’n weg hoe die wȇreld kan ontsnap word.
Indien hierdie kinders van my
net wil besluit in hul bewussyne om so te doen,
kan hulle die drie soorte begrip bekom
en ook die ses transendentale magte,
en privaat-boeddas word
of strewelinge wat nooit terug verval.
Ek sê vir jou, Shariputra,
terwille van lewende wesens
gebruik ek hierdie metafore en gelykenisse
om die enkele Boedda voertuig (weg) te preek.
Indien jy en die andere instaat is
om te glo in en aanvaar my woorde,
dan sal julle almal verseker die Boedda-weg bereik.
Hierdie voertuig is subtiel, wonderlik,
mees uitstaande in reinheid;
regdeur alle wȇrelde staan dit ongeëwenaard.
Die Boedda verbly daarin en keur dit goed,
en alle lewende wesens behoort dit te prys,
offer dit almoese aan en gehoorsaam wees aan dit
daar is onmeetbare duisende, miljoene
magte, bevrydings, meditasies, wyshede,
en ander
eienskappe van die Boedda.

Maar indien die kinders die voertuig kan bekom,
sal dit hulle instaat stel
om dag en nag vir ontelbare eeue
konstante genot te vind,
om bydie strewelinge aan te sluit
en die menigte stem-aanhoorders
om hierdie juweel-versierde voertuig op te saal
en direk te gaan na die plek van beoefening.
Vir hierdie redes,
alhoewel ’n persoon vasberade in die tien rigtings sal soek,
sal hy nooit ’n ander voertuig vind
behalwe waar die Boedda dit preek as wenslike metodes .
Ek sê vir jou, Shariputra,
jy en die andere is almal my kinders,
en ek is ’n vader vir jou.
Vir herhalende eeue
het jy verbrand in die vlamme van menigte lyding en swaar kry,
maar ek sal julle almal red
en veroorsaak dat julle kan ontsnap uit die drie-voudige wȇreld.
Alhoewel ek jou vroëer gesȇ
dat jy uitwissing bereik het,
was dit slegs die einde van geboorte en sterfte,
dit was nie ware uitwissing nie.
Nou wat is nodig is dat jy ware Boedda-wysheid bekom.
Indien daar strewelinge
hier in die byeenkoms is,
laat hulle met enkele bewussyn
luister na die ware Wet van die Boeddas.
Alhoewel die Boeddas, die Wêreld-Gerespekteerdes,
wenslike metodes gebruik,
die lewende wesens bekeer deur hulle is almal strewelinge
Indien daar persone wat min wysheid besit
wat diep aangetrokke is tot liefde en begeertes,
preek die Boedda vir hulle die reël van lyding.

Dan sal die lewende wesens se bewussyn verheug wees,

gevind wat hulle nog nooit tevore gehad het nie.
Die reël van lyding wat die Boedda preek
is waar en verskil nooit.
Indien daar lewende wesens is
wat nie die wortel van lyding verstaan nie,
wat diep verstrengel aan die oorsake van lyding is
en nie vir ’n oomblik dit ten syde kan sit nie,
omdat hulle (lewende wesens) so is,
gebruik die Boeddas wenslike metodes om die weg (Wet) te preek.
Ten opsigte van die oorsaak van alle lyding,
die wortel (oorsprong) is in gulsigheid en begeerte gesetel.
Indien gulsigheid en begeertes uitgeroei word,
sal dit geen plek hê waar dit kan woon.
Om alle lyding uit te wis -
dit word genoem die derde reël.

Ter wille van hierdie reël; die reël van uitwissing (nirvana),
beoefen ’n wese die weg.
en wanneer jy ontsnap van die bande van lyding
word dit genoem die bereiking van bevryding.
Op watter wyse kan ’n persoon bevryding bereik?
Skei jouself van valsheid en dwaling -
dit alleen mag bevryding genoem word.
Maar indien ’n persoon nie waarlik
instaat kan wees om homself van alles te bevry nie,
dan sal die Boedda sȇ
hy het nie ware uitwissing beriek nie,
omdat so ’n persoon
het nog nie ongeëwenaarde weg bereik nie .
My doel is nie om te probeer dat hulle uitwissing bereik nie.
Ek is die Dharma Koning
vry om te doen met die Wet soos ek wil.
om vrede en veiligheid vir lewende wesens te bring -
dit isdie rede waarom ek in die wȇreld verskyn.
Ek sê vir jou, Shariputra,
hierdie Dharma sëel van my
preek ek omdat ek wens om voordeel vir die wȇreld te bring.
Jy moet dit nie roekeloos en onverskillig oordra
waarook jy ook al gaan.
Indien daar iemand is wat dit hoor,
reageer met vreugde en die respekvol aanvaar,
moet jy weet daardie persoon is ’n wese wat aanbeweeg na ʼn meer verhewe toestand
Indien daar iemand is wie glo en aanvaar
die Wet van hierdie soetra,
daardie persoon het alreeds die Boeddas van die verlede gesien,
het eerbieding almoes aangebied
en geluister na hierdie Wet.
Indien dat iemand is wat kan glo wat jy preek
dan het daardie persoon my gesien,
en jou, die monnike en die streweling ook gesien.
Hierdie Lotus Soetra
word gepreek vir hulle met diepgaande wysheid.
Indien persone met vlak en gebrekkige begrip dit hoor,
sal hulle verward wees en faal om dit te begryp.
Wat betref al die stem-aanhoorders en privaat-boeddas,
in hierdie soetra is daar dinge wat verhewe is bo hul magte.
Selfs jy, Shariputra,
in die geval van hierdie soetra
was instaat om ingang te bekom slegs deur geloof.
Hoeveel te meer dan, daardie ander stem aan-hoorders.
dit is omdat hulle geloof het in die Boedda se woorde
dat hulle nakom met wat in die soetra is,
nie omdat hulle enige wysheid van hul self het nie.
Ook, Shariputra,
daardie persone wat arrogant of lui is
of die siening van ’n self (ego) opgeneem het,
moenie hierdie soetra vir hulle preek nie.
daardie wesens met vlak begrip van gewone mense,
wie diep verstrengel is aan die vyf begeertes,
kan dit nie begryp wanneer hulle dit hoor.

Moenie dit vir hulle preek nie.
Indien ’n persoon nie geloof het nie
maar die soetra belaster,
sal hy onmiddelk al die sade vernietig

om ’n Boedda in hierdie wȇreld te word.
Of moontlik hy sal met fronsende wenkbroue skarrel
en twyfel en verwarring ervaar
Luister en ek sal jou vertel
die straf wat die person moet betaal.
Of die Boedda in die wȇreld is
of alreeds nirvana bereik het,
indien daardie persoon sou belaster
’n soetra soos hierdie,
of wanneer hy sien iemand wat dit lees, opsȇ,
kopiëer en dit handhaaf,
dit sou verag, haat en jaloers wees,
of ʼn wrok teenoor hulle koester,
die straf wat daardie persoon moet betaal
luister, ek vertel jou nou:
Wanneer sy lewe tot ’n einde kom
sal hy die Avichi hel binne gaan,
daar gevange gehou word vir ’n hele eeu en langer,
en wanneer die hele eeu eindig, dan weer daar gebore word.
Hy sal die siklus herhaal
vir menigte getal eeue.
alhoewel hy uit die hel uit kan kom,
sal hy in die koninkryk van die diere val,
word ’n hond of ’n jakkals,
sy vorm skraal en skelm ,
donker, verkleurd, met skurfte en sere,
vir mense om gespot word.
Of hy sal gehaat en verag word deur mense,
konstant gepla word deur hongerte en dors,
sy beendere en vlees verdof,
in die lewe ondergaan pyniging en swaarkry,
na sterfte begrawe word onder teëls en klippe.
Omdat hy die sade van Boeddaheid afgesny het
sal hy hierdie straf ly.
Indien hy as ’n kameel gebore word sal
of gebore word in die vorm van ’n donkie,
sy liggaam sal konstant swaar belas word
en sal gedurig met stok of sweep geslaan word.
Hy sal net dink aan water en gras
en niks anders verstaan.
Omdat hy die soetra beswadder,
hierdie is die straf wat hy sal moet deurmaak.
Of hy sal as ’n jakkals gebore word
wie na die geboorte,
se liggaam oortrek met skurfte en sere,
slegs een oog hȇ,
deur seuns geslaan en geboei word,
ondergaan hartseer en pyn,
somtyds tot op die punt van die dood.
En nadat hy gesterf het
sal hy gebore word as ’n slang,
lank en massief, ongeveer vyf honderd meter,
doof, onverstandig, sonder voete,
suil op sy maag,
met klein diertjies
wat hom byt en aan hom vreet,
dag en nag ondergaan hy swaarkry,
nooit weet hy van rus.
Omdat hy die soetra beswadder het,
hierdie is die straf wat hy sal ondergaan.
Indien hy ’n menslike wese sou word,
sy fakuliteite sal stomp en dof wees,
hy sal kleinlik, veragterlik, krom en kreupel,
blind, doof wees.

Die dinge wat hy sal sê
mense sal dit nie glo nie,
sy asem uit sy mond sal konstant onaangenaam ruik,
hy sal besette wees deur duiwels (demone),
arm en minderwaardig,

rond bevel word deur andere,
geteister met baie siektes, dun en uitgeteer,

niemand om na te gaan vir raad en leiding of vriendskap.
Alhoewel hy hom aanheg aan andere,
sal hulle nooit aan hom dink;
alhoewel hy iets (dinge) mag bekom,
hy sal dit meteens verloor of daarvan vergeet.
Alhoewel hy mag praktiseer die mediese kuns
en deur mediese metodes iemand se siekte behandel en gesond maak,
daardie persoon sal sieker word van een of ander kwaal of aandoening
en moontlik aan die einde sterf.
Indien hy homself siek is,
niemand sal hom help of versorg ,
en alhoewel hy goeie medisyne sal gebruik,
sal dit net sy toestand vererger.
Indien andere teen hom sal draai,
sal hy geplunder en geroof word.
Sy siekte sal so wees
dat dit hom onverwagte ongeluk sal bring.
’n Sondige persoon van aard
sal nie die Boedda sien,
die Koning van baie wyses,
preek die Wet, onderrig en bekeer.
’n Sondige persoon van die aard
sal konstant gebore word ten midde van uitdagings,
mal, doof, verwarde bewussyn,
en sal nooit die Wet hoor nie.
Vir oneindige eeue

getalvol soos die sand van die Ganges rivier
sal hy doof en stom wees by geboorte,
sy fakuliteite gebrekkig en met tekortkominge,
sal konstant in die hel dwaal,
wandel daarin asof die ’n tuin is,
en ook die ander bose bestaansweë
sal hy as sy eie woning sien en aanneem.
Kameel, donkie, vark, hond -
sulke vorms sal hy aanneem.
Omdat hy hierdie soetra belaster,
dit is die straf wat hy sal kry.
Indien hy ’n menslike wese sal word,
sal hy doof, blind en dom wees.
Armoede, gebrek, alle soorte verrotting
sal deel wees van sy bestaan;
water blasies, diabetes, skurftes, sere, maagsere,
siektes soos hierdie sal sy kleding wees
Sy liggaam sal altyd sleg ruik, vuil en onrein.
Diep verstrengel aan die opvattings van ’n self,
hy sal groei in woede en haat;
vlammend met losbandige begeertes,
hy sal eens nie voëls en diere spaar nie.
Omdat hy hierdie soetra belaster,
dit is die straf wat hy sal kry.
Ek sê vir jou, Shariputra,
indien ek al die strawwe sou beskryf omdat iemand die soetra belaster,
sal dit eeue neem en selfs nooit tot ’n einde kom.
Vir hierdie rede
sê ek uitdruklik vir jou,
moenie hierdie soetra preek
vir persone sonder wysheid.
Maar as daar wesens is met knap vermoëens,
wys en verstandig,
omvattende geleerdheid en sterk geheue,
wie die Boedda-weg soek,
dan om vir sulke persone is dit aanvaarbaar om die soetra te preek.
Indien daar persone is wie honderde, duisende en miljoene Boeddas gesien het,
baie goeie wortels geplant het

en is ferm en (besit ’n) diepgaand verbinde bewussyn,
dan is dit aanvaarbaar om die soetra te preek.
Indien daar persone wat hardwerkend is,
konstant ’n medelyende bewussyn kweek,
nie wrokkig is teenoor die lewe of die liggaam is nie,
dan is dit aanvaarbaar om die soetra te preek.
Indien daar persone wat respekvol,
met ’n bewussyn gefokus op niks anders,
wie hulself afskei van allerdaags gebeure
wat alleen lewe tussen berge en waterstrome ,
dan is dit aanvaarbaar om die soetra te preek.
Weereens, Shariputra,
indien jy ’n persoon sien wie van bose vriende afskei
en met goeie vriende assosiëer,
dan om vir so ’n persoon te preek, is dit aanvaarbaar.
Indien jy ’n seun van die Boedda sien
die voorskrifte nakom, skoon en blink
soos ’n egte blink edelsteen,
soekend na die Groot Voertuig Soetra,
dan om vir so ’n persoon te preek, is dit aanvaarbaar.
Indien ’n persoon sonder woede is,
opreg en sagaard,
konstant alle wesens bejammer,
respekvol en eerbiedig teenoor die Boeddas,
dan om vir so ’n persoon te preek, is dit aanvaarbaar.
Weereens, indien ’n seun van die Boedda
ten midde van die groot byeenkoms
met ’n rein en opregte bewussyn
gebruik verskillende oorsake en kondisies,
metafore, gelykenisse en ander uitdrukkings
om die Wet op ’n ongehinderde wyse te preek,
vir sulke persone is dit aanvaarbaar om hierdie soetra te preek.
Indien daar monnikke is wie,
terwille van wye wysheid, die Wet in alle rigtings soek,
handpalms gevou, dankbare ontvang,
begeer slegs om te ontvang en omvou die soetra van die Groot Voertuig
en nie aanvaar ’n enkele vers van ander soetras,
vir sulke persone is dit aanvaarbaar om te preek.
Indien ’n persoon met ’n opregte bewussyn,
soek hierdie soetra asof hy Boedda aandenkings soek,
dit vind en eerbiedig aanvaar,
en daardie persone toon geen begeerte om ander soetras te vind
en het nooit tevore gedagtes gekoester
vir die geskrifte van nie-Boeddistiese leerstellings,
dan om vir so ’n persoon te preek, is aanvaarbaar.
Ek sê vir jou Shariputra,
indien ek al die karakter eienskappe beskryf
van hulle wat die Boedda-weg soek,
sal dit eeue neem en steeds sal ek nie tot ’n einde kom nie.
Sulke tipe persone
is instaat om te glo en te verstaan.
Daarom vir hulle moet jy preek
die Lotus Soetra van die Wonderlike Wet.


Hoorstuk Vier: Geloof en Begrip


Daardie tyd, toe die manne van lewenslange wysheid, Subhuti, Mahakatyayana, Mahakashyapa en Mahamaudgalyayana hoor van die Boedda ’n Wet wat hulle nog nooit tevore gehoor het nie en verder hoor dat die Wêreld-Gerespekteerde Een profiteer dat Shariputra volkome Boeddaheid sal bereik,was hul bewussyne soos nog ooit tevore beweeg en gedans van blydskap. Meteens staan hulle op, skud hul klere reg, ontbloot hul regter skouers en buig hul
regter kniee op die grond. Handpalms bymekaar met ’n gekonsenteerde bewussyn, buig hul liggame as teken van respek en hulle kyk in eerbeid na die Boedda en sê vir die Boedda: "Ons staan aan die hoof van die monnikke en ons almal is oud en krom. Ons het geglo dat ons alreeds nirvana bereik het en dat ons nie instaat was om enige iets meer te doen nie en daarom het ons nooit probeer om volkome Boeddaheid te bereik nie.

"Dit was lank gelede sedert die Wêreld-Gerespekteerde Een eerste die Wet verduidelik het. Daardie tyd het ons in ons sitplekke gesit, ons liggame moeg en lomerig, mediteer gefokus op die konsepte van leegheid, nie-vorm en nie-aksie. Maar wat betref die genot en transidentale mag van die Wet van strewelinge of die reiniging van Boedda lande en die redding van lewende wesens - daarin het ons bewussyne geen genot geput nie. Waarom is dit so? Omdat die Wêreld-Gerespkteerde Een dit vir ons moontlik gemaak het om drie-voudige wȇreld te oorkom en om ontwaking of nirvana te bereik.

"Daarby, ons is oud, krom en afgeleef. Toe ons hoor van hierdie volkome Boeddaheid, wat die Boeddas gebruik om strewelinge te onderrig en te bekeer, was ons bewussyne nie gevul met enige gedagte van blydskap of goedkeuring. Maar nou in die teenwoordigheid van die Boeda het ons gehoor hierdie stem- aanhoorder het ’n profesie ontvang dat hy volkome Boeddaheid sal bereik en ons bewussyne was grootliks verheug. Ons het bekom wat ons nog nooit tevore gehad het nie. Meteens was ons instaat om ’n Wet te hoor wat skaars was en selde gehoor word en ons sien ons self as uiters gelukkig. Ons het bekom ’n groot voorreg en voordeel, ’n onmeetbare en skaarse juweel, iets wat nie gesoek was maar wat vanself gekom het.

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons sal bly wees om nou ’n gelykenis te gebruik om ons mening te verhelder. Veronderstel daar was ’n man, jonk in jare, wat sy vader verlaat het, weggehardloop het en vir ’n lang tydperk in ’n ander land geleef het; so tien, twintig of selfs vytig jaar. Soos hy ouer geword het, het hy al armer geword. Hy het in alle rigtings geskarrel op soek na klere en kos. Hy het al verder en verder getrek tot per ongeluk hy weer terug in die rigting van sy vaderland beweeg het.

"Die vader in die tussentyd het na sy seun sonder enige sukses gesoek en in ’n sekere stad gaan woon. Die vader se huishouding was baie welgesteld, met onmeetbare rykdom en skatte. Goud, silwer, lapis Lazuli, koraal, amber en kristal krale het sy stoorhuise gevul en oorstroom. Hy het baie bediendes, klerke, bywoners en olifante, perde, waens, osse en bokke gehad wat ontelbaar was. Hy het winsgewend handel gedrywe in sy tuisland en al die naby geleë lande en het ook handel gedryf met baie handelaars en rondreisende sakemanne.

"Daardie verarmde seun het van plek tot plek beweeg, getrek deur verskillende lande en dorpe, tot oplaas het gekom het by die stad waar sy vader gebly het.Die vader het konstant aan sy seun gedink maar alhoewel hy meer as vyftig jaar van sy seun geskei was, het hy niemand daarvan vertel. Hy het slegs by homself bepeins, sy hart gevul met spyt en verlange. Hy het by homself gedink hy was oud en gedaan. Hy het groot rykdom en besittings, goud, silwer en skaarse skatte wat sy stoorhuis gevul en oorstroom het maar hy het geen seun gehad. Indien hy eendag sou sterf, die rykdomme en besittings sal verstrooi en verlore gaan en daar was geeneen wat hy dit kon toevertrou nie.

"Dit was die rede waarom hy so konstant en ernstig aan sy seun gedink het. Hy het ook hierdie gedagte gehad: ‘Indien ek my seun kan vind en my besittings aan hom nalaat, sal ek dan verlig en tevrede voel en nie meer bekommerd wees nie.’

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, die verarmde seun het een soort werk na ’n ander gedoen totdat hy per ongeluk by sy pa se huis aangekom het. Die seun staan by die ingangshek, loer na sy pa wat gesit het op ’n leeu troon, sy voete ondersteun deur ’n juweel-versierde voetstoel, terwyl priesters, adel manne en gewone huiswerkers eerbiedig rondom hom staan. Pȇrels ter waarde van duisende of tien duisende sy liggaam versier en bediendes en klerke wat links en regs van hom staan, hom met wit waaiers verkoel. ’n Juweel-versierde tent met blom baniere wat daarvan afhang, bedek hom. Perfuum-gegeurde water was gesprinkel op die grond, terwyl hope skaars blomme orals gestrooi was en waardevolle voorwerpe was uitgebring en teruggesit, oorhandig en as geskenke gegee en orals geplaas. As sulks was die baie verskillende tipe
verfraaiings en as emblem van voorregte en tekens van onderskeiding.

"Toe die verarmde seun sien hoe groot was sy vader se mag en outoriteit, was hy gevul met vrees en bewondering en hy was spyt dat hy tot by so plek gekom het. Geheimlik het hy by homself gedink; ‘Hierdie moet een of ander koning wees of iemand gelykstaande aan ’n koning. Dit is nie die soort plek waar ek my arbeid kan verhuur en ’n lewe kan probeer maak nie. Dit sal beter wees as ek na ’n ander arm dorpie gaan waar indien ek hard werk, ek ’n plekkie kan vind en maklik kos en klere kan verdien. Indien ek te lank hier rondstaan, kan hulle my moontlik gryp en dwing om diens te lewer!’ Met so ’n gedagtegang het hy vining daar weg gehardloop.

Dieselfde tyd het die ou ryk man, nog steeds sittend on sy leeu troon, sy seun gesien en hom onmiddelik herken. Sy hart was gevul met groot vreugde en meteens dink: ‘Nou het ek iemand om my rykdom en eiendomme na te laat! My gedagtes was konstant op hierdie seun van my maar ek het geen manier gehad om hom te kon sien nie. Nou skielik verskyn hy uit homself en dit is presies wat ek voor gewens het. Alhoewel ek ou en gedaan is, gee ek steeds om wat van my besittings gaan word.’

"Hy stuur ’n bystander so gou as moontlik agter sy seun aan om hom na die ryk man te bring. Die boodskapper is vining agter die seun aan en hom aan die arm gevat. Die verarmde seun was verskrik en bevrees, skree kwaad uit, 'Ek het niks verkeerd gedoen! Waarom gryp u my?' Maar die boodskapper het hom nog stywer vasgehou en hom geforseer om saam terug te gaan.

"Die seun dink by homself, ‘Ek het geen misdaad gepleeg maar nogtans wil hulle my gevange neem. Verseker sal hulle my op een of ander manier dood maak!’ Hy was meer bevrees en bevange as ooit en sak na die grond; flou geval uit wanhoop!

"Die vader wat alles van ’n afstand dophou, sê vir die boodskapper, 'Ek het nie hierdie man nodig nie maar moenie hom forseer om hierna te kom nie. Gooi koue water op sy gesig sodat hy tot sy sinne kan kom. Sê daarna niks meer vir hom!'

"Waarom het hy dit gedoen? Omdat die pa geweet het die seun was nederig en nie ambisieus nie en sy ryk en vooraanstande posisie sal moeik wees vir sy seun om te aanvaar. Hy het goed geweet dat dit sy seun was maar as ’n vorm van wenslike metode het hy hom daarvan weerhou om vir almal te sê, 'Dit is my seun.'

"Die boodskapper sê vir die seun, "Ek laat jou nou vry. Jy kan gaan waar jy ookal wens.' Die verarmde seun was verheug want hy het bekom wat hy nog nooit tevore gehad het, hy staan op en gaan na ’n arm dorpie om vir kos en klere te soek.

"Daardie tyd het die ryk man hopend om sy seun terug te lok, besluit om wenslike metodes te gebruik en stuur twee mans; arm en armoedige voorkoms, as geheime boodskappers.

'Gaan soek daardie arm man en benader hom informeel. Vertel hom dat julle weet van ’n plek waar hy dubbeld sy loon kan verdien. Indien hy instem, bring hom dan hier en laat hom werk. As hy vra watter soort werk hy sal doen, sê dan hy sal ontlasting moet skoonmaak en dat julle twee ook saam met hom sal werk.'

"Die twee boodskappers het onmiddelik gegaan om die arm man te vind en gedoen soos hulle aangesȇ is. Die veramde seun vra vir ’n voorskot op sy loon en het toe saam met hulle gegaan om te help om die ontlasting op te ruim.

Toe die pa sy seun sien het hy hom bejammer en was verwonderd. Op ’n ander dag weer, toe hy deur sy venster kyk, sien hy sy seun op ’n afstand. Sy liggaam maer en verwaarloos
, vervuil met ontlasting, grond, sweet en vullis. Die pa het onmiddelik sy nekkrale afgehaal, sy sagte fyn klere en ander versiersels en het klere aangetrek wat vervalle en bevuil was. Hy het moddergrond aan sy liggaam gesmeer en ’n gereedskap stuk om ontlasting meer te ontruim in sy regterhand geneem en rowwe persoonlikheid aangeneem en vir die werkers gesȇ, 'Doen julle werk! Julle moenie lui wees nie!' Deur gebruik te maak van wenslike metodes was hy instaat om sy seun te benader.

"Later praat hy weer met sy seun en sȇ, 'Nou jong man! Jy moet aanhou om die werk te doen en my nie meer verlaat nie. Ek sal jou loon vermeerder en wat ook al jy benodig in die vorm van kombuis gereedskap, rys, meel, sout, asyn en soortgelyk, jy moenie daaroor bekommerd wees nie. Ek het ’n ou bediende wat jou kan help wanneer jy hom nodig het. Wees gerus, ek sal soos ’n vader vir jou wees so moenie meer bekommerd wees nie. Waarom sê ek so? Omdat ek gevorderd in lewensjare is maar jy is nog jonk en sterk. Wanneer jy werk, moet jy nooit bedreiglik of lui en jou spraak moet nie vererglik of vernynig wees nie. Dit wil voorkom asof jy nie enige foute wat my ander werkers maak, het nie en van nou af, sal jy soos my eie seun wees.' Die ryk man het toe vir hom ’n naam gekies asof die verarmde man sy eie seun was sy.

"Die verarmde seun, alhoewel hy verheug was met sulke behandeling, het nog steeds aan homself gedink as ’n arm persoon wat in diens was van ʼn ander persoon. Daarom het die ryk man hom die ontlasting laat skoonmaak vir die volgende twintig jaar. Teen die einde van tyd het die seun gevoel dat hy verstaan en vertrou was deur die werkgewer en hy kon kom en gaan het soos hy voel. Hy het nog egter in dieselfde plek gebly as tevore.

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, teen daardie tyd het die ryk man siek geword en geweet dat hy binnekort sou sterf. Hy sê vir sy veramde seun, "Ek het nou groot hoeveelhede goud, silwer en skaars skatte wat my stoorhuise vul en oorstroom. Jy moet volkome beheer neem van alle gelde wat ek het en ook wat uitgedeel moet word en wat ingevorder moet word. Dit is wat ek in gedagte het en ek wil hê jy moet my wense uitvoer. Waarom is dit so? Omdat van nou af, ek en jy sal nie meer handel as twee verskillende persone nie. So jy moet paraat wees en oplet dat daar nie foute of verliese is.'

"Die verarmde seun, nadat hy die instruksies ontvang het, het beheer oor alle goedere, goud, silwer en skaarse skatte en die verskillende stoorhuise geneem het maar het nooit daaraan gedink om selfs die koste van ’n ete vir homself toe te eien nie. Hy het aangegaan om te woon waar hy tevore gewoon het; hy het aan homself as minderwaardig en nederig gedink.

"Nadat ’n sekere tyd verloop het, het die vader opgelet dat sy seun geleidelik meer selfversekerd en grootmoedig geraak het en dat hy vasbeslote was om groot dinge te bereik ten spyte van laer denke van homself van tevore. Die ryk man het besef dat sy einde naby was en hy het sy seun bevel om ’n vergadering met sy familie te reël e nook met die koning, die hoë ministers, adelmanne en huishoudings. Toe hulle almal bymekaar was, het hy aangekondig: "Geagte mense, julle moet weet dat hierdie is my seun, gebore in my huis. In so-en-so stad het hy my verlaat en weggeloop. Vir meer as vyftig jaar het hy rondgedwaal en swaar gekry. Sy oorspronklike naam was so-en-so en my naam was so-en-so. In die verlede toe ek nog in my geboorte stad gewoon het, was ek bekommerd oor hom en het na hom begin soek. Na ’n lang tyd het ek per kans hom weer ontmoet. In alle waarheid, hierdie is my seun en ek is sy vader. Nou alles wat ek besit, al my rykdom en besittings sal my seun erf. Sake van inkomste en uitgawes wat in die verlede gebeur het, is hierdie seun van my bekend mee."

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, toe die verarmde seun daardie woorde van sy vader hoor, was hy gevul met groot vreugde en blydskap, hy het bekom wat hy nog nooit tevore gehad het nie en hy dink by himself: ‘Oorspronklik het ek geen gedagte gehad om sulke ding te soek of te besit nie. Nogtangs, nou het hierdie stoorhuise van skatte vanself na my gekom!’

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, daardie ou man is niemand anders as die Boedda en ons is almal soos die Boedda se seuns. Die Boedda vertel ons konstant dat ons sy seuns is. Maar omrede die drie lydings, Wȇreld-Gerespekteerde Een, ten midde van geboorte en sterfte ondergaan ons brandende angste en onkunde en verheug in en klou vas aan minderwaardige leerstellings, dwalings en onkunde. Maar vandag het die Boedda veroorsaak dat ons sorgvuldig bepeins en eenkant sulke leerstellings stoot - die vullis van nuttelose debat.

"Ons was ywerig en hardwerkend in hierdie saak totdat ons nirvana bereik het, wat soos die een dag se loon was. En toe ons dit bereik het, was ons harte gevul met groot vreugde en ons het dit as voldoende geag. Ons het onmiddelik vir ons self gesȇ, "Omdat ons hardwerkend en energiek was ten opsigte van die Boeddistiese Wet, het ons hierdie diepgaande en waardevolle begrip bereik."

"Maar die Wêreld-Gerepekteerde Een, wetend vanaf vroeë tye hoe ons bewussyne kleef aan onwaardige begeertes en verheug in minderwaardige leerstellings het ons vergewe en ons laat begaan en nie probeer verduidelik deur te sȇ, “Jy sal die insig van die Boeddas bereik, jou porsie van die stoorhuis van skatte!” Instede, die Wêreld-Gerespekteerde Een gebruik die mag van wenslike metodes en preek die wysheid van die Boeddas op so ’n wyse dat ons die Wêreld-Gerespekteerde Een mag ingedagte hou en nirvana bereik, wat soos ’n dag loon is. En omdat ons dit as ’n groot wins gesien het, het ons geen wens gehad om die Groot Voertuig na te streef nie.

"Bygevoeg, alhoewel ons die Boedda wysheid voorgehou en verduidelik het terwille van die strewelinge, het onsself nie voornemens gehad om dit te bereik nie. Waarom sê ek dit? Omdat die Boedda, wetend dat ons bewussyne verbly in minderwaardige leerstellings, gebruik die mag van wenslike metodes om sodoende vir ons te preek wat geskik is.So ons het nie geweet dat ons inderwaarheid die seuns van die Boedda was nie. Maar nou weet ons ten minste dit.

"Met betrekking die Boedda wysheid, Wêreld-Gerepekteerde Een is nooit wrokkig. Waarom sê ek dit? Vanaf vêr in die verlede was ons inderwaarheid die seuns van die Boedda maar ons het ons verheug in niks minder as minderwaardige leerstellings. Indien ons ’n soort bewussyn besit het wat verheug in die groottes, dan sou die Boedda die Wet van die Groot Voertuig vir ons gepreek het.

"Nou in hierdie soetra verduidelik die Boedda net een voertuig. In die verlede, in die teenwoordigheid van die strewelinge, het die Boedda die stem-aanhoorders vergelyk met hulle wat in die minderwaardige voertuig verheug. En in die verlede terwyl in die teenwoordigheid van die strewelinge het die Boedda die stem-aanhoorders vergelyk met diegene wat hulle verbly in die minderwaardige leerstelling, die Boedda het in werklikheid die Groot Voertuig gebruik om ons te onderrig en te bekeer. Daarom sê ons dat, alhoewel ons oorspronklik geen bewussyn gehad het om so ’n ding te begeer of te soek, nou die
groot skatte van die Dharma koning het vanself na ons toe gekom. Dit is iets wat die seuns van die Boedda ’n reg het om te bekom en nou het hulle alles bekom."

Daardie tyd, Mahakashyapa, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:


Ons het vandag gehoor
die Boedda se stem onderrig
en ons het gedans van vreugde,
bereik wat ons nooit tevore gehad het nie
Die Boedda verklaar dat die stem-aanhoorders
sal instaat wees om Boeddaheid te bereik.
Hierdie groep van ongeëwenaarde juwele
het na ons gekom sonder dat ons daarna gesoek het.
Dit is in die geval van ’n seun wat,
toe hy nog jonk sonder begrip,
sy vader verlaat en weggehardloop het,
vêr weggegaan na ’n ander land,
beweeg van een land na ’n ander
vir meer as vyftig jaar,
sy vader, bekommerd en angstig,
soek na hom in alle rigtings
totdat, gedaan van gedurige soeke,
hy in ’n sekere stad gestop het.
Daar het hy ’n woning gebou
waar hy hom in die vyf begeertes kon verlustig
Sy huis was groot en duur,
met hoeveelhede van goud, silwer,
seeskulpe, agaat,
pȇrels, lapis lazuli,
olifante, perde, osse, bokke,
palanquins, waens,
landbou gronde, mansbediendes,
en ander mense in menigtes.
Hy het handel gedryf in winsgewende ondernemings
tuis en in al die lande rondom,
en het handelaars en reisende verkopers orals gestasioneerd gehad.
Duisende, tien duisende, miljoene
het hom omring en eerbied getoon;
hy geniet die konstante guns en oorweging van die heerser.
Die amptenare en magtige groepe
het hom ook saam vereer,
en daardie wie vir een of ander rede
wat gegaan het na hom, was menig
So was sy rykdom,
die groot mag en invloed wat hy gehad het
Maar soos hy oud en afgeleef geword het
herroep hy sy seun met al groter bekommernis,
dag en nag dink hy aan niks anders:
"Nou die tyd van my afsterfte is naby.
Meer as vyftig jaar het verby gegaan
sedert daardie onkundige seun my verlaat het
My stoorhuise vol besittings - wat sal daarvan word?"
Daardie tyd het die verarmde seun gesoek vir kos en klere,
gegaan van dorpie tot dorpie,
van land tot land, somtyds iets gevind en ander tye niks,
uitgehonger en uitgeteer,
sy liggaam bedek met sere en ringwurm
Soos hy van plek tot plek beweeg
kom hy in tyd by stad waar sy vader woon,
verander van een werk na die ander
totdat hy by sy vader se huis gekom het

Daardie tyd het die ryk man
’n groot juweel-versierde tent opgerig
binne sy hek
en het gesit op die leeu troon,
omring deur afhanklikes
en verskillende bediendes en wagte.
Sommige het goud, silwer en wardevolle voorwerpe (uit) getel,
of aangeteken in groot boeke die uitleg en inkomste van sy rykdom.
Die verarmde seun, sien en let op
hoe invloedryk en vernaamd sy vader was,
veronderstel dat hy die koning van die land was
of gelykstaande aan ’n koning.

Verskrik en verwonderd,
hy vra homself waarom hy daarna toe gekom het.
Heimlik dink hy by homself,
indien ek te lank hier ronddwaal

sal ek moontlik gevange geneem
en gedwing word om te werk!
Meteens hardloop hy vining daarvandaan,
en verneem waar daar ’n arm dorpie naby is,
gaan daarna in hoop om ’n werk te vind.
Die ryk man in daardie tyd, was sittend op sy leeu troon,
sien sy seun op ’n afstand en stil herken sy seun.
Onmiddelik het hy ’n bookskapper versoek
om vinnig agter sy seun te gaan en hom terug te bring.
Die verarmde seun, skree uit in vrees,
sak af na die grond in angs.
"Hierdie man het my gegryp
en gaan verseker my doodmaak!
Om te dink my gesoek na kos en kleding
sou my tot dit bring!"
Die ryk man het geweet sy seun
was onkundig en selfveragtend.

"Hy sal nooit my woorde glo nie,
en sal ook nooit glo ek is sy vader."
So hy gebruik wenslike metodes,
stuur ander manne na sy seun,
’n een-oog man, die ander veragterlik,

volkome sonder imposante voorkoms,
en sê vir hulle, "Praat met hom
en vertel hom ek wil hom in diens neem
hy moet ontlasting en vullis verwyder en skoonmaak,
en sal hom dubbel die gewone loon betaal."
Toe die verarmde seun dit hoor
was hy bly en het gegaan met die boodskappers
en het gewerk om die ontlasting en vullis weg te kry
en ook die kamers van die huis skoon gemaak.
Vanuit sy venster het die ryk man sy seun konstant dop gehou,
gedink hou onkundig en selfveragtend sy seun was
en so verheug in sulke minderwaardige.
Sulke tye dan trek die ryk man vuil en geskeurde klere aan,
neem vir hom ’n werkstuk om die die ontlasting te verwyder
en gaan na waar sy seun was,
gebruik dus so die wenslike metode om hom te benader,
moedig hom aan om hard te werk.
"Ek het jou loon verhoog
en olie om jou voete mee te smeer vir jou gegee.
Ek sal toesien dat jy genoeg het om te eet en drink,
matte en beddegoed wat dik en warm is."
Soms spreek hy hom streng aan:
"Jy moet hard werk!"
Of ander kere sȇ hy in ’n sagte stem,
"Jy is soos ’n seun vir my."
Die ryk man, omdat hy wys is,
het geleidelik toegelaat dat sy seun na willekere kon kom en gaan in sy huis.
Nadat twintig jare verby is,
plaas hy hom in beheer van sy huishoudelike sake,
wys hom sy goud, silwer, pȇrels, kristal,
en die ander goed wat uitgegee is of bymekaar gemaak is,
sodat hy alles daar omtrent geweet het,
alhoewel die seun nog steeds buite die hek gewoon het,
geslaap in ’n hut of op die gras,
omdat hy hom self as arm gesien het,
gedink, "Niks van hierdie goed is myne."
die vader het geweet dat sy seun se lewensuitkyk
geleidelik al breër en meer grootmoedig geword,
en wens om sy rykdom en goedere te oorhandig,
hy roep al sy familie-lede by mekaar,
die koning van die land en hoë ministers,
die adelmanne en huiseienaars.
In die teenwoordigheid van hierdie groot byeenkoms
verklaar hy, "Dit is my seun wat my verlaat het en rondgedwaal in ander lande
vir ’n periode van vyftig jaar.
Sedert ek hom weer gevind het,
twintig jaar het verby gegaan.
Lank gelede in so-en-so stad,
toe ek my seun verloor het,
reis ek orals op soek na hom
totdat ek uiteindelik hier gekom het.
Alles wat ek besit,
my huis en mense,
oorhandig ek volkome aan hom
sodat hy kan doen soos hy goed dink"
Die seun dink in die verlede was hy arm,
eenvoudig en selfveragtend in sy lewensuitkyk,
maar nou het hy van sy vader ontvang
hierdie groot aankonding van rare skatte,
saam met sy vader se huis
en al sy rykdom en goedere.
Hy was gevul met groot blydskap,
bekom wat hy nooit tevore gehad het nie.
Die Boedda is ook so.
Hy ken ons aangetrokkenheid tot die kleinlike,
en daarom het hy ons nooit vertel,
"Jy kan ook Boeddaheid bereik."
In stede hy verduidelik vir ons
hoe ons vry kan wees van uitvloeiings,
beoefen die praktyke van die geringe Voertuig
en word stem aan-hoorder dissipels.
Toe het die Boedda ons opdrag gegee om die hoogste weg te preek
en verduidelik dat diegene wat hierdie weg beoefen
sal instaat wees om Boeddheid te bereik.
Ons het die Boedda lering ontvang
en terwille van die groot strewelinge
maak gebruik van oorsake en kondisies,
verskillende metafore en gelykenisse,
’n verskeidenheid woorde en frases,
om die ongeëwenaarde weg te preek.
Toe die seuns van die Boedda
die wet deur ons hoor, dag en nag bepeins hulle,
pligsgetrou en met inspanning beoefen hulle dit.
Daardie tyd het die Boedda geprofeteer en gesȇ,
"In ’n toekomstige bestaan
sal jy instaat wees om Boeddaheid te bereik."
Die verskillende Boeddas
in hul Wet van die geheime stoorhuis wys die ware feite
terwille van die strewelinge alleenlik;
dit in nie terwille van ons nie
dat hulle die ware kern verduidelik.
Die geval is soos die die van die verarmde seun
wie instaat was om sy vader te benader.
Alhoewel hy geweet het van sy vader se besittings,
in sy hart het hy geen begeerte gehad om dit toe te eien
Dus, alhoewel ons preek
die skatte stoorhuis van die Wet van die Boeddas,
het ons nie gesoek om dit self te bereik nie,
en op dieselfde wyse is ons geval ook dieselfde.
Ons poog om weg te doen wat binne ons was,
geglo dit was voldoende.

Ons verstaan slegs hierdie een saak
en weet niks van ander sake nie.
Alhoewel ons mag hoor
van die reiniging van die Boedda lande,
van leringe en bekeer lewende wesens,
ons put geen genot in sulke dinge.
Waarom is dit so?
Omdat alle fenomena
is univormig, kalm-leeg, rustig,
sonder geboorte, sonder uitwissing (sterfte),
sonder grootheid, sonder kleinheid,
sonder uitvloeiings, sonder handelinge (optrede).
En wanneer ’n wese op so wyse bepeins,
voel jy geen blydkap of vreugde
Reg deur die lang nag,
met betrekking tot die Boedda-wysheid
ons was sonder gulsigheid, sonder vasklouing

Sonder enige begeerte om dit te besit.
Ons het geglo met betrekking tot die Wet
ons besit die hoogste.
reg deur die lang nag
beoefen ons die Wet van klam-leegheid,
bekom ontsnapping van die drie-voudige wȇreld
en die las van lydig en omgee
Ons vertroef in ons finale bestaan,
in die nirvana van oorskot
Deur die lering en bekeer van die Boedda
bekom ons ’n weg wat nie nietig is nie,
en sodoende betaal ons wat ons verskuldig is aan die Boedda se gaafheid
Alhoewel terwille van die Boedda se seuns
preek ons die Wet van die strewelingwe,
moedig hulle aan om die Boedda-weg te soek,
maar ons self het nooit ge-aspireer na daardie Wet.
ons was dus verlaat deur ons gids en leermeester
omdat hy opgelet het wat was in ons bewussyn.

Vanaf die begin het hy ons nooit aangemoedig
of gepraat met ons van die ware voordele.
Hy was soos die ryk man
wat geweet het sy seun se ambisies was laag
en het die mag van wenslike metodes gebruik
om hom sag te maak en sy bewussyn te vorm
sodat hy later al sy rykdom en skatte aan hom kon toevertrou.
Die Boedda is net so,
neem toevlug tot 'n seldsame aksie.
Wetend dat sommige het ’n liefde vir die kleinlikhede in die lewe,
hy gebruik die mag van wetlike metodes
om hul bewussyne te vorm en te versterk,
en slegs dan leer hy hulle die groot wysheid
Vandag het ons bereik wat ons nog nooit tevore gehad het nie;
Wat ons nooit voorheen voor gehoop het
het nou na ons gekom vanself
ons is soos die verarmde seun
wie onmeetbare skatte bekom het.
Wêreld-Gerespekteerde Een, nou
het ons die weg bereik, die vrugte daarvan bekom;
deur die Wet van geen uitvloeiings
het ons die onbesmette oog bekom
reg deur die lang nag
kom ons die voorskrifte van die Boedda na
en vandag vir die eerste keer
bereik ons die vrugte, die vergoeding.
In die Wet van die Dharma Koning
het ons lank die godelike praktyke beoefen;
Nou het ons die staat van geen uitvloeiing bereik,
die groot ongeëwenaarde vrug
Nou het ons geword
stem-aanhoorders in waarheid,
want ons gaan die stem van die Boedda-wegneem
en veroorsaak dat dit deur almal gehoor gaan word.
Nou het ons ware ontwakers geword,
omdat, orals tussen
hemelse en menslike wesens, demone en gode van die verskillende wêrelde
verdien ons om offerande te ontvang
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een, in sy groot medelye
gebruik ’n skaarse ding,
in bejammering en medelye en bekering,
bring voordele vir ons.
In onmeetbare miljoen eeue
wie kan ooit die Boedda terugbetaal?
Alhoewel ons hom ons hande en voete offer,
buig ons hoofde in eerbiedige gehoorsaaamheid en respek,
en toon alle soorte offers,
geeneen van ons kan ooit hom terugbetaal.
Alhoewel ons hom ophef na die kroon van ons hoofde,
dra hom op ons twee skouers
vir eeue so getalvol soos die sand van die Ganges rivier
vereer hom met ons hele hart;
alhoewel ons delikate kosse bring,
met ontelbare juweel-versierde monnik’s kleding stukke,
met beddegoed,
verskillende mengsels (konkoksies) en medisyne;
met os-hoor sandalhout
en allersoorte skaars (edel) gesteentes,
aandenkings toring oprig
en strooi die grond met juweel-versierde kleding stukke;
alhoewell ons dit alles doen deur middel van offerande
vir eeue so menig soos sand van die Ganges rivier,
steeds sal ons hom nie terugbetaal nie
Die Boeddas besit uiters skaars kennis,
onmeetlike, grenslose,
ondenkbaar groot transedentale magte.
Vry van uitvloeiings, vry van aksie,
hierdie konings van die leerstellings
terwille van die eenvoudiges en uitgeworpens
beoefen geduld met hierdie sake;
vir die gewone mense wat voorkoms aanhang
preek hulle in ooreenstemming met wat geskik is
wat betref die Wet, die Boeddas
is instaat om volkome vryheid te beoefen
Hulle verstaan die verskillende begeertes en plesier van lewende wesens,
sowel as hulle doelwitte en vermoeëns,
en kan aanpas met wat hulle instaat is om te doen,
gebruik ontelbare metafore
om hulle die Wet te verduidelik.
Gebruik die goeie wortels
neergelê deur lewende wesens in vorige lewensbestaan,
onderskei tussen hulle wie se wortels volwasse is
en hulle wie se wortels nog nie goed ontwikkeld is nie,

hulle gebruik verskillende berekeninge,
diskriminasies en persepsies
en neem dan die een voertuig-weg
en ineenstemming met wat is geskik, preek dit as drie.

Hoofstuk Vyf: Die gelykenis van die Medisinale Kruie
Daardie tyd het die Wêreld-Gerespekteerde Een vir
Mahakashyapa en die stem-aanhoor dissipels gesȇ: "Uitstekend, uitstekend, Kashyapa. Jy het ’n uitstekende beskrywing van die ware seënings van die Boedda gegee. Dit net soos jy gesȇ het. Die Boedda het inderdaad onmeetbare en grenslose seëninge en alhoewel jy en die andere ontelbare miljoene eeue mag spandeer in pogings, sal julle nooit kan eindig om dit te beskryf.

"Kashyapa, jy moet die volgende verstaan. Die Boedda is die koning van die leerstellings. In wat hy preek is daar niks wat tevergeefs is. Met betrekking tot al die verskillende leerstellings, gebruik hy wysheid as ’n wenslike metode om dit te verduidelik. Daarom, die leerstellings wat hy openbaar en verduidelik sprei uit tot die punt waar daar volkome wysheid is. Die Dus Hier Kom Een neem waar en verstaan die eindpunt tot waarna alle leerstellings gaan. En hy verstaan ook die werking van die diepste bewussyn van alle lewende wesens, penetreer dit kompleet en sonder hindernisse. Met betrekking tot die leerstellings is hy tenvolle verlig en onthul aan lewende wesens die totaliteit van wysheid. Die Dus Hier Kom Een observeer en verstaan die einde waarna alle leerstellings neig.

"Kashyapa, dit is soos die plante en bome, bosse en boorde en die medisinale kruie, wye verskeidenheid, elk met eie naam en skakering, wat groei in die heuwels, strome en valleie en verskillende grondsoorte van die duisend-miljoen wȇrelde. Digte wolke versprei daaroor, bedek die volle duisend-miljoen wȇrelde en op een slag versadig almal (die plante). Die natheid penetreer al die plante, bome, bosse, boorde en medisinale kruie, na die groot wortels, groot stamme, groot take en groot blare. Elk van die bomme, groot en klein, afhangende of dit die beste
, gemiddeld of mindwaardig van natuur is, ontvang hul deel. Die reënval van een kombers van wolke is in eenstemming met elke spesifieke spesie en natuur, veroorsaak dat dit ontkiem, blom en groei en vrugte baar. Alhoewel al hierdie plante en bome groei in dieselfde aarde en benat word deur dieselfde reën, het elkeen hul eie verskille en unieke eienskappe.

"Kashyapa, jy moet verstaan dat die Hier Kom Een is so, hy verskyn in die wȇreld soos ’n groot wolk wat opkom. Met ’n luid stem penetreer hy tot al die hemelse en menslike wesens en die duiwels van die hele wȇreld, soos ’n groot wolk versprei oor die duisend-miljoen wȇrelde. En ten midde van die groot byeenkoms sê die Boedda: "Ek is die Dus Hier Kom Een, waardig vir offerande, van regte en
universele kennis, perfekte helderheid en handeling, goed weg, verstaan die wȇreld, ongeëwenaard waardig, afrigter van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Diegene wat nog nie oorgegaan het nie, sal ek help om oor te gaan, diegene nog nie bevry, sal ek bevry. Diegene wat nog nie rus gevind het nie, sal ek tot ruste laat kom, hulle wat nog nie nirvana bereik het nie, ek sal veroorsaak dat hullle nirvana bereik. Van hierdie bestaan en toekomstige lewensbestaan, verstaan ek die ware omstandighede. Ek is een wat alles weet, sien alles, verstaan die weg, open die weg en preek die weg. Julle hemelse en menslike wesens en auras en andere, julle almal moet hier kom sodat ek julle die Dharma kan laat hoor!"

"Daardie tyd het lewende wesens van ontelbare miljoene spesies gekom na die plek waar die Boedda was om te kom luister na die Dharma. Die Hier Kom Een observeer dan of hulle vlytig of lui is. En in ooreenstemming met elkeen se vermoeë om te hoor, preek hy die Wet vir hulle in onmeetbare verskillende maniere sodat hulle almal verheug is en instaat is om die uitstaande voordele daarvan te verkry.

"Nadat die lewende wesens die wet gehoor het, sal hulle vrede en sekuriteit in hul huidige bestaan geniet en goeie omstandighede in hul toekomstige lewensbestaan ervaar, hulle sal vreugde ervaar deur die weg en weer sal hulle instaat wees om die Wet te hoor. Nadat hulle die Wet gehoor het, sal hulle instaat om van hindernisse en struikelblokke te ontsnap en met betrekking tot die verskillende leerstellings sal hulle instaat wees om hul magte tot volle uit te oefen sodat hulle geleidelik die weg kan betree. Dit is soos die reën wat val uit die groot wolk op al die plante en bome en bosse en boorde en medisinale kruie. Elkeen, afhangende van hul spesie en natuur, ontvang hul volle gedeelte van die mistigheid (benatting) en is instaat om te ontkiem en te groei.

"Die Wet gepreek deur Dus Hier Kom Een is van een vorm, een smaak, naamlik die vorm van bevryding, die vorm van afskeiding, die vorm van uitwissing, wat aan die einde neerkom op wysheid wat alle spesies omhels. Wanneer die lewende wesens die Wet van die Dus Hier Kom Een hoor, alhoewel hulle dit mag omhels, lees en opsȇ en dit beoefen soos voorgestel, hulle self verstaan of besef nie die seëninge wat hulle bekom het nie. Waarom is dit so? Omdat net die Boedda verstaan die spesies, die vorm, die kern van daardie lewende wesens, hy weet watter dinge hulle aan dink, watter dinge hulle bepeins, watter dinge hulle beoefen, deur watter wet hulle die Wet bereik het.

"Lewende wesens bestaan in ’n verskeidenheid van omgewings maar net die Dus Hier Kom Een sien die ware omstandighede en verstaan hulle ten volle, sonder enige hindernisse. Dit is soos daardie plante, bome, bosse, boorde en medisinale kruie wat nie self weet of hulle die beste, gemiddeld of minderwaardig van nature is nie. Maar die Dus Hier Kom een weet dat hierdie is die Wet van een vorm, een geur naamlik die vorm van bevryding, die vorm van afskeiding, die vorm van uitwissing, die vorm van uiteindelike nirvana, van konstante kalm-leegheid. Die Boedda verstaan dit alles maar omdat hy kan sien die begeertes wat in die bewussyn van lewende wesens is, lei en beskerm hy hulle en vir daardie rede preek nie onmiddelik vir hulle die wysheid wat alle spesies insluit nie.

"Jy en die andere, Kashyapa, het ’n uiters buitengewone ding gedoen, want jy kan verstaan hoe die Dus Hier Kom Een preek die Wet in ooreenkoms met wat geskik is en jy het geloof daarin, jy kan dit aanvaar. Waarom sê ek dit? Omdat die feit dat die Boeddas, die Wêreld-Gerespekteerde, die Wet preek in ooreenstemming met wat geskik is, is dit moeilik om te begryp en om te verstaan."

Daardie tyd die Wȇreld-Gerespekteerde Een wens om weereens die betekenis te beklemtoon, sê in vers vorm:

Die Dharma Koning, vernietiger van lewensbestaan,
wanneer hy in die wȇreld verskyn
stem ooreen met die begeertes van lewende wesens,
preek die Wet op verskillende wyses
Die Dus Hier Kom Een, waardig van eer en respek,
is diepgaande en wyd-reikend in wysheid.
Vir lank het hy stil gebly aangaande die noodsaaklikste!
in geen haastigheid om meteens te praat nie.
Indien daar wyses is wat hoor daarvan

kan hulle dit glo en verstaan,
maar daardie sonder wysheid sal twyfel en spyt wees
en sal vir altyd verkeerd wees.
Vir hierdie rede, Kashyapa,
pas die Boedda aan sodat daardie persoon ’n korrekte siening aanneem.
Kashyapa, jy moet verstaan
dat soos ’n groot wolk
wat opstyg in die wȇreld en alles bedek.

Hierdie voordelige wolk is bedek met vog,
die blits donder en flits,
en die geluid van donder kan van vêraf gehoor word,
veroorsaak dat die menigte verheug is.
Die son se strale is verberg en weggesteek,
’n helder koelheid kom oor die land;
massa donkerheid daal en versprei -
jy kan dit byna fisies aanraak
Die reënval orals,
kom neer van al vier kante,
die vloei en benatting is onmeetbaar,
bereik elke area van die aarde,
van die klowe en valleie en die berge en strome,
tot die verste en mees afgeleë plekke waar groei
plante, bosse, medisinale kruie,
bome, groot en klein,
honderde graan, rys saailinge,
suikerriet, druiwe takke
Die reën benat dit alles,
almal ontvang hul volle deel,
die
verdorde grond word oral benat,
beide kruie en bome groei welig
Wat vanuit die wolk val
is water van ’n enkele reuk en smaak,
maar die plante, bome, bosse en boorde,
elk ontvang die water wat geskik is vir hul natuur.
Al die verskillende bome,
van mees uitstaande, gemiddeld of minderwaardig,
neem wat is geskik vir groot of klein
en elkeen is instaat om te ontkleim en te groei.
Wortel, stam, tak, blaar,
die gloei en skakering van blom en vrug -
een reëns bereik hulle almal
en almal is instaat om vars en glansende te word,
wat ook al hul toekenning
of stof, vorm en natuur is groot of klein,
die benatting wat hulle ontvang is een,
maar elk groei en ontwikkel op hul eie manier

Die Boedda is ook so
wanneer hy in die wȇreld sy verskyning maak,
vergelykend met ’n massiewe wolk
wat alle dinge orals bedek,
Nadat hy in die wȇreld verskyn,
terwille van lewende wesens
hy maak onderskeidings in die verduideling
van die waarheid met betrekking tot verskynsels
Die groot wyse, die Wêreld-Gespekteerde Een,
vir hemelse en menslike wesens,
ten midde van alle wesens,,
kondig hierdie woorde aan:
Ek is die Dus Hier Kom Een,
mees gerespekteerde twee-
been wesens
Ek verskyn in die wȇreld soos ’n groot wolk
wat mistigheid neer stort op
al die droë en verwelkte lewende wesens,
sodat almal instaat sal wees om lydig te ontsnap,
bekom die blydskap van vrede en sekuriteit,
die blydskap van hierdie wȇreld
en die blydskap van nirvana.
Al julle hemelse en menslike wesens in hierdie byeenkoms,
luister aandagtig en eengesind!
Almal van julle moet vergader rondom my
en
neem waar die een met ongeëwenaarde respek.
Ek is die Wȇreld-Gerespekteerde Een,
ek het geen gelyke.
Om vrede en sekuriteit vir lewende wesens te bring

Verskyn ek in die wȇreld
Ek het in die wȇreld verskyn
en ter wille van hierdie groot byeenkoms
preek ek die soete doudruppels van die reine Wet.
Hierdie Wet is van ’n enkele smaak,
die smaak van bevryding (Vryheid), nirvana
Met ’n enkele wonderlike klank
verduidelik en onthul ek die betekenis daarvan;
Konstant terwille van die Groot Voertuig
skep ek oorsake en kondisies.

Ek kyk na alle dinge
as
universieel gelyk,
Ek het geen bewussyn om of hierdie of daardie voorkeur te gee,
om een lief te hê of ’n ander te haat.
Ek is sonder gulsigheid of aanhangsels
en sonder beperkings of hindernisse
Ten alle tye, vir alle dinge
preek ek die Wet sonder onderskeiding;
as ek dit vir een persoon sou doen,
op dieselfde manier doen ek dit vir menigte persone,
konstant verduidelik en preek ek die Wet,
nooit het ek iets anders gedoen,
kom, gaan, sittend, staande,
nooit tot die einde moeg of mismoedig geword.
Ek bring volkomendheid en bevrediging na die wȇreld,
soos reën wat orals mistigheid en nattigheid versprei,
Verhewe of lae of mees uitstaande of minderwaardig,
nakomers van die voorskrifte, verbrekers van die voorskrifte,
diegene ten volle toegerus met behoorlike houding,
diegene nie ten volle toegerus met die behoorlike houding nie,
hulle met korrekte sienings of verkeerde sienings,
met knap vaardighede of stomp vaardighede -
Ek veroorsaak dat die Dharma reën onpartydig op almal val,
nooit lui of agterlosig.
Wanneer al die verskillende lewende wesens
my Wet hoor,
ontvang hulle dit in ooreenstemming met hul krag,
woon in hul verskillende omgewings
Sommig bewoon die koninkryk van menslike en hemelse wesens,
of wiel-draaiende wyse konings,
Shakra, Brahma en die ander konings -
hierdie is die minderwaardige medisinale kruie.
Sommig verstaan die Wet van geen uitvloeiings,
is instaat om nirvana te bereik,
bekom die ses transendentale magte
en bekom spesifiek die drie kennisse,
of leef alleen in die bergagtige woude,
konstant mediteer
en bereik die verligting van die privaat-boedda -
hierdie is die gemiddelde medisinale kruie
Andere soek die plek van die Wêreld-Gerespekteerde Een,
oortuig dat hulle Boeddas kan word,
ywerig en energiek beofen hul meditasie -
hierdie is die
beter medisinale kruie
Weer is daar seuns van die Boedda
wat hul bewussyn uitsluitlik wy aan die Boedda-weg,
konstant vergifnis en medelye beoefen,
wettend dat hulle sal Boeddaheid bereik,
Seker daarvan en nooit twyfel -
daardie noem ek klein bome
Hulle wat in vrede vertoef in hul transendale magte,
draai die wiel van nie-terugval,
red ontelbare miljoene
of honderde-duisende lewende wesens -
strewelinge soos hierdie
noem ek groot bome
Die onpartigheid van die Boedda se preking
is soos die reën van ’n enkele smaak,
maar afhangende van die natuur van die lewende wese,
die manier hoe dit ontvang word, is nie univormig nie,
net soos die verskillende plante en bome
elk ontvang die nattigheid op verskillende maniere.
Die Boedda gebruik hierdie gelykenis
as ’n uitstaande metode om die saak te openbaar en te verlig,
gebruik verskeie soorte woorde en frases
en verduidelik die enkele Wet,
maar kragtens die Boedda-wysheid
is dit niks minder as een druppel van die see
Die Dharma reën laat ek neerkom,
vul die hele wȇreld,
en hierdie enkel-smaak Dharma

word beoefen deur elk in ooreenstemming met die individu se mag.
Dit is soos daardie bosse en boorde,
medisinale kruie en bome
wat afhangend of dit groot of klein is,
groei geleidelik welig en mooi.

Die Wet van die Boeddas
is konstant van ’n enkele geur,
veroorsaak die menigte wȇrelde
om volkome tevredenheid orals te bereik;
deur geleidelik en fase na fase te oefen,
alle wesens kan die vrugte van die weg bekom.
Die stem-aanhoorders en die privaat-boeddas
bewoon die bergagtige woude,
vertoef in hul finale lewensbestaan,
hoor die Wet en bereik die vrugte daarvan -
ons mag hulle die medisinale kruie noem
wat groei en en tot volwassenheid kom op hul eie manier,
indien daar strewelinge is
wie staanvastig en ferm in wysheid is,
wie ten volle die drie-voudige wȇreld verstaan
en die ongeëwenaarde voertuig soek,
hierdie noem ons die klein bome
wat groei en volwassenheid bereik.
Weer, daar is hulle wat in meditasie verkeer,
wie bereik die sterkte van die transendentale magte,
het gehoor van die kalm-leegheid van alle fenomena,
grootliks juig in hul bewussyne
en straal uit ontelbare ligstrale.
om lewende wesens te red -
hulle noem ons groot bome
wat groei en volwassenheid behaal het
Op hierdie wyse, Kashyapa,
die Wet gepreek deur die Boedda
is vergelykbaar met ’n groot wolk
wat, met ’n enkel-smaak reën,
menslike blomme benat
sodat elkeen instaat kan wees om vrugte te dra
Kashyapa, jy moet verstaan
dat deur verskillende oorsake en kondisies,
verskeie soorte metafore en gelykenisse,
ek die Boedda-weg open en onthul
Dit is ’n wenslike metode wat ek gebruik
en dieselfde is waar van die ander Boeddas.

Nou vir jou en die andere
preek ek die hoogste waarheid:
geeneen in die ontelbare menigte van stem aan-hoorders
het ingegaan die fase van uitwissing (nirvana)
Wat jy beoefen is die streweling’s weg
en soos jy geleidelik voortbeweeg in beoefening en studies
julle almal sal verseker Boeddaheid bereik.

Hoofstuk Ses: Meedeel van Profesie
Nadat die Wȇreld-Gerespekteerde Een die verses opgesȇ het, maak hy ’n aankondiging aan die groot byeenkoms met hierdie woorde: "Hierdie dissipel van my, Mahakashyapa, sal in toekomstige bestaan instaat wees om in die teenwoordigheid van drie duisend biljoen Boeddas te kom en almoese te offer, eerbied te toon en hulle te vereer en te prys, wyd verkondig die onmeetbare groot leerstellings van die Boeddas. In sy finale inkarnasie sal hy instaat wees om die Boedda genaamd Helder Lig te word, waardig vir offerande, van regte en
universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, verstaan die wȇreld, ongeëwenaarde, leermeester van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wêreld-Gerespekteerde Een.

Sy land sal genoem word
Lig Deugde en sy tydperk sal genoem word Groot (Manjifieke) Versiering. Die leeftyd van hierdie Boedda sal twaaf eeue wees. Sy Korrekte Wet sal in die wȇreld bestaan vir twintig eeue en sy Vervalsde Wet vir twintig eeue.

"Sy koninkryk sal manjifiek mooi wees, vry van aanpaksels of boosheid of rommel, dorings of die vuil oorskot van buite toilette. Die land sal gelyk en glad, Sonder hoë plekke of dale. Die grond sal wees van lapis lazuli, met rye van juweel-bedekte bome en toue van goud om die grense van paaie aan te dui. Juweel-bedekte blomme sal orals rond gestrooi wees en orals sal dit rein en skoon wees. Die strewelinge van die koninkryk se getalle sal ontelbare duisend-miljoene wees en die stem-aanhoorders sal soortgelyk ontelbaar wees. Daar sal geen werking van die duiwel wees en alhoewel die duiwel se mense daar sal wees, sal hulle die Wet van die Boedda beskerm."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy mening weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Ek kondig die volgende aan die monnikke aan:
wanneer ek die Boedda oog gebruik
om Kashyapa hier waar te neem,
Ek sien in ’n toekomstige lewensbestaan,
nadat ontelbare eeue verbygegaan het,
sal hy instaat wees om Boeddaheid te bereik
In toekomstige lewensbestaan,

hy almoese offer en die teenwoordigheid van drie duisend biljoen Boeddas betree
ter wille van die Boedda wysheid
sal hy godelike praktyke (oefeninge) pligsgetrou en nougeset uitvoer
en sal almoese offer aan die ongeëwenaardes,
die mees gerespekteerde van twee-been wesens
Nadat hy dit gedoen het en beoefen het
al die ongeëwenaarde tipes wysheid,
in sy finale inkarnasie
sal hy instaat wees om ’n Boedda te word.
Sy land sal rein en skoon wees,
Die grond sal van lapis lazuli wees.
Baie juweel-bedekte bome
sal rye vorm langs die paaie,
met goue toue om die paaie te merk,
en diegene wat dit sien sal met blydskap gevul wees.
Dit sal konstant ’n geurige reuk uitstraal,
met hope skaars blomme orals rond gestrooi
en baie verskillende vreemde en wonderlike goed as versiering.
Die land sal gelyk en glad wees,
Sonder heuwels of dale.
Die menigte strewelinge sal ontelbaar wees,
hul bewussyne getem en sagmoedig,
het groot transendentale magte bekom,
en hulle sal nakom en omhels
the Groot Voertuig soetras van die Boeddas.
Die menigte stem-aanhoorders
sal vry wees van gebreke, in hul laaste inkarnasie,
seuns van die Dharma koning,
en hul getalle sal onberekenbaar wees -
selfs al kyk een met die hemelse oog
hul getalle kan nie bepaal word nie.
Hierdie Boedda sal ’n leeftydperk van twaalf eeue hȇ,
en sy vervalse Wet, twintig eeue
Lig Helder Wêreld-Gerespekteerde Een
sal sy beskrywing wees.

Daardie tyd het die magtige Maudgaly-yana, Subhuti en Mahakatyayana, van afwagtig gebewe, hul handpalms saamgevou met ’n enkel gesinde bewussyn en opgestaar na die Boedda, hul oë pal gerig op hom. Tesame met een stem spreek hulle in vers vorm:

Groot held en strydmaat, Wȇreld-Gerespekteerde Een,
Dharma Koning van die Shakyas,
omdat u ons bejammer,
bevoordeel ons met die Boedda stem!
Omdat u ons allerbinneste bewussyn verstaan,
sal dit soos soet dou wees waarin ons bad,
koors weggewas en koelheid verfris ons
Veronderstel iemand vanaf ’n land waar daar hongersnood is
sou skielik’n groot koninlike fees teë kom.
Sy hart steeds gevul met twyfel en vrees,
Hy sou nie waag om die kos onmiddelik te eet nie,
maar indien hy deur die koning aangesȇ word,
dan sal hy begin eet.
Ons is nou soos daardie persoon,
want wanneer ons ook al die tekortkominge van die Minderwaardige Voertuig herroep,
weet ons nie wat ons veronderstel is om te doen
om die Boedda se ongeëwenaarde wysheid te bekom .
Alhoewel ons die Boedda se stem hoor
vertel ons datons Boeddaheid sal bereik,
in ons harte is daar nog steeds angs en vrees,
soos die persoon wat nie sou waag om te eet.
Maar nou indien die Boedda ’n profesie aan ons sou voorhou,
dan sal blydskap en vrede vining ons bewussyn vul.
Magtige held en
strydmaat, Wȇreld-Gerespekteerde Een,
u konstante begeerte om die wȇreld op hul gemaak te stel
Ons pleit by u om so ’n profesie betreffende ons te maak,
asof u ’n uitgehonderde persoon sou aansê om te eet.

Daardie tyd, die Wêreld-Gerespekteerde Een, verstaan die denke van sy hoor dissipels, maak die aankondiging aan die monnike: "Subhuti in toekomstige bestaan sal in die teenwoordigheid van drie honderd, tien duisende miljoen Boeddas almoese offer, eer betoon en hulle prys. Hy sal konstant godelike oefeninge uitvoer en die streweling’s weg nakom. In sy finale inkarnasie sal hy instaat wees om Boeddaheid te bereik. Sy titel sal wees Skaar Vorm Hier Kom Een, waardig vir offerande, van regte en
universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, verstaan die wȇreld, ongeëwenaar waardig, goed weg, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wêreld-Gerespekteerde Een. Sy tydperk sal genoem word Besitter van Juwele en sy koninkryk sal genoem word Juweel Gebore. Die land sal gelyk en glad wees, die grond is gemaak van kristal en dit sal versier word deur juweel gevulde bome en dit sal vry wees van heuwel en dale, rommel en doringsen die vullis van (buite) toilette. Juweel blomme sal orals op die grond wees en dit sal orals rein en skoon wees. Die mense sal woon op juweel-versierde terrasse en in skaarse en wonderlike torings en pawijoene. Sy stem-aanhoorder dissipels sal ontelbaar, grensloos en verhewe wees bo berekeninge of metafore. Die menigte van strewelinge sal ontelbare duisende, tien duisend miljoene. Die leeftydperk van hierdie Boedda sal twaalf eeue wees, sy Korrekte Wet sal voort bestaan in die wȇreld vir twintig eeu en sy Vervalste vir twintig eeue. Hierdie Boedda sal woon in die lug, preek die Wet vir die gemeente en red getallose mentige van streweinge en stem-aanhoorders."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy mening weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Julle menigte monnike,
Ek sal nou vir julle aankondig.
Almal van julle met ’n enkel gefokusde bewussyn
behoort te hoor wat ek sê,
My hoof dissipel, Subhuti
is bestem om ’n Boedda te word
met die titel Skaar Vorm.
Hy sal almoese offer aan getallose
duisende en miljoene Boedda.
Deur die praktyke van die Boeddas te volg
sal hy geleidelik die groot weg nakom,
en in sy finale inkarnasie
sal hy die twee en dertig fisiese kenmerke verwerf.
Hy sal impossant, buitengewoon, wonderlik wees,
soos ’n juweel berg.
Sy Boedda land sal die mees uitstaande wees in versiering en reinheid;
alle lewende wesens wie dit sien
sal verseker dit lief hê en daarin verheug wees.
daar in die midde, daardie Boedda
sal ontelbare menigtes red.
In daardie Boedda se Wet
sal daar baie strewelinge wees,
almal met knap vaardighede,
draai die wiel van nie-terug verval nie
daardie land sal gevul wees met strewelinge.
Die menigte stem-aanhoorders
sal nie getel kan word nie,
almal bekom die drie kennisse
en beoefen die ses transendentale magte.
Hulle sal verkeer in die agt bevrydings
en besit magtige outoriteit (gesag) en eerbied
Die Wet gepreek deur die Boedda
sal onmeetbare transendentale magte en transformasies

Van ’n wonderlike natuur manifesteer.
Hemelse en menslike wesens
so veel soos die sand van die Ganges rivier
sal almal hul handpalms saam vou,
luister na en ontvang die Boedda se woorde.
daardie Boedda sal ’n lewensbestaan van twaalf eeue hê,
sy Korrekte Wet sal bestaan in die wȇreld vir twintig eeue
en sy vervalsde Wet vir twintig eeue.

Wȇreld-Gerespekteerde Een het toe weereens met die menigte van monnikke gepraat: "Ek sê nou vir julle. Magtige Katyayana sal in toekomstige lewensbestaan verskeie artikels as offerande aanbied en sal ook agt duisend miljoen Boeddas bedien, hulle eer en respekteer. Nadat daardie Boeddas nirvana bereik het, sal hy ’n aandenkings toring oprig vir elke Boedda wat afwetings van een duisende
meter in hoogte en presies vyf honderd meter in beide breedte en diepte. Dit sal gemaak wees van goud, silwer lapis lazuli, seeskulpe, agaat, pȇrel en karneliaan, met die sewe edel gesteentes vas aanmekaar. Menigte blomme, halskettinkies, (gegeurde) wierook, gepoeierde wierook, wierook vir brand doeleindes, systof tente, vlae en baniere sal geoffer word aan die aandenkings torings. En nadat dit gedoen is, sal hy weereens meer offerande maak aan twintig duisend miljoen Boeddas en die hele prosess weer herhaal.

"Nadat hy almoese aan die Boeddas geoffer het, sal hy die weg van die streweling nakom en ’n Boedda word met die titel van Jambunad Goue Lig Dus Hier Kom Een, waardig vir offerande, van regte en
universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, verstaan die wȇreld, ongeëwenaar waardig, goed weg, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wêreld-Gerespekteerde Een.

"Sy land sal gelyk en glad wees, die grond van kristal wees, versier met juweel bome, met toue van goud wat die grense van die paaie aandui. Wonderlike blommesal die grond bedek, orals sal dit rein en skoon wees en almal wat dit sien sal met blydksap gevul wees. Die vier bose bestaansweë, die hel, die koninkryke van die honger geeste, diere en duiwels sal daar nie bestaan nie. Daar sal baie hemelse en menslike wesens, menigte stem-aanhoorders en strewelinge in duisende van miljoene wees wat die land versier. Daardie Boedda se bestaans tydperk sal twaalf eeue wees, sy Korrekte Wet sal in die wȇreld bestaan vir twintig eeue bestaan en sy Vervalste Wet vir twintig eeue."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy mening weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Julle menigte van monnikke,
luister almal met ’n enkel gefokusde bewussyn,
want van wat ek van praat
is daar niks wat van die waarheid afwyk.
Katyayana hier sal verskillende goedere
van fyn en wonderlike aard gee as offerande aan die Boeddas,
en nadat die Boeddas nirvana bereik het
sal hy sewe juweel torings oprig
en blomme en wierook
as offerande aanbied vir die aandenkings.

En in sy finale inkarnasie
sal hy Boedda-wysheid bekom
en onpartydige en korrekte ontwaking bereik.
Sy land sal rein en skoon wees
’n hy sal ontelbare
duisende miljoene lewende wesens red,
en sal offerande ontvang
van al die tien rigtings,
Hierdie Boedda se briljantheid
niemand sal kan ewenaar.
Sy Boedda titel sal wees Jambu Goue Lig.
Strewelinge en stem-aanhoorders,
wat alle vorms van bestaan afgesny het,
menigte en ontelbaar,
sal sy land versier.

Daardie tyd praat dieWȇreld-Gerespekteerde Een met die groot byeenkoms: "Nou sê ek vir julle. Magtige Maudgalyayana hier sal verskeie soorte artikels as offerande aan agt duisend Boeddas bied, hulle eer en respekteer. Nadat hierdie Boeddas nirvana bereik het, vir elkeen van hulle sal hy ’n aandenkings toring oprig wat elk ’n duisend meter in hoogte en presies vyf honderd meter in wydte en diepte wees. Dit sal van goud, silwer, lapis lazuli, seeskulpe, agaat, pȇrels en karneool wees met daardie sewe edel gesteentes saam gevoeg. Menigte blomme, halskettinkies, gepoeierde wierook, wierook vir verbranding, sy en tente, waaiers (vlae) en baniere sal aangebied word as offerande. Nadat dit gedoen is, sal hy ook offerande aanbied aan twee-honderd-tien-duisend Boeddas en so die proses herhaal.

"Daarna sal hy instaat wees om ’n Boedda te word met die titel Tamalapatra Sandalhout Reuk Dus Hier Kom Een, waardig vir offerande, van regte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Sy tydperk sal genoem word Vreugdevol en sy koninkryk, Verstand Verheug. Die land sal gelyk en glad wees, die grond gemaak van kristal, juweel-versierde bomme orals, pȇrels en blomme sal oral gestrooi wees en orals sal rein en skoon en almal wat dit sien sal verheug wees. Daar sal baie hemelse en menslike wesens wees en die strewelinge and stem-aanhoorders sal ontelbaar wees. Daardie Boedda se lewensbestaan sal vier-en-twintig eeue wees, sy korrekte Wet sal in die wȇreld voortduur vir viertig eeue en
sy Vervalste Wet ook vir veertig eeue."

Daardie tyd, die Wereld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Hierdie dissipel van my,
die magtige Maudgalyayana,
wanneer hy sy huidige liggaam verlaat het,
sal dan instaat wees om te sien agt duisend, twee-honderd-tien-duisende miljoen
Boeddas, Wȇreld-Gerespekteerde Een,
en terwille van die Boedda-weg
sal almoese offer en hulle eer en prys.
Waar daardie Boeddas is
sal hy konstant godelike praktyke uitvoer
en vir ontelbare eeue
sal hy die Boedda wet nakom en omhels,
Wanneer daardie Boeddas nirvana bereik het
sal hy sewe juweel torings oprig
met goue implemente om die plek te merk vir alle tye
en blomme,wierook en musiek aan te bied as offerande
in die aandenkings torings van die Boeddas.
Stap vir stap sal hy nakom
al die pligte van die streweling’s weg
en die land genaamd Bewussyn Verheug
sal instaat wees om ’n Boedda
genaamd Tamalapatra, Sandalhout Reuk te word
Hierdie Boedda se lewenstydperk sal vier en twintig eeue wees.
Konstant ter wille van hemelse en menslike wesens
sal hy die Boedda-weg verduidelik.
Stem-aanhoorders ontelbaar soos die Ganges rivier sand,
met die drie
kennisse en ses transendentale magte,
sal magtige outoriteit en waardigheid ten toon stel.
Menigte strewelinge
sal ferm voornemens hê en volhard in hul strewe,
en met betrekking tot die Boedda-wysheid
geen een sal ooit terugval
Na hierdie Boedda nirvana bereik het,
sal sy Korrekte Wet voort duur vir veertig eeue
,
en sy Vervalsde Wet ook veertig eeue.
My verskillende dissipels,
tenvolle beklee met waardigheid en deugde,
in getal vyf honderd,
en elkeen sal so ’n profesie ontvang.
In ’n toekomstige bestaan
Almal sal instaat wees om Boeddaheid te bereik.
Betreffende die oorsake en kondisies van vorige lewensbestaan
soos dit op my en jou van toepassing is,

sal ek nou preek.

Jy moet aandagtig luister.

Hoofstuk Sewe: Die Gelykenisse van die Skim Stad
Die Boedda maak hierdie aankondiging vir die monnikke: ‘Eens in die verre verlede, onmeetbare, tydlose en ondenkebare eeue gelede, was daar ’n Boedda genaamd Groot Universele Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom, waardig vir offerande, van korrekte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Sy land was genoem
Goed Geskonstitueerd en sy tydperk was genoem Magtige Vorm.

"Nou monnikke, sedert daardie Boedda nirvana bereik het, ’n baie lang, lang tydperk het verloop. Veronderstel, byvoorbeeld, dat iemand het geneem elke grond deeltjies in duisend miljoen wȇrelde en maal dit tot inkpoeier en gaan deur duisend lande in die ooste, hy laat val een druppel van die ink poeier nie groter as ʼn stof gedeeltjie. Weer daarna, wanneer hy gaan deur nog’n duisend lande, hy laat val nog ’n druppel ink. Veronderstel hy doen dit so totdat hy al die druppels ink gemaak van grond deeltjies laat val het. Nou wat is jou opinie? Dink jy dat, met betrekking tot daardie lande, die rekenkundiges of hul student, sal instaat wees om bepaal die hoeveelheid lande wat besoek is in die proses of sal hulle nie kan nie?"

"Dit sal onmoontlik wees, Wȇreld-Gerespekteerde Een."

"Nou monnikke veronderstel dat ’n persoon neem die grond van al die lande wat hierdie man deurgegaan het, of hy laat val het ’n ink drupel of nie en dit tot stofpoeier gemaal het. En veronderstel dat een stofgedeeltjie verteenwoordig een eeu.
Die eeue wat verbygegaan het sedert daardie Boedda nirvana bereik het, sal die getal stofdeeltjies oortref met ontelbare en grenslose miljoene eeue. Maar omdat ek die Dus Hier Kom Een se mag om te weet en te sien gebruik, wanneer ek in die toekoms inkyk, voel dit soos vandag."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om weereens sy betekenis te beklemtoon, spreek en sȇ:

Wanneer ek daaroor nadink, in die verlede,
onmeetbare, tydlose eeue gelede
was daar ’n Boedda, mees gerespekteerde van twee-been wesens,
genaamde Magtige Universeel UitstaandeWysheid.
Indien ’n persoon al sy krag gebruik om
die grond van die duisend miljoen wȇrelde,
volkome die grond deeltjies verpletter
endit verander tot gepoeierde ink,
en indien hy gaan deur ’n duisend lande
en hy sou een druppel van die ink laat val,
en hy sou voortgaan op die wyse
totdat hy al die druppels ink opverbruik het,
en indien iemand die grond van die lande neem waardeur hy gegaan het
beide daardie waar hy ’n druppel laat val en daardie waarin hy nie ’n druppel laat val het,
en weereens maal die grond tot stof,
en dan neem een deeltjie stof om een eeu te verteenwoordig -
die getal klein deeltjies stof sal minder wees as die getal eeue wees toe die daardie Boedda geleef het.
Sedert daardie Boedda nirvana bereik het,
ontelbare aantal eeue soos daardie het sedert verby gegaan.
Die Dus Hier Kom Een, deur sy ongehinderde wysheid,
weet die tyd wanneer daardie Boedda nirvana bereik het
en sy stem-aanhoorders en strewelinge
asof hy daardie nirvana oomblik nou aanskou.
Julle monnikke moet verstaan
dat die Boedda-wysheid is rein, subtiel, wonderlik,
Sonder gebrekke
, sonder uitvloeiings,
reik uit tot en penetreer onmeetbare eeue.

Die Boedda verkondig aan die monnikke: "Die Boedda Magtige Universele Wysheid Uitstaande het ’n lewens tydperk van vyf honderd en veertig tien duisend miljoen eeue. Hierdie Boedda het eerste in die plek van beoefening gesit en nadat hy die weermag van die duiwel verslaan was hy op die punt om volkome Boeddaheid te bereik, maar die leerstellings van die Wet voor hom verskyn nie. Daardie toestand het vir een eeu geduur en so aan vir ten eeue het die Boedda gekruisde bene gesit, liggaam en bewussyn onbeweeglik, maar die leerstelings van die Boeddas het nog steeds nie voor hom verskyn nie.

"Die hemelse wesens van die
Trayastrimsha hemel het vroeër ’n leeu-troon met ’n mate van een meter in hoogte onder die Bodhi boom vir die Boedda geplaas sodat die Boedda daar op kan sit wanneer hy volkome Boeddaheid bereik. Onmiddelik nadat die Boedda op die troon gaan sit het, het die godelike (Brahma) konings veroorsaak dat ’n menigte van hemelse blomme neer reën, bedek die grond vir honderd meter rondom. Van tyd tot tyd het ’n gegeurde wind op gekom en die verwelkte blomme weg gewaai, waarna nuwes neer gereën het. Dit het so aangegaan sonder enige onderbreking as offerande aan die Boedda vir tien eeue. Totdat die Boedda nirvana bereik het, het die blomme konstant neer gereën. Die vier Hemelse Konings as hul offerande aan die Boedda het konstant op hemelse dromme geslaan, terwyl die ander hemelse wesens hemelse musiekinstrumente bespeel vir vier eeue.

"Nou, monnikke, die Boedda Magtige Universele Uitstaande Wysheid het tien eeue voor hom nirvana bereik en hy was instaat om alomvattende Boeddaheid te bereik
.Voordat die Boedda die huishoudelike lewe verlaat het, het hy sestien seuns gehad. Die eerste een was genaamd Wysheid Bymekaar Gemaak. Hierdie seuns, elkeen het verskeie soorte skaars voorwerpe en speelgoed gehad maar toe hulle hoor dat hul vader volkome Boeddaheid bereik, het hul skaars voorwerpe eenkant gegooi en gegaan waar die Boedda was. Hul moeder het huilend agter hulle gevolg.

"Hul oupa, wie ’n wiel-draaiende wyse koning was, tesame met honderd hoof ministers en miljoene van sy onderdane, het almal rondom die seuns gestaan en het gevolg na die plek van beoefening. Almal het gewens om nader aan die Magtige Universele Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom Een te kom om almoese te offer, respek te toon, hom te vereer en te loof. Toe hulle aankom, raak hul hoofde voor hom aan die grond en hulle buig voor sy voete. Daarna het hulle hu handpalms saamgevou en met ’n gefokusde bewussyn het hulle opgestaar na die Boedda en hierdie loof verse voor gedra:

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een, van magtige outoriteit en deugde,
om lewende wesens te red
het onmeetlike miljoene jare probeer
en uiteindelik daarin geslaag om ’n Boedda te word,
al u eed is nou vervuld -
dit is goed – geen fortuin kan groter wees!
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een is uiters moeilik om tee te kom;
nadat hy die leeu troon betree het, tien eeue het verloop,
sy liggaam, hande en voete
rus in stilte , nooit beweeg nie,
sy bewussyn konstant kalm en bedaard,
nooit in wan orde
of verwarring.
op die einde het hy ewige rustigheid en uitwissing bereik,
rustende in die Wetvan geen uitvloeiings.
Nou as ons die Wȇreld-Gerespekteerde Een observeer
in rustige kalm-leegheid, die Boedda-weg bereik,
ons bekom uitstaande voordele
en ons vereer en wens geluk die Boedda met groot vreugde.
Lewende wesens
ondergaan konstant lyding en kommer,
in duisternis, sonder leermeester of leier,
nie realiseer daar is ’n weg om alle lyding te eindig,
weet nie hoe om bevryding te soek nie.
reg deur die lang nag al hoe meer volg hulle die bose weë,
sodoende verminder die menigte van hemelse wesens;
van donker boosheid na donker boosheid ploeter hulle voort,
tot die einde hoor hulle nooit die Boedda se naam.
Maar nou het die Boedda die ongeëwenaarde bereik,
die kalm-leegheid van die Wet met geen gebrekke.
ons en die hemelse en menslike wesens
daardeur bekom die grootste voordeel.
Vir hierdie rede buig ons almal ons hoofde,
ons lewens toegewy vir die een van ongeëwenaarde eer.

Daardie tyd het die sestien prinses die Boedda met hierdie verse geprys en die Wȇreld-Gerespekteerde Een aangemoedig om die wiel van die Wet te draai, saam spreek hulle hierdie woorde: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, verduidelik die Wet. Deur dit te doen, sal u kalmte bring en vertroos en bevoordeel die hemelse en menslike wesens in ’n groot mate." Hulle herhaal die versoek in
vers vorm:

Wȇreld held sonder gelyke,
u wie uself versier met honderde seëninge,
u het die ongeëwenaarde wysheid bekom -
ons pleit by u om ter wille van die wȇreld te preek.
Red en bevry ons
en al die ander soorte lewende wesens.
Maak onderskeidings, verlig ons
en laat ons toe om wysheid te bekom.
Indien ons Boeddaheid kan bereik,
dan kan alle lewende wesens dit ook doen.
Wȇreld-Gerespekteerde Een, u ken die gedagtes
wat lewende wesens diep binne hul bewussyn koester.
U ken die paaie wat hulle betree en bewandel
en u ken die krag van hul wysheid,
hul genot, die seëninge wat hulle gekultiveer het,
die aksies wat hulle uitgevoer het in hul vorige lewensbestaan,
Wȇreld-Gerespekteerde Een, dit alles weet u alreeds -
nou moet u die ongeëwenaarde wiel draai!

Die Boedda kondig aan die monnikke: "Toe die Boedda Magtige Universele Wysheid Uitstaande volkome Boeddaheid bereik het, het vyf-honderd-tien-duisend miljoen Boedda wȇrelde elk in tien rigtings geskud en gebewe op ses verskillende maniere. Die donker en afgeleë plekke in daardie lande waar die lig van die son en maan nooit instaat is om te penetreer, kon mense mekaar sien en hulle het uitgeroep, 'Hoe is dit dat lewende wesens skielik in hierdie plek bestaan?'

"Ook die paleise van die verskillende hemelse wesens in daardie lande en die godelike lande en die godelike paliese bewe en skud op ses verskillende wyse en ’n helder lig skyn orals, vul die wȇrelde kompleek en dit oortref die lig uit die hemele. Daardie tyd in vyf honderd tien duisend miljoen lande in die oostelike rigting, die godelike paleise skyn met ’n helder lig dubbel die helderheid as gewoonlik, en die godelike konings dink elk by homself, “Nou die helderheid van die paleis is helderder as ooit in die verlede. Wat kan die oorsaak van hierdie verskynsel wees?”

"Daardie tyd die godelike konings besoek mekaar om die kwessie te bespreek. Tussen hulle was ’n magtige godelike koning genaamd Red Almal, wie namens die menigte godelike konings spreek:

Ons paleise het ʼn glans
soos nog nie geken in die verlede.
Wat is die oorsaak?
Elkeen van ons verlang ʼn antwoord.
Is dit omdat ’n hemelse wese van groot deugde gebore is,
of omdat die Boedda in hierdie wȇreld verskyn het
dat hierdie groot lig orals in die tien rigtings skyn?

"Daardie tyd het die godelike (Brahma) konings van die vyf-honderd, tien-duisend miljoen lande, vergesel van hul onderdane, elke koning neem sy buite kledingstuk en vul dit met hemelse blomme, reis saam na die westelike streek om die tekens daar te gaan observeer. Hulle het gesien dat die Groot Universele Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom Een in die plek van beoefening op ’n leeu troon sit onder die Bodhi boom met hemelse wesens, draak konings, gandharvas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens wat hom omring en eer betoon. En hulle sien die sestien prinses wat die Boedda aanmoeding om die wiel van die Wet te draai.

"Die godelike konings het hul hoofde die grond laat raak en hulle het voor die Boedda gebuig en rondom hom geloop honderd duisende kere en strooi die hemelse blomme oor die Boedda. Die gestrooide blomme was so hoog soos Berg Sumeru. Hulle het ook die blomme as offerande aan die Boedda se bodhi boom geoffer. Hierdie bodhi boom was tien meter hoog. Daarna het elkeen sy plek ingeneem en vir die Boedda gesȇ: 'Ons hoop u sal ons gerusstel en bevoordeel. Ons pleit by u om die blomme te aanvaar en bewoon die paleise wat ons aan u skenk.'

"Daardie tyd, die Brahma konings, in die teenwoordigheid van die Boedda, met ’n enkel gefokusde bewussyn, dra hierdie loof verses voor:

Wȇreld-Gerespekteerde Een,
een wat uiters moeilik is om teë te kom,
bedek met onmeetbare seëninge ,
instaat om almal te red,
groot leermeester van hemels en menslike wesens,
u bejammer en vertroos die wȇreld
Lewende wesens in al die tien rigtings
almal ontvang voordeel orals.
In die vyf-honderd-tien-duisend-miljoen lande
van waar ons kom,
ons skuif eenkant die vreugde van diepe meditasie
om almoese aan die Boedda te offer,
Omrede ons goeie geluk in vorige lewensbestaan
ons paleise is ryklik versier.
Nou bied ons dit van die Wȇreld-Gerespekteerde Een,
pleit dat hy dit goedgunstig sal aanvaar.

"Daardie tyd nadat die godelike konings die Boedda klaar vereer het in vers vorm, spreek hul elkeen hierdie woorde: 'Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om die wiel van die Wet te draai, red lewende wesens en open die weg wat lei na nirvana!'

"Toe het die Brahma konings met ’n enkel gefokusde bewussyn saam in vers vorm gespreek en gesȇ:

Wȇreld held, mees geresperekteerde van
twee-been wesens,
ons pleit by u om die Wet te verduidelik,
Deur die mag van u groot medelye en simpatie,
red lewende wesens uit hul lyding en angs!

"Daardie tyd het Magtige Universeel Uitstaande Wysheid Dus Hier Kom Een, stil ooreengekom om dit te doen. Nou, monnikke, in vyf-honderd-tien-duisend-miljoen lande in die suidooste, die godelike (Brahma) konings observeer dat hul paleis het geskyn soos ’n briljante lig nog nooit gesien in die verlede. Dansende van vreugde en bereik ’n bewussyn selde ervaar, het hulle rondgegaan om met mekaar te bespreek die dinge wat hulle gesien het.

"Daardie tyd was daar tussen die lede van die byeenkoms ’n magtige godelike koning genaamd Magtige Medelye, wie namens die menigte godelike konings, in vers vorm spreek:

Wat is die oorsaak dat so ’n teken manifesteer?
Ons paliese vertoon ’n helderheid van glans soos nog nooit te vore.
Is dit moontlik as gevolg van die geboorte van ’n hemelse wese van magtige deugde
of omdat die Boedda in die wȇreld verskyn het?
Ons het nog nooit so ’n teken gesien nie
en met ’n enkel gefokusde bewussyn soek ons ’n oorsaak.
Alhoewel ons deur ’n duëisend, tien duisende miljoen lande moet reis,
saam sal ons die oorsprong van die lig ondersoek.
Mees moontlik is dit omdat ’n Boedda in die wȇreld verskyn het
om lewende wesens te bevry van hul lyding.

"Daardie tyd het vyf honderd, tien duisend miljoen godelike (Brahma) konings, tesame met hul paliese, elke koning neem sy kledingstuk en vul dit met hemelse blomme en vertrek saam na die noordelike streek om die tekens daar waar te neem. Hulle sien die Magtige Universeel Uitstaande Wysheid Dus Hier Kom Een in die plek van beoefening, sittend op die leeu troon onder die bodhi boom met hemelse wesens, draak konings, gandharvas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens wat hom omring en vereer. En hulle sien die sestien prinse wat die Boedda aanmoeding om die wiel van die Wet te draai.

"Onmiddelik laat die godelike (Brahma) konings hul hoofde die grond raak en hulle buig voor die Boedda, sirkel rondom hom honderd duisend keer en neem die hemelse blomme en strooi dit oor die Boedda. Die blomme wat hulle gestrooi het, was so groot soos Berg Sumeru. Hulle het dit ook as almoese geoffer aan die Boedda se bodhi boom. Daarna het elkeen hul paleis aan die Boedda geoffer en spreek die volgende woorde: 'Ons hoop u sal ons gerus stel en ons bevooordeel. Ons pleit by u om hierdie paleise as geskenk te ontvang en daarin te woon.'

"Daardie tyd, die Brahma konings, in die teenwoordigheid van die Boedda, as eenheid het die volgende woorde van loof gespreek:

Wyse heer tussen hemelse wesens,
stem soos die kalavinka voël,
u, wie ons bejammer en ons lewende wesens gerusstel,
ons vereer en loof u nou.
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een is waarlik moeilik om te ontmoet,
verskyn slegs een keer in ’n lang tydperk
Een honderd en agt eeu
het verbygegaan sonder enige Boedda,
toe die drie bose weë orals was
en die menigte hemelse wesens het in getalle verminder.
Nou die Boedda het verskyn in die wȇreld
om ’n oog vir lewende wesens te wees.
Die wȇreld sal hulle haas na die Boedda
en hy sal almal red en een en elk beskerm.
Hy sal ’n vader wees vir lewende wesens,
hulle gerus stel en bevoordeel.

Ons as gevolg van die goeie voordeel van vorige lewensbestaan,
nou is ons instaat om die Wêreld-Gerespekteerde Een teë te kom!

"Nadat die Brahma konings hierdie verse voor gedra het, het elkeen hierdie woorde gespreek tot lof van die Boedda: "Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om ons te bejammer en vertroos ons almal en draai die wiel van die Wet.

"Toe het die Brahma konings met ’n enkel gefokusde bewussyn in vers vorm gesȇ:


Magtige wyse, draai die wiel van die Wet,
onthul die eienskappe van die leerstellings,
red lewende wesens uit hul lyding en angs,
laat hulle toe om groot vreugde te bekom.
Wanneer die lewende wesens hierdie Wet hoor
sal hulle die weg bereik of in die hemel her-gebore word;
hulle op die bose weë se getalle sal verminder
en hulle geduldig in goed doen sal vermeerder.

"Daardie tyd het die Magtige Universele Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom Een stil ingestem om so te doen. Nou, monnikke, in vyf-honderd-tien-duisend miljoen lande in die suidelike streke het die godelike konings elk gesien dat hul paleis het geskyn met ’n brijante helder lig soos nog nooit in die verlede konings. Dans van vrede en bereik ’n bewussyn soos selde ondervind, het hulle mekaar besoek en bespreek en gevra, 'Wat is die rede waarom ons so helder en briljant skyn?'

"Tussen hul groep was daar ’n magtige godelike koning genaamd Wonderlike Wet wie namens die menigte godelike konings, in vers vorm gespreek het deur te sȇ:

Ons paleise skyn met uitmatige glans en helderheid
Dit kan nie sonder ’n rede wees nie -
dit is goed dat ons ondersoek instel
In die verbygaande honderd duisend eeue
so ’n teken was nog nooit gesien.

Is dit omdat ’n hemelse wese van groot waardigheid gebore is,
of omdat die Boedda in die wȇreld verskyn het?

"Daardie tyd het die vyf-honderd-tien-duisend miljoen godelike konings, tesame met hul paleise, elk neem sy buitenste kleed en vul dit met hemelse blomme, reis saam na die noordelike streek om die tekens daar waar te neem.
Hulle sien die Magtige Universele Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom Een in plek van beoefening, sittend op die leeu troon onder die Bodhi boom met hemelse en menslike wesens, draak konings, gandharvas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens omring hom en vereer hom. En hulle sien die sestien prinse wat die Boedda aanmoeding om die wiel van die Wet te draai.

"Onmiddelik laat die godelike (Brahma) konings hul hoofde die grond raak en hulle buig voor die Boedda, sirkel rondom hom honderd duisend keer en neem die hemelse blomme en strooi dit oor die Boedda. Die blomme wat hulle gestrooi het, was so groot soos Berg Sumeru. Hulle het dit ook as almoese geoffer aan die Boedda se bohdi boom. Daarna offer hul paleise aan die Boedda en sê: 'Ons hoop u sal gemak en voordele vir ons aanbied. Ons pleit by u om hierdie paleise te aanvaar en daarin te woon.

"Daardie tyd, die Brahma konings, in die teenwoordigheid van die Boedda met ’n gefokusde bewussyn en in een stem, dra hierdie verse van loof voor:

Wȇreld-Gerespekteerde Een, moeilik om teë te kom,
vernietiger van alle aardse begeertes,
een honderd en dertig eeue het verby gegaan
en nou uiteindelik kan ons u sien.
Lewende wesens in hul honger en dors
word versadig deur die Dharma reëns.
So iets is nog nooit in die verlede gesien nie,
een van onmeetlike wysheid,
soos die udumbara blom
het vandag ten laas direk voor ons verskyn.
Ons paleise omdat dit u lig ontvang het,
is wonderlik versier.

Wȇreld-Gerespekteerde Een, van groot vergifnis en medelye,
ons pleit by u om dit te ontvang.

"Daardie tyd, nadat die godelike konings die verse op gesȇ het ter ere van die Boedda, het elkeen hierdie woorde gespreek: 'Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om die wiel van die Wet te draai en verooorsaak dat die hemelse wesens, demone, godelike konings, shramanas en die gode regdeur die wȇrelde almal vrede en rustigheid sal bekom en verlossing en vryheid sal bereik.'

Verder loof hulle die Boedda deur sê;

Ons pleit by die mees gerespekteerde van hemels en menslike wesens
om die wiel van die ongeëwenaarde Wet te draai.
Slaan die groot Dharma drom,
blaas die groot Dharma
trompet,
laat die groot Dharma reëns orals neer stort
om ontelbare lewende wesens te red!
Ons rig al ons geloof en versoeke na u-
laat u diepgaande en verreikende stem uit basuin!

"Daardie tyd het die magtige Universiële Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom Een stil ooreengestem om so te doen. In die suidwestelike streek en so ook in die laer streek het ’n soortgelyke gebeure plaas gevind.

"Daardie tyd in die boonste streek, die godelike konings van vyf honderd tien duisend miljoen lande het gesien dat die hul paleise skyn met briljante lig soos nog nooit tevore in die verlede gesien. Dansend van vreugde, bereik ’n bewussyn soos selde ervaar, besoek hulle mekaar en bespreek hierdie dinge deur te sȇ, 'Wat is die rede dat ons paleise so helder skyn? '

"Tussen hul groep was daar ’n godelike koning genaamd Wonderlike Wet, wie namens die menigte godelike konings in vers vorm gespreek en gesȇ het:

Nou wat is die rede dat ons paleise
gloei en skyn met outoriteit en waardigheid,
versier soos nog nooit tevore?
’n wonderlike teken soos hierdie
was nog nooit tevore gesien of gehoor van in die verlede.
Is dit omdat ’n hemelse wese van groot waardigheid gebore is,
of omdat die Boedda in die wȇreld verskyn het.

"Die vyf honderd tien duisend miljoen godelike konings, tesame met hul paleise, elke koning neem sy kledingstuk en vul dit met hemelse blomme, reis na die laer streke om die tekens daar waar te neem. Hulle sien die Magtige Universele Wysheid Uitstaaande Dus Hier Kom Een in die plek van beoefening, sit op die leeu troon onder die Bodhi boom met hemelse wesens, draak konings, gandharvas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens wat hom omring en eerbied betoon. En hulle het die sestien prinses die Boedda sien versoek om die wiel van die Wet te draai.

"Onmiddelik laat die godelike (Brahma) konings hul hoofde die grond raak en hulle buig voor die Boedda, sirkel rondom hom honderd duisend keer en neem die hemelse blomme en strooi dit oor die Boedda. Die blomme wat hulle gestrooi het, was so groot soos Berg Sumeru. Hulle het dit ook as almoese geoffer aan die Boedda se bodhi boom. Daarna het elkeen hul paleis aan die Boedda geoffer en spreek die volgende woorde: 'Ons hoop u sal ons op ons gemak stel en bevoordeel. Ons pleit by u om die paleise te ontvang en dit bewoon.'

"Daardie tyd, die Brahma konings, in die teenwoordigheid van die Boedda, dra die loof verse voor:

Hoe goed dat ons die Boeddas mag sien,
wyses en geëerdes wie die wȇreld red,
instaat om lewende wesens te red en te bevry
van die hel van die drie-voudige wȇreld!
Geëerd tussen hemelse en menslike wesens, van universele wysheid,
u bejammer en toon medelye met die massa van ontluikende lewende wesens,

u is instaat om die hekke van soete dou te open
en red wyd en suid een en almal.
Vroeër, onmeetbare eeue
het verbygegaan sonder enige Boedda teenwoordig.

Die tyd het nog nie gekom dat die Wȇreld-Gerespekteerde Een verskyn het,
en almal in die tien rigtings was in konstante donkerte.
Hulle in die drie bose weë het vermeerder in getalle
en die koninkryk van die asuras het vooruitstrewend geword;
die menigte of hemelse wesens het verminder,
en baie het nadat hulle gesterf het, die bose weë betree.

Omdat geeneen die Boedda kon bedien en die Wet kon hoor,
konstant het mense die weë gevolg wat nie goed was
en hul fisiese kragte en wysheid
het verswak en verminder
Omdat van die sondige dade wat hulle gepleeg het,
het hull alle genot of die gedagte aan genot na gestreef.
Hulle vertoef in demoniese leerstellings
en het geen kennis van goeie gebruike of reëls gehad
Nie instaat om deur die Boedda te bekeer kon word,
het hulle konstant die bose weë betree.
Maar nou u, die Boedda, wie die oog van die wȇreld gaan word,
na hierdie lang tydperk het ten einde na vore gekom.
om terwille van lewende wesens bejammering en vertroosting te bring
het u in die wȇreld verskyn.
U het die wȇreld oorkom en korrekte verligting bereik;
ons is gevul met vreugde en bewondering.
Ons en al die andere in die byeenkoms
juig en verbly in wat ons nog nooit tevore geweet het nie,
Ons paleise, omdat dit u lig ontvang het,
is wonderlik versier.
Nou ons skenk dit aan die Wȇreld-Gerespekteerde Een,
hopend hy sal medelye toon en dit aanvaar.
Ons pleit dat die meriete deur hierdie geskenke aanbieding
mag vêr en wyd versprei word na almal,
sodat ons en die ander lewende wesens
almal saam die Boedda-wegmag bereik.

"Daardie tyd, nadat die vyf honderd tien duisend miljoen godelike konings die verse te ere van die Boedda opgesê het, het elkeen vir die Boedda gesȇ: 'Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om die wiel van dieWet te draai en bring sodoende vrede en rustigheid vir menigte en redding vir menigte.' Toe spreek die godelike konings in vers vorm en sê:

Wȇreld-Gerespekteerde Een, draai asseblief die wiel van die Wet,
slaan die Dharma drom van soete dou,
red lewende wesens uit hul lyding en angs,
open en wys ons die weg na nirvana!
Ons pleit by u om ons versoeke te aanvaar
en met ’n magtige, subtiele en wonderlike geluid
om bejammering en gerustelling te bring deur die uiteensetting
van die Wetwat u vir onmeetbare eeue beoefen het.

Daardie tyd het die Magtige Univerisiële Wysheid Uitstaande Dus Hier Kom Een, nadat hy die versoeke van die godelike konings van die tien rigtings en van die sestien prinse ontvang het, onmiddelik drie draaie van die twaalf- speek wiel van die Wet gedraai. Nie die shramana, gode, hemelse wesens, of enige ander wese in die wȇreld was instaat om so ’n wiel te draai nie. Die Boedda sȇ, 'Hier is lyding, hier is die oorsprong van lyding, hier is die weg na die vernietiging van lyding.'

"Toe het hy kortliks verduidelik die Wet van die twaalf verbindings ketting van oorsprong; onkunde veroorsaak aksies, aksies veroorsaak bewusheid, bewusheid veroorsaak naam en vorm, naam en vorm veroorsaak die ses sensoriese organe, die ses sensoriese organe veroorsaak kontak, kontak veroorsaak sensasies, sensasies veroorsaak begeertes, begeertes veroorsaak aanhangsels.
Aanhangsels veroorsaak bestaan, bestaan veroorsaak geboorte, geboorte veroorsaak veroudering (ouderdom) en sterfte, bekommernisse en rou (hartseer), lyding en angs. Indien onkunde uitgewis word, dan sal aksies ook uitgewis word. Indien aksies uitgewis word, dan sal bewussyn uitgewus word. Indien bewussyn uitgewis word, dan sal naam en vorm uitgewis word. Indien naam en vorm uitgewus word, dan sal die ses sensoriese organe uitgewis word. Indien die ses sensoriese organe uitgewis word, dan sal kontak uitgewis word. Indien kontak uitgewis word, dan sal sensasies uitgewis word. Indien sensasies uitgewis word, dan sal begeertes uitgewis word. Indien begeertes uitgewis word, dan sal aanhangsels uitgewis word. Indien aanhangsel uitgewis word, sal bestaan uitgewis word. Indien bestaan uitgewis word, dan sal geboorte uitgewis word. Indien geboorte uitgewis word, dan sal ouderdom en sterfte uitgewis word. Indien ouderdom en sterfte uitgewis word, dan sal bekommernisse en rou, lyding en angs uitgewis word.

"Toe die Boedda in die midde van die groot byeenkoms van hemelse en menslike wesens hierdie Wet verduidelik, het ses honderd tien duisend miljoen persone, omdat hulle opgehou het om enige van die dinge van die wȇreld van fenomona te aanvaar en omdat hul bewussyne instaat was om bevryding van uitvloeiings bekom, het almal diepgaande en wonderlike meditasie praktyke bereik, bekom die drie kennisse en die ses transendentale magte en was toegreus met die agt bevrydings. En toe hy die tweede, derde en vierde Wette verduidelik, het lewende wesens gelyk aan tien duisend miljoen sand van die Ganges rivier omdat hulle nie meer aanvaar het die dinge van die wȇreld van verskynsels nie, was hulle instaat om hul bewussyne te bevry van die
uitvloeiings.Vanaf daardie tyd het die menigte stem-aanhoorders ontelbaar en grensloos geword.

"Daardie tyd die tyd, die sestien prinse het almal hul families verlaat terwyl hulle nog klein seuns was en het monnikke geword. Hul fakuliteite was
penetrerend en skerp, hul wysheid was helder en omvattend. Alreeds in die verlede het hul almoese aan een-honderd-duisend-tien-duisend-miljoen Boeddas geoffer, godelike praktyke foutloos uitgevoer en het gestrewe na volkome Boeddaheid.

Almal saam het hulle die Boedda adresseer deur te sê: Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie ontelbare duisende, tien duisend miljoen stem-aanhoorders van groot deugde het alreeds sukses behaal. Wȇreld-Gerespekteerde Een, nou is dit geskik dat u die Wet van volkome en alomvattende Boeddaheid terwille van ons preek. Nadat ons dit gehoor het, sal ons almal dit beoefen en bestudeer. Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons is vasbeslote om die insig van die Dus Hier Kom Een te bereik. Diep in ons bewussyn het ons hierdie gedagte en die Boedda weet dit self.'

"Daardie tyd, die Boedda, reageer op die versoeke van die shramaneras, het ’n tydperk van twintig eeue verby gegaan en toe ten einde, ten midde van die vier verskillende geloofs na-volgers, preek die Groot Voertuig soetra genaamd die Lotus van die Wonderlike Wet. ʼn Wet om die strewelinge te onderrig, een wat beskerm en ingedagte gehou word deur die Boeddas. Nadat hy die soetra gepreek het, het die sestien prinse, terwille van volkome Boeddaheid, dit aanvaar en omhels, opgesȇ, gepenetreer en dit verstaan.

"Tussen die stem-aanhoorders was daar diegene wat daarin geglo het en dit verstaan het. Maar daar ook tien duisend miljoen tipe lewende wesens wat getwyfel het en in verwarring was.

"Die Boedda het hierdie soetra vir ’n periode van agt duisend eeue gepreek en nooit gerus. Daarna het hy ’n stil kamer binne gegaan en in meditasie verkeer vir ’n periode van vier-en-tagtig-duisend eeue.

"Daardie tyd, die sestien strewelinge en monastiese ontwaaktes, wetend dat hulle ʼn Dharma troon bestyg het en soortgelyk vir ’n periode van vier-en-tagtig duisende eeue om ter wille van die vier soorte geloofs na-volgers, breedvoerig die onderskeidings soos voor gestel in die Lotus soetra van die Wonderlike Wet, gepreek. Op hierdie wyse het elkeen van hulle lewende wesens gelyk in getalle, ses-honderd-tien-duisend-miljoen soos die sand van die Ganges rivier gered, hulle onderrig en hulle voordeel en vreugde besorg en veroorsaak dat hul bewussyn gerig was tot volkome Boeddaheid.

"Die Magtige Universele Wysheid Uitstaande, Boedda, nadat vier en tagtig duisend eeue verbygegaan het, kom uit sy konsentrasie en gaan na die Dharma troon. Kalm gaan sit hy en adresseer die hele byeenkoms deur te sê: “Hierdie sestien strewelinge is van ’n soort wat selde teë gekom word, hul fakuliteite penetrerend en skerp, hul wysheid helder en in die teenwoordigheid van daardie Boeddas het hul konstant godelike praktyke beoefen, ontvang en omhels die Boedda-wysheid en verduidelik dit aan lewende wesens, veroorsaak dat hulle Boeddheid bereik. Nou almal van julle moet van tyd tot tyd nou saam met hulle assosiëer en hull almoese aanbied. Waarom? Omdat indien enige van julle; stem-aanhoorders of privaat-boeddas of strewelinge, instaat sal wees om geloof in die soetra se leerstellings soos gepreek deur die sestien strewelinge, te bereik en dit sal aanvaar en omhels en dit nooit verag nie, dan sal almal sulke persone volkome Boeddheid bereik, die wysheid van die Dus Hier Kom Een.'"

Die Boedda, adresseer die monnikke deur te sê: "Hierdie sestien strewelinge het konstant die begeerte gehad om hierdie soetra van die Wonderlike Wet te propageer. Die lewende wesens bekeer deur elkeen van hulle was gelykstaande aan ses-honderd-tien-duisend-miljoen van die sand van die Ganges rivier. Lewensbestaan na lewensbestaan word hierde lewende wesens gebore in die teenwoordigheid van daardie streweling, hoor die Wet vanaf hom en almal het geloof daarin gehad en dit verstaan. Vir hierdie rede was hulle instaat om veertig duisend miljoen Boeddas teë te kom.

"Julle monnikke, ek sal julle nou vertel. Hierdie dissipels van die Boedda, hierdie sestien strewelinge, het nou almal volkome Boedaheid bereik. In die lande in die tien rigtings is hulle tans besig om die Wet te preek, met ontelbare honderd tien duisende miljoene van strewelinge en stem-aanhoorders as hul na-volgers. Twee van die sestien strewelinge het Boeddas in die oostelike streek geword. Een is genaamd Akshobhya en woon in die Land van Vreugde. Die ander een is genaamd Sumeru Hoogte. Twee is Boeddas in die suid-oostelike streek, een genaamd Leeu Stem, die ander genaamd Leeu Voorkoms. Twee is Boeddas in die suidelike streek, een genaamde In Leegheid Vertoef, die ander een Vir Altyd Geblus. Twee is Boeddas in die suid-westelike streek, een is genaamd Koning (Heeser) van Voorkoms, die ander een genaamd Godelike Voorkoms. Twee is Boeddas in die westelike streek, een genaamd Amitayus, die ander genaamd Red Almal van Wȇreldse Lyding. Twee is Boeddas in die noordwestelike streek, een genaamd Tamalapatra Sandalhout-reukTransedentale Mag, die ander een genaamd Sumeru Voorkoms. Twee is Boeddas in die noordelike streek, die een genaamd Wolk Vrydheid, die ander genaamd Wolk Vryheid Koning. Van die Boeddas van die noord-oostelike streek, een is genaamd Vernietig alle Wȇreldse Vrese, die sestiende is ek, Shakyamuni Boedda, wie in hierdie wȇreld volkome Boeddaheid bereik het.

"Monnikke, toe ek en die andere streweling was, elkeen van ons het lewende wesens, onmeetbaar in getalle, onderrig en bekeer. Hulle het die Wet vanaf ons gehoor en het volkome Boeddaheid bereik. Sommige van die lewende wesens bestaan nou in die groep van stem-aanhoorders. Maar ons het konstant hulle in volkome Boeddaheid onderrig en daardie persone behoort deur middel van hierdie Wet, die Boedda-weg geleidelik te bereik. Waarom sê ek dit? Omdat die wysheid van die Dus Hier Kom Een is moeilik om te glo em moeilik om te verstaan. Daardie lewende wesens, onmeetlik soos die sand van die Ganges rivier wat daardie tyd bekeer was, was julle wat nou monnike en daardie persone, nadat ek nirvana bereik het, in die toekoms sal stem-aanhoor dissipels wees.

"Nadat ek nirvana bereik het, sal daar ander dissipels wees wat nie hierdie soetra sal hoor nie, ook nie verstaan nie, ook nie bewus sal wees van die praktyke wat strewelinge uitvoer maar as gevolg van die seëninge wat hulle bekom het, sal ’n gedagte aangaande uitwissing bedink en sal wat hulle glo nirvana is, bereik.
Daardie tyd sal ek ’n Boedda in ’n ander land met ook ’n ander naam wees. Daardie dissipels, alhoewel hulle ’n gedagte van uitwissing het en gedink het dat hulle nirvana bereik het, sal in daardie ander land (waar ek ’n Boedda met ’n ander naam sal wees) Boedda-wysheid soek en sal dan instaat wees om hierdie soetra te hoor. Dit is slegs deur die Boedda voertuig dat een uitwissing (nirvana) kan bereik. Daar is geen ander voertuig, indien jy die verskillende leerstellings aanvaar wat deur die Dus Hier Kom Een as wenslike metodes gepreek word.

"Monnikke, indien ’n Dus Hier Kom Een weet dat die tyd het gekom om nirvana binne te gaan en weet dat die lede van die byeenkoms is rein en skoon, ferm in geloof en begrip, deeglik in hul begripvan die Wet van kalm-leegheid en het diep die praktyk van meditasie binne gegaan, dan sal hy die byeenkoms van strewelinge en stem-aanhoorders bymekaar roep en die soetra vir hulle preek. In die wȇreld is daar nie twee voertuie waardeur ’n wese uitwissing (nirvana) kan bereik nie. Daar is slegs die een Boeddavoertuig vir die bereiking van nirvana en alleenlik een.

"Monnikke, julle moet die volgende verstaan. Die Dus Hier Kom Een in sy gebruik van wenslike metodes, penetreer diep in die natuur van lewende wesens. Hy weet hoe hul bewussyne verheug in minderwaardige leerstellings en hoe diep hulle vasklou aan die vyf begeertes. En omdat hulle so is, wanneer hy nirvana verduidelik, doen hy dit op so wyse dat daardie persone, as hulle dit hoor, hulle dit geredelik glo en aanvaar.

"Laat ons veronderstel daar is ’n stuk slegte pad, vyf honderd meter lank, steil en moeilik, wild en verlate, met geen inwoners daar rond. Werklik ’n vreesvolle plek. En veronderstel dat daar ʼn getal mense is wat die pad betree sodat hulle die plek kan bereik waar die kosbare en skaars skatte is. Hulle het ’n leier van uitgebreide wysheid en skerp begrip, wat ten nouste die d steil pad ken, die uitleg van hoogte en dale en is voorbereid om die groep oor die moeilike terrein te lei. Nadat die groep alreeds ’n sekere gedeelte van die rit agelê het, het hulle mismoedig geword en vir die leier gesȇ, "Ons is verskriklik moeg en ook bevrees. Ons kan nie verder gaan nie. Omdat daar nog so lang afstand na vore is, wil ons graag nou omdraai en teruggaan.'

"Die leier, ’n man van baie ekspidisies, dink by homself, Wat ’n jammerte dat hulle die skaars skatte wat hulle soek, wil opgee en nou wil teruggaan! Nadat hierdie gedagte by hom opgekom het, gebruik hy die mag van wenslike metodes en nadat hulle drie honderd meter vêr geloop het, fabriseer hy ’n stad
.

Hy sê vir die groep, 'Moenie bevrees wees nie! Julle moenie teruggaan nie, want hier is nou ’n groot stad waar julle kan stop, rus en kan doen net wat julle wil. As julle die stad binnegaan, sal julle volkome op julle gemak en rustig wees. Dan later, indien julle voel julle kan na die plek gaan waar die skatte is, kan julle die stad verlaat.'

"Daardie tyd het die lede van die groep, uitermatig uitgeput, se bewussyne verheug geraak oor so ongehoorde gebeurtenis, 'Nou kan ons ontsnap van hierdie vreesagtige pad en rus en vrede vind!' Die lede het toe voortgegaan en die stad binne gegaan met die gevoel dat hulle gered was van al hul moeilikheid. Hulle het ’n gevoel van volkome gemaklikheid en rustigheid gehad.

"Daardie tyd het die leier geweet dat die mense was uitgerus en nie meer gevrees of moeg nie, wis uit die skim stad en sê vir die groep, 'Julle moet nou aanbeweeg, die plek waar die skatte is, is baie naby. Daardie groot stad van ’n rukkie gelede was slegs ’n skim wat ek gefabriseer het sodat julle kan rus.
"Monnikke, die Dus Hier Kom Een is in ’n soortgelyke posisie. Hy dien nou as ’n magtige leier vir julle. Hy weet dat die swak pad van geboorte en sterfte en aardse begeertes is steil, moeilik, lank en vêr is maar dit moet voltooi word. Indien lewende wesens slegs hoor van die een Boedda voertuig, sal hulle nie die Boedda wil sien nie, nie naby hom wil wees nie en slegs aan hulle self dink. Die Boedda-weg is lank en
vêrstrekend en ’n wese moet konstant hard werk en moeilikhede ondergaan oor ’n lang periode voordat jy ooit sukses kan behaal!

"Die Boedda weet dat die bewussyne van lewende wesens is swak en laag en dus gebruik die mag van wenslike metodes om twee nirvanas te preek om sodoende ʼn rusplek langs die pad te voorsien. Indien lewende wesens kies om in daardie twee stadiums te bly, dan sal die Dus Hier Kom Een vir hulle sê, 'Julle het nog nie verstaan wat gedoen moet word nie. Die stadium waar julle verkies om te bly is baie naby die Boedda-wysheid. Maar julle behoort te observeer en verder te bepeins. Hierdie nirvana wat julle bereik het, is nie die egte een nie. Dit is slegs dat die Dus Hier Kom Een, deur te gebruik te maak van wenslike metodes, het die een Boedda voertuig geneem en onderskeiding gemaak, dit as drie gepreek.'

"Die Boedda is soos daardie leier, wie ’n plek geskep het om te rus - daardie skim stad en toe, nadat hy geweet het die reisigers is uitgerus, sê vir hulle, 'Die plekke waar die skatte is, is baie naby. Hierdie stad is nie ’n werklikheid nie. Dit is slegs iets wat ek gefabriseer het (uit die lug geskep het).'

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy mening weereens in vers vorm te staaf, sê:

Die Magtige Universele Wysheid Uitstaande, Boedda
sit in die plek van praktyke vir tien eeue,
maar die Wet van die Boedda het nie voor hom verskyn nie
en hy kon nie die Boedda-weg bereik nie
Die byeenkoms van hemelse gode, draak konings, asuras en andere
laat reën konstant hemelse blomme
as almoese geoffer aan die Boedda.
Die hemelse wesens slaan op die hemelse dromme
en maak baie verskeie soorte musiek.
’n verfrissende en gegeurde wind blaas die verwelkte blomme weg,
waarna vars en pragtige blomme neer reën.
Nadat tien eeue verby gegaan het,
toe, op laas kon hy die Boedda-weg bereik.
Die hemelse wesens en die mense van die wȇreld
het almal in hul harte gevoel om te dans.
Daardie sestien seuns van die Boedda
almal, in die geselskap van hul na-volgers,
’n duisend, tien duisend miljoen was daar vergader,
almal kom na die plek van die Boedda,
hul hoofde raak die grond, buig voor die Boedda se voete
en versoek hom om die wiel van die Wet te draai, sȇ
"Wyse Leeu, laat die Dharma reëns
neer val in alle glorie op ons en die andere!"
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een is moeilik om teë te kom;
slegs eenkeer in ’n lang tydperk verskyn hy
Om sodoende verligting vir baie wesens te bring
hy skud en beweeg die streke in die rondte.
In die wȇrelde in die oostelike rigting
in vyf honderd tien duisend miljoen lande
die paleise van die godelike konings gloei met ’n lig
wat hulle nog nooit in die verlede geken het nie
toe die godelike konings daardie teken sien
het hulle kom soek na die Boedda se plek
strooi blomme as ’n vorm van offerande,
terselfde tyd bied hul paleise aan die Boedda,
pleit by die Boedda om die wiel van die Wet te draai
en vereer hom in verse
Die Boedda weet dat tyd het nog nie gekom nie,
en alhoewel hulle gepleit het, het hy in stilte gesit.
In die ander drie rigtings en die vier rigtings tussen in

en in die boonste en onderste streke het dieselfde gebeur,
die godelike konings strooi blomme, bied hul paleise aan,
versoek die Boedda om die wiel van die Wet te draai en sȇ,
"Die Wȇreld-Gerespekteerde Een is moeilik om teë te kom.
ons pleit by u in u groot vergewingsgesindheid en medelye
om wawyd te open die hekke van soete dou
en draai die wiel van die ongeëwenaarde Wet."
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een, onmeetbaar in wysheid,
aanvaar die versoeke van die byeenkoms
en terwille van hulle, preek die verskillende leerstellings,
die vier edele waarhede, die
twaalf verbindingskettings van oorsprong,
beskryf hoe, van onkunde tot veroudering en sterfte,
alles word geskep deur geboorte, sê,
"Met betrekking tot hierdie foute en verwarrings,
julle moet verstaan omtrent dit."
Wanneer hy hierdie Wet verduidelik,
ses-honderd-tien-duisend-miljoen-triljoen wesens
was instaat om die beperking van lyding uit te wis,
almal bereik die status van arhat (verligte).
Die tweed keer toe hy die Wet preek
ʼn menigte soos duisende sandkorrels van die Ganges rivier
het opgehou om die dinge van die wȇreld te aanvaar
en hulle was ook instaat om arhats (verligtes) te word.
Daarna was diegene wat die weg bereik het ontelbaar-
jy mag bereken vir tien duisend miljoen eeue
en nooit instaat wees om ’n volle getal te bereken nie.
Daardie tyd het die sestien prinses
hul families verlaat en strewelinge geword.
Almal saam het die Boedda versoek
om die Wet van die groot Voertuig te verduidelik en sê,
"Ons en ons bediendes en na-volgers
sal verseker die Boedda-weg bereik.
Ons begeer die wysheid se oog van uiterse reinheid
net soos wat die Wȇreld-Gerespekteerde Een besit."
Die Boedda verstaan hul kinderlike bewussyn
en die aksies wat hulle uitgevoer in die verlede,
en gebruik onmeetbare oorsake en kondisies
en verskillende metafore en gelykenisse,
hy preek die ses vervolmakings
en kwessies betreffende die transedentale magte,
onderskei die ware Wet,
die weg beoefen deur strewelinge,
preek hierdie Lotus soetra
in verses so getalvol soos die Ganges rivier se sand.
Nadat die Boeddadie soetra klaar gepreek het
het hy in ’n stil kamer gaan mediteer,
met ’n gefokusde bewussyn op een plek
vir vier en tagtig duisende eeue.
Die strewelinge het geweet
die Boedda sou nie gou uit die meditasie kom nie
en dus vir die byeenkoms van onmeetbare miljoene
preek hulle die ongeëwenaarde wysheid van die Boedda,
elkeen sittend in ’n Dharma stoel,
preek hierdie Groot Voertuig soetra
En nadat die Boedda vredevolle rustigheid bereik het,
gaan hulle voort om te preek, hopend om andere te bekeer tot die Wet.
Die lewende wesens gered
deur elk van daardie strewelinge
was gelyk aan ses-honderd-tien-duisend-miljoen sandkorrels van die Ganges rivier.
Nadat daardie Boedda nirvana bereik het,
daardie persone wat die Wet gehoor het
het daar gewoon en in die verskillende Boedda lande,
konstant weer gebore in die gemeenskap van hul leermeesters.
En die sestien strewelinge,
het volkome die Boedda-weg nagekom,
huidiglik woon in die tien rigtings,
waar elkeen korrekte verligting bereik het.
Die persone wat die Wet daardie tyd aangehoor het
is elkeen in ’n plek waar daar een van die Boeddas is,
en diegene wat gebly het in die fase van stem-aanhoorders
word geleidelik onderrig in die Boedda-weg.
Ek was self deel van die sestien
en het in die verlede vir julle gepreek.
Vir hierdie rede sal ek wenslike metodes gebruik
om julle te lei in die soektog na Boedda-wysheid;
omrede die vroeër oorsake en kondisies
preek ek nou dieLotus soetra.
Ek sal veroorsaak dat jy die Boedda-weg betree -
wees paraat en nie bevrees nie!
Veronderstel daar was ’n slegte gedeelte van ’n steil pad,
in ’n afgeleë woesteland met vele gevreesde ongediertes,
ja, daar was selfs nie gras of water,
gevrees deur mense.
’n Groep van ontelbare duisende en tien duisende
wou daar oor en verby die steil pad gaan,
maar die pad was uitgestrek en baie lank,
sowat vyf honderd meter.
Daardie tyd was daar ’n leier,
goed ingelig, wysheid besit,
van helder begrip en gefokusde bewussyn,
instaat om mense in gevaar te red van menigte moeilikhede.
die lede van die groep was almal uitgeput en mismoedig
en sê vir hul leier,
"Ons is nou uitgeput van moegheid
en wens op hierdie punt om te draai en terug te gaan."

Die leier dink by homself,
Hierdie mense is waarlik
bejammerswaardig!
Waarom wens hulle om terug te draai
en mis die vele skaars skatte na vore?
Daardie tyd die leier dink aan ’n wenslike metode,
en besluit om sy transendentale magte te gebruik.
Hy fabriseer ’n groot omheinde stad
en versier die huise en wonings,
omring dit met tuine en boorde ,
kanale van vloeiende water, dammetjies en mere,
met dubbele hekke en hoë torings en pawiljoene

gevul met mans en vrouens
Nadat hy die illusie geskep het ,
stel hy die groep gerus deur te sê, "Moenie vrees nie -
julle mag maar hierdie stad binne gaan
en elkeen kan homself vermaak soos hy goed dink."

Toe die mense die stad binnegegaan het,
was hulle almal oorsteld van vreugde in hul harte.
Almal het ’n gevoel van gemaklikheid en rustigheid,
sê vir hulself dat hulle gered was.
Toe die leier weet dat hulle uitgerus was,
roep hy hulle bymekaar en kondig aan,
"Nou moet julle vorentoe beweeg -
hierdie is niks meer as ’n skim stad
Ek het gesien dat julle moeg en uitgeput was
en wou terug draai middel in julle tog
Daarom het ek die mag van wenslike metodes gebruik
om hierdie skim stad vir die oomblik te fabriseer.
Nou moet julle ywerig vorentoe beweeg
sodat julle saam die plek bereik waar die skatte is."
Ek doen soortgelyk,
tree op as leier vir alle weses.
Ek sien dat die soekers van die weg
raak mismoedig in die middel van die reis,
nie instaat om die steil pad van

geboorte, sterfte en wȇreldse begeertes te oorkruis nie,
en derhalwe gebruik ek die mag van wenslike metodes
en preek nirvana om aan hulle rus te voorsien,
en sê vir hulle,

"Julle lyding het tot ’n einde gekom,
julle het gedoen wat gedoen moes word."
Wanneer ek weet dat hulle nirvana bereik het
en almal het die fase van verligting bereik,
dan kan ek die groot byeenkoms bymekaar roep
en preek die egte wet vir hulle.
Die Boeddas deur die mag van wenslike metodes
maak onderskeidings en preek die drie voertuie,
maar daar is slegs die enkele Boedda voertuig -
die ander twee nirvanas word gepreek om ’n rusplek te verskaf.
Nou maak ek aan julle die waarheid duidelik -
wat julle bereik het, is nie uitwissing nie.
Terwille van omvattende wysheid van die Boedda
moet jy jou uiterste poog en hardwerk.
As jy verligting in die Wet van die Boedda bereik
met die omvattende wysheid en tien magte
en is bekroon met die twee-en-dertig tekens,
dan sal dit egte en ware uitwissing wees.
Die Boeddas in hul kapasiteit as leiers
preek nirvana om rus te verskaf.
Maar wanneer hulle weet dat jy uitgerus en rustig is,
dan lei hulle jou tot die Boeddawysheid.

Hoofstuk Agt: Profesie van die Verligting van vyf Honderd Dissipels
Daardie tyd, Purna Maitrayaniputra, hoor vanaf die Boedda hierdie Wet soos verduidelik deur wysheid en wenslike metodes en wat in akkord was met dit wat aanvaarbaar was en ook gehoor die profesie van die hoof dissipels wat allomvattend is en hoor ook die oorsake en kondisies van vorige lewensbestaan en hoor hoe die Boedda magtige vrydheid en transendentale magte besit, het bekom wat hy nog nooit voorheen besit het en sy bewussyn was gereinig en het gevoel om te dans. Onmiddelik staan hy op vanuit sy stoel, beweeg tot ’n posisie voor die Boedda, sy hoof raak die grond en hy buig voor die Boedda se voete. Daarna beweeg hy eenkant en staar in eerbeid op na die Wêreld Gerespekteerde Een, sy oë verlaat nooit die Boedda en dink by homself: ‘Die Wȇreld-Gerespekteerde Een is baie uitsonderlik, sy aksies is uiters moeilik om teë te kom! Hy pas homself aan by die verskillende nature van die mense van die wȇreld en gebruik wenslike metodes en insig, hy preek die Wet vir hulle, lei lewende wesens weg van hul gulsigheid en vasklou aan dit en dat. Die Boedda se seëninge is sodoende dat ons dit nie in woorde kan omskryf nie. Slegs die Boedda, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, is instaat om te weet van die wense wat ons diep in ons harte het.

Daardie tyd sê die Boedda vir die monnikke: "Sien julle hierdie Purna Maitrayaniputra? Ek het hom alreeds geloof as mees voorsuitstaande tussen hulle wat die Wet preek. En ek het altyd sy verskillende seëninge geloof, sy hardwerkendheid in beskerming, behouding, hulplewering en verkondiging van my Wet, sy vermoë om te preek, bevoordeling en verblyding van die vier soorte aanhangers. Die deeglikheid hoe hy die korrekte Wet van die Boedda verstaan en die groot mate hoe hy hulle wat die godelike praktyke uitvoer, verryk. Behalwe die
Dus Hier Kom Een, is daar geen ander een wat so deeglik en elegant die teorieë kan verduidelik.

"Julle moet nie net veronderstel dat Purna is net instaat om te beskerm, handhaaf, hulp verleen en my Wet te preek. In die teenwoordigheid van neëntig miljoen Boeddas van die verlede het hy ook beskerm, handhaaf, hulp verleen en die Korrekte Wet van die Boeddas verkondig. Tussen hulle wat daardie tyd die Wet gepreek het, was hy ook die mees vooruitstaande.

"Bykomstig, met betrekking tot die Wet van kalm-leegheid gepreek deur die Boeddas, hy het ’n duidelike en deeglike begrip, hy het die vier onbeperkte soorte kennis en is ten alle tye instaat om die Wet op ’n vloeiende en reine manier te preek - vry van twyfel en verwarring. Hy is ten volle beklee met die transendentale magte van ’n streweling. Regdeur sy lewensbestaan beoefen hy godelike praktyke sodat die ander mense wat lewe in die era van daardie spesifieke Boedda almal dink, ‘Hier is ’n ware stem-aanhoorder!’

"En Purna, deur gebruik te maak van wenslike metodes, bring voordele tot onmeetbare honderd duisende van lewende wesens en het ontelbare mense bekeer en veroorsaak dat hul soek na alomvattende Boeddaheid. Om die Boedda lande te rein, wy hy hom konstant tot die Boedda werk, onderrig en bekeer hy lewende wesens.

"Monnikke, Purna was mees vooruitstaande tussen hulle wat die Wet gepreek het in die tyd van die sewe Boeddas. Hy is ook mees voorsuitstaande tussen hulle wat nou die Wet preek in my teenwoordigheid. En hy sal ook die mees vooruitstaandste wees tussen hulle wat die Wet preek in die tyd van die toekomstige Boedda. In alle gevalle hy beskerm, handhaaf, hulp verleen aan en verkondig die Wet van die Boedda. In die toekoms sal hy ook beskerm, handhaaf, verleen hulp en verkondig die Wet van onmeetbare en grenslose Boeddas, onderrig, bekeer en verryk ontelbare lewende wesens en veroorsaak dat hulle reik na alomvattende Boeddaheid. Om die Boedda lande te reinig sal hy homself konstant hardwerkend toepas - onderrig en bekeer lewende wesens.

Geleidelik sal hy ten volle bekend en omring wees met die weg van die streweling en nadat onmeetbare eeeue verbygegaan het, sal hy hier in die land wat hy nou is, volkome Boeddaheid bereik. Hy sal genoem word Helder Wet, Dus Hier Kom Een, waardig vir offerande, van korrekte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag
, goed weg,perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een.

"Hierdie Boedda sal duisend miljoen wȇrelde gelykstaande aan die sand van die Ganges rivier as sy Boedda land
hê. Die grond sal gemaak wees van die sewe skatte en so gelyk soos ’n handpalm, sonder enige hoogtes, heuwels, klowe of laagtes. Die land sal gevul wees met terrases en torings gemaak van die sewe skatte en diehemelsepaleisesal naby in die lug wees, sodat menslike en hemelse wesens met mekaar kan kommunikeer en binne sig is van elkeen. Daar sal nie bose weë bestaan nie en ook sal daar geen vrouens wees. Alle lewende wesens sal deur middel van transformasie gebore word en sal sonder vleeslike begeertes wees. Hulle sal magtige transendentale magte bekom, hul liggame sal ’n helder lig uitstraal en hulle sal instaat wees om na wense te vlieg. Hulle sal ferm van voorneme en denke wees, hardwerkend en wys en almal se liggame sal goud van kleur wees en die twee-en- dertig tekens teenwoordig. Al die lewende wesens in daardie land sal gereeld twee soorte voedsel inneem; die een naamlik die voedsel van Dharma blydskap en die ander een naamlik meditasie blydskap. Daar sal onmeetbare miljoene strewelinge wees, wie magtige transendentale magte en die vier onbeperkte kennisse sal bekom en sal vaardig en instaat wees om te onderrig en bekeer die verskeidenheid soorte lewende wesens. Die getal stem-aanhoorders sal nie bereken kan word nie. Almal sal ten volle besit die ses transendentale magte, die drie begrippe (kenisse) en die agt bevrydings.

"Hierdie Boedda land sal dus onmeetlike seëninge hê wat dit versier en kompleet maak. Die tydperk sal genoem word Skatte Helder en die land, Goed en Rein. Die Boedda se lewensbestaan sal ontelbare eeue wees en sy Wet sal vir ’n lang tydperk bestaan en nadat die Boedda nirvana bereik het, sal torings wat versier is met die sewe skatte oral regdeur die land opgerig word te ere van hom."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om die betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm:

Julle monnikke, luister aandagtig!
Die weg gevolg deur die seuns van die Boedda,
omdat hulle goed onderrig is in wenslike metodes,
is wonderlik verhewe bo begrip.
Hulle weet hoe die meeste wesens hul verbly in die minderwaardige Wet
en is bevrees vir magtie wysheid.
Daarom die strewelinge
kom voor as stem-aanhoorders of privaat-Boeddas,
gebruik tallose wenslike metodes
om die verskillende lewende wesens te bekeer.
Hulle doen hul self voor as stem-aanhoorders
en sê hulle is vêr verwyder van die Boedda-weg,
en bring so bevryding aan onmeetbare menigtes,
laat hulle almal toe om sukses te behaal.
Beperk in aspirasie, lui en
traag is die menigtes
tree vir tree word hulle gelei tot die bereiking van Boeddaheid.
Innerlik, in die geheim, die seuns (prinse) tree op as strewelinge,
maar uiterlik toon hulself as stem-aanhoorders.
Hulle blyk om minder begeertes te hê uit haat teenoor geboorte en sterfte,
maar inderwaardheid reinig hulle die Boedda lande.
Voor die menigte blyk dit dat hulle besmet is met die drie gifstowwe
deur manifestering van die demoniese sienings
My dissipels op hierdie manier
gebruik wenslike metodes om lewende wesens te red.
Indien ek sou beskryf al die verskillende maniere,
die menigte manifistasies hul openbaar om andere te bekeer,
die lewende wesens wie my hoor
sal twyfel en verward in bewussyn word.
Nou, hierdie Purna in dieverlede
pligsgetrou en hardwerkend beoefen die weg
onder ’n duisend miljoen Boeddas,
verkondig en beskerm die Wet van daardie Boeddas.
Om die ongeëwenaarde wysheid na te hoor
gaan hy na waar die Boeddas was,
word ’n leier tussen die Boeddas se dissipels,
een van wye kennis en wysheid.
Hy toon geen vrees in wat hy verkondig en verduidelik
en was instaat om die byeenkoms
te verheug.
Nooit was hy uitgeput of mismoedig
in hulpverlening met die werk van die Boeddas.
Alreeds het hy die magtige transendentale magte bekom
en besit die vier onbeperkte soorte keninis.
Hy weet of die kapasiteit van die menigte stomp of skerp was
en konstant preek hy die reine Wet.
Hy verkondig beginsels soos hierdie,
onderrig ’n menigte van duisend miljoene,
veroorsaak dat hulle woon in die Groot Voertuig Wet
en hy homself reinig die Boedda lande.
En in die toekoms sa hy almoese aanbied aan ontelbare Boeddas,
beskerm, hulp verleen en verkondig hul korrekte Wet
en hy homself reinig die Boedda lande,
konstant gebruik hy verskillende wenslike metodes,
preek die Wet sonder vrees ,
red menigtes verhewe bo berekening,
veroorsaak dat hulle alomvattende wysheid realiseer.
Hy sal almoese offer aan die Dus Hier Kom Een,
beskerm en handhaaf die skatte stoorhuis van die Wet.

En later sal hy ’n Boedda word
genaamd Helder Wet.
Sy land sal genoem word Goed en Rein
en sal bestaan uit die sewe skatte.
Die era sal genoem word Skatte Helder.
Die menigte strewelinge sal onmeetbare miljoene wees,
almal het die magtige transendentale magte besit,
bedek met waardigheid, eerbaarheid, sterkte.
Stem-aanhoorders ook sal ontelbaar wees,
met die drie kenisse en agt bevrydings,
nadat hull die vier onbeperkte soorte kennis bekom het -
sulkes sal die monnikke van die Order wees.

Die lewende wesens van daardie land
sal almal geskei wees van vleeslike begeertes.
Hulle sal gebore word op ’n reine manier,

deur middel van ’n proses van transformasie ,
met al die tekens wat hul liggame versier
Met Dharma blydskap en meditasie vreugde as kos,
sal hulle geen ander gedagtes aan voedsel het.
daar sal nie vrouens wees nie
en geen van die bose bestaansweë.
Die monnik Purna
het al hierdie seëninge tot die hoogste mate behaal
en sal ’n reine land soos hierdie bekom,
met die groot menigte van waardiges en wyses.
Van die ontelbare sake rakend dit alles
het ek slegs vlugtig gepraat.

Daardie tyd het die twaalf honderd ontwaaktes, bevry in bewussyn, by hul self gedink, ‘Ons verbly ons daarin wat ons nog nooit tevore bereik het nie. Indien die Wȇreld-Gerespekteerde Een ons elkeen ’n profesie van verligting sou gee soos hy die ander hoof dissipels gegee het, sal dit ’n oorsaak van blydskap vir ons wees?’

Die Boedda, wetend wat in hul bewussyne was, sê vir Mahakashyapa: ‘Op hierdie twaalf honderd ontwaaktes (arhats) wie nou hier voor my is, sal ek een vir een ’n profesie lê dat hulle alomvattende Boeddaheid sal bereik.Tussen hierdie byeenkoms is ’n hoof dissipel van my, die monnik Kaundinya. Hy sal almoese offer aan twee en sestig duisend miljoen Boeddas en sal daarna ’n Boedda word. Hy sal bekend wees as Universele Kennis, perfekte helderheid en gedrag,
goed weg, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Vyf honderd ontwaaktes, insluitende Uruvilvakashyapa, Gayakashyapa, Nadikashyapa, Kalodayin, Udayin, Aniruddha, Revata, Kapphina, Bakkula, Chunda, Svagata en andere sal alomvattende Boeddaheid bereik.

Alma sal die titel dra van Universele Helderheid."

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy meining weereens te staaf, spreek in vers vorm:

Die monnike Kaundinya
sal onmeetbare Boeddas sien
en nadat tientalle eeue verby gegaan het
sal ten einde onpartydige en korrekte verligting bereik.
Konstant sal hy ’n groot helder lig uitstraal,
hy sal die transendental magte besit,
en sy naam sal bekend wees in al die tien rigtings,
gerespekteer deur een en elk.
Konstant sal hy die ongeëwenaarde weg preek;
daarom sal hy genoem word Universele Helderheid.
Sy koninkryk sal rein en skoon wees,
sy strewelinge dapper en begeesterd.
Almal sal na die wonderlike torings opklim,
reis na die lande in die tien rigtings,
om sodoende ongeëwenaarde items te offer
as geskenke aan die verskillende Boeddas.
Nadat hull hierdie almoees geoffer het
sal hul bewussyne gevul wees met groot vreugde
en hulle sal spoedig terugkeer na hul tuislande -
so sal hul bonatuurlike magte wees.
die lewensbestaan van hierdie Boedda sal sestig duisend eeue wees,
sy Korrekte Wet sal voortduur dubbel daardie tyd,
sy Vervalste Wet ook dubbeld daardie tyd,
en wanneer sy Wet uitgeblus is,

hemelse en menslike wesens treur.
die vyf honderd monnikke
sal een vir een Boeddas raak,
almal met dieselfde naam, Universele Helderheid
Elk sal ’n profesie aan sy opvolger maak deur te sê,
"Nadat ek nirvana bereik het,
jy, so-en-so, sal ’n Boedda word
Die wȇreld waarin jy bekerings sal doen
sal soos myne wees vandag."
Die versier en reinheid van die land
hul verskillende transendentale magte,
hul strewelinge en stem-aanhoorders,
hul KorrekteWet en VervalsteWet,
die aantal eeue van hul lewensbestaan -
alles sal wees soos ek hierbo beskryf het
Kashyapa, nou ken jy die toekoms
van die vyf honderd wie bevry is in hul bewussyn.
Die res van die menigtestem-aanhoorders sal ook so wees
Vir diegene wat nie teenwoordig is by die byeenkoms,
jy moet verkondig aan hulle en preek vir hulle

Daardie die vyf honderd arhats, nadat hulle die profesie vanaf die Boedda ontvang het, dans van blydskap. Onmiddelik staan hulle op uit hul sitplekke, beweeg vorentoe na die Boedda, raak met hul hoofde aan die grond en buig voor die Boedda se voete.
Hulle betreur hul foute, weereens bewys hulself en sê, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons het altyd by onsself gedink; ‘Ons het alreeds die uiteindelike uitwissing bereik. Maar nou weet ons ons is soos persone van geen wysheid. Waarom? Omdat, alhoewel ons instaat was om diewysheid van die Dus Hier Kom Een te bereik, was ons gewillig om tevrede te wees met minderwaardige wysheid’

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, dit was soos in die geval van ’n man wat na die huis van ’n baie goeie vriend gegaan het en nadat hy dronk geword het van wyn drink, gaan lê het en aan die slaap geraak. Daardie tyd sy vriend het die huis verlaat om amptelike besigheid te gaan doen. Hy neem ’n waardevolle juweel en versteek dit in die man se kledingstuk. Hy los dit by die man toe hy die huis verlaat. Die man was nog steeds dronk en weet niks daarvan. Toe hy (die dronk man) opstaan, het hy op reis gegaan na ander lande. Om vir homself kos en klere te verkry, moes hy met al sy energie en ywer soek en sodoende baie swaar gekry en moes met die min wat hy kon vind, te vrede wees.

"Later, sy getroue vriend ontmoet hom per kans. Die vriend sȇ, 'Hoe absurd, ou vriend! Waarom moet jy so swaar kry, alles net om kos en klere te vind? In die verlede wou ek seker gemaak het dat jy gemaklik kon lewe en die vyf begeertes maklik kon bevredig en op so en so dag en maand en jaar het ek ’n kosbare juweel geneem en dit in jou kledingstuk vas gewerk. Dit moet nog op jou persoon wees. Maar jy het nie daarvan geweet nie, jy was bekommer en onnodig gesukkel en afgesloef om vir jou self te sorg. Wat
gekkespul! Nou moet jy die juweel neem en dit verruil vir goedere. Dan kan jy ten alle tye alles hê en nooit weer armoede ervaar.'

"Die Boedda is ’n vriend soos daardie. Toe hy nog ’n streweling was, het hy ons onderrig en bekeer, ons geḯnspireer om alomvattende wysheid te bekom. Maar met verloop van tyd het ons totaal daarvan vergeet, ons het onbewus, onkundig en onwettend geword. Nadat ons die weg van die ontwaakte bereik het, het ons veronderstel dat ons uitwissing (nirvana) bereik het. Ons vind dit moeilik om vir ons lewens noodsaaklikhede te voorsien en kom met die min oor die weg. Nietemin het ons nie heeltemal die begeerte verloor om alomvattende wysheid te bekom nie. En nou die Wȇreld-Gerespekteerde Een maak ons wakker en bewus deur die woorde te spreek: 'Monnikke, wat julle bereik het, is nie totale uitwissing (nirvana) nie. Ek het veroorsaak dat julle vir ’n lang tydperk die goeie wortels van Boeddaheid gekultiveer het en as ’n wenslike metode het ek julle gewys die uiterlike tekens van nirvana maar julle het veronderstel dat julle in der waarheid nirvana bereik het.'

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, nou verstaan ons. Inderwaarheid is ons strewelinge en het ’n profesie ontvang dat ons volkome Boeddaheid sal bereik. Vir hierdie rede is ons gevul met groot vreugde, bekom wat ons nog nooit tevore gehad het."

Daardie tyd, Ajnata Kaundinya en die andere, wens om hul betekenis weereens te beklemtoon deur te sȇ:

Ons het die klanke van hierdie profesie gehoor
ons is verseker van ons ongeëwenaarde gemak en rustigheid;
ons verbly ons in die bereiking wat ons nog nooit te vore gehad het
en toon eerbiedigheid aan die Boedda van onmeetbare wysheid.
Nou in die teenwoordigheid van die Wȇreld-Gerespekteerde Een
betreur ons, ons foute en tekortkominge
Van die Boedda se onmeetbare skatte
het ons net ’n klein deeltjie van nirvana bereik
en soos onkundige en simpele persone
wat aangeneem het dit is voldoende.
Ons is soos die swak en verarmde man
wie na ’n goeie vriend se huis gegaan het
Die huis was baie vooruitstrewende een
en die eienaar bedien baie borde met lekkernye.
Die vriend neem ’n skaars en duur juweel ,
werk dit toe in die mou van die arm man se kleed,
gee dit sonder ’n woord en gaan toe weg,
en die man, slapend, weet niks daarvan
Nadat die man opgestaan het,
reis hy hier en daar na ander lande,
soekend na kos en klere om te oorleef,
vind dit uiters moeilik om homself te onderhou
Hy moes doen met die min wat hy kon vind
en nooit gehoop vir enige iets beter,
onbewus dat ’n pryslose juweel vasgewerk is in sy kleed
Later die goeie vriend wat hom die juweel gegee
ontmoet die arm man (hom) weer per kans
en nadat hy hom skerp tereg gewys het,
wys hom die toegewerkte juweel in sy kleed.
Toe die arm man die juweel sien
sy hart was gevul met groot vreugde,
want hy was ryk, besit rykdom en goedere
genoegsaam om die vyf begeertes te bevredig.
Ons is soos daardie man.

Deur die lang nag, dieWȇreld-Gerespekteerde Een
konstant in sy bejammering van ons, onderrig en bekeer ons,
veroorsaak dat ons die sade van ’n ongeëwenaarde aspirasie plant.
Maar omdat ons sonder wysheid is,
is ons onbewus en onwettend van dit.
Ons het bekom ’n klein deel van nirvana,
ons is versadig en soek niks verder.
maar nou het die Boedda ons wakker gemaak,
deur sê: 'Hierdie is nie werklik uitwissing (nirvana) nie,
wanneer julle die Boedda se ongeëwenaarde wysheid bekom,
slegs dan sal dit ware uitwissing wees!'
Nou het ons van die Boedda gehoor
hierdie profesies en beskrywings van versiering,
en hoe elkeen vir sy opvolger ’n profesie aandui,
en in liggaam en bewussyn is ons gevul met vreugde.

Hoofstuk Nege: Profesieë toeken aan studente en ervare monnikke
Daardie tyd Ananda en Rahula dink by hulself: ‘Wanneer ons reflekteer, ons besin hoe vreugdevol dit sal wees indien ons ’n profesie van verligting sou ontvang!’ Onmiddelik staan hul op, gaan tot voor die Boedda, raak met hul hoofde aan die grond en buig voor die Boedda se voete. Saam sê hulle vir die Boedda:

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons ook het ’n aandeel in hierdie! Ons het ons hoop op alleen die Dus Hier Kom Een gevestig en ons is welbekend aan die hemelse en menslike wesens en die asuras van al die wȇreld. Ananda bedien die Boedda konstant en beskerm en handhaaf die Dharma stoorhuis en Rahula is die Boedda se seun. Indien die Boedda op ons ’n
profesie sou bevestig dat ons alomvattende Boeddaheid sal bereik, dan sal ons wense bewaarheid word en die verlange van die menigte sal versadig wees."

Daardie tyd twee duisend van die stem-aanhoorders en dissipels, beide leerders en ervare monnikke wie niks meer nodig gehad het om te leer, almal staan op vanaf hul sitplekke, ontbloot hul regter skouer, beweeg vorentoe na die Boedda, druk hul handpalms teen mekaar en met gekonsentreerde bewussyne, staar in eerbied na die Wȇreld-Gerespekteerde Een, herhaal die versoek van Ananda en Rahula en staan toe eenkant.

Die Boedda sȇ toe vir Ananda: "In ’n toekomstige lewensbestaan sal jy ’n Boedda word met die naam Berg See Wysheid Onbeperkte Mag, Koning, Dus Hier Kom Een, waardig vir offerande, van korrekte universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense en hemelse wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Jy sal almoese offer aan twee en sestig miljoen Boedddas en sal die Dharma stoorhuis beskerm en handhaaf en daarna sal jy alomvattende Boeddaheid bereik. Jy sal strewelinge so getalvol soos twintig duisend tien duisend miljoen sand van die Ganges rivier onderrig en bekeer en veroorsaak dat hulle almal volkome Boeddaheid bereik. Jou land sal genoem word Altyd Staande Oorwinning’s Banier. Die grond sal skoon en rein wees en gemaak van lapis lazuli. Die tydperk sal genoem word Orals Vullend Wonderlike Geluide. Die lewensbestaan van daardie Boedda sal ontelbare duisende, tien diuisen miljoene eeue wees (dit sal byna onmoontlik wees om die Boedda se lewensbestaan te bereken en die Vervalsde Wetsal voortbestaan in die wȇreld dubbeld soveel soos die van die Korrekte Wet. Ananda, hierdie Boedda sal deur al die ontelbare Dus Hier Kom Een van al die tien rigtings vereer word en hulle almal sal sy seëninge verkondig."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om weer sy betekenis te beklemtoon en spreek in vers vorm en sê:

Ek sê nou vir die monnikke dat
Ananda, handhawer van die Wet,
sal almoese bied aan die Boeddas
en sal later korrekte verligting bekom.
Sy naam sal wees Berg See Wysheid, Onbeperkte Mag, Koning, Boedda,
Sy land sal skoon en rein wees,
genaamd Altyd Standende Oorwinning’s Banier.
Hy sal strewinge onderrig en bekeer
in getalle soos die sand van die Ganges rivier.
Hierdie Boedda sal magtige waardigheid en eerbaarheid besit,
sy bekendheid sal die tien rigtings vul.
Sy leeftyd sal onmeetlik wees
omdat hy lewende wesens bejammer.
Sy Korrekte Wet, dubbeld dit
Sy Vervalsde Wet, ook dubbled dit.
So ontelbaar soos die Ganges rivier se sand
sal die lewende wesens wees
wie in die midde van die Boedda se Wet
wat oorsake en kondisies sal plant wat sal lei tot die Boedda-weg.

In die byeenkoms van agt duisend strewelinge wie pas begin dink daarna om met vasberadenheid verligting te bereik, dink almal by hulself, “Ons het nog nooit gehoor van selfs ’n magtige strewelingwat ’n profesie soos die ontvang het. Vir watter rede sou hierdie stem-aanhoorders so ’n profesie ontvang?

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, ken die gedagtes van die strewelinge, sê vir hulle: "Geagte mans, toe ek en Ananda by die plek van Leegheid Koning Boedda was, het ons albei terselfde tyd daaraan gedink om vasberade volkome Boeddaheid te bereik. Ananda het konstant hom verlustig in die wye kennis van die Wet en ek het konstant myself ywerig ingespan. Daarom het ek alreeds daarin geslaag om alomvattende Boeddaheid te bereik terwyl Ananda my Wet beskerm en handhaaf. En hy sal ook soortgelyk die Dharma stoorhuis van die Boeddas van die toekoms beskerm, sal onderrig en bekeer en bring tot sukses die menigte strewelinge. So ernstig was sy oorspronklike eed en daarom het hy hierdie profesie ontvang."

Toe Anada in die teenwoordigheid van die Boedda hierdie profesie aangaande hom hoor en van die land hoor en van die versiering hy sou ontvang, die eed wat hy afgelȇ het, is gerealiseer. Toe was sy bewussyn gevul met groot vreugde want hy het bereik wat hy nooit voorheen gehad het. Onmiddelik herroep hy die Dharma stoorhuis van onmeetlike duisende, tien duisend miljoene Boeddas van die verlede en hy kon ten volle hulle verstaan sonder enige hindernisse, asof hy hulle so pas gehoor het. Hy herroep ook sy oorspronklike eed.

Ananda spreek toe in vers vorm:

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een, uiters moeilik om te ontmoet,
het veroorsaak dat ek die verlede kon herroep,
die Wet van onmeetbare Boeddas,
asof ek dit vandag dit hoor.
Nou twyfel ek nie meer nie
maar vertroef beskermd in die Boedda-weg.
As ’n wenslike metode doen ek diens as ’n bediende,
beskerm en handhaaf die Wet van die Boeddas.

Daardie tyd sê die Boedda vir Rahula: In ’n toekomstige bestaan sal jy ’n Boedda met die naam Trap Op Sewe Skatte Blomme,Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van korrekte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Jy sal almoese aan Boeddas, getalvol soos die gronddeeltjies van tien wȇrelde, offer. In alle gevalle sal jy die oudste seun van daardie Boedas wees - net soos jy nou my seun is. Die versierings van die land van Trap Op Sewe Skatte Blomme, die getal eeue van sy lewensbestaan, die dissipels wat hy bekeer, sy Korrekte Wet, die Vervalsde Wet sal nie verskil van daardie van die Dus Hier Kom Een Berg See Wysheid Onbeperkte Mag Koning. Jy sal die oudste seun van daardie Boedda wees en daarna sal jy volkome Boeddaheid bereik."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis te beklemtoon, sê in vers vorm:

Toe ek die kroonprins was
Rahula was my oudste seun.
Nou dat ek die Boedda-weg bereik het
ontvang hy die Dharma en is ’n Dharma seun.
In ’n toekomstige lewensbestaan
sal hy onmeetbare miljoene Boeddas sien.

As die oudste seun vir al die menigte,
met ’n enkel gefokusde bewussyn sal hy die Boedda-weg soek.
Die bekering’s aksies van Rahula
Ek alleen is instaat om te weet.
Hy manifesteer homself as my oudse seun,
toon homself aan lewende wesens.
Met onmeetlike miljoene seëninge verhewe bo berekening,
hy vertroef veilig in die Boedda seWet
en soek so die ongeëwenaarde weg.

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een observer die twee duisend studente en ervare monnikke, rustig en sagmoedig in geaardheid, skoon en rein, staar na die Boedda met ’n gefokusde bewussyn. Die Boedda sê vir Ananda, "Sien jy hierdie twee-duisend studente
en ervare monnikke?"

"Ja, ek sien hulle."

"Ananda, hierdie persone sal almoese offer aan die Boeddas getalvol soos die stofdeeltjies van vyftig wȇrelde, toon eerbeid en respek aan hulle, beskerm en handhaaf hul Dharma stoorhuise. In hul finale lewensbestaan sal hulle almal terselfde tyd suksesvol wees om Boedda te word in die lande van die tien rigtings. Almal sal dieselfde genoem word, naamlik Juweel Teken Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van korrekte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Hul lewensbestaan sal een eeu wees en die versierings van die land, hul stem aanhoorders en strewelinge, Korrekte Wet en Vervalsde Wet sal in alle gevalle dieselfde wees."

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een sê toe weer in vers vorm:

Hierdie twee duisend stem-aanhoorders
wie nou hier staan in my teenwoordigheid -
aan almal van hulle maak ek bekend ’n profesie

dat in ’n toekomstige lewensbestaan sal hulle Boeddas word.
Die Boeddas aan wie hulle almoese sal offer

sal getalvol wees soos stofdeeltjies hierbo genoem.
Hulle sal die Dharma stoorhuise beskerm en handhaaf
en daarna sal hulle korrekte verligting bereik.
Elkeen sal ’n land hê in een van die tien rigtings
almal sal dieselfde naam en beskrywing hê.
Almal sal dieselfde tyd op die plek van beofening sit
en sal ongeëwenaarde wysheid bereik.
Almal sal genoem word Juweel Teken
en hulle lande en dissipels,
hul Korrekte Wet en Vevalsde Wet
sal almal identies en sonder verskille wees.
Almal sal transendentale magte gebruik
om lewende wesens in die tien rigtings te red.
Hul bekendheid sal oral rond versprei
en op die geskikte tyd sal hulle nirvana bereik.

Toe die twee duisend student en ervare monnikke hoor dat die Boedda hierdie profesie bekend maak, het hulle gedans van vreugde en spreek in vers vorm:

Wȇreld-Gerespekteerde Een, helder lig van wysheid,
ons hoor u stem hierdie profesie uiter
en ons harte is gevul met blydskap
asof ons gebad het in soete dou!

Hoofstuk Tien: Die Leermeester van die Wet
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een adresseer toe streweling Medisinale Koning en deur hom ook die tagtig duisend magtige manne: "Medisyne Koning, sien jy hierdie magtige byeenkoms van ontelbare hemelse wesens, draak konings, yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahoagas, menslike en on-menslike wesens, sowel as as monnikke, nonne
, leke mans en vrouens, diegene wat soekend is om stem-aanhoorders, privaat-Boeddas te word en hulle wat die Boedda-weg soek? Hierdie verskillende wesens wat nou in die Boedda se teenwoordigheid is en luister na een vers of een frase van die Lotus soetra van die Wonderlike Wet en vir ’n sekonde dink aan dit met blydskap, ek profiteer dat almal van hulle volkome Boeddaheid sal bereik.

Die Boedda sê vir Medisyne Koning: "Aanvullend noem ek dat, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik, enige wesens soortgelyk ook volkome Boeddaheid sal bereik. Weereens, indien daar persone wat omhels, lees, voordra, verduidelik en kopiëer die Lotus Soetra van die Wonderlike Wet, selfs net een vers en opsien na hierdie soetra met dieselfde verering as vir die Boedda, aanbied van veskillende offerande van blomme, wierook, halskettinkies, gepoeierde wierook,wierook vir verbranding,
systof tente,vlae en baniere, klere en musiek en handpalms gevou in eerbied, dan, Medisyne Koning, moet jy verstaan dat miljoene Boeddas wat sulke persone alreeds almoese geoffer het en in die plek van die Boedda waar die Boeddas hul magtige eed volbring het en omdat hulle lewende wesens bejammer het, word hulle altyd in hierdie (menslike) wȇreld gebore.

"Medisyne Koning, indien iemand sou vra watter lewende wesens sal verseker volkome Boeddaheid in toekomstige lewensbestaan bereik, dan moet jy hom al hierdie mense wys. Waarom? Omdat, indien enige goeie mans of vrouens, omhels, lees, voordra, verduidelik en kopiëer die Lotus Soetra, selfs een frase daarvan, offer verskeie soorte almoese aan die soetra, blomme, wierook, halskettinkies, gepoeierde wierook,
wierook vir verbranding, systof tente, vlae en baniere, klere en musiek en vou hul hande saam in eerbied, dan hierdie persone sal vereer en opgekyk word na deur die hele wȇreld. Almoese sal aan hulle geoffer word so asof dit aan die Dus Hier Kom Een geoffer word. Jy moet verstaan dat hierdie persone is magtige strewelinge wat daarin geslaag het om volkome Boeddaheid te bereik. Hulle bejammer lewende wesens en het ’n eed afgelȇ om tussen mense gebore te word sodat hulle breedvoerig kan verkondig en onderskeiding aangaande die Lotus soetra van die Wonderlike Wet. Hoeveel te meer so is dit waar dan, van diegene wat die volle soetra omhels en verskille tipe almoese daaraan offer!

"Medisyne Koning, jy moet verstaan dat hierdie persone het vrywillig die vergoeding wat hulle toekom as gevolg van die reine dade, verontgaan en die tyd nadat ek nirvana bereik het, omdat hulle lewende wesens bejammer, word hulle in hierdie bose wȇreld gebore sodat hulle breedvoerig die soetra kan verkondig. Indien daar een goeie man of vrou in die tyd nadat ek nirvana bereik het, instaat is om geheimlik dieLotus soetra aan ’n ander persoon kan verduidelik, dan moet jy weet dat hy of sy ’n verteenwoordiger van die Boedda is. Hy of sy is deur die Dus Hier Kom Een uitgestuur en voer die werk uit van die Dus Hier Kom Een. En hoeveel so meer, hulle wat in die midde van die groot byeenkoms breedvoerig die soetra aan andere verkondig!

"Medisyne Koning, indien daar ’n bose persoon wie, sy bewussyn leeg van goedheid, sou vir tydperk van ’n eeu in die die teenwoordigheid van die Boedda wees en konstant die Boedda beroof en vervloek, daardie persoon se oortredings sal steeds lig wees. Maar indien daar ’n persoon sou wees wat een bose woord sou spreek om ’n leke persoon of monnik of non wat die Lotus soetra lees en voordra, te vervloek of te beskinder, dan sal sy oortredinge baie ernstig wees.

"Medisyne Koning, hierdie persone wat die Lotus Soetra lees en voordra - jy moet verstaan dat daardie persone versier hulself met die versierings van die Boeddas, hulle word gedra op die skouers van die Dus Hier Kom Een. Waar ookal hulle mag gaan, moet hulle met die uiterste respek en eerbied behandel word. Die delikaatste almoese wat ook al geoffer kan word aan ’n persoon, moet aan hulle geoffer word. Hemelse skatte behoort oor hulle gestrooi te word en aan hulle as geskenke gegee word. Waarom sê ek dit? Omdat hierdie persone verbly hulle in die verkondiging van die Wet. En indien ’n persoon aan hulle vir selfs ’n kort tyd sou luister, sal hy onmiddelik volkome Boeddaheid bereik.

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Indien jy wens om in die Boedda-weg te vertroef
en suksevol die wysheid wat vanself kom,te bereik,
jy moet konstant ywerig wees in jou aanbieding van almoese
vir diegene wat die Lotus Soetra omhels.
As jy ’n wens het om vining wysheid rakende al die spesies van wesens te bekom,
behoort jy hierdie soetra te omhels
en terselfde tyd almoese gee vir diegene wie dit doen
Indien een instaat is die omhelsing
van die Lotus Soetravan die Wonderlike Wet,
weet dat so ’n persoon is n afgevaardigde van die Boedda
wie dink met jammerte aan lewende wesens.
Diegene wat instaat is om te omhels
die Lotus van die WonderlikeWet
staan af hul eis tot die rein land
en uit medelye vir lewende wesens wat hier gebore word.
Weet dat sulke persone
vrylik kies waar hulle gebore gaan word,
en kies om in hierdie bose wȇreld gebore te word
sodat hulle breedvoerig die ongeëwenaarde Wet mag verkondig.
Jy behoort hemelse blomme and wierook te offer,
kledingstukke bedek met hemelse skatte,
as almoese vir hulle wie die Wet preek.
In die bose wȇreld nadat ek nirvana bereik het
indien daar diegene is wie die soetra kan omhels,
jy behoort jou handpalms in eerbeid saam te vou
en offer almoese aan hulle asof die Wȇreld-Gerespekteerde Een is.
Die beste lekkernye, alles wat soet en smaaklik is,
tesame me verskillende tipe kledingstukke
behoort jy te offer as almoese vir hierdie Boedda seuns
in hoop dat jy mag die preking hoor.
Indien daar lewende wesens in die toekoms sal wees
wat hierdie soetra kan aanvaar en omhels,
hulle is my afgevaardigdes om tussen mense te gaan
om die Dus Hier Kom Een se werk te uit te voer.
Indien, vir ’n tydperk van ’n eeu
’n persoon sou konstant ’n bewussyn sonder enige sin vir goedheid

en verergerlike staar na die Boedda en die Boedda beroof,
hy sal skuldig wees aan ’n aanklag van ’n onmeetbare aard.
Maar teenoor daardie persone wat die Lotus soetra lees, voordra en omhels
indien ’n persoon vir self ’n oomblik bose woorde aan hulle sou toe sê,
sy oortreding sal selfs erger wees.
Indien daar iemand is wat die Boedda-weg soek
en gedurend ’n sekere tydperk
vou sy/hom handpalms in my teenwoordigheid
en dra voor ontelbare verse van prys,
as gevolg van die prysing van die Boedda
sal hy onmeetbare seëninge ontvang.
En indien ʼn persoon diegene wat hierdie soetra handhaaf sou loof en vereer,
sal sy fortuin selfs groter wees.
Vir die tydperk van tagtig miljoen
eeue,
met die mees wonderlikste vorme en klanke,
daarmee wat genot is vir reuk, smaak en aanraking,
offer almoese vir die handhawers van hierdie soetra!
Indien jy op hierdie manier almoese geoffer het
en die lering vir self seëninge gehoor het,
dan sal jy vreugde en goeie deugde ervaar,
jy sal sȇ, "Ek het groot voordeel bekom!"
Medisyne Koning, nou sê ek vir jou,
Ek het verskillende soetras gepreek,
en van al hierdie soetras, is die Lotus is die mees uitstaande!

Die Boedda praat toe weer met Medisyne Koning: "Die ontelbare soetras wat ek gepreek het, nou preek en nog gaan preek, tussen hierdie soetras, die Lotus Soetra is die mees moeilikste om te glo en te verstaan. Medisyne Koning, hierdie soetra is die stoorhuis van die geheime kern van die Boeddas. Dit moenie onverskuldig versprei en oorgedra word aan andere. Dit was beskerm deur die Boeddas, die Wȇreld-Gerespekteerde Een en vanaf die verlede tot nou is dit nooit openlik verkondig en omdat haat en jaloesie teenoor die soetra veel is, selfs wanneer die Dus Hier Kom Een in die wȇreld teenwoordig is, hoeveel te meer nadat hy nirvana bereik het?

"Medisyne Koning, jy moet weet dat nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, indien daar enige iemand is wat die soetra kan kopiëer, handhaaf, lees en voordra, almoese aan dit skenk en verkondig aan andere, dan die Dus Hier Kom Een hulle met sy kleed bedek en hulle sal ook beskerm en ingedagte gehou word deur die Boeddas wat nou teenwoordig is in ander streke. Sulke persone besit die krag van magtige geloof, die krag van aspirasie, die krag van goeie wortels. Jy moet weet dat sulke persone woon eintlik in dieselfde plek as die Dus Hier Kom Een en die Dus Hier Kom Een streel oor hulle hoofde met sy hand.

"Medisyne Koning, in enige plek waar ookal hierdie soetra gepreek, gelees, gekopiëer, voorgedra word of waar
’n afskrif bestaan, in sulke plekke moet torings wat bestaan uit die sewe soorte edelgesteentes opgerig word wat baie hoog en goed versier is. Daar is geen nodigheid om die Boedda aandenkings daar heilig te bewaar. Waarom? Omdat, in sulke torings die hele liggaam van die Dus Hier Kom Een is alreeds teenwoordig. Alle soorte blomme, wierook, halskettinkies, systof tente, vlae en baniere, musiek en koortjies behoort as almoese geoffer word aan die torings. En dit moet geëerbiedig, vereer en geprys word. Indien, wanneer mense hierdie torings sien en hulle buig in eerbeid en bied almoese aan, dan moet jy weet sulke persone is naby volkome Boeddaheid.

"Medisyne Koning, veronderstel daar is man wat dorstig is en water benodig. Op ’n hoogligggende
p lato, hy begin grawe ’n gat op soek na water, maar hy sien dat die grond droog is en weet dat water is nog vêr weg. Hy gee nie op en geleidelik sien hy dat die grond word klam, totdat hy moddergrond vind. Nou hy is vasberade in sy bewussyn om aan te gaan omdat hy weer water is baie naby.

"Die weg van die strewelinge is dieselfde. Solank as ʼn persoon nog nie gehoor het, nog nie verstaan het en nog nie instaat is om hierdie Lotus soetra te beoefen nie, dan moet jy weet daardie persoon is nog baie vêr weg van alomvattende Boeddaheid.Waarom? Omdat alle strewelinge wat volkome Boeddaheid bereik het, het dit deur middel van hierdie soetra gedoen. Hierdie soetra open die hekke van wenslike metodes en toon die vorm van ware realiteit. Hierdie stoorhuis van die Lotus soetra is diep verskuil en vêr weg waar geen persoon dit kan vind. Maar die Boedda, onderrig, bekeer en lei die strewelinge tot sukses, open dit vir die lewende wesens.

"Medisyne Koning, indien daar strewelinge is wie nadat hulle hierdie Lotus soetra gehoor het, reageer met verbasing, twyfel en vrees, dan moet jy weet dat hulle slegs so pas met hulle reis begin. En indien daar stem-aanhoorders wie, nadat hulle hierdie soetra gehoor het, met verbasing, twyfel en vrees reageer, dan moet jy weet dat hulle persone
met oordadige arrogansie is.

"Medisyne Koning, indien daar goeie mans en vrouens wat, nadat die Boedda nirvana bereik het, wat wens om die Lotus Soetra aan die vier soorte geloof’s aanhangers te verkondig, hoe behoort hulle dit te doen? Hierdie goeie mans en vrouens moet die Dus Hier Kom Een se kamer binnegaan, trek aan die Dus Hier Kom Een se kleed en sit in die Dus Hier Kom Een se stoel en dan terwille van die vier soorte geloofs aanhangers, breedvoerig hierdie soetra verkondig.

"Die Dus Hier Kom Een se kamer is die soort bewussyn wat groot bejammering en medelye teenoor lewende wesens toon. Die Dus Hier Kom Een se kleed is die bewussyn van sagmoedig en verdraagsaamheid. Die Dus Hier Kom Een se sitplek is die kalm-leegheid van alle fenomena. ’n Wese behoort gemaklik daarin te sit en daarna met ’n bewussyn wat nooit lui of nooit nie aandagtig is nie, moet terwille van die strewelinge en die vier soorte loof’s aanhangers, breedvoerig hierdie Lotus soetra verkondig.

"Medisyne Koning, ek sal mense wat ek deur middel van towerkuns geskep het, na ander lande stuur om byeenkomste te organiseer om na die wet te luister. Ek sal ook monnikke, nonne,
leke mans en vrouens skep deur towerkuns om te luister na die preking van die Wet, dit te glo en te aanvaar en daarin te vertoef sonder om enige voorskifte te verbreek. Indien die predikers van die Wet in ’n leë en stil plek is, sal ek ’n groot getal hemelse wesens, drake, geeste, gandharvas, asuras en andere daarna toe stuur om te luister na hul preking van die Wet. Alhoewel ek in ’n ander land sal wees, sal ek van tyd tot tyd dit vir die predikers moontlik maak om my liggaam te sien. Indien hulle ’n frase van die hierdie soetra sou vergeet, sal ek verskyn en hulle aanmoedig om instaat te wees om die teks korrek en tenvolle voor te dra."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Indien jy wens om luiheid en besluitloosheid te oorkom,
moet jy luister na hierdie soetra,
dit is moeilik om ’n kans te kry om hierdie soetra te hoor,
en dit te glo en te aanvaar is ook baie moeilik.
Indien ’n persoon dors is en water wil hȇ
hy mag ’n gat grawe op ’n hoë plato,
maar so lank as wat hy sien dat die grond is dor
weet hy water is nog vêr weg
maar reelmatig sien hy die grond word klam en modderig
en dan weet hy verseker dat water naby is.
Medisyne Koning, jy moet verstaan
dat mense is netso -
Indien hulle nie dieLotus soetra hoor nie,
sal hulle vêr verwyder wees van die Boedda se wysheid,
Maar wanneer hierdie diepsinnige soetra hoor
wat die Wet van die stem-aanhoorders defineer,
indien hulle hierdie koning van die soetras hoor
en daarna dit sorgvuldig bepeins,
dan moet jy weet dat sulke persone
is naby die wysheid van die Boedda.
Indien ’n persoon hierdie soetra verkondig,
moet hy die Dus Hier Kom Een se kamer binnegaan,
trek die Dus Hier Kom Een se kleed aan,
sit in the Dus Hier Kom Een se stoel,
konfronteer die byeenkoms sonder enige vrees
en breedvoerig verduidelik en maak onderskeidings.
Groot bejammering en medelye is die kamer.
Sagmoedigheid en geduld is die kleed.
Die kalm-leegheid van alle fenomona is die sitplek,
en vanuit daardie posisie behoort jy die Wet aan hulle te verduidelik.

Indien, wanneer ’n persoon die soetra verkondig,
daar is iemand wat sleg van hom praat en hom beroof,
of aanval met swaard en stokke, teëls en klippe,
moet hy dink aan die Boedda en vir daardie rede geduldig wees.
In duisend, tien duisend miljoen lande
sal ek my reine en landurige liggaam manifesteer
en vir ontelbare miljoen eeue
vir lewende wesens sal ek die Wet verkondig,
Indien, nadat ek nirvana bereik het
daar diegene is wat hierdie soetra kan verkondig,
Ek sal die vier soorte geloofs na-volgers (magies fabriseer) uitstuur,
monnikke en nonne
en mans en vrouens van reine geloof,
om almoese te offer en veroorsaak dat hulle na die Wet luister;
hulle sal aan lewende wesens leiding verskaf,
maak hulle bymekaar en laat hulle luister na die Wet.
Indien iemand dink om iets boos aan die predikers te doen:
met swaarde en stawe of met teëls en klippe,
Ek sal persone, met towerkuns geskep, uitstuur
wie hulle sal beskerm en bewaar
Indien diegene wat die Wet uiteensit
alleen in ’n leë en stil plek is,
en daar geen menslike stemme klanke gehoor kan word nie
hulle sal hierdie sotra lees en voordra
daardie tyd sale k my rein en uitstralende liggaam vir hulle manifesteer .
Indien hulle ’n paragraaf van ’n frase vergeet
sal ek hulle aanmoedig sodat hulle deeglik en effektief kan wees,
Indien persone met hierdie deugde
aan die vier soorte geloofs aanhangers sou verduidelik
en lees en voordra in ’n stil plek,
sal ek hulle almal instaat stel om my liggaan te sien.
En indien die verkondigers in ’n leë en stil plek is
sal ek hemelse wesens, draak konings,
yakshas, geesteen ander stuur
om ’n byeenkoms te wees en te luister na die Wet.
Persone soos hierdie sal verheug wees om die Wet te verkondig,
onderskeidings te maak en geen hindernisse teë kom.

Omdat die Boeddas hul beskerm en altyd ingedagte hou.
Hulle sal instaat wees om vreugde aan die byeenkoms te bring.
Indien ’n wese naby die leermeesters van die Wet bly,
sal hulle vining die streweling’s weg bereik.
Deur van hierdie leermeesters te leer en na te volg
sal hulle Boeddas so getalvol soos die sand van die Ganges, sien.


Hoofstuk elf: Die verskyning van die Skatte
Daardie tyd was daar in die Boedda se teenwoordigheid was daar ’n toring versier met die sewe skatte, vyf honderd meter in hoogte en tweehonderd en vyftig in wydte en diepte, wat verrys het uit die aarde en in die lug gehang het
. Verskillende soorte kosbare voorwerpe het dit versier. Dit het vyf duisend reëlings, tien duisend kamers gehad en en ontelbare baniere en vlae het dit versier. Gekleurde papier juwele en tien duisend miljoen juweel-versierde klokke het daarvan afgehang. Al vier kante het geure van tamalapatra en sandalhout uitgestraal wat die hele wȇreld gevul het. Die baniere en tente was gemaak van die sewe skatte, naamlik goud, silwer, lapis lazuli, seeskulp, agaat, pȇrels en karneliaan en dit was so hoog dat dit tot in die paleise van die Vier Hemelse Konings gereik het. Die gode van die Trayastrimsha hemel laat reën af hemelse mandarava blomme as ’n offerande aan die skatte toring, en die ander hemelse wesens en die drake, yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens; ’n byeenkoms van duisend, tien duisen miljoene, offer verskillende soorte blomme, wierook, halssnoere, waaiers, afdakke en musiek as almoese vir die skatte toring, eerbiedig, vereer en loof dit.

’n Harde stem vanaf die toring uiter woorde van lof: "Uitstekend! Uitstekend! Shakyamuni, Wȇreld-Gerespekteerde Een, dat u ’n groot wysheid van gelykheid, ’n Wet om strewelinge te onderrig, beskerm en ingedagte gehou word deur die Boeddas, die Lotus soetra van die Wonderlike Wet en preek dit terwille van die groot byeenkoms! Dit is soos u sȇ. Shakyamuni, Wȇreld-Gerespekteerde Een, alles wat u verkondig is die waarheid!"

Die vier soorte geloofs na-volgers sien die groot skatte toring wat in die lug hang en hulle hoor die stem vanuit die toring. Almal ervaar die blydskap van die Wet, verwonderd aan hierdie dinge wat hulle nog nooit tevore geweet het nie. Hulle staan op vanuit hul sitplekke, vou handpalms saam in eerbeid en staan toe eenkant.

Daar was ’n strewling genaamd Groot Vreugde van Preking, wie die twyfel in die bewussyn van die hemelse en menslike wesens, asuras en die ander wesens van die wȇreld verstaan het. Hy sȇ vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, vir watter rede het hierdie skatte toring uit die aarde
verrys? En waarom die stem vanuit die midde van die toring?"

Die Boedda sȇ: "Streweling Groot Vreugde van Preking, in die skatte tower is die kompleet liggaam van ’n Dus Hier Kom Een. Lank gelede, ’n ontelbare miljoene eeue in ’n land genaamd Skatte Suiwerheid, as daar ’n Boedda met die naam Baie Skatte. Toe daardie Boedda oorspronklik die streweling’s weg beoefen het, het hy ’n magtige eed afgelȇ en gesȇ:, "Indien, nadat ek nirvana bereik het en in die lande van die tien rigtings is daar enige plek waar die Lotus Soetra gepreek word, dan sal my begrafnis toring, sodat ek mag luister na die soetra, verskyn op daardie plek om te getuig en prys die soetra se uitmuntendheid.'

"Nadat daardie Boedda klaar die Boedda-weg voltooi het en op die punt sal wees om nirvana binne te gaan, te midde van die groot byeenkoms van hemelse en menslike wesens, sê hy vir die monnikke, 'Nadat ek nirvana bereik het en daar is diegene wat wens om vir my volledige liggaam almoese te offer, dan moet hulle hul ’n groot toring oprig.' Daardie Boedda deur sy transendentale magte en die mag van sy eed, sal verseker dat regdeur die wȇrelde in die tien rigtings, maak nie saak in watter plek, indien daar persone wat die Lotus soetra preek, dan sal hierdie skatte toring verskyn en sy volledige liggaam sal in die toring wees. En hy sal die woorde uiter: “Uitstekend, uitstekend!”!

"Groot Vreugde van Preking, nou hierdie toring van die Dus Hier Kom Een, Baie Skatte, omdat dit die preking van die Lotus soetra gehoor het, het uit die grond uitgekom en spreek die woorde van loof: Uitstekend, uitstekend!"

Daardie tyd, die streweling, Groot Vreugde van Preking,ken die bonatuurlike magte van die Dus Hier Kom Een, sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons wens om die liggam van hierdie Boedda te sien."

Die Boedda sê vir hom, "Hierdie Baie Skatte Boedda het ’n diepgaande eed afgelȇ, 'Wanneer my skatte tower, sodat dit kan luister na die Lotus soetra, verskyn in die teenwoordigheid van een van die Boeddas, indien daar diegene sal wees wat wens dat ek my liggaam moet toon aan die vier soorte geloofs na-volgers, dan sal die verskillende Boeddas
wat uitstralingsvan daardie Boedda sal wees en wie die Wet preek in die wȇrelde van die tien rigtings, sal almal terugkeer en byeenkom rondom daardie Boedda op een plek. Slegs wanneer dit gebeur het, sal my liggaam sigbaar word. Groot Vreugde van Prediking, ek sal nou bymekaar maak daardie Boeddas wat uitstralings is van my liggaam en wat nou die Wet preek in die wȇrelde in die tien rigtings."

Groot Vreugde van Prediking sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek en die andere wens ook om hierdie Boeddas wat uitstralings van uself is, te sien en hulle te vereer en almoese te offer."

Die Boedda straal toe ’n lig vanuit die groepie wit hare tussen sy wenkbroue en onmiddelik is die Boeddas in die oostelikge streke in die land so getalvol soos die sand van die Ganges rivier, sigbaar. Die aarde in al daardie lande was gemaak van kristal en was versier met juweel bome en kleed. Ontelebare miljoene strewelinge het die land gevul en orals het juweel-versierde gordyne en nette gehang. Die Boeddas in hierdie lande preek die verskillende leerstellings van die Wet met magtige en wonderlike stemme en ook kon gesien word die ontelbare strewelinge wat die Wet preek vir die byeenkoms. In die suidelike, westelike en noordelike streke ook en in die vier intermediere kwarte en onder en bo, waarook al die ligstraal vanuit die Boedda se wenkbroue geskyn, dieselfde het daar gebeur.

Die Boeddas van die tien rigtings praat elkeen met hul menigte van strewelinge en sê , "Geagte manne, nou moet ek na die saha wȇreld gaan, na ’n plek waar Shakyamuni Boedda is en ook almoese offer aan die skatte toring van die Baie Skatte Dus Hier Kom Een."

Die saha wȇreld verander toe onmiddelik na ’n plek van skoonheid en reinheid. Die grond was van lapis lazuli, juweel-versierde bome en toue van goud het die agtien hoofpaaie aangedui. Daar was geen plase, dorpe of stede, groot oseane of riviere of strome of woude nie; groot wierook was gebrand en mandarava blommehet die grond orals bedek.
Juweel-versierde nette en gordyne was orals gehang, daar was ook juweel-versierde klokke en die lede van hierdie byeenkoms was daar alleen – alle ander hemelse en menslike wesens is verskuif na ’n ander streek.

Daardie tyd, die Boeddas, elk met ’n menigte strewelinge wat as sy helpers opgertree het, kom in die saha wȇreld aan en neem ’n posisie onder een van die juweel-bedekte bome in. Die bome was vyf honderd meter hoog en versier met takke, blare, blomme en vrugte in geskikte proporsies. Onder die bome was leeu trone, vyf meter hoog en versier met groot juwele. Elk van die Boeddas het ’n sitplek ingeneem (in gekruisde-bene posisie gesit). Op hierdie manier was al die sitplekke gevul regdeur die duisend-miljoen-voudige wȇreld en steeds was daar nie ’n einde aan die uitstalings van Shakyamuni Boeddawat slegs uit een rigting aangekom het.

Daardie tyd, Shakyamuni Boedda, wens om ’n plek vir al die Boeddas wat ’n uitstaling van homself was, te verskaf en het verder twee-honderd-tien-duisend miljoen lande in elk van die agt rigtings getransformeer –almal was skoon en rein sonder die hel, honger geeste of asuras. Hy het hul hemele en menslike wesens na ’n ander streek verskuif. Die grond van daardie lande was gemaak van lapis lazuli, juweel-versierde bome wat elk vyf honderd meter hoog was, het orals gegroei – die take, blare, blomme en vugte was van perfekte proporsies. Daar was juweel -verfraaide leeu trone onder al die bome (vyf meter hoog en verfraai met verskeie soorte skatte.) Hierdie lande wat ook sonder enige groot oseane of riviere of enige koninglike bergreekse soos byvoorbeeld die Muchilinda berge, Mahamuchilinda berge, Yster Omsirkelende berge, Groot yster Omsirkelende berge of Berg Sumeru. Die hele area het bestaan uit ’n enkele Boedda land, ’n juweel-versierde streek - gelyk en glad. Gordyne, dwars oorkruis juweel-versierd, is orals versprei en het orals gehang, banniere en tente is neer gehang, groot juweel-versierde weirook het gebrand en hemelse blomme het die grond orals rondom bedek.

Shakyamuni Boedda, om vir al die Boeddas (wat gearriveer het) ’n sitplek te verskaf, het weereens twee-honderd-tien-duisend miljoen lande in elk van die agt rigtings getrasformeer, sodat die lande skoon en rein was, sonder hel, honger geeste, ongediertes of asuras. Hy het ook die hemelse en menslike wesens na ’n ander streek verskuif. Die lande was soort gelyk soos hierbo beskryf.


Daardie tyd, die uitstralings van Shakyamuni Boedda vanuit die oostelike streek, Boeddas in lande gelykstaande aan miljoene sanddeeltjies van die Ganges rivier (elkeen preek die Wet) het daar bymekaar gekom. Die Boeddas vanuit die tien rigtings het geleidelik gearriveer en hul sitplekke ingeneem. Al die rigtings was gevul met die Boeddas.

Die Boeddas het hul bediendes weg gestuur en vir Shakyamuni Boedda gegroet. Elke Boedda het sy bediende ʼn hand vol juweel-versierde blomme gegee en gesȇ, "Geagte man, jy moet na Berg Gridhrakuta, die plek waar Shakyamuni Boedda is en spreek met hom soos ek jou bevel. Sê vir hom, 'Is u siektes en u bekommernisse min? In gees en energie, is u wel en gelukkig? Is die strewelinge en stem-aanhoordersalmal wel en tevrede?' Daarna moet julle die blomme oor die Boedda as ’n offerande strooi en sȇ, 'Boedda so-en-so wil graag deelneem in die onthulling van hierdie skatte toring.'

Onmiddelik staan Shakyamuni Boedda op vanuit sy sitplek en styg op in die lug. Al die vier soorte geloof na-volgers het ook opgestaan, vou hul handplams saam en staar op na die Boedda met ’n enkel gefokusde bewussyn.

Shakyamuni Boedda met die vingers van sy regterhand, open die deur van die toring van die sewe skatte. ’n Harde geluid soos ’n yster slot en grendel wat verwyder word uit ’n groot stad ingangshek en meteens kon al die lede van die byeenkoms Baie Skatte Dus Hier Kom Een sittend op die leeu troon binne die skatte toring sien (sittend asof in diepe meditasie). En hulle het hom hoor sê, "Uitstekend, uitstekend, Shakyamuni Boedda! U het hierdie soetra in ’n goeie gees gepreek. Ek het hierna toe gekom sodat ek hierdie soetra mag hoor."

Die vier soorte geloof’s na-volgers observeer hierdie Boedda wat nirvana alreeds onberekenbare miljoene eeue gelede bereik het, wat op so ’n manier gepraat het, was verwonderd oor wat hulle nog nooit tevore geweet het nie en hulle strooi die menigte hemelse blomme oor Baie Skatte Boedda en Shakyamuni Boedda.


Baie Skatte Boedda offer helfte van sy sitplek in die skatte toring vir Shakyamuni Boedda en sê, "Shakyamuni Boedda, sit hier!"

Shakyamuni Boedda meteens betree die toring en neem sy sitplek met gekruisde bene posisie in op die helfte van die stoel.

Die lede van die groot byeenkom sien die twe Boeddas met gekruisde-bene posisie op die leeu troon in die toring van sewe skatte en dink by hulle self, ‘Hierdie Boeddas sit hoog en vêr weg in die lug! As hulle net hul transendentale magte kan gebruik sodat ons ook by hulle kan aansluit daar in die lug!’

Onmiddelik gebruik Shakyamuni Boedda sy transendentale magte om die lede van die byeenkoms in die lug op te lig. En in ’n harde stem adresseer hy al vier soorte geloof’s aan-hangers: "Wie is instaat om breedvoerig die Lotus soetra van die wonderlike Wet op Aarde te preek? Nou is die tyd om dit te doen, want binnekort sal die Dus Hier Kom Een nirvana bereik. Die Boedda wens om die Lotus soetra van die wonderlike Wet toe te vertrou aan iemand wat dit kan behoue laat bly."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Hierdie heilige heer, hierdie Wȇreld-Gerespekteerde Een,
alhoewel hy lank gelede al nirvana bereik het,
sit nogtans homself in die skatte toring,
hier gekom terwille van die Wet.
julle mense, waarom dan, ywer julle ook nie terwille van die Wet?
Hierdie Boedda het nirvana bereik
oneindige eeue gelede,
maar in baie plekkke kom luister na die Wet
omdat sulke geleenthede is moeilik om teë te kom.
Hierdie Boedda het oorspronklik ’n eed afgelȇ, naamlik,
"Nadat ek nirvana bereik het,
waarook ek mag gaan, in watter plek ook al,
my konstante doel sal wees om die Wet te hoor!"
Daarby, hierdie uitstralings van my liggaam,
Boeddas in onmeetbare getalle soos die Ganges rivier sand
het gekom om die Wet te hoor,
en sodat hulle ook Baie Skatte, Dus Hier Kom Een
wie nirvana bereik het.

Elkeen het hul wonderlike land verlaat,
sowel as hul menigte dissipels,
die hemelse en menslike wesens, drake en geeste,
en al die offerande wat hulle hom gegee het,
en het gekom tot by hierdie plek met ’n doel
om seker te maak dat die Wet vir ’n lang tydperk sal voortbestaan
Sodat ek vir hierdie Boeddas ’n sitplek kan verskaf
gebruik ek my transendentale magte,
beweeg ontelbare menigtes ,
veroorsaak dat lande skoon en rein is
lei elk van die Boeddas
na die voet van juweel-versierde boom,
versierd as lotus blomme
versier ’n helder koel dammetjie.
Onder heirdie juweel-versierde bome
is leeu sitplekke,
en die Boeddas sit daarop ,
versier dit met hul helderheid
soos ’n groot brandende lamp
in die donkerte van die nag .
’n Wonderlike
wierook straal vanuit hul liggame,
vul die lande in die tien rigtings.
Lewende wesens toegedraai in die aroma
,
nie instaat om hul blydskap te bedwing nie,
asof die groot wind die take van ’n klein boom rondslinger .
Deur hierdie wenslike metodes

Maak hulle seker dat die Wet vir lank sal voortduur.
So ek sê vir hierdie groot byeenkoms:
Nadat ek nirvana bereik het,
wie sal kan beskerm en handhaaf,
lees en voordra hierdie soetra?
Nou in die teenwoordigheid van die Boedda
laat hom na vore kom en sy eed spreek!
Hierdie Baie Skatte Boedda,
alhoewel hy nirvana lank gelede bereik het
omrede sy magtige eed
brul hy die leeu se bru
l.

Baie Skattes, Dus Hier Kom Een, ek myself,
en die uitstralings van die Boedda wat hier by mekaar is,
verseker weet hierdie is ons doelwit.
Julle seuns van die Boedda,
wie kan hierdie Wet beskerm?
Laat hom ’n magtige eed aflȇ
om te verseker dat dit vir lank sal voortduur!
hy wat instaat om die Wet van hierdie soetra te beskerm
sal aan my en die vele Baie Skattes Boedda almoese geoffer het.
Hierdie Baie Skatte Boedda
vertoef in sy skatte toring
reis konstant regdeur die tien rigtings
terwille van hierdie soetra.
Diegene wat hierdie soetra beskerm, sal ook alreeds almoese geoffer het
aan die uitstralings van die Boedda wat hier gekom het
versier en maak verhelder
al die verskillende wȇrelde.
Indien iemand hierdie soetra preek,
sal hy instaat wees om my te sien
en die vele skatte van die Dus Hier Kom Een
en die uitstralings van die Boeddas.
al julle eerbare mans,
elkeen van julle moet sorgvuldig oorweeg!
Dit is ’n moeilike saak -
dit is reg dat jy so ’n magtige eed aflȇ.
Die ander soetras, getalvol soos die sand van die Ganges rivier,
maar al sou jy al daardie soetra verkondig,
dit sal as nie moeilik gereken word nie

Indien jy berg Sumeru sou gryp
en dit baie vêr weggooi
na die onmeetbare Boedda lande,
dit ook nie moeilik wees nie.
Indien jy die toon van jou voet sou neem
om ’n duisend miljoen wȇrelde te skuif,
skop dit vêr weg na ander lande,
dit ook sal nie te moeilik wees nie.
Indien jy op die piek van die hemel sou staan
en terwille van die byeenkoms
preek ontelbare ander soetras,
dit ook sal nie te moeilik wees nie.
Maar indien, nadat die Boedda nirvana bereik het,
in die tydperk van die bose,
jy kan hierdie soetra preek,
dit inderdaad sal baie moeilik wees!
Indien daar ’n persoon sal wees
wat die leë lug in sy hand sou neem
en daarmee sou rondloop,
dit sal nie te moeilik wees nie.
Maar, indien, nadat ek nirvana bereik het
’n persoon kan hierdie soetra uitskryf en dit omhels
en veroorsaak dat andere dit ook kan uitskryf,
dit sal inderdaad moeilik wees!
Indien ’n persoon die magtige aarde sou neem,
en dit op sy toonnael sou neersit,
en daarmee opstyg na die Braham hemel,
dit sal nie te moeilik wees nie.
Maar indien, nadat die Boedda nirvana bereik het,
in die tydperk van die bose,
’n persoon kan selfs vir ’n kort rukkie hierdie soetra lees,
dit sal inderdaad moeilik wees!
Indien, wanneer die vure kom aan die einde van die tydperk,
en een kan die droeë gras op sy rug sit
en die vuur binnegaan sonder om verbrand te word,
dit sal nie te moeilik wees nie.
Maar nadat ek nirvana bereik het
indien ’n persoon hierdie soetra kan omhels
verkondig en verduidelik dit aan slegs een ander persoon,
dit sal inderdaad moeilik wees!
Indien ’n persoon hierdie stoorhuis sou omhels -

van vier en tagtig duisend leerstellings,
die twaalf afdelings van die soetras -
en dit aan andere verkondig,
veroorsaak dat daardie luisteraars
die ses transendentale magte bekom -
alhoewel ’n persoon dit sal kan doen,
sal dit nie te moeilik wees nie.
maar nadat ek nirvana bereik het
indien ’n persoon kan luister na en hierdie soetra kan aanvaar
en vra aangaande die betekenis daarvan,
dit sal inderdaad moeilik wees!
Indien ’n persoon die wet sou verkondig,
en veroorsaak dat duiend miljoene,
ontelbare lewende wesens gelyk aan die sand van die Ganges rivier
om verligtes te word
wat die ses transendentale magte besit,
alhoewel ’n persoon instaat sal wees om sulke voordele mag verleen
dit sal nie te moeilik wees nie.
Maar nadat ek nirvana bereik het
indien ’n persoon kan hoor en omhels
ʼn Soetra soos hierdie een,
dit sal inderdaad moeilik wees!
Terwille van die Boedda-weg
in ontelbare lande
vanaf die begin (ontstaan) tot nou
het ek wyd baie spoetras gepreek,
en tussen hulle is hierdie soetra die mees uitstaande.
Indien een hierdie soetra kan handhaaf,
is dit so goed hy handhaaf die Boedda se liggaam.
Almal julle opregte manne,
nadat ek nirvana bereik het
wie kan hierdie soetra aanvaar en omhels,
lees en opsȇ ?
Nou in die teenwoordigheid van die Boedda
laat hom vorentoe kom en sy eed verklaar!
Hierdie soetra is moeilikom te handhaaf en na te kom;
Indien ’n persoon dit vir selfs ’n kort tydperk kan nakom
Sal ek versekerlik verheug wees
en so ook die ander Boeddas.
’n Persoon wat dit kan doen
wen die bewondering van die Boeddas.
Dit is wat bedoel word met dapperheid,
hierdie is wat bedoel word met ywer
Dit is wat genoem word die nakoming van die voorskrifte
en beoefening van die twaalf reëls
.
Op hierdie manier sal een vining die ongeëwenaarde Boedda-weg bereik.
en in toekomstige lewensbestaan
kan jy hierdie soetra lees en handhaaf,
hy sal ’n ware seun van die Boedda wees,
vertoef in ’n land silwerskoon en goed.
Indien, nadat die Boedda nirvana bereik het,
’n persoon kan die betekenis van hierdie soetra verstaan,
hy/sy sal die oë van die wȇreld wees
vir hemelse en menslike wesens.
Indien, in daardie vreesvolle tydperk
’n persoon kan hierdie soetra vir selfs een oomblik preek,
verdien hy/sy om almoese te ontvang
van alle hemelse en menslike wesens

Hoofstuk Twaalf: Devadatta
Daardie tyd die Boedda adresseer die strewelinge, die hemelse en menslike wesens, en die vier soort na-volgers soos volg: "Onmeetbare eeue gelede, het ek die Lotus Soetra sonder ophou gesoek. Gedurende daardie vele eeue het ek konstant as ’n heerser van ’n koninkryk verskyn wat ’n eed afgelȇ het om die ongeëwenaarde wysheid te soek. Sy bewussyn het nooit afgedwaal en in sy gretigheid om die ses vervolmakings na te kom, het hy ywerig almoese versprei, nooit suinig in sy hart, of geskenk van sy olifante of perde, die sewe skaarse artikels, lande, stede, vrou, kinders, bediendes of sy eie hoof, oë, murg en brein, sy eie vlees en ledemate en liggaam.
Hy het selfs nie sy eie wese of lewe bejammer nie. Daardie tyd was die menslike lewenstyd onberekenbaar lank. Maar terwille van die Wet het hierdie koning sy koninkryk en troon opgegee, die regering gedelegeer na die kroonprins. Hy het die tromme geslaan en prokomasies uitgevaardig, soekend na die Wet in die vier rigtings en sê, 'Wie kan die Groot Voertuig vir my verduidelik? Tot aan die einde van my lewe sal ek sy weldoener en bediende wees!'

"’n Siener kom toe na die koning en sê,, "Ek het ’n Groot Voertuig teks genaamd die Soetra van die Wonderlike Wet. Indien jy my altyd sal gehoorsaam, sal ek dit vir jou verduidelik.'

"Toe die koning hierdie woorde van die siener hoor, dans hy van blydskap. Onmiddelik gaan hy saam met die siener, voorsien aan hom alles wat hy nodig het, vrugte pluk, water en brandhout aandra, etes bedien, selfs sy liggaam as sitplek aangebied, nooit suinig in ligaam of bewussyn. Hy dien die siener op hierdie manier vir ʼn duisend jaar, alles terwille van die Wet, werk ywerig en pligsgetrou om toe te sien dat die siener niks te kort kom."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Ek herroep daardie tyd eeue gelede
toe ek opsoek was na die groot Wet
alhoewel ek die koning van ’n wȇreldse koninkryk was,
was ek nie oorgretig om die vyf begeertes te bevredig nie
maar in stede, lui die klok en roep uit na die vier kwartiere,
"Wie besit die magtige Wet?
Indien hy dit vir my kan verkondig en uit een lȇ
Sy slaaf en bediende sal ek dan wees!"
Daardie tyd was daar ’n siener genaamd Asita
wie gekom het en aangekondig het vir hierdie groot koning,
"Ek het ’n subtiele en wonderlike Wet,
nouliks bekend in hierdie wȇreld
Indien jy godsdienstige praktyke wil beoefen
Sal ek dit aan jou verduidelik"
Toe die koning hierdie woorde van die siener hoor
sy hart was gevul met groot blydskap.
Onmiddelik vergesel hy die siener,
verskaf aan hom alles wat hy nodig het,
brandhout bymekaarmaak, vrugte en wilde rys,
gee dit op die geskikte tyd met respek en eerbied.
Omdat die wonderlike Wet gedurig in sy gedagte was
was hy entoesiasties in liggaam en verstand.
Terwille van lewende wesens orals
het hy ywerig na die groot Wet gesoek,
sy eie behoeftes verontagsaam
of vir die bevrediging van die vyf begeertes.
Daarom was die heerser van die koninkryk
deur ywerige soeke instaat om hierdie Wet te bekom
en uiteindelik
Boeddaheid bereik,
soos ek nou vir jou sal verduidelik.

Die Boedda sê vir sy monnikke: "Die koning was daaardie tyd ek myself en die siener is nou hierdie man genaamd Devadatta. Alles omdat Devadatta ʼn goeie vriend was, was ek instaat om ten volle die ses vervolmakings, jammerte, medelye, vreugde en onpartydigheid te bekom, versier met die twee-en-dertig tekens, die tagtig karaktereienskappe, die pers getinte goue velkleur, die tien magte, die vier soorte vreesloosheid, die vier metodes om mense oor te haal, die agtien ongedeelde
eienskappe, en die transendentale magte endie krag van die weg. Die feit dat ek onpartydige en korrekte verligting bereik het en lewende wesens op ’n groot skaal kan red, is alles te danke dat Devadatta ’n goeie vriend was."

Toe sê die Boedda vir die vier soort geloofs na-volgers: "Devadatta, na verloop van onmeetbare eeue, sal Boeddaheid bereik. Hy sal genoem word Hemelse Koning Dus Hier Kom Een, waardig vir offeraande, van regte en
universele kennis, perfekte reinheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Daardie wȇreld sal Hemelse Weg genoem word en terselfde tyd sal Hemelse Koning Boedda in die wȇreld vertoef vir twintig eeue, breedvoerig die Wonderlike Wet preek terwille van lewende wesens. Lewende wesens getalvol soos die sand van die Ganges rivier, sal die vrugte van ontwaking bekom. Onmeetbare getal lewende wesens sal die begeerte ontwikkel om privaat-boeddas te word. Lewende wesens getalvol soos die sand van die Ganges rivier wat die begeerte ontwikkel het vir die ongeëwenaarde weg, sal die waarheid van geboorteloosheid bekom en sal nooit terugkeer (na hul ou weë). Nadat Hemelse Koning Boedda nirvana bereik het, sal sy Korrekte Wet in die wȇreld vir twintig eeue bestaan. Die aandenkings van sy liggaam sal gehuisves word in ’n toring gebou van die sewe skatte - sestig meter hoog en veertig meter in wydte en diepte. Al die hemelse en menslike wesens sal ’n verskeidenheid blomme, gepoeierde wierook, wierook vir verbranding, kleding, halskettinkies, vlae en baniere, juweel-versierde afdakke, musiek en lofliedere met eerbeid offer aan die wonderlike sewe juweel-versierde toring. Ontelbare lewende wesens sal die vrug van ontwaking bekom en verligting as privaat-boeddas bereik en ondenkbare getal sal die begeerte na wysheid ontwikkel en sal die vlak van nooit terugkeer bereik."

Die Boedda sê vir die monnikke: "In toekomstige tye indien daar goeie mans of vroue, wie, nadat hulle die Devadatta hoofstukvan die Lotus soetra van die Wonderlike Wet gehoor het, dit glo en eerbiedig met reine harte en nie twyfel en verward wees, sal hulle nooit val in die hel of die koninkryk van honger geeste of diere nie maar sal gebore word in die teenwoordigheid van die Boeddas van die tien rigtings en in die plek waar hulle gebore sal word sal hulle konstant hierdie soetra hoor. Indien hulle tussen menslike of hemelse wesens gebore word, sal hulle buitengewoon wonderlike vreugde geniet en indien hulle in die teenwoordigheid van die Boedda gebore word, sal hulle deur middel van transformasie uit die lotus blomme gebore word."

Daardie tyd was daar ’n streweling wat tusssen die na-volgers van Baie Skatte Skattes Wȇreld-Gerespekteerde Een van die laer streke was en wie se naam Opgehoopte Wysheid was. Hy sê vir Baie Skatte Boedda, "Sal ons teruggaan na ons tuisland?"

Shakyamuni Boedda sê vir Opgehoopte Wysheid,“Geagte man, wag ’n rukkie. Hier is ’n streweling genaamd Manjushri wie jy behoort te sien. Debateer en bespreek die wonderlike Wet met hom en dan kan jy teruggaan na jou tuisland.”

Daardie tyd Manjushri was sittend op ’n duisend blaar lotus blom (groot soos ’n wiel van ’n wa) en die strewelinge wie saam gekom het, was ook sittend op die juweel-versierde lotus blomme. Manjushri het op ’n natuurlike manier uitgekom vanuit die paleis van die draak koning Sagara in die groot oseaan en het in die lug gehang. Na heilige Arends Hoogte gaan hy en hy het afgegaan vanuit die lotus blom en in die teenwoordigheid van die Boeddas gekom. Hy buig sy hoof in eerbied voor die voete van die Boedda.Daarna gaan hy na waar Opgehoopte Wysheid was, groet hom en daarna het hy eenkant gaan sit.

Streweling Opgehoopte Wysheid bevraagteken Manjushri deur te sê, "Toe u na die paleis van die draak koning gegaan het, hoeveel lewende wesens het u bekeer?"

Manjushri antwoord, "Die getal is onmeetbaar! Die mond kan nie dit uiter nie, die verstand kan dit nie begryp nie. Wag ’n oomblik en daar sal bewyse wees."

Voordat hy kon klaar praaat, menigte streweling sittend op die juweel-versierde lotus blomme, verskyn uit die oseaan en gaan na Heilige Arends Hoogte, waar hulle ook in die lug hang. Hulle het al die streweling praktyke uitgevoer en verkondig en verduidelik die ses vervolmakings met mekaar. Diegene wat oorspronklik stem-aanhoorder was, verduidelik die praktyke van die stem aan-hoorders toe hulle in die lug hang, maar nou beoefen hulle die Groot Voertuig beginsels van klam-leegheid.

Manjushri sê vir Opgehoopte Wysheid, "Die werke van onderrig en bekering wat uitgevoer word in die oseaan, is soos jy dit nou kan sien."

Daardie tyd, streweling Opgehoopte Wysheid, dra hierdie verse van loof voor:

Van magtige wysheid en deugde, dapper en staatmaker, jy het onmeetbare wesens bekeer en gered
Nou, diegene in hierdie byeenkoms,
sowel as ekself, het almal hulle gesien.
Jy verduidelik die beginsel van ware realiteit,
open die Wet van die enkele voertuig,
lei menigte wesens breedvoerig,
veroorsaak dat hulle vining wysheid bekom.

Manjushri sȇ, "Toe ek in die oseaan was, het ek alleen konstant die Lotus soetra van die Wonderlike Wet verduidelik."

Streweling Opgehoopte Wysheid vra weer vir Manjushri, "Hierdie soetra is diepgaande, subtiel en wonderlik, ’n skat tussen die soetras, ’n skaarsheid in die wȇreld. Is daar moontlik enige lewende wesens, wie, deur eerlik en ywerig hierdie soetra beoefen, wat instaat was om vining Boeddaheid te bereik?"

Manjushri antwoord, "Daar is ’n dogter van die draak koning Sagara, wie pas agt jaar oud geraak het. Haar wysheid besit gretige wortels en sy is knap van begrip ten opsigte van die kern aktiwiteite en lewende wesens. Sy het die mondelings formules bemeester, was instaat om te aanvaar en omhels al die stoorhuis van diepsinnige geheime soos deur die Boedda gepreek, het diep in meditasie gepeneteer, volkome die leerstelling begryp en in ’n sekonde die begeerte om wysheid te bekom ontwikkel en het die vlak van geen terugkeer bereik. Haar wel sprekendheid ken geen hindernisse en met bejammering dink sy aan lewende wesens asof hulle haar eie kinders is. Sy is versier met seëninge wannneer dit kom by
denkende bewussyn en verduidelik met die mond, is subtiel, wonderlik en magtig. Sagmoedig, vol medelye, welwillend, toegeeflik, verfynd in voornemens en instaat om wysheid te bereik."

Streweling Opgehoopte Wysheid sȇ, "Wanneer ek Shakyamuni, Dus Hier Kom Een, observeer, sien ek dat vir onmeetbare eeue het hy moeilike en uitmergendelike praktyke uit gevoer, meriete bymekaar gemaak, deugde opgestapel, soek die weg van die streweling sonder om ooit te rus. Ek sien dat regdeur die duisend miljoen wȇrelde is daar nie ’n enkele plek so klein soos ’n mosterd saad waar hierdie streweling nie gefaal het om sy liggaam en lewe op te offer terwille van lewende wesens. Slegs nadat hy dit gedoen het, was hy instaat om die verligting’s weg te voltooi. Ek kan nie glo dat hierdie meisie, in ’n bestek van ’n sekonde, kan werklik korrekte verligting bereik."

Nog voordat hy klaar gepraat het, die draak koning se dogter verskyn skielik voor die Boedda, buig haar hoof in eerbied, gaan staan toe eenkant en dra verse van lof voor:

Hy verstaan diepgaande die tekens van skuld en goeie deugde
en verhelder die tien rigtings orals.
Sy subtiele en wonderlike rein Dharma liggaam,
is versier met die twee-en-dertig tekens;
die tagtig karaktereienskappe
versier sy Dharma liggaam.
Hemelse en menslike wesens staar in verwondering na hom,
drake en geeste toon almal eer en respek;
tussen al die lewende wesens,
daar is niemand wat hom nie vereer nie.
En nadat ek sy leerstellings gehoor het,

Het ek wysheid bekom -
Die Boedda alleen kan getuienis lewer aangaande dit.
Ek gee ’n uiteensetting van die die leerstelling van die Groot Voertuig
om lewende wesens van lyding te verlos (red).

Shariputra sê vir die draak meisie: "Jy beweer dat in hierdie kort tydjie was jy instaat om die ongeëwenaarde weg te bereik? Maar dit baie moeilik om te glo. Waarom? Omdat ’n vroulike liggaam besoedel en onrein, nie
’n (voer) tuig vir die Wet is nie. Hoe kon jy die ongeëwenaarde wysheid bereik? Die weg na Boeddaheid is lank en verreikend. Slegs na ’n wese onmeetlike eeue gespandeer het in strewe na soberhede, beoefen allerhande vervolmakings, kan ’n persoon dan uiteindelik sukses behaal? Verder meer, ’n vrou is onderhewig aan die vyf hindernisse. Eerstens sy kan nie ’n hemelse koning word nie. Tweedens sy kan nie die koning Shakra word nie. Derdes, sy kan nie ’n bose koning word nie. Vierdens, sy kan nie ’n wiel-draaiende wyse koning word nie. Vyfdens, sy kan ’n Boedda word nie. Hoe is dit dan moontlik dat ’n vrou soos jy Boeddaheid so vining kan bereik?"

Die draak meisie het ’n waardevolle juweel ter waarde van duisend miljoen wȇrelde wat sy vir die Boedda gee. Die Boedda het dit onmiddelik aanvaar. Die draak meisie sê vir streweling Opgehoopte Wysheid en vir die geëerde Shariputra, "Ek het hierdie waardevolle juweel aangebied en die Wȇreld-Gerespekteerde Eenhet dit aanvaar - was dit nie vining gedoen nie?"

Hulle antwoord, "Baie vinnig!"

Die meisie sȇ, "Gebruik julle bonatuurlike magte en sien hoe bereik ek Boeddaheid. Dit sal selfs vinniger wees!"

Almal die lede van die byeenkoms sien die draak meisie in die lug en oombliklik verander sy in ’n man en voer al die praktyke uit van ’n streweling, onmiddelik gaan na dieVleklose Wêreld van die suide, sit op die juweel-versierde lotus blom en bereik onpartydige en korrekte verligting. Met die twee en dertig kenmerke en tagtig karaktereienskappe, verduidelik hy die wonderlike Wet vir al die lewende wesensorals in die tien rigtings.

Daardie tyd in die saha wȇreld (Aarde), al die strewelinge, stem aan-hoorders en die andere van die agt soorte voogde, menslike en nie-menslike wesens, vanaf ’n afstand sien hoe die draak meisie ’n Boedda word en die Wet preek vir al die menslike en hemelse wesens in die byeenkoms. Hul harte was gevul met groot vreugde en almal van ’n afstand toon eerbiedige respek (en gehoorsaamheid). Onmeetbare aantal lewende wesens, hoor die Wet en verstaan dit en was instaat om die vlak van geen terugkeer te bereik. Ontelbare wesens ontvang die profesie dat hulle sal die weg bereik. Die Vleklose Wȇreld skud en bewe op ses verskillende maniere. Drie duisend lewende wesens van die saha wȇreld bly op die vlak van geen terugval na ou minderwaardige weë
. Drie duisend lewende wesens ontwikkel die begeerte na wysheid en ontvang profesie van verligting. Die streweling Opgehoopte Wysheid, Shariputra en al die ander lede van die byeenkoms in stilte glo en aanvaar hierdie dinge.

Hoofstuk Dertien: Vermaning om die soetra te aanvaar
Daardie tyd, streweling Medisyne Koning, tesame met die streweling Groot Vreugde van preking en die twintig duisend streweling aanhangers wat by hulle was, almal in die teenwoordigheid van die Boedda onderneem ’n eed en sȇ: "Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Eenom nie verder bekommerd te wees nie. Nadat die Boedda nirvana bereik het, sal ons hierdie soetra vereer, omhels, voordra en preek. Lewende wesens in die bose tydperk wat sal volg, sal minder en minder goeie wortels hȇ. Baie sal oordadig arrogant wees en gulsig om offerande te ontvang en ander vorme van vergoeding, vermeerder die wortels wat nie goed is en al vêrder weg beweegvan bevryding. Maar alhoewel dit moeilik sal wees om hulle te onderrig en te bekeer, sal ons die mag van groot
geduld ontbied en sal hierdie soetra lees en voordra, omhels, preek en dit kopiëer. Baie verskillende almoese offer en nooit teernoor ons liggame of lewens gegriefd voel nie.

Daardie tyd was daar vyf honderd strewelinge wat ’n profesie van verligting ontvang het. Hulle sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ook ons lê ’n eed af. In ander lande sal ons ook breedvoerig hierdie soetra preek."

Ook was daar agt duisend persone, sommig wat nog leer, andere wat geen meer te leer, wat ’n profesie van verligting ontvang het. Hulle staan op vanuit hul sitplekke, druk handpalms teen mekaar en draai na die Boedda toe lê die eed af: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons ook sal in ander lande hierdie soetra breedvoerig preek.Waarom? Omdat op die Aarde, die mense is geneig tot korrupsie en die bose, vervul met oordadige arrogansie, oppervlakkig met betrekking tot seëninge, deurmekaar, irrasioneel, kort van draad,
skynheilig, slinks en hul harte is nie opreg nie."

Daardie tyd, die Boedda se tante van moederskant, die non Mahaprajapati en die ses duisend nonne wat haar vergesel, sommig wat nog leer, andere wat geen leer meer nodig het, staan op vanuit hul sitplekke,vou hul handpalms saam en met ’n gefokusde bewusssyn, staar op na die Boedda en hul oë verlaat hom nooit.

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een sê vir Gautami, "Waarom kyk u na die Dus Hier Kom Een op so verwarrende manier? In jou hart is jy moontlik bekommerd dat ek nie jou naam genoem het saam met diegene wat ’n profesie van volkome Boeddaheid ontvang het nie? Maar Gautami, ek het vroëer ’n algemene verklaring afgelê dat al die stem-aanhoorders so ’n profesie ontvang. Nou indien jy graag wil weet van die profesie aangaande jou, ek sal sê in toekomstige tye, te midde van die Wet van die ses en tagtig duisend miljoen Boeddas, jy sal ’n magtige leermeester van die Wet wees en die duisend nonne sal jou vergesel as leermeesters van die Wet. Op so wyse sal jy geleidelik die weg van die streweling voltooi tot jy instaat sal wees om ’n Boedda met die naam Vreugdevol Gesien Deur Alle Lewende Wesens, waardig vir offerande, van regte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een te word. Gautami, hierdie Vreugdevol Gesien Deur Alle Lewende Wesens sal ’n profesie verklaar ten opsigte van die ses duisend strewelinge dat hulle almal volkome Boeddaheid sal bereik."

Daardie tyd, Rahula se moeder, die non Yashodhara, dink by haarself, die Wȇreld-Gerespekteerde Eenin sy verklaring van profesies het nie my naam genoem nie!

Die Boedda sê vir Yashodhara, "In ’n toekomstige tyd, ten midde van die Wet van miljoene Boeddas, sal u die praktyke (aksies) van ’n streweling uitvoer, sal ’n magtige leermeester van die Wet wees en sal geleidelik die Boedda-weg voltooi. Dan in ’n goeie land sal u ’n Boedda genaamd Versier met ’n duisend, tien duisend Gloeiende Tekens, Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van regte en universiele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Die lewensbestaan van daardie Boedda sal ontelbare eeue wees."

Daardie tyd, die non Mahaprajapati, die nonYashodhara, en hul na-volgers was almal gevul met groot vreugde, bekom wat hulle nog nooit tevore gehad het nie.Onmiddelik in die teenwoordigheid van die Boedda spreek hulle in verses:

Wȇreld-Gerespekteerde Een, leier en leermeester,
u bring rustigheid nahemelse en menslike wesens.
Ons het hierdie profesies gehoor
en ons verstand is vredevol en bevredig.

Die nonne, nadat hulle die verses opgesȇ het, sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ook ons sal instaat wees om na lande in die ander streke te gaan om hierdie soetra breedvoerig te propageer.

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een kyk na die agt-honderd-duisend-miljoen menigte
strewelinge en ontwaaktes. Hierdie strewelinge het almal die vlak van geen-terug- val bereik, die wiel van die Wet gedraai en het die mondelings formule bekom. Hulle staan op vanuit hul sitplekke en beweeg vorentoe na die Boedda, en met gevoude handplams en enkele bewussyn, dink by hulself, “Indien dieWȇreld-Gerespekteerde Een ons sou bevel om die hierdie soetra te aanvaar en te preek, sal ons dit doen en breedvoerig hierdie Wet propageer. Maar die Boedda is nou stil en gee ons nie so opdrag nie. Wat moet ons doen?”

Daardie tyd, die strewelinge respekvol kom die Boedda se wense na maar terselfde tyd wil hulle ook hul eie oorspronklike eed nakom, uiter die leeu se brul en lê ’n eed af deur te sê: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, sal ons orals reis, terug en heen deur die wȇrelde in die tien rigtings sodat ons lewende wesens instaat kan stel om hierdie soetra te kopiëer, te ontvang, omhels, lees en voordra, dit te verstaan en die beginsels te preek en te beofen in oorstemming met die Wet en dit korrek in hul gedagtes hou. Alles sal gedoen word deur die Boedda se mag en outoriteit. Ons pleit dat alhoewel die Wȇreld-Gerespekteerde Een in ’n ander streek sal wees, van vêr na ons sal kyk en ons beskerm en bewaar.

Daardie die strewelinge sê saam in een stem, in vers vorm:

Ons pleit by u om nie bekommerd te wees nie
Nadat die Boedda nirvana bereik het,
gedurende’n typerk van vrees en boosheid
sal ons vêr en wyd preek.
daar sal menigte onkundige mense wees
hulle sal ons wil vervloek en sleg praat van ons
en sal ons aanval met swaarde en stokke,
maar ons sal hierdie dinge verduur.
In daardie bose tydperk sal daar monnikke wees
met perverse wysheid en skynheilige en verdrowe harte
wie veronderstel dat hulle die weg bereik maar in werklikheid dit nie so nie,

Uitermatig trots en hoogmoedig in hul harte.
Of daar sal woud-bewoners’s monnikke wees
wat gelapte kleed dra en lewe in afsondering en aftrede,
wat beweer hul beoefen die ware weg,
verag en neer kyk op alle menslike wesens.
Gulsig vir wins en ondersteuning,
hulle sal die Wet preek vir
wit kledingstuk bedekte leke-mans
en wil gerespekteer en vereer word deur die wȇreld
asof hulle verligtes is wat die ses transendentale magte besit.
Hierdie mans sal boos in hul harte wees,
konstant dink aan wȇreldse vraagstukke (dinge),
hulle sal die naam van woud-bewoners monnike leen
en sal verheug wees om ons foute en gebrekke te verkondig,
sȇ dinge soos die volgende:
"Hierdie monnike is gulsig vir wins en ondersteuning
en daarom preek hulle nie-Buddistiese leerstellings
en fabriseer hulle eie (heilige)geskrifte
om die mense van die wȇreld te mislei
Omdat hulle hoop vir beroemdheid en bekendheid
hulle maak onderskeidings wanneer hulle hierdie soetra preek."
ten midde die groot byeenkoms
probeer hulle konstant om ons te belaster
,
hulle sal heersers, hoë ministers,
Preisters en huishoudings sowel as ander monnikke addresseer
om ons te beskinder en boos van ons te praat,
deur te sȇ, "Hierdie is manne van perverse sienings
wie nie-Boeddistiese leerstellings preek!"
Maar omdat ons die Boedda vereer
sal ons al hierdie boosheid verdra.
Alhoewel hulle ons met minagting behandel en ons bespot deur te sê,
"Daar is geen twyfe, julle is Boeddas!"
Al hierdie woorde van arrogansie en veragting
sal ons verduur en aanvaar.
In ’n besoedelde eeu en bose tydperk
sal daar baie dinge wees om te vrees.
Bosedemone sal van andere besit neem
endeur hulle vervloek, beroof en stapel verleentheid op ons
Maar ons, eerbiediglik vertrou in die Boedda,
sal die wapentuig van verdraagsaamheid aantrek.
om hiedie soetra te preek sal ons hierdie moeilikhede verduur.
Ons gee nie om vir ons liggame of ons lewens
maar is slegs angstig vir die ongeëwaarde weg
In toekomstige tydperke, sal ons beskerm en handhaaf
wat die Boedda aan ons toevertrou het
Dit is wat die Wȇreld-Gerespekteerde Eenmoet weet
Die bose monnikke van die (besoedelde) toekomstige tydperk,
faal om te verstaan die Boedda se wenslike metodes,
hoe hy die Wet preek wat in ooreenstemmig is met wat geskik is,
hulle sal ons konfronteer met vuil taal en verergerlike
fronse;
keer op keer sal ons verwerp en verban word
na ’n plek vêr verwyder van torings en tempels.
Al hierdie verskillende dinge sal die boses wesens doen,
omdat ons die Boedda se oopdragte ingedagte hou,
sal ons verduur
Indien daar in informele nedersettings en dorpe
diegene is wat die Wet soek,
sal ons gaan waar ook al hulle mag wees
en preek die Wet soos vertrou aan ons deur die Boedda.
ons sal afgevaardiges van die Boedda wees,
verskyn voor die gemeentes sonder vrees.
Ons sal die Wet preek met vaardigheid,
omdat ons wil hê dat die Boedda moet in rustigheid verkeer.
In die teenwoordigheid van die Wȇreld-Gerespekteerde Een
en van die Boeddas wie bymekaar gekom vanaf die tien rigtings
om hierdie eed te verkondig.
Die Boeddas moet weet wat in ons harte is.


Hoofstuk viertien: Vredevolle Praktyke


Daardie tyd, Manjushri, Dharma prins, streweling
en monnastiese verligte, sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie strewelinge onderneem iets wat baie moeilik is. Omdat hulle die Boedda respekteer en gehoorsaam, onderneem hulle hierdie groot eed dat in die bose tydperk hierna sal hulle die Lotus soetra sal beskerm, handhaaf, lees, voordra en preek. Wȇreld-Gerespekteerde Een, in die toekomende bose tydperk, hoe behoort hierdie strewelinge te werk gaan om hierdie soetra te preek?"

Die Boedda sê vir Manjushri: "Indien hierdie
strewelinge en ontwaaktesvin die bose tydperk hierna, wens om hierdie soetra te preek, moet hulle hou by vier reëls. Eerstens moet hulle hou by die praktyke en assosiasies geskik vir strewelinge sodat hulle die soetra kan verkondig terwille van lewende wesens. Manjushri, wat bedoel ek met die praktyke van ’n streweling of ontwaakte? Indien ’n streweling of ontwaakte standpunt inneem ten opsigte van volharding, is sagmoedig en gehoorsaam, nie geweldadig en nooit bekommerd in bewussyn en ten opsigte van verskynsels, hy neem geen aksie maar observeer die ware entiteit van verskynsels en maak ook geen onderskeidings, dan mag ’n persoon dit noem die praktyke van ’n streweling en ontwaakte.

"Ten opsigte van die assosiasies geskik vir hulle, strewelinge en ontwaaktes moenie intiem met heersers, prinse, hoë ministers of hoofde van organisasies assosiëer nie. Ook nie met nie-Boeddiste, priesters of Jainste of met diegene wie werke van sekulȇre literatuur of boeke wat deur ketters gekomponeer is, ook moet hulle nie intiem assosiëer met
Lokayatas (materialistiese leerstellings ) of anti-Lokayatas. Hulle moet nie intiem assosiëer met gevaarlike vermaaklikhede, boks, stoei of met akteurs of met andere besig met verskillende soorte illusionêre vermaak of met die onaantasbares (chandalas), persone te make met vark boerdery, te make met die teel van skape, hoenders of honde of diegene te make met visvang of ander bose beroepe. Indien sulke tipe persone jou sou besoek, dan mag jy die Wet vir hulle preek maar moet niks terug verwag nie. Weereens, moennie assosiëer met monnikke, nonne, leke-mans-en-vrouens wat beoog om stem-aanhoorders te word, ook moet jy hulle nie ondervra of hulle besoek nie. ’n Persoon moet nie met hulle in een kamer saambly nie of in die plek waar ’n persoon oefoen of in die lesing saal. ’n Persoon moet ook nie meedoen aan hulle aktiwiteite nie. Indien hulle op sekere tye na jou kom, moet jy die Wet preek in oorstemming met wat geskik is maar moenie verwagtinge koester nie.

"Manjushri, die streweling of ontwaakte moet, wannneer hulle die Wet preek vir vrouens, dit op so manier doen dat gedagtes van begeertes nie opkom nie, ook moet hy nie bly raak wanneer hy hulle sien. Indien hy die huis binnegaan van ’n ander persoon, moet hy nie in gesprek tree met jong meisies, ongetroude vrouens of weduwees nie. Ook moet hy nie naby die vyf tipes
impotente mans te kom of nabye handelinge met hulle hê nie. Hy moet nie ʼn ander persoon se huis alleen binnegaan nie. Indien dit uit nood is dat hy alleen die huis moet binnegaan, moet hy sy bewussyn fokus op gedagtes van die Boedda. Indien hy die Wet moet preek vir ’n vrou, moet hy nie sy tande vertoon wanneer hy lag of sy bors kaal maak nie. Hy moet nie enige intieme handelinge met haar hê selfs nie terwille van die Wet, nog minder vir enige ander rede.

"Hy behoort nie hom te verheug in die onderrig van baie jong dissipels of kinders en hy moet hom ook nie verbly in die deel van dieselfde leermeester. Hy moet hom konstant verbly in meditasie, om in ’n stil omgewing te wees en leer om sy bewussyn te beheer. Manjushri, hierdie is wat ek noem die dinge wat hy eerste van alles af moet mee assosiëer.

"Volgende, die streweling of ontwaaktes moet alle fenomena (verskynsels) sien as kalm-leeg, dit is hul ware entiteit (kalm-leeg). Dit draai nie onderstebo nie, beweeg nie, val nie terug nie, draai nie (in die rondte nie). Hulle is soos leë ruimte, sonder aangebore natuur, buite die bereik van alle woorde. Hulle word nie gebore nie, kom nie na vore nie, staan nie op nie. Hulle is sonder naam, sonder vorm, sonder ware wese. Hulle is sonder volume, sonder beperkings, sonder hindernisse, sonder grense. Dit is slegs deur oorsake en kondisies dat hulle bestaan en vir onderstebo aangeneem word, gebore word. Daarom sê ek dat ’n wese behoort konstant verheug te wees in die siening dat die vorm van verskynsels as sulks is. Dit is wat ek noem die tweede ding wat die streweling behoort hulself meet te assosiëer."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ

Indien daar enige strewelinge is
wie in die bose tyd hierna
wensom met vreeslose harte
hierdie soetra te preek,
hierdie is die plekke wat hulle moet ingaan
en die persone met wie hulle intiem moet assosiëer .
Ten alle tye vermy heersers
en die prinse van die koninkryk,
hoë ministers, hoofde van organisasies,
diegene betrokke by gevaarlike vermaak
sowel as onaantasbares
(chandalas),
nie-Buddists en priesters.
’n persoon moenie assosiëer
met wesens wat oordadig arrogant is
of diegene wat hardkoppig hou by die Geringer Voertuig
en geskoold is in die drie stoorhuis (e)
Monnikke wie die voorskrifte verontagsaam
ontwakers maar net in naam,
nonne wie hou van grappe en gelag,
of leke vroue na-volgers
wie diepgaande aangetrokke is tot die vyf begeertes
of wie onmiddelik nirvana wil bereik -
almal bogenoemde moet ’n persoon nie mee assosiëer nie.
Indien daar persone is
wie met goeie harte kom
na die plek van die streweling
om te hoor van die Boedda-weg,
dan die streweling met ’n vreeslose hart
maar sonder om enige verwagtinge te koester
moet die Wet vir hulle preek.
Maar weduwees of ongetroude vrouens
en die verskillende soort gekasteerde mans -
almal hierdie behoort hy nie mee te
assosiëer nie
of hulle nie behandel met
intimiteit nie.
Ook moet hy nie assosiëer met
slagters of vlees kerwers,
diegene wat diere jag of visvang,
of seermaak of doodmaak vir wins.
Diegene wat vleis verkoop as beroep
of vroue vertoon en hul gunste verkoop -
alle sulke persone
’n wese moet nooit met hulle
assosiëer.
Diegene wat betrokke is by gevaarlike sportsoorte,
stoei of ander soorte vermaak,
vroue van onstuimige aard -
moet nooit met enige van hulle assosiëer.
Moet nooit alleen in ’n geslote plek ingaan
om die Wet vir ’n vrou te preek.
wanneer jy die Wet preek,
laat daar geen gelag wees .
Wanneer jy ’n nedersteting binnegaan om vir kos te bedel,
neem nog ’n monnik saam met jou;
indien daar geen ander monnik is ,
met ’n gefokusde bewussyn, konsentreer op die Boedda.
Hierdie is wat ek noem
behoorlike praktyke en assosiasies.
Deur versigting te wees teenoor hierdie twee,
kan een preek op ’n vredevolle manier.
Een moenie spreek in terme van
meerwaardige of gemiddelde of minderwaardige leerstellings,
of leerstellings van die gekondisioneerde of ongekondisioneerde,
of die werklikheid of onwerklikheid.
Weereens moet een nie onderskeidings tref nie
deur te sê, "Hierdie is ’n man, hierdie is ’n vrou."
Moenie verskynsels probeer begryp nie,
of om dit te verstaan of om dit te sien nie.
Hierdie is wat ek noem
die praktyke van die streweling.
Alle verskynsels
is kalm-leeg, sonder ware wese,
sonder enige konstante en blywende natuur,
sonder ontstaan of uitwissing.
Dit noem ek die posisie
wat die wyse persoon moet inneem en moet mee assosiëer.
Van onderstebo-na-onder kom onderskeidings,
dat verskynsel bestaan of nie-bestaan,
is werklik of onwerklik,
word gebore, word nie gebore nie.
Plaas jouself in n stille omgewing,
leer om jou bewussyn te beheer,
bly rustig, kalm en beweeg soos Berg Sumeru.
Kyk na alle verskynsels
asof dit geen bestaan het,

Soos leë ruimte,
asof dit sonder fermheid of hardheid is,
nie gebore, nie ontstaan,
nie beweeg en nie terugval,
bly voortdurend in 'n enkele vorm -
dit is wat ek noem die plek om naby te kom.
Indien, nadat ek nirvana bereik het
daar monnikke is
wat hierdie praktyke beoefen
en hierdie
assosiëring toepas,
dan, wanneer hulle hierdie soetra preek
hulle sal vry wees
van vrees, angs en skugterheid
Indien ’n strewelinge sekere tye
’n stil kamer binnegaan
en met die korrekte geestelike houding
en na verskynsels kyk in ooreenstemming met die leerstellings,
en dan, opstaan vanuit sy meditasie,
terwille van die heerser,
die prinses, ministers en mense,
die priesters en andere,
ontvou (uiteensit), propageer, verduidelik
en preek hierdie soetra,
dan sal sy bewussyn kalm en rustig wees,
vry van
vrees en skugterheid.
Manjushri,
hierdie noem ek die eerste stel van reëls
vir die streweling om na te kom
om hom instaat te stel om in toekomstige tydperk
die Lotus soetra te preek .

"Verder Manjushri, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, in die later dag van die Wet, indien ’n wese wens om hierdie soetra te preek, moet hy hierdie vredevolle praktyke nakom. Wanneer hy sy mond open om te verduidelik of wanneer hy lees, moet hy nie hom verlekker in die uitwys van ander mense se foute of die geskrifte. Hy behoort nie veragting vir ander leermeesters van die Wet te toon of nie praat van ander mense se tekortkominge nie. Met betrekking tot die stem-aanhoorders, hy moet nie hulle op hul naam noem nie en nie hul tekortkominge (foute) beskryf nie of noem hul name en loof hul goeie punte.Ook moet hy ook nie sy verstand toelaat om gevul te raak met
ontevredenheid, ongelukkigheid of haat. Omdat hy goed is die kultivering van hierdie soort vredevolle bewussyn, sal sy luisteraars nie sy idees opponeer (verwerp) nie. Indien hy moeilike vrae gevra word, moet hy nie antwoord kragtens die Wet van die Geringer Voertuig nie. Hy moet dinge verduidelik alleenlik volgens die Groot Voertuig sodat mense instaat sal wees om wysheid wat alle spesies omhels, te bekom."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Die streweling moet ten alle tye vreugdevol wees
om die Wet op rustige wyse te preek.
Op rein en skoon grond
moet hy sy mat uitsprei,
smeer sy liggaam met olie,
was stof en onreinhede af,
trek ’n nuwe, skoon kleed aan
en maak homself beide binne en buite rein.
Sit gemaklik in die Dharma stoel,
hy moet die Wet preek in eenstemming met die vrae.
Indien daar monnikke
of nonne,
leke-mans geloofs na-volgers,
leke-vroue geloofs na-volgers,
heersers en prinse,
beamptes, sagmoedige mans en gewone mense,
met ’n gemoedelike uitdrukking, moet hy vir hulle preek
die subtiele en wonderlike leerstellings.
Indien daar moeilike vrae is
moet hy antwoord in eenstemming met die leerstellings,
gebruik oorsake en kondisies, metafore en gelykenisse
om te verduidelik en onderskeidings te maak,
en deur middel van hierdie wenslike metodes
veroorsaak dat alle aan-hoorders strewe na verligting,
om hul voordele geleidelik te vermeerder
en gaan die Boedda-weg binne.
Hy moet idees van luiheid eenkant stoot,
aook alle denke van vewaarlossing of gemak,
verwyder homself van bekommernisse
en met ’n medelyende bewussyn die Wet preek.
Dag en nag moet hy voordurend verduidelik
die leerstellings van die ongeëwenaarde weg,
gebruik oorsake en kondisies,
ontelbare metafore en gelykenisse
om die lewende wesens te onderrig
en verooorsaak dat hulle almal vreugdevol is.
Klerasie en beddegoed, voedsel, drank, medisyne -
in verband met sulke goed moet hy geen verwagtinge koester
maar met ’n gefokusde en gekonsentreerde bewussyn
om die redes die Wet preek,
begeer om die Boedda-weg te voltooi
en veroorsaak dat diegene in die byeenkoms dieselfde doen.
Dit sal vir hulle baie voordeel bring,
’n offferaande vir vrede.
Nadat ek nirvana bereik het
indien daar monnikke is
wie instaat sal wees om te verduidelik
hierdie Lotus soetra van die WonderlikeWet
hul bewussyn sal vry wees van jaloesie en woede,
van alle bekommernisse en hindernisse.
Geeneen sal hulle pla, vervloek of beroof nie.
Hulle sal geen vrees ken,
geen aanvalle met swaarde of stokke,
ook sal hulle nooit verban word nie,
omdat hulle vertoef in geduld.
Wyse persone sal goed wees
met kultivering van hul verstand op so wyse
en instaat wees om in vrede te verkeer.
die seëninge van sulke persone
is verhewe bo berekening, metafore of gelykenisse;
miljoen eeue sal nie genoeg wees om dit te beskryf.

"Ook, Manjushri, indien ’n streweling of monastiese ontwaakte in die latere tydperk hierna, wanneer die Wet amper tot niet gegaan het, sal aanvaar en omhels, lees en voordra hierdie soetra, hy moet nie ’n bewussyn besit wat gekenmerk word deur jaloesie, skynheiligheid
of misleiding of oneerlikheid. En hy moet nie minderwaardig voel of diegene beroof wat die Boedda-weg bestudeer of hul tekortkomminge openbaar nie.

"Indien daar monnikke, nonne, leke-mans-en-vrouens, wie strewe om stem-aanhoorders of privaat-boeddas te word of soek na die streweling’s weg, ’n persoon moet hulle pla nie deur te veroorsaak dat hulle twyfel of spyt is deur vir hulle te sê, 'Jy is vêr verwyderd van die weg en aan die einde sal nooit instaat wees om die wysheid wat alle spesies insluit, bereik nie.Waarom? Omdat jy selfbehep en moedswillig is en die Wet verwaarloos!'

"Ook, ’n persoon moet nooit ligsinnig debateer oor die verskillende leerstellings of dispuut of wroeg oor dit. Aangaande alle lewende wesens, ’n persoon moet aan hulle met groot medelye dink. Aangaande die Dus Hier Kom Een, dink aan hulle as sagmoedige vaders; aangaande die strewelinge, dink aan hulle as magtige leermeesters. Teenoor die magtige strewelinge van die tien rigtings, ten alle tye handhaaf ’n ernstige bewussyn, betoon die nodige respek en gehoorsaamheid teenoor hulle. Aan alle lewende wesens, preek die wet op ’n onpartydige wyse. Omdat ’n persoon
aandagtig is van die Wet, beteken nie dat die hoeveelheid preking afgewissel moet word nie. Selfs vir diegene wat ’n diepgaande liefde vir die wet toon, behoort as gevolg daarvan nie meer en langer gepreek word nie.

"Manjushri, indien daar tussen hierdie strewelinge en monnastiese verligte
daar diegene is wat in ’n toekomstige tydperk hierna, wanneer die Wet begin verdwyn, suksesvol hierdie derde stel van vredevolle praktyke uit kan voer, dan wanneer hulle die Wet preek, sal hulle vry wees van angs en verwarring en sal hulle goeie mede student vind om saam te lees en voor te dra hierdie soetra. Hulle sal groot byeenkomste van mense aanlok wat sal kom luister en saamstem. Nadat hierdie persone geluister het, sal hulle dit omhels (glo); nadat hull dit omhels (geglo het), sal hulle dit voordra: nadat hulle voorgedra het, sal hulle preek en nadat hulle gepreek het, sal hulle dit kopiëer of andere oorreed om dit te kopiëer en hulle sal almoese offer aan die soetra rolle, behandel dit met eerbied, respek en lof."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Indien jy wens om hierdie soetra te preek,
skuif eenkant jaloesie, haat en arrogansie,
’n bewussyn wat skynheilig, misleidend, vals is,
en beoefen gedurig eerlikheid en opregte gedrag.
Moenie met mingating na andere kyk nie
en moenie vurige en sinnelose debate hou oor die leerstellings.
Moenie veroorsaak dat andere twyfel en spyt is
deur te sê, "Jy sal nooit ooit ’n Boedda word!"
Wanneer ’n seun van die Boedda die Wet preek
is hy ten alle tye sagmoedig, geduldig en vergewensgesind,
toon bejammering en medelye teenoor almal,
gee nooit toe aan ’n verwaarloosde en lui bewussyn.
die magtige strewelinge van die tien rigtings
uit jammerte vir die menigte, beoefen die weg.
’n Persoon moet streef om hulle almal te respekteer en te eerbiedig,
sȇ, "Hierdie is magtige leermeesters!"
Aangaande die Boeddas, die Wȇreld-Gerespekteerde Een,
leer om aan hulle te dink as ongeëwenaarde vaders.
Doen weg met ’n bewussyn van hoogmoed en arrogansie
en preek die Wet sonder hindernisse.
Sulks is die derde stel reëls;
wyse persone moet dit beskerm en gehoorsaam.
met ’n gekonsensteerde verstand, hulle observeer hierdie vredevolle praktyke,
dan sal hulle gerespekteeer word deur onmeetbare menigtes.

"Manjushri, indien tussen hierdie strewelinge daar diegene is, wat in die tydperk hierna, wanneer die Wet besig is om te verdwyn, aanvaar en omhels Lotus soetra, ten opsigte van die geloofs aanhangers wat nog steeds die huishoudelike lewe handhaaf
of diegene wat die huishoudelike lewe verlaat het, hulle moet ’n bewussyn van groot medelye kultiveer en ten opsigte van diegene wat nie strewelinge is nie, moet hulle by hulself dink: “Hierdie persone het ’n groot fout begaan. Alhoewel die Dus Hier Kom Een, as ’n wenslike metode die Wet preek in ooreenstemming met wat geskik is, luister hulle nie, weet nie, realiseer nie, doen nie navraag nie, glo nie en verstaan nie. Maar alhoewel hierdie persone nie navraag doen nie, nie glo nie en hierdie soetra nie verstaan nie, wanneer ek volkome Boeddaheid bereik, waar ookal ek mag wees, sal ek my transendentale magte en die mag van wysheid gebruik om hulle nader te lok sodat hulle in hierdie Wet bly.

"Manjushri, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, indien tussen hierdie strewelinge en ontwaaktes, diegene is wat suksesvol die vierde stel van reëls uitvoer, dan wannner hulle die Wet preek, sal hulle geen foute begaan. Monnikke, nonne, leke mans en vrouens en heersers, prinse, groot ministers, gewone mense, priesters en huishoudings sal konstant aan hulle almoese offer en sal hulle respekteer, eerbiedig en loof. Die hemelse wesens in die lug, sodat hulle kan luister na die Wet, sal gedurig hulle volg en bedien. Indien hulle in ’n nedersettting of dorp of in ’n stil en afgeleë plek of ’n woud is en mense kom en vra moeilike vrae, die hemelse wesenss al hulle dag en nag terwille van die Wet, beskerm en beveilig en veroorsaak dat die luisteraars verheug sal wees.Waarom? Omdat hierdie soetra word beskerm deur die bonatuurlike magte van al die Boeddas van die verlede, toekoms en huidiglik.

"Manjushri, wat betref hierdie soetra, regdeur ontelbare lande ’n persoon kan nie eens die naam hoor nie, nog minder dit sien, aanvaar, omhels, lees en voordra. Manjushri, veronderstel byvoorbeeld dat daar ’n magtige wiel-draaiende wyse koning is wat sy mag wil gebruik om ander lande te onderdruk maar die minder belangrike heersers wil nie sy opdragte gehoorsaam en nakom nie. Daardie tyd die wiel-draaiende koning sal sy verskillende troepe op roep en uit vaar om aan te val. Indien die koning enige van sy oorlogs magte sien wat al uitsonderlike welslae behaal het, is hy grootliks verheug en onmiddelik vergoed die persone en in oorstemming met hul meriete, deel uit: landerye, huise, nedersetting en dorpe, of kleingstukke en persoonlike versierings of moontlik verskillende waardevolle voorwerpe soos byvoorbeeld, goud, silwer, lapis lazuli, seeskulpe, agaat, koraal of amber, olifante, perde, waens, mans-en-vroue bediendes en mense. Slegs die helder juweel wat op die topknoop van sy hoof is, gee hy nie weg nie. Waarom? Omdat hierdie een juweel bestaan net op die toppunt van die koning se hoof en indien hy dit sou weggee sal sy onderdane hoogs onsteld en bekommerd wees en dit sal groot konsternasie veroorsaak.

"Manjushri, die Dus Hier Kom Een is net so. Hy gebruik die mag van meditasie en wysheid om die Dharma lande te oorwin en word ’n koning van die drie-voudige wȇreld. Maar die bose konings is ongewillig om onderdanig en gehoorsaam te wees. Die waardige en wyse militêre leiers van die Dus Hier Kom Een raak slaags met hulle in oorlog en wanneer enige van die Boedda se soldate onderskeidings op die oorlogs veld behaal, is die Boedda verheug in sy hart en ten midde van die vier soorte na-volgers, preek hy verskillende soetras, veroorsaak dat hul harte sodoende met blydskap gevul word. Hy skenk hulle meditasies, bevrydings, wortels en magte wat vry is van uitvloeiings en ander skatte van die Wet. Hy skenk ook aan hulle die stad van nirvana, sê vir hulle dat hulle nirvana bereik het, lei hul bewussyn en veroorsaak dat hulle almal
juig. Maar hy preek nie Lotus Soetra vir hulle nie.

"Manjushri, wanneer die wiel-draaiende koning iemand tussen sy soldate sien wat werklik groot onderskeiding behaal het, dan is hy so verheug in sy hart dat hy die ongelooflike fyn juweel wat so lank op sy hoof was, neem en gee dit vir daardie man. En die Dus Hier Kom Een doen dieselfde. In die drie-voudige wȇreld tree hy op as die groot Dharma koning. Hy gebruik die Wet om lewende wesens te onderrig en te bekeer, sien sy waardige en wyse weermag veg teen die boosheid van die vyf komponente, die boosheid van die aardse begeertes en die boosheid van sterfte. En nadat hulle groot onderskeiding en meriete gewen het, vernietig die drie vergiftings (gif), kom uit die drie-voudige wȇreld en vernietig die nette van die bose, daardie tyd is die Dus Hier Kom Een gevul met groot vreugde. Hierdie Lotus soetra is instaat om te veroorsaak dat alle lewende wesens alomvattende wysheid bekom. Dit sal baie teenkanting in die wȇreld ondervind en baie moeilik wees om in te glo. Dit was nie voorheen beoefen nie maar nou word dit gepreek.

"Manjushri, hierdie Lotus soetra is die mees uitstaande tussen alles wat deur die Dus Hier Kom Een gepreek word. Ook is dit die mees diepsinnigste. En dit word heel laaste gegee, die manier hoe die wyse heerser gedoen het toe hy die helder juweel wat hy so lank bewaar het en toe aan die einde weggegee het.

"Manjushri, hierdie Lotus soetra is die geheime stoorhuis van die Boeddas, die Dus Hier Kom Een. Ten midde van al die soetras, word dit die hoogste geag. Regdeur die lang nag het ek dit bewaar en beskerm en nooit dit onverskuldig gepropageer nie. Maar vandag vir die eerste keer, verduidelik ek dit terwille van jou."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Beoefen gedurig
uithouvermoë
bejammer alle lewende wesens,
en probeer jou beste om te verduidelik en te preek
die soetra wat deur die Boedda geloof word.
In die toekomstige tyd
diegene wat die soetra aanvaar,

moet sonder inagneming of die persone in die huishoudelike lewe is aldan nie
of persone wat nie strewlinge is nie,
kultiveer bejammering en medelye,
sê vir hulle, "Indien julle nie luister nie
en nie glo in hierdie soetra nie
begaan julle ’n groot fout.
Indien ek die strewling’s weg bereik
sal ek wenslike metodes gebruik
en die wet vir hulle preek,
veroorsaak dat hulle daarin vertoef
Veronderstel daar is ’n magtige wiel-draaiende koning
Sy soldaat het meriete gewen op die slagveld
en hy vergoed hulle met verskillende artikels,
olifante, perde, waens,
versierings vir die persoon, velde en huise, nedersettings en dorpe,
of gee vir hulle klere,
verskeie soorte waardevolle voorwerpe,
mans en vroue bediendes, rykdom en goedere,
verheug skenk hy al hierdie dinge.
Maar indien daar iemand dapper en getroue ondersteuner is
wie moeilike dade kan uitvoer,

Die koning sal die helder juweel vanaf die topknoop op sy hoof verwyder
en vir daardie man gee.
Die Dus Hier Kom Een is ook so.
Hy tree op as koning van die leerstellings,
besit groot mag van uithou (vermoëens)
en die waardevolle stoorhuis van wysheid,
en met sy groot bejammeringe en medelye
bekeer hy die tydperk in eenstemming met die Wet.
Hy sien alle persone
soos hulle lyding en angs ondergaan,
soekend om Vryheid (bevryding) te bekom
beveg die bose,
en terwille van die lewende wesens
preek hy die verskillende leerstellings,
gebruik magtige wenslike metodes
en preek hierdie soetras.
En wanneer weet dat lewende wesens
het magte bekom deur middel daarvan (soetra),
dan heel laaste terwille van hulle preek hy hierdie Lotus soetra,
soos die koning wat sy topknoop op sy hoof ontbind
en sy helder juweel weggee.
Hierdie soetra moet vereer word
as die hooogste tussen alle soetras.
Konstant beskerm en bewaar ek dit,
en onthul dit doelbewus nie.
Maar nou is die tyd reg vir my om dit te preek.
Nadat ek nirvana bereik het
indien iemand die Boedda-weg soek
en hoop om in rustigheid die soetra te verduidelik,
dan moet hy intiem assosiëer
met die vier reëls alreeds beskryf.
Enige iemand wat hierdie soetra lees
sal ten alle tye vry wees van bekommernisse en angstigheid;
terselfde tyd sal hy sonder siekte en pyn wees,
sy uitdrukking vars en helder.
Hy sal nie in armoede of gebrek gebore word nie,
of ook nie in nederige of lelike omstandighede.
Lewende wesens sal verheug wees om hom te sien
en opkyk na hom as waardige wyse.
Die jong seuns van hemelse wesens
sal op hom wag en bedien.
Swaarde en stokke sal hom nie raak nie
en gif sal geen mag hê om seer te maak.
Indien mense sleg van hom praat of wil beroof,
hul monde sal toegemaak word en hulle sal gestop word.
Hy sal orals loop sonder vrees
soos die leeu koning.
Die helderheid van sy wysheid
sal wees soos die son wat skyn;
selfs in sy drome sal hy net wonderlike dinge sien.
Hy sal die Boeddas sien, sittend op hul leeu trone
omring deur menigte monnikke en die Wet preek.
En hy sal drake, geeste, asuras en ander wesens,
getalvol soos sand van die Ganges rivier,
respekvol met hul handpalms saam gevou.
Hy sal homself daar sien en die wet vir hulle preek.
Weereens sal hy Boeddas sien,
hul liggame ’n skadering van goud (kleur),
en ontelbare ligstrale uitstraal wat alle dinge verlig,
Gebruik godelike klanke
om die leerstellings te verduidelik.
Vir die vier soorte geloofs na-volgers
die Boeddda sal die ongeëwenaarde Wet preek,
en hy sal homself tussen almal sien
handpalms saamgevou en Boedda loof
Hy sal die wet hoor en verheug wees
en sal offerande bring.
Hy sal die (woordlose) formules bekom.
en die bewys van wysheid sonder terugval.

En wanneer die Boedda weet dat sy bewussyn
het die Boedda-weg diep gepenetreer,

Dan sal die Boedda hom ʼn profesie gee
dat hy die hoogste, korrekte verligting bereik het.
"Jy, geagte man, in die toekoms sal onmeetbare wysheid bekom,
die groot weg van die Boedda.
Jou land sal versier en rein wees,
onvergelykbaar wyd en groot,
met die vier soorte geloofs na-volgers
wie hul handpalms saam vou en na die Wet luister.
Weer sal hy homself sien
ten midde die berge en woude
beoefen die goeie Wet,
verstaan die werklike natuur van alle verskynsels,
diep meditasie penetreer
en sien Boeddas van die tien rigtings.
Of Boeddas, hul liggame met ’n goue skadering,
versier met die tekens van honderd soorte goeie geluk,
of luister na die Wet en preek dit vir die mense -
sulks sal die goeie drome wees wat hy gedurig sal droom.
Weer sal hy droom dat hy ’n koning van ’n land is
maar doen weg met paleise en bediendes
en die uitstaande en wonderlike voorwerpe van die vyf begeertes,
gaan na die plek van beoefening
en onder die wysheids (Bodhi) boom
gaan sit op die leeu troon,
soek die weg en na sewe dae
bereik die wysheid van die Boeddas.
Nadat hy suksevol was in die ongeëwenaarde weg,
staan hy op en draai die wiel van die Wet,
preek die Wet vir die vier soorte geloofs na-volgers,
vir miljoene jare preek die wonderlike Wet vry van uitvloeiings,
red ontelbare lewende wesens
en daarna sal hy nirvana bereik
soos rook wat verdwyn nadat die lamp uitgegaan het.
Indien in die bose tydperk hierna
iemand preek hierdie mees uitstaande Wet,
daardie persoon sal groot voordele bekom,
seëninge soos alreeds hierbo beskryf.

Hoofstuk Vyftien: Verskyn vanuit die Aarde
Daardie tyd, die strewelinge en ontwaaktes wat vanaf die lande van die ander rigtings gekom het, het byeen gekom in getal meer as die sand van agt Ganges riviere, staan op ten midde van die groot byeenkoms, handpalms saamgevou, buig in eerbied en sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, indien u dit toelaat om in die tydperk nadat die Boedda nirvana binne gegaan het, om pligsgetrou en opreg beskerm, lees, voordra, kopiëer en almoese offer aan hierdie soetra in die saha wȇreld, sal ons dit wyd regdeur hierdie land preek!

Daardie tyd die Boedda sê vir die strewelinge en ontwaaktes: Los dit, geagte manne! Daar is geen nodigheid vir julle om die hierdie soetra te beskerm. Waarom? Omdat op die Aarde (saha wȇreld) is daar strewelinge en ontwaaktes, getalvol soos die sand van ses duisend Ganges riviere en elk van hulle het na-volgers gelyk aan sand getalvol soos ses duisend Ganges riviere. Nadat ek nirvana bereik het, sal daardie persone instaat wees om te beskerm, lees, voor dra en wyd hierdie soetra te preek.

Toe die Boedda hierdie woorde gespreek het, het die grond van die lande van die Aarde lande almal geskud en oop geskeur en daar uit verskyn oombliklik ontelbare strewelinge en ontwaaktes. Die liggame van die strewelinge was almal goudkleuring in skadering, met die twee-en-dertig tekens en met onmeetbare helderheid. Voorheen het hulle in die leë ruimte onder die aarde vertoef. Maar toe hulle die stem van Shakyamuni Boedda hoor, het hulle opgekom.

Elkeen van die strewelinge was die leier van sy eie groot groep na-volgers en elkeen het na-volgers gebring wie se getalle ontelbare miljoene was. Daar was selfs diegene wat slegs vyf, vier, drie, twee of net een dissipel saam gebring het. Sulks was hulle - ontelbaar, grensloos en verhewe bo berekeninge, metafore en gelykenisse.

Nadat hierdie strewlinge uit die aarde verskyn het, beweeg hulle na die wonderlike toring van sewe skatte wat in die lug gehang het. Daar waar Baie Skatte Dus Hier Kom Een en Shakyamuni Boedda was. Toe hulle daar kom, draai hulle na die twee Wȇreld-Gerespekteerdes, buig hul hoofde uit eerbied voor die voete van die twee Wêreld Gerespekteerdes. Ook het hulle eerbiedig gebuig voor die Boeddas wat op die leeu trone onder die juweel-versierde bome gesit het. Daarna beweeg hulle drie keer in ’n sirkel na regs, vou hul handpalms saam as teken van respek en eerbied, gebruik die strewelinge se verskillende metode van loof om lof aan te bied en daarna neem ’n posisie in aan die eenkant en staar in blydskap na die twee Wêreld Gerespekteerdes. Terwyl die strewelinge en ontwaaktes daarmee besig was, het ’n tydperk van ’n vyftig eeue verbygegaan.

Daardie tyd, Shakyamuni Boedda sit doodstil en die vier soorte geloofs na-volgers het ook doodstil gesit vir die vyftig eeue, maar as gevolg van die bonatuurlike magte van die Boedda, het vir die lede van die byeenkoms gelyk asof dit slegs ’n halwe dag was.

Daardie tyd, die vier soorte geloofs na-volgers, ook as gevolg van die bonatuurlike magte van die Boedda, sien hierdie strewelinge vul die lug oor ontelbare miljoene lande. Tussen hierdie strewelinge was daar vier leiers. Die eerste een was genoem Mees Uitstaande Praktyke, die tweede een was genoem Grenslose Praktyke, die derde was genoem Suiwer Praktyke, en die vierde, Ferm Gevestigde Praktyke. Hierdie vier strewelinge was die mees uitstaande leiers en leidende leermeesters tussen al die groepe.

In die teenwoordig van die groot byeenkoms, elkeen vou hul handpalms saam, staar na Shakyamuni Boedda en vra: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, is u siekte min, is u bekommernisse min, verloop u praktyke gemaklik? Diegene wat u van voorneme is om te red, ontvang hulle geredelik instruksies? Veroorsaak u pogings nie dat u moeg en uitgeput raak nie?

Daardie tyd, die vier magtige strewelinge spreek in vers vorm en sê:

Is die Wȇreld-Gerespekteerde Een gemaklik,
met min siekte en min bekommernisse?
In die onderrig en bekering van lewende wesens,
kan u dit doen sonder moegheid en
uitgeputheid?
En ontvang lewende wesens instruksie geredelik of nie?
Veroorsaak dit nie dat die Wȇreld-Gerespekteerde Een
moeg en uitgeput raak nie?

In die midde the van die groot byeenkoms van strewelinge, die Wȇreld-Gerespekteerde Een spreek hierdie woorde: "Net so, net so, net so, geagte manne! Die Dus Hier Kom Een is wel en gelukkig, met min siektes en min bekommernisse. Die lewende wesens word geredelik bekeer en gered en ek is nie moeg en uitgeput nie. Waarom? Omdat, tydperk na tydperk in die verlede het die lewende wesens konstant my instruksies ontvang. En hulle het ook almoese geoffer en eer betoon aan die Boeddas van die verlede en het verskillende goeie wortels geplant. So wanneer hierdie lewende wesens my vir die eerste keer sien en luister na my preking, onmiddelik glo en aanvaar hulle dit, gaan die wysheid van die Dus Hier Kom Een binne, behalwe diegene wat vroëer die Geringe Voertuig bestudeer en beoefen het. En nou sal ek dit moontlik maak vir daardie persone om te luister na hierdie soetra en die wysheid van die Boedda binne te gaan."

Daardie tyd, die vier magtige strewelinge spreek weereens in vers vorm:

Uitstekend, uitstekend,
Magtige held, Wȇreld-Gerespekteerde Een!

Die lewende wesens
is gereed om bekeer en gered te word.
Hulle weet om ondersoek in te stel omtrent
die mees diepsinnigste wysheid van die Boedda,
en nadat hulle gehoor het, glo en verstaan hulle dit.
Ons is ooreenstemmig oorsteld van blydskap.

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een loof die magtige strewelinge wat die groep gelei het en sê: "Knap gedaan, knap gedaan geagte manne! Julle weet hoe om in julle harte bly te wees vir die Dus Hier Kom Een."

Daardie tyd die streweling Maitreya en die menigte strewelinge in getalle gelyk aan die sand van agt duisende Ganges riviere dink by hulself: ‘Nooit in die verlede het ons al gesien of gehoor van sulke groot menigte strewelinge en ontwaaktes wat vanuit die aarde op uitgekom gekom en nou voor die Wȇreld-Gerespekteerde Een met handpalms gevou staan en almoese offer en vra aangaande die Dus Hier Kom Een!

Daardie tyd strewling Maitreya
wetend van die denke in die bewussyne van die ontelbare streweling en ook om sy eie twyfel uit die weg wou ruim, vou sy handpalms saam, draai na die Boedda en vra in vers vorm:

Ontelbare duisende, tien duisende, miljoene,
’n groot byeenkom van strewlinge
soos hierdie was nog nooit voorheen gesien nie -
Ek pleit by die mees geëerde van twee-been wesens om te verduidelik
waar hulle vandaan kom,
watter oorsake en kondisies bring hulle alma hier saam!
Groot in liggaam, met magtige transendentale magte,
ondenkbaar in wysheid,
ferm in hul voorneme en denke,
met die mag van groot uithou vermoë,
die soort lewende wesens wat verblywende is om aanskou te word -
waar het hulle vandaan gekom?
Elk van hierdie strewelinge
bring met hul mee ’n ontelbare menigte na-volgers
soos die sand van sestig duisend Ganges riviere.
En hierdie groot menigte
met ’n enkele bewussyn soek die Boedda-weg.
Hierdie groot leermeesters
in getal gelyk aan sestig duisend Ganges rivier sand
kom saam om almoese aan die Boedda te offer
en om hierdie soetra te beskerm en te handhaaf.
Meer getalvol is daardie na-volgers
soos die sand van vyftig duisend Ganges riviere,
diegene met na-volgers soos die sand van veertig,
dertig duisend, twintig duisend, tien duisend, een duisend

een Ganges rivier, halwe Ganges, een derde, een kwart,
of net een deel van tien duisend miljoen;
diegene met een duisend, tien duisend eeue
tien duisende, ’n miljoen dissipels, of ’n halwe miljoen -
hulle is nou meer getalvol!
Diegene met tien duisend na-volgers,
’n duisend of ’n honderd, vyftig of tien, drie, twee, een,
of diegene wie sonder enige na-volgers gekom het,
verheug in afgesonderdheid,
almal kom tot waar die Boedda is -
hulle is selfs nog meer as hier bo beskryf.
Indien ’n persoon sou probeer om ’n abakus te gebruik
om die groot getal menigtes te bereken,
alhoewel hy sou soveel eeue as die sand van die Ganges rivier neem
hy sal nooit die volle getal kan bereken nie.
Hierdie groep strewelinge
met hul groot waardigheid, deugde en hardwerkendheid -
wie preek vir hulle die Wet,
wie het hulle onderrig en bekeer en tot hier gebring?
Onder wie se leiding het hulle eerste hul bewussyn gefokus op verligting,
watter Boedda se Wet verkondig hulle?
watter soetra omhels en voer hulle uit,
watter Boedda-weg beoefen hulle?
Hierdie strewelinge besit transendentale magte en die mag van groot wysheid.
Die Aarde skud en skeur in vier rigtings
en hulle almal verskyn uit onder die Aarde daar uit
W
reld-Gerespekteerde Een, vanuit die verre verlede
het ek nog nooit so iets gesien nie!
Ek pleit by u om my te vertel waar hulle vandaan kom,
die name van die land.
Ek het gedurig van land tot land gereis
maar nooit sou iets aanskou nie!
In hierdie groot menigte, daar is nie een wat ek nie ken
Skielik kom hulle te verskyn uit die aarde -
ek bepleit u om die rede te verduidelik.
Nou, die lede van hierdie groot byeenkoms,
die ontelbare hondere, duisende, miljoene strewelinge,
almal wil hierdie dinge weet.
Ten opsigte van die oorsake wat die begin en die einde van hierdie strewelinge regeer,
Wêreld-Gerespekteerde Een besitter van omeetbare deugde,
ons pleit by u om ons twyfel uit die weg te ruim!

Daardie tyd, die Boeddas wat uitstralings van Shakyamuni Boedda was en vanuit die ontelbare miljoene lande in ander rigtings gekom het, sit gekruisde bene op die leeu trone onder die juweel-versierde bome in die agt rigtings. Die bediendes van die Boeddas sien almal die groot menigte strewelinge wat vanuit die aarde verskyn het en in die lug hang en elkeen sê vir hul onderskeie Boeddas: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie groot menigte van ontelbare en grenslose strewelinge - waar kom hulle vandaan?"

Daardie tyd elkeen van die Boeddas sê vir hul bediendes
: "Geagte manne, wag ’n oomblik. Daar is ’n streweling genaamd Maitreya hier, wat ’n profesie vanaf Shakyamuni Boedda ontvang het dat hy die volgende Boedda sal wees. Hy het alreeds omtrent hierdie saak navraag gedoen en die Boedda gaan hom nou antwoord. Gebruik hierdie geleentheid en luister aandagtig wat die Boedda gaan sȇ."

Shakyamuni Boedda sê vir die streweling Maitreya: "Uitstekend, uitstekend Ajita (Maitreya) dat jy die Boedda ondervra omtrent hierdie groot saak. Almal van julle moet met ’n gefokusde bewussyn die wapentuig van hardwerkendheid aantrek en moet vabeslote wees in julle voornemens. Die Dus Hier Kom Een wens nou om die wysheid van die Boeddas, die vrylike beoefening van transendentale magte, die mag wat soos die van ’n brullende leeu is en die magtige en kragtige mag van die Boeddas ten toon te stel en te verklaar.

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om weereens sy betekenis te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Wees hardwerkend en met ’n gefokusde bewussyn,
omdat ek wens om hierdie saak te verduidelik.
Moenie twyfel of spyt wees nie -
die Boedda-wysheid is moeilik om te begryp.
Nou moet jy die mag van geloof gebruik,
vertoef in geduldigheid en goedheid.

’n Wet wat in die verlede nog nooit gehoor is nie
sal jy nou instaat kan wees om te hoor.
Nou sal ek vir jou gemaklikheid en
berusting bring -
moenie twyfel of vrees nie.
Die Boedda het niks anders as woorde van waarheid,
sy wysheid kan nie gemeet word nie is.
Hierdie meest uitstaande wet wat hy bekom het
is baie diepsinnig, verhewe bo analise
Hy sal dit nou verduidelik -
jy moet luister met ’n gefokusde verstand.

Daarna sê die Wereld-Gerespekteerde Een vir streweling Maitreya: "Met betrekking tot hierdie strewelinge en ontwaaktes sê ek nou vir jou. Ajita, hierdie strewlinge en ontwaaktes het uit die Aarde verskyn en wie jy nog nooit in die verlede gesien het nie - toe ek volkome Boeddaheid op aarde bereik het, het ek hulle onderrig en gelei, hul bewussyne opgelei en veroorsaak dat hulle ’n begeerte ontwikkel vir die weg. Hierdie strewlinge het almal in die wȇreld van leë ruimte onder die aarde vertoef. Hulle lees, dra voor en verstaan die verskillende geskriftes, bepeins dit, maak onderskeidings en hou dit korrek in gedagte.

Ajita, hierdie geagte manne verbly hulle nie in teenwoordigheid van die byeenkomste en baie praat nie. Hulle blydskap en vreugde is om gedurig in ’n stil plek te wees, om ywerig en hardwerkend te wees en nooit te rus nie. Ook vertoef hulle nie lank tussen menslike of hemelse wesens maar verbly hulle konstant in diepsinnige wysheid, vry van alle hindernisse. En hulle verbly hulle konstant in die Wet van die Boeddas, ywerig en met gefokusde bewussyn strewe na die ongeëwenaarde wysheid."

Daaride tyd, dieWȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Ajita, jy moet verstaan
Hierdie groot strewelinge
vir ontelbare eeue
het die Boedda-wysheid beoefen.
Almal was deur my bekeer;
Ek het veroorsaak dat hulle hul bewussyn op die groot weg gerig het.

Hierdie is my seuns,
hulle woon in hierdie wȇreld,
konstant beoefen hulle die
streweling’spraktyke,
verkies ’n stil plek,
verwerp die bekommernisse en verwarring van die groot byeenkoms,
neem geen genot in baie praat.
Op hierdie wyse hierdie seuns
studeer en beoefen hulle my weg en Wet
sodat hulle dag en nag met konstante ywerigheid
die Boedda-weg mag soek,
in hierdie saha wȇreld (Aarde)
woon hulle in die leë ruimte aan die laagste gedeelte
ferm in die mag van voornemens en konsentrasie,
met konstante ywerigheide soek hulle wysheid,
hulle verduidelik die verskillende wonderlike leerstellings

en hul bewussyn is sonder vrees.
Toe in ek die stad Gaya was,
sittende onder die wysheid’s (bodhi) boom,
Bereik ek die hoogste, die korrekte verligting
en draai die wiel van die ongeëwenaarde Wet
Daarom onderrig en bekeer ek hulle,
veroorsaak dat hulle die eerste keer hul bewussyne rig op die weg.
Nou alma lvan hulle vertoef in die fase van geen terugkeer,
en almal sal op die geskikte tyd Boedda word
Wat ek spreek is die waarheid -
met ’n gefokusde bewussyn moet jy dit glo!
Sedert lank gelede het ek hierdie menigte onderrig en bekeer.

Maitreya sowel as die ontelbare ander strewelinge ondervind dat twyfel en verwarring in hul bewussyne ontstaan. Hulle was verward omtrent hierdie dinge wat nog nooit voorheen gebeur het en dink by hulself: ‘Hoe kon die Wȇreld-Gerespekteerde Een in so kort tydperk ’n ontelbare en grenslose menigte onderrig en bekeer om hulle instaat te stel om in volkome Boeddaheid te vertoef?’

Daarna sê Maitreya vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, toe die Dus Hier Kom Een’n kroonprins was, het u die paleis van die Shakyas verlaat en gaan sit in die plek van beoefening nie vêr van die stad Gaya en bereik daar volkome Boeddaheid. Skaars vyftig jaar of meer het sedertdien verby gegaan. Wȇreld-Gerespekteerde Een, hoe is dit moontlik dat u in so kort tydperk so baie werk kon verrig as ’n Boedda? Was dit moontlik deur die outoriteits magte van die Boedda, of deur die seëninge van die Boedda, dat u instaat was om soveel ontelbare strewelinge kon onderrig en bekeer om sodoende volkome Boeddaheid te kon bereik? Wȇreld-Gerespekteerde Een, ’n menigte strewelinge soos hierdie -’n persoon mag ’n duisend, tien duisend, ’n miljoen eeue spandeer om hulle te tel en nooit die getal kan bepaal nie! Sedert die verre verlede, in die woonplek van ontelbare en grenslose getal Boeddas, moes hulle goeie wortels geplant het, die streweling’s weg uitgevoer het en konstant godelike praktyke beoefen het. Wȇreld-Gerespekteerde Een, dit is moeilik vir die wȇreld om so iets te glo!

Veronderstel byvoorbeeld dat ’n jong man van vyf en twintig jaar met rooierige voorkoms en swart hare, sou wys na iemand wat honderd jaar oud is en sê,
'Hierdie is my seun!' of dat die honderd-jarige man sou wys na die jong man en sê, 'Hierdie is my vader wat my grootgemaak het!' Dit sal moeilik wees om te glo en so ook is dit omtrent wat die Boedda nou gesȇ het.

"Dit is inderwaardheid nie lank gelede dat u die weg bereik het. Maar hierdie menigte strewelinge het alreeds vir ontelbare miljoene eeue hulself ywerig en opreg terwille van die Boedda-weg toegepas. Hulle het geleer om binne te gaan, te verskyn te kom en vertoef in ontelbare miljoene
samadhis, het magtige transendentale magte bekom, het oor ’n lang tydperk godelike praktykte uitgevoer en was instaat om stap vir stap verskillende goeie leerstelling te beoefen en het vaardig geword in die vrae-en-antwoorde metodes, ’n skat tussen persone, iets wat skaars geken word in al die wȇrelde. En vandag, Wȇreld-Gerespekteerde Een, u vertel ons dat in die tyd sedert u die Boedda-weg bereik het, het u veroorsaak dat hierdie persone vir die eerste keer aspireer tot verligting, hulle onderrig, bekeer en hulle gelei het tot volkome Boeddahaheid!

"Wêreld-Gerespekteerde Een, dit is nie lank gelede dat u Boeddaheid bereik het en nogtans was u instaat om hierdie groot merkwaardige onderneming uit te voer! Ons self het geloof in die Boedda, glo dat wat hy preek is in ooreenstemming met wat geskik is, die woorde deur die Boedda geuiter is nooit vals en dat die Boedda se kennis in alle gevalle diep penetreer en volledig is. Nietemin, in die tydperk na die Boedda nirvana bereik het, indien daar strewelinge is wat so pas begin het om te aspireer tot verligting sou hierdie woorde hoor, moontlik sal hulle dit nie glo en aanvaar nie maar sal dit sal lei dat hulle die misdaad sal pleeg deur die Wet te verwerp. Daarom, Wȇreld-Gerespekteerde Een, pleit ons by u om te verduidelik sodat ons nie meer twyfel en sodat, in toekomstige tye wanneer goeie mense hierdie saak hoor, sal hulle nie twyfel nie!

Maitreya spreek toe in vers vorm om sy betekenis te beklemtoon:

In die verlede die Boedda gaan weg vanaf die Shakya familie,
verlaat sy huishouding en naby Gaya
sit onder die bodhi boom.
Min tyd het sedertdien verloop,
nogtans hierdie seuns van die Boedda is ontelbaar in getalle!
Alreeds lank het hulle die Boedda-weg beoefen,
vertoef in transendentale magte en die mag van wysheid,
vaardig leer hulle die streweling’s weg,
onbesoedeld deur wȇreldse dinge soos die lotus blom in die water.
Verskyn vanuit die aarde,
almal vertoon ’n eerbeidige en respekvolle bewussyn,
staan in die teenwoordigheid van die Wȇreld-Gerespekteerde Een.
Dit is moeilik om te begryp -
Hoe kan ’n persoon dit glo?
Die Boedda het die weg nie lank gelede bereik nie,
nogtans diegene wat hy help sukses behaal het, is so baie!
Ons pleit by u om die twyfel van die groep uit die weg te ruim,
om onderskeiding te maak en die waarheid te verklaar aangaande hierdie saak.
Dit is soos ’n jong man wat so pas vyf-en-twintig geword het
wat na ’n honderd jarige ou man met grys hare en verkreukelde gesig sou wys
en sê, “Ek het hom grootgemaak!'
En die ou man sou sê, 'Hierdie is my vader!'

Die vader, jeugdig, die seun oud -
niemand in die wȇreld kan dit glo nie!
Wȇreld-Gerespekteerde Een, u saak is soortgelyk.
Net onlangs het u die weg bereik
Hierdie strewelinge is ferm in voornemens, in geen opsigte skugter of onvolwasse.
Vir onmeetbare eeue het hulle die streweling’s weg beoefen
Hulle is vaardig met moeilike vrae en antwoorde,
hul bewussyn ken geen vrees.
Hulle het ferm ’n behouende bewussyn gekultiveer,
opreg in waardigheid en deugde.
Hulle word geloof deur die Boeddas van die tien rigtings
instaat en vaardig om die onderskeidings te preek
Hulle het geen wens om tussen skare te wees
maar verkies konstant om in ’n staat van meditasie te wees,
en om die Boedda-weg te soek
het hulle vertoef in die ruimte onder die aarde.
Dit het ons vanaf die Boedda gehoor
en het geeen twyfel in die verband (saak)
Maar terwille van toekomstige tye bepleit ons die Boedda
om te verduidelik en sodat ons verstaan.
Indien, aangaande hierdie soetra
’n persoon sou twyfel en faal om te glo,
hy sal eenklaps die bose weë betree.
So ons pleit nou by u om te verduidelik
Hierdie onmeetbare strewlinge -
hoe is dit moontlik dat in so kort tydperk
u hulle onderrig, veroorsaak dat hulle
aspirerende bewussyn ontwikkel,
en vertoef in die staat van geen terugval?

Hoofstuk Sestien: Die Lewensbestaan van die Tathagata
Daardie tyd die Boedda addresseer die strewelinge en almal deel van die groot byeenkoms: "Geagte mense, julle moet glo in en verstaan die ware woorde van die Dus Hier Kom Een." Julle moet glo in en verstaan die ware woorde van die Dus Hier Kom Een." En weereens sê hy: "Julle moet glo in en verstaan die ware woorde van die Dus Hier Kom Een."
Die strewelinge en die groot byeenkoms, met Maitreya sa hul leier, druk hul handplams saam en sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons pleit by u om te verduidelik. Ons sal die Boedda se woorde glo en aanvaar." Hulle spreek drie keer op so wyse en sê weereens: "Ons pleit by u om te verduidelik. Ons sal die Boedda se woorde glo en aanvaar."

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een sê: "Julle moet aandagtig luister en hoor van die Dus Hier Kom Een se geheim en sy transendentale magte. In al die wȇrelde, die hemelse en menslike wesens en die asuras almal glo dat die huidige Shakyamuni Boedda, nadat hy die paleis van die Shakyas verlaat het, hy gaan sit onder die boom in die plek van beoefening nie vêr van die stad, Gaya en daar volkome Boeddaheid bereik. Maar goeie mense, dit was onmeetlike, grenslose miljoene eeue gelede dat ek in werklikheid Boeddaheid bereik het.

"Veronderstel ’n persoon sou miljoen-voud wȇrelde neem en dit vergruis tot stof. Dan, bewegend weswaarts elke keer hy gaan verby miljoene wȇrelde en laat val ’n deeltjie stof. Hy gaan verder ooswaarts op so wyse totdat hy al die stof deeltjies laat val het. Geagte mense, wat is julle
opinie? Kan die totale getal van al hierdie wȇrelde verbeel of bereken word ?"

Die streweling Maitreya en die andere sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie wȇrelde is ontelbaar, grensloos -’n persoon kan nie die getal bereken nie, nog minder besit die verstand die mag om dit te begryp (omhels). Selfs die stem-aanhoorders en die privaat-boeddas met al hul wysheid vry van uitvloeiings, kan nie dit begryp of verstaan hoeveel hulle is. Alhoewel ons vertoef in die fase van
onaantasbares, ons kan nie so ’n saak begryp nie. Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie wȇrelde is onmeetlik en grensloos."

Die Boeddasê vir die menigte strewelinge: "Geagte mense, nou sal ek dit vir julle baie duidelik maak.Veronderstel al hierdie wȇrelde of hulle ’n stof deeltjie ontvang of nie, word verder vergruis tot stof. Laat een stofdeeltjie een eeu verteenwoordig. Die tyd sedert ek nirvana bereik het oortref dit met miljoene eeue.

"Sedertdien was ek konstant in hierdie saha wȇreld, preek ek die Wet, onderrig en bekeer en elders het ek lewende wesens in getalle meer as miljoene gelei en bevoordeel.

"Geagte mense, gedurende daardie tyd het ek van die Boedda Brandende Lamp en andere gepraat en beskryf hoe hulle nirvana bereik het. Alles dit gebruik ek as wenselike metodes om onderskeidings te tref.

"Goeie mense, indien daar lewende wesens is wie na my kom, gebruik ek my Boedda-oog om hul geloof te bepaal en te sien of hul ander fakuliteite skerp of afgestomp is en afhangende hoe ontvanklik hulle is vir bevryding, verskyn ek op verskillende plekke en preek vir hulle onder verskillende name en beskryf die lengte van die tydperk, hoe lank my leerstellings effektief sal wees. Somtyds, wanneer ek my verskyning maak, sê ek, ek is van plan om nirvana te bereik (binne te gaan) en gebruik ook verskillende wenslike metodes om die subtiele en wonderlike Wet te preek, sodoende versoorsaak ek dat lewende wesens ontwaak tot ’n vreugdevolle bewussyn.

"Geagte mense, die Dus Hier Kom Een observeer wie tussen die lewende wesens daar is wat hulle verbly in die geringe Wet, geringe deugde en swaar belas is met besmettings. Vir sulke persone beskryf ek hoe ek in my jeug die huishoudelike lewe verlaat het en volkome Boeddaheid bereik het. Maar inderwaarheid die tyd sedert ek Boeddaheid bereik het, is verskriklik lank gelede (soos ek alreeds gesȇ het). Dit is eenvoudig dat ek hierdie wenslike metode gebruik om lewende wesens te onderrig en te bekeer en veroorsaak dat hulle die Boedda-weg binnegaan (bereik). Dit is waarom ek op so wyse praat.

"Geagte mense, die geskrifte verduidelik deur die Dus Hier Kom Een is alles vir die doel om lewende wesens te red en te bevry. Somtyds praat ek van myself, somtyds van andere: somtyds vertoon ek myself, somtyds iemand anders; somtyds wys ek my eie aksies, somtyds die aksie van andere. Alles wat ek preek is waar en nie vals nie.

Waarom doen ek dit? Die Dus Hier Kom Een neemwaar die ware aspek van die drie-voudige wȇreld soos dit werklik is. Daar is geen
kom en gaan van geboorte en sterfte en dan is daar geen bestaan in hierdie wȇreld en later die bereiking van uitwissing. Dit is nie substantief nog minder leeg nog minder divers. Nog minder is dit wat diegene wat in die drie-voudige wêreld vertroef, dink dit is. Al sulke dinge sien die Dus Hier Kom Een baie duidelik en sonder foute.

"Omdat lewende wesens verskillende geaardhede, verskillende begeertes, verskillende aksies en verskillende denk wyse en verskillende maniere van onderskeidings maak en omdat ek hulle instaat wil stel om goeie wortels neer te lê, gebruik ek ’n verskeidenheid oorsake en kondisies, metafore, gelykenisse en frases en preek verskillende leerstellings. Dit, die Boedda se werk, het ek nooit vir ’n oomblik verontagsaam nie.

"Dus, sedert ek Boeddaheid bereik het, ’n verskriklike lang tydperk het verbygegaan. My lewensbestaan is onmeetbare aantal eeue en gedurend daardie tyd het ek konstant hier vertoef sonder om nirvana binne te gaan (te bereik). Geagte mense, oorspronklik het ek die streweling’s weg beoefen en die lewensbestaan wat ek bekom het, moet nog tot ’n einde kom maar sal aanhou vir dubbel die aantal jare wat alreeds verby is. Nou, alhoewel ek in werklikheid nie nirvana binnegegaan het nie, kondig ek aan dat ek wel die roete van uitwissing (nirvana) betree het. Dit is ’n wenslike metode wat die Dus Hier Kom Een gebruik om lewende wesens te onderrig en te bekeer.

"Waarom doen ek dit? Omdat, indien ’n Boedda vir ’n lang tydperk in die wȇreld bly, daardie persone met oppervlakkige deugde sal faal om goeie wortels te plant maar lewe in armoede en minderwaardigheid, sal verknog (verstrengeld) raak aan vyf begeertes en sal vas gevang raak in die net van misleide gedagtes en verbeeldings. Indien hulle sien dat die Dus Hier Kom Een is konstant in die wȇreld en nooit nirvana bereik, sal hulle arrogant en selfsugtig word of hulle sal mismoedig en agterlosig raak. Hulle sal faal om te besef hoe moeilik dit is om die Boedda teë te kom en sal hom nie met respekvolle en eerbiedige bewussyn te benader nie.

"Daarom as ’n wenslike metode die Dus Hier Kom Een sȇ: 'Monnikke, julle behoort te weet dat dit ’n skaarse ding is om te lewe in ’n tydperk wanneer die Boedda in die wȇreld verskyn.' Waarom doen hy dit? Omdat persone met oppervlakkige deugde mag ontebare miljoen eeue laat verbygaan sonder dat hulle die geleentheid gehad het om ’n Boedda te sien terwyl ander weer ’n Boedda kon sien. Vir hierdie rede sê ek vir hulle: ’Monnikke, die Dus Hier Kom Een is moeilik om in lewende lywe te kan gesien word.' Wanneeer lewende wesens hierdie woorde hoor, sal hulle verseker besef hoe moeilk dit is om die Boedda teë te kom. In hul verstand sal hulle ’n begeerte en dors ontwikkel om na die Boedda te staar en dan sal hulle hard werk om goeie wortels te plant. Daarom die Dus Hier Kom Een, alhoewel hy inderwaarheid nie nirvana binnegegaan het nie, praat hy van nirvana bereik (uitwissing binnegaan).

"Geagte mense, die Boeddas en Dus Hier Kom Een, almal preek ’n Wet soos hierdie. Hulle tree op om alle lewende wesens te red, so wat hulle doen, is altyd waar en nie vals nie.

"Veronderstel, byvoorbeeld, daar is ’n baie vaardige dokter wie wys en verstandig is en wat weet hoe om medisyne aan te maak om effektief verskillende soort siektes te genees. Hy het baie seuns, moontlik tien, twintig of selfs honderd. Hy gaan na ander vêr geleë lande om na ’n sekere saak om te sien. Nadat hy weg gegaan het, het sy seuns een of ander soort gif gedrink wat hulle erge pyn veroorsaak het en hulle het kriewelend op die grond neer geval.

"Daardie tyd die vader het teruggekeer na sy woning en vind dat sy kinders gif gedrink het. Sommige was totaal van hul verstand af, terwyl andere heel normaal voorgekom het. Hulle sien hul vader van vêr af aankom, oorval met blydskap buig hulle neer en sȇ: 'Hoe wonderlik dat u veilig teruggekeer het. Ons was onnosel en het per ongeluk gif gedrink. Ons pleit by u om ons te genees sodat ons, ons lewe normal kan uitleef!'

"Die vader, sien sy kinders se lyding, volg verskillende voorskrifte.Hy versamel goeie medisinale kruie wat aan al die vereiste van kleur, reuk en smaak voldoen, hy maal, sif en meng dit saam. Hy gee ’n dosis daarvan aan sy kinders en sê: 'Hierdie is hoogs effektiewe medisyne, dit voldoen aan die vereiste van kleur, reuk en smaak. Neem dit en julle sal vining van julle pyn en lyding verlos wees en sal vry wees van alle siektes.'

"Daardie kinders wat nie hul verstand verloor het nie, kon sien dit is goeie medisyne, uitstaande in beide kleur en smaak. Hulle het onmiddelik dit geneem en is volkome genees van hul siekte. Daardie wat totaal van hul verstand af was, was net so bly om hul vader te sien en pleit ook by hom hul siekte te genees maar toe hulle die medisyne ontvang, weier hulle om dit te drink. Waarom? Omdat die gif alreeds diep hul liggame gepenetreer het en hul verstand nie meer soos tevore normaal gefunksioneer het nie. So alhoewel die medisyne van uitstekende kleur en smaak was, het die kinders dit nie as goed en geskik gesien nie.

"Die vader dink by homself: My arme kinders! Omrede die gif in hul liggame is, is hul verstand totaal verward en deur mekaar. Alhoewel hulle bly is om my te sien en my gevra het om hullle te genees, weier hulle om hierdie uitstekende medisyne te neem. Ek moet nou ’n wenslike metode gebruik om hulle te oorreed om die medisyne te neem. So hy sê vir hulle: 'Julle moet weet dat ek oud en afgesloof is en die tyd vir my om te sterf het gekom. Ek sal hierdie goeie medisyne by julle los. Julle moet dit neem en nie bekommer wees dat dit julle nie sal genees nie.' Nadat hy die medisyne gegee het, het hy na ’n ander land gegaan het. Daar het hy ’n boodskapper terug huis toe gestuur om aan te kondig: “Julle vader is dood.”

"Daardie tyd die kinders, nadat hulle gehoor het hul vader het hulle verlaat en gesterf, was gevul met groot hartseer en konsternasie en dink by hulself: As ons vader nog geleef het, sou hy ons bejammer het en toegesien het dat ons beskerm en veilig is. Maar nou het hy ons verlaat en gesterf in ’n ander vêr afgeleë land. Ons is skuilinglose weeskinders met iemand om op te steun!

"Konstant belas met sulke gevoelens van hartseer, hulle kom ten einde tot hul sinne en besef dat die medisyne is in werklikheid uitstekend in kleur, reuk en smaak en dus neem hulle dit en is genees van al die uitwerking van die gif. Die vader, hoor dat sy kinders almal genees is, onmiddelik keer terug huis toe en verskyn weer voor hulle.

"Geagte mense, wat is u opinie? Kan enige iemand sê dat die vaardige dokter is skuldig aan leuens vertel?"

"Nee, Wȇreld-Gerespekteerde Een." antwoord die groep.

Die Boedda sȇ: "Dit is dieselfde met my. Dit is al onmeetbare, grenslose miljoene eeue gelede sedert ek Boeddaheid bereik. Maar terwille van lewende wesens gebruik ek die mag van wenslike metodes en sê dat ek is van voorneme om uitwissing binne te gaan. Inlig van die omstandighede kan niemand sê dat ek skuldig is aan leuens of valsheid."

Daardie tyd, die Wereld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Sedert ek Boeddahied bereik het
die getal eeue wat verby is
is onmeetbare honderde, duisende, tien duisende, tien duisende, miljoene, triljoene
Konstant preek ek die Wet, onderrig en bekeer
ontelbare miljoene lewende wesens,
veroorsaak dat hulle die Boedda-weg betree,
alles dit vir onmeetbare eeue
om lewende wesens te red,
as ’n wenslike metode skyn/blyk dit asof ek nirvana bereik het
maar inderwaarheid het ek nie uitwissing binnegegaan (nie uitgewis nie)
Ek is nog altyd hier, besig om die Wet te preek
Ek is altyd hier,
maar deur middel van my transendentale magte
veroorsaak ek dat lewende wesens in hul verwardheid
my nie sien selfs wanneer ek baie naby is.
Wanneer die menigte sien dat ek nirvana bereik het,

offer hulle wyd en suid almoese aan my aandenkings

Almal het gedagtes van verlange
en in hul bewussyn dors hulle om na my te staar
Wanneer lewende wesens werklikwaar getrou,
eerlik, opreg ensagmoedig in voornemens,
met gefokusde konsentrasie wens om die Boedda te sien
nie huiwer nie, selfs al kos dit hul lewe,
dan, ek en die byeenkoms van monnikke
verskyn saam op Heilige Arends Hoogte.
Daardie tyd vertel ek die lewende wesens
dat ek altyd hier is, nooit nirvana bereik het nie,
maar omrede die mag van ’n wenslike metode
by tye blyk dit dat ek uitgewis is, ander tye nie,
en indien daar in ander lande lewende wesens is
wie respekvol en opreg is in hul wens om te glo,
dan ook tussen hulle
sal ek die ongeëwenaarde Wet preek.
Maar jy het nog nooit daarvan gehoor,
so jy veronderstel dat ek nirvana bereik het
Wanneer ek kyk na lewende wesens
Ek sien hulle verdrink in ’n see van lyding;
daarom toon ek nie myself,
versoorsaak dat hulle na my hunker.
dan, wanneer hul bewussyne gevul is met hunkering,
ten einde verskyn ek en preek die Wet vir hulle.
Sulkes is my transendentale magte.
Vir eeue vertoef ek konstant op Heilige Arend’s Hoogte
en in verskillende ander plekke.
Wanneer lewende wesens die einde van tydperk aanskou
en alles word vernietig in ’n groot vuur,
hierdie, my land, is veilig en rustig,
konstant gevul met hemelse en menslike wesens.
Die sale en pawiljoene in hul tuine en boorde
is versier met verskeie soorte edelgesteentes.
Juweel-versierde bome vol in blomme en vrugte
waar lewende wesens hulself in gemaklikheid geniet.
Die gode slaan hemelse dromme,
konstant maak hulle verskeie soorte musiek.

Mandarava blomme en blare reën neer,
verstrooi oor die Boedda en die groot byeenkoms.
My rein land word nie vernietig nie,
nogtans sien die menigte dit as vernietig in die vuur,
angs, vrees en ander lyding vul dit orals.
Hierdie lewende wesens met hul verskillende oortredings,
deur oorsake ontstaan deur hul bose dade
spandeer eeue
sonder om die die naam van die Drie Skatte Boedda te hoor.
Maar diegene wie loofwaardige praktyke beoefen
wie sagmoedig, vreedsaam, eerlik en opreg is,
almal van hulle sal my sien
hier in persoon, preek ek die Wet.
Vir hierdie menigte op sekere tye
Ek beskryf die Boedda se lewensbestaan as onmeetbaar,
en vir diegene wie die Boedda sien na ’n baie lang tydperk
verduidelik ek hoe moeilik dit is om die Boedda teë te kom.
So is die mag van my wysheid
dat die wyse strale skyn sonder meetbaarheid.
Hierdie lewensbestaan van ontelbare eeu
het ek bekom as die resultaat van langdurige uitvoering van praktyke.
Julle wat wysheid besit,
moenie enige twyfel aangaande hierdie punt hê nie!
skud dit af en eindig dit verewig,
want die Boedda se woorde is waar, nooit vals.
Hy is soos ’n vaardige dokter
wie wenslike metodes gebruik om sy versteurde seuns te genees.
Alhoewel in werklikheid lewendig, gee hy voor dat hy dood is,
nogtans kan niemand sê dat hy vals praat nie.
Ek is die vader van hierdie wȇreld,
red diegene wat ly en siek is.
Omrede die verwardheid van gewone mense,
alhoewel ek lewe, dra ek die woord uit dat ek nirvana bereik het.
want indien hulle my konstant sien,
arrogansie en selfverwaandheid sal in hul bewussyn gestalte kry.
verlaat selfbeheer, gee hulself oor aan die vyf begeertes
en val in die bose bestaansweë
ten alle tye is ek bewus van watter lewende wesens
die weg beoefen en wie dit nie doen nie,
en inagneming van hul behoeftes vir redding
preek ek die verskillende leerstellings vir hulle.
ten alle tye dink ek by myself:
Hoe kan ek veroorsaak dat lewende wesens
ingang verkry tot die ongeëwenaarde weg
en blitsig die liggaam van ’n Boedda bekom?


Hoofstuk Sewentien: Onderskeiding van Voordele
Daardie tyd, toe die groot byeenkoms hoor hoe die Boedda beskryf hoe lank sy lewensbestaan is, het onmeetbare en grenslose aantal lewende wesens ’n groot menigte ryk voordele bekom.

Die Wȇreld-Gerespekteerde Een sê vir die streweling Maitreya: "Ajita, wanneer ek beskryf hoe die lewensbestaan van die Dus Hier Kom Een vir so uiterse lang tydperk duur, dan bereik ontelbare miljoene strewelinge die waarheid van geboorteloosheid. En strewelinge en ontwaaktes duisend keer meer bekom die modelings lering wat hulle instaat stel om alles te onthou wat hulle gehoor het. En strewelinge en monasties ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van die hele wȇreld, bekom die welsprekendheid wat hulle instaat stel om aangenaam en strelend en sonder hindernisse te kommunikeer. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van die hele wȇreld bekom die modelings formules wat hulle instaat stel om honderde, duisende, tien duisende, miljoene, ontelbare herhaligs van die leerstellings te herroep. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van miljoene wȇrelde was instaat om die nie-terugdraaiende wiel van die Wet te draai. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van twee duisend groot lande was instaat om die egte wiel van die Wet te draai. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van ’n duisend klein lande bekom die versekerdheid dat hulle volkome Boeddaheid na agt her-geboortes sal bereik. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van vier kontinent wȇrelde, bekom die sekerheid dat hulle alomvattende Boeddaheid na vier her-geboortes sal bereik. En streweling en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van
drie, vier-kontinent wȇreld bekom die sekerheid dat hulle na twee her-geboortes alomvattende Boeddaheid sal bereik. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van twee vier-kontinent wȇrelde bekom die sekerheid dat hulle na twee her-geboorte volkome Boeddaheid sal bereik. En strewelinge en ontwaaktes getalvol soos die stofdeeltjies van een vier-koninent wȇreld bekom die versekerheid dat hulle na een her-geboorte alomvattende Boeddaheid sal bereik. En lewende wesens getalvol soos die stofdeeltjies van agt wȇrelde was almal van voorneme om hul bewussyne op alomvattende Boeddaheid te rig.

Toe die Boedda aangekondig het dat hierdie strewelinge en ontwaaktes het die magtige voordele van die Wet bekom, van uit die lug reën mandarava blomme en groot mandarava blomme neer, verstrooid oor die onmeetbare miljoene Boeddas wie sittend op die leeu
trone was (so ook verstrooi oor Shakyamuni Boedda en Baie Skattes Dus Hier Kom Een, al die magtige strewelinge en die vier soorte geloofs na-volgers.) Daarby ook het fyn gepoeierde sandalhout en alwyn neer gereën en in die lug het hemelse dromme vanself geklink - wonderlike note diep en verreikend. En ’n duisend variasies van hemelse kledingstukke het neer gereën, behang met verskillende halskettinkies, pȇrel halskettinkies, mani juweel halskettinkies, halskettinkies van wens-waarwordende juwele, versprei orals in die nege rigtings. In juweel-versierde houers, brand waardevolle wierook, die aroma daarvan versprei orals as offerande aan die groot byeenkoms. Bokant elk van die Boeddas verskyn strewelinge wat baniere en tente vashou, die rye reik so vêr as die Brahma hemel. Hierdie strewelinge gebruik hul wonderlike stemme om onmeetbare loof koortjies vir die Boeddas te sing.

Daardie tyd, die streweling Maitreya staan op vanuit sy sitplek, ontbloot sy regterskouer en vou sy handpalms saam, staar na die Boedda en spreek in vers vorm:

Die Boedda preek ’n Wet wat skaars is om teë kom
een nooit tevore van gehoor nie.
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een besit groot magte
en sy lewensbestaan kan nie bereken word nie
Die ontelbare seuns van die Boedda,
hoor die Wȇreld-Gerespekteerde Een maak onderskeidings
en beskryf die voordele van die Wet wat hulle sal bekom,
hulle hele liggame word gevul met vreugde.
Sommige vertroef in hierdie fase van geen terugval,
sommige het die mondelings formules bekom
sommige kan strelend en sonder hindernisse praat
of herroep tien duisend, miljoen herhalings van die leerstellings.
Sommige strewelinge getalvol soos die stofdeeltjies
van ’n duisend groot wȇreldstelsel
is instaat om te draai
die nie-terugkerende wiel van die Wet.
En sommige strewelinge getalvol soos die stof deeltjies
van ’n duisend kleiner wȇreldstelsel
is versekerd dat na agt meer her-geboortes
sal hulle instaat wees om die Boedda-weg te voltooi
Sommige strewelinge getalvol soos die stofdeeltjies
van vier, drie, twee keer die vier kontinente
na korresponderende aantal her-geboortes, sal Boeddas word;
sommige strewelinge getalvol soos die stofdeeltjies
van een set van die vier kontinente
na een meer her-geboorte
sal alomvattende wysheid bereik.
Dus wanneer lewende wesens
hoor van die lang tydsduur van die Boedda se lewe,
bekom hulle rein vrugte en vergoeding
wat onmeetbaar en vry van uitvloeiings is.
Weereens lewende wesens getalvol soos die stofdeeltjies van agt wȇrelde,
hoor die Boedda beskryf sy lewensbestaan se tydsduur,
almal se bewussyn is gefokus op die ongeëwenaarde weg.
Die Wȇreld-Gerespekteerde Een preek ’n Wet
wat onmeetbaar en wat nie begryp kan word nie
en diegene wat bevoordeel word, is menig,
so grensloos soos die oop lug.
Hemelse mandarava blomme
en groot mandarava blomme reën neer;
Shakyas en gode getalvol soos sand van die Ganges rivier.
Kom vanaf onberekenbare Boedda lande.
Sandalhout en alwyne
in vorm van fyn poeier reën neer;
soos voëls wat neer vlieg vanuit die lug
hulle verstrooi as ’n offerrande oor die Boeddas.
In die midde van die hemelse dromme
uit hulself straal wonderlike klanke uit;
hemelse kleed by die duisend, tiend duisend, miljoene
kom krullende en flapperend neer
wonderlike
juweel-omhulde houers
brand pryslose wierook wat orals vanself versprei,
ʼn offerande aan al die Wȇreld-Gerespekteerde Een.
Die groot getal strewelinge na ontwaking
hou omhoog die vlae en
tentewat versier is met die sewe skatte skattes,
tien duisend, ʼn miljoen verhewe en wonderlik,
in tye wat strek tot die godelike hemel.
Voor elk van die Boeddas
hang juweel-versierde vlae en mooiste baniere,
terwyl in duisende, tien duisend verses
die lof van die Dus Hier Kom Een word besing.
Al hierdie baie dinge was nooit geken in die verlede.
Alle wesens was gevul met blydskap,

Toe hulle hoor die Boedda se lewe is tydloos
Die Boedda se naam word gehoor in tien rigtings,
en bevoordeel wyd lewende wesens,
en almal is toegerus met goeie wortels
om te help dat hul bewussyn op die ongeëwenaarde-weg gerig is.

Die Boedda sê vir die die streweling Maitreya: "Ajita, indien daar lewende wesens is, wie, wanneer hulle hoor dat die lewensbestaan van die Boedda so lank is, instaat is om dit te glo en te verstaan vir selfs vir ’n sekonde, die voordele wat hulle daardeur sal bekom, sal grensloos en onmeetbaar wees. Veronderstel daar is goeie mans en vrouens wat, terwille van volkome Boeddaheid, oor ’n tydperk van agt honderd duisen miljoen eeue die vyf vervolmakings beoefen - die vervolmakings van almoese gee, handhawing van die voorskrifte, geduldigheid, hardwerkendheid en meditasie, die vervolmaking van wysheid weggelaat - die voordele wat hulle sal bekom, is onmeetbaar. Inderdaad, dit is verhewe bo die mag van berekeninge, metafore of gelykenisse om ’n vergelyking te tref. Vir goeie mense om sulke voordele te kon bekom (soos hier bo genoem) en terug te val sonder om die doel van alomvattende Boeddaheid te bereik, is totaal ondenkbaar."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Indien ’n wese Boedda wysheid soek
vir ’n tydperk van agt honderd duisend miljoen eeue
die vyf vervolmakings sou beoefen,
gedurende al daardie tydperk
almoese gee aan die Boeddas
en ook vir die privaat-boeddas en dissipels
en die menigte strewelinge,
skaars delikate voedsel en drank,
fyn kledingstukke en beddegoed,
of godsdienstige strukture van sandalhout bou
versier met tuine en boorde
indien hy sou almoese versprei -
almoese van baie variteite, almal verfynd en wonderlik,
en doen dit vir die hele getal eeue
om sy toegewydheid aan die Boedda-weg te bewys ;
en indien meer nog, sou hy die voorskrifte nakom,
in reinheid en sonder weglating of uitvloeiings,
soekend na die ongeëwenaarde weg,
geloof deur die Boeddas;
en indien hy vergewensgesindheid en geduld sou beoefen,
bly in ’n houding van onderdanigheid en sagmoedigheid,
selfs wanneer verskeie bose dinge met hom sou gebeur,
nie toelaat dat sy bewussyn
ge-irretreerd of beinvloed word nie;
wanneer andere, wie oortuig is hulle het die Weg bereik,
ontwikkel gedagtes van oordadige arrogansie
en hy word met veragting en
belediging behandel,
indien hy dit met geduld kan verduur;
en indien hy ywerig en hardwerkend is,
altyd ferm in voornemens en denke vir onmeetbare miljoen eeue
gefokus en nie lui of agterlosig vir ontelbare eeue
vertoef in ’n afgeleë en stil plek;
en indien hy toepaslik sittende en loop oefeninge doen,
verban slaperigheid, konstant reguleer sy verstand (bewussyn),
en as ’n resultaat van sulke aksies
is instaat om state van meditasie te produseer,
vir agtien miljoen tien duisend eeue
bly kalm, sy verstand nooit verward;
en indien vashou aan die seëninge van hierdie enkel-gefokusde konsentrasie
en daarmee soek na die ongeëwenaarde weg,
en sê, "Ek sal alomvattende wysheid bekom
en al die fases van meditasie beproef!"
Indien hierdie persoon vir honderd, ’n duisend, tien duisend, ’n miljoen eeue
hierdie noemenswaardige praktyke sou uitvoer
soos ek hierbo beskryf het,
steeds daardie goeie mans en vrouens
wie my hoor beskryf hoe lank my lewensbestaan is
en dit glo vir selfs ’n oomblik
sal seëninge wen wat daardie sal oortref van die ander persoon.
Indien ’n persoon kompleet vry is van alle twyfel en spyt,
indien in die diepste van sy bewussyn glo hy vir een sekonde,
sy seëninge sal as sodanig wees.
Hierdie strewelinge wie die weg beoefen het vir onmeetlike eeue
wanneer hulle my hoor my lewensbestaan tydperk beskryf
en instaat is om te glo en aanvaar wat ek sê
daardie persone sal vol waardering hierdie soetra ontvang en sê,
"Ons wens is dat in die toekomstige tye
ons mag ons lang lewe gebruik om lewende wesens te red.
Net soos vandag, die Wȇreld-Gerespekteerde Een,
koning van die Shakyas,
soos ’n leeu brul in die plek van beoefening,
die Wet preek sonder vrees,
so hoop onsook om in toekomstige tye sal doen,
vereer en gerespekteer deur almal,
wanneer ons sit in die plek van praktyke (beoefening)
beskryf ons lewensbestaan op dieselfde manier."
Indien daar diegene is wat diepsinnig in hul verstand is,
rein, eerlik en opreg,
wie, baie hoor en dit alles behou en herroep,
wie die beginsel van begrip van die Boedda se woorde volg,
dan sulke persone sal geen twyfel hê (oor my lewensbestaan tydperk).

"Verder, Ajita, indien daar iemand is wat hoor van die lang lewensbestaan van die Boedda, kan verstaan die belangrikheid van sulke woorde. Die voordele wat so ’n persoon sal bekom, sal sonder einde of meting wees, instaat sal wees om in hom ongeëwenaarde wysheid van die Dus Hier Kom Een wakker te maak. Hoeveel te meer, dan, indien vêr en wyd ’n persoon luister na hierdie soetra of veroorsaak dat andere daarna luister, omhels dit self of veroorsaak dat andere dit omhels, kopiëer dit homself or veroorsaak dat andere dit kopiëer of skenk blomme, wierook, halskettinkies, vlae, baniere,
tente van systof, gegeurde olie, of lampe gevul met botterolie as offerande aan die soetra rolle. Die voordele van sulke persone sal onmeetbaar, grensloos, en hom instaat stel om te aspiriëer tot die wysheid wat alle spesies omsluit.

"Ajita, indien goeie mans en vrouens, hoor hoe ek die lang tydsduur van my leensbestaan beskryf, in die diepte van hul bewussyn glo en verstaan, dan sal hulle die Boedda konstant sien vertoef op Berg
Arendshoogte, met die groot menigte strewelinge en stem-aanhoorders wat hom omring terwyl hy die Wet preek. Hulle sal ook hierdie aarde sien, die grond van lapis lazuli, gelyk en goed georden, Jambunada goud wat die agt hoofweë begrens, rye van juweel-versierde bome, die terrasse en observasie torings - almal gemaak van verskillende juwele en al die menigte strewelinge wat in hulle midde leef. Indien daar diegene is wat instaat is om sulke dinge te sien, moet jy weet dit is ʼn teken van hul diepgaande geloof en begrip.

"Weereens, indien, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, daar is diegene wie hierdie soetra hoor en nie dit beskinder of sleg daarvan praat nie maar alreeds ’n diepe geloof en begrip daarvoor. Hoe te meer in die geval van persone wie dit lees, voordra en omhels! Sulke persone in werklikheid ontvang die Dus Hier Kom Een op die kroon van hul hoofde.

"Ajita, hierdie goeie mans en vrouens het nie nodig om terwille van my torings en tempels op te rig of woonkwartiere vir monnikke bou nie of offer aan die monikke die vier soorte almoese. Waarom? Omdat hierdie goeie mans en vrouens, met die ontvangs, omhelsing en voordra van hierdie soetra, het alreeds torings opgerig, kwartiere vir monnikke gebou en almoese gegee aan die gemeenskap van monnikke. Dit moet gesien word dat hulle alreeds torings versier met die sewe skatte vir die aandenkings van die Boedda opgerig het (breë basis en nou bo in die top, bereik die godelike hemel, behang met baniere,
vlae en ’n menigte juweel-versierde klokke, met blomme, wierook, halskettinkies, gepoeierde wierook, wierook vir verbranding, baie soorte dromme, musiekinstrumente, pype, harpe en verskillende tipe danse en vermaak en met wonderlike stemme wat lofliedere sing. Dit is so goed hulle het alreeds almoese geoffer vir onmeetbare honderde, duisende, tien duisende, miljoen eeue.

"Ajita indien, nadat ek nirvana bereik het, daar is diegene wat hierdie soetra hoor, aanvaar en handhaaf, kopiëer dit hulself of veroorsaak dat andere dit kopiëer, dan mag dit gereken word dat hulle alreeds kwartiere vir monnikke opgerig het of rooi sandalhout gebruik het om twee-en-dertig sale so hoog as agt tala bome gebou het, mees uitstaande
, ruim en pragtig versier om honderde en duisende monnikke te akkommudeer. Tuine, boorde, swembaddens, mere en oefening velde, grotte vir meditasie, klerasie, voedsel, drinkgoed, beddens, matte, medisyne en allerhande kombuis gereedskap, sodat die monnikke gemaklik kan lewe. Al hierdie dinge word aan my geskenk as almoese vir die gemeenskap van monnikke.

"So ek sê, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, daar is diegene wat aanvaar, handhaaf, lees en voordra of preek hierdie soetra vir andere, wie dit kopiëer of deur andere te laat kopiëer of wie almoese sal offer aan die soetra, dan hoef hulle nie torings of tempels te bou nie of kwartiere vir monnikke te bou nie of almoese aan die gemeenskap van monnikke te offer nie. En hoe meer waar is dit vir diegene wat instaat is om hierdie soetra te omhels en terselfde tyd almoese te gee of wie die voorskrifte na kom,
beoefen vergewensgesindheid en vertoon ywerigheid, gefokusdheid en wysheid! Hul deugde sal mees uitstaande wees, onmeeetbaar en grensloos soos die oop lug - oos, wes, noord en suid, in die vier intermediëre rigtings en bo en onder, onmeetbaar en grensloos. Die seëninge van sulke persone sal onmeetbaar en grensloos wees en sulke persone sal vining die wysheid wat alle spesies insluit, bekom.

"Indien ’n persoon hierdie soetra lees, voordra, aanvaar en handhaaf of dit preek; indien hy dit kopiëer of veroorsaak dat andere dit kopiëer en indien hy kan torings oprig, bou kwartiere vir monnikke, offer almoese en loof die gemeenskap van stem-aanhoorders; as hy honderde, duisende, tien duisende, miljoene maniere van lof vir die meriete van die strewelinge kan gebruik en indien terwille van andere gebruik hy verskillende oorsake en kondisies wat in oorstemming met die beginsel is wanneer hy hierdie Lotus soetra verduidelik en preek; en indien hy die voorskrifte met reinheid kan nakom, in die geselskap verkeer van diegene wat sagmoedig em vreedsaam, verdraagsaam en sonder kwaadheid ten oor andere, ferm in voornemens en denke,gedurig die praktyk van sit en meditasie loof, bereik die verskillende fases van diepsinnige meditasie, ywerig en dapper, bemeester al die goeie leerstellings, sterk fasiliteite en wysheid besit, goed in die beantwoording van moeilike vrae. Ajita, indien, nadat ek nirvana bereik het en daar is goeie mans en vrouens wat hierdie soetra aanvaar, lees en voordra en verder goeie meriete het, meot jy weet dat hulle alreeds aan beweeg het na die plek van beoefening en is naby alomvattende Boeddaheid soos hulle sit onder die boom van die weg. Ajita, waar hierdie goeie mans en vrouens ook al sit of staan of sirkel as deel van liggaamlike oefeninge, daar moet ’n persoon,’n toring oprig en alle hemelse en menslike wesens moet almoese offer aan dit net soos hulle sou offer aan die toring van die Boedda."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Indien, nadat ek nirvana bereik het
’n persoon wat eerbiedig is en hierdie soetra kan handhaaf,
sy seëninge sal onmeetbaar wees,
soos ek hierbo beskryf het.
Dit is asof hy alreeds alle soorte almoes geskenk het,

n toring vir die Boedda se aandenkings oprig
versier dit met die sewe skatte
en met ’n middelpaal baie hoog en wyd
wat geleidelik nouer raak soos dit na die godelike hemele reik.
duisende, tien duisende e miljoene juweel-versierde klokke,
beweeg in die wind, straal ’n wonderlike klank uit
En vir onberekenbare eeue
offer hy almoese aan hierdie toring,
blomme, wierook, verskeie soorte halskettinkies,
hemelse kleed en verskeie musiekinstrumente,
en brand-gegeurde olie en
botterolie lampe
wat konstant die area daar rondom verlig.
In die bose tydperk van die Latere Dag van die Wet
indien daar iemand is wat hierdie soetra kan handhaaf,
sal dit wees asof hy almoese verskaf soos hierbo beskryf.
Indien daar iemand is wat hierdie soetra kan hanfhaaf,
sal dit wees asof hy in die teenwoordigheid van die Boedda is wees
hy behoort bees-kop sandalhout te gebruik
om kwartiere vir monnikke as offerande te bou,
kwartiere van twee-en-dertig sale so hoog soos agt Tala bome,
of verskaf verskeie soorte goedere
of uitstaande voedsel en wonderlike klere en beddegoed,
wooneenhede vir byeenkomste van honderde en duisende,
tuine, boorde, swembaddens en mere,
velde vir liggaamlike oefeneinge en meditasie grotte,
alles versier met verskeie soorte fynhede.
Indien iemand met ’n begripvolle bewussyn
aanvaar, handhaaf, lees, voordra en kopiëer hierdie soetra
of veroorsaak dat iemand anders dit kopiëer

of almoese offer aan die soetra rolle,
strooi blomme en wierook en gepoeierd wierook
of gedurig gegeurde olie van sumana, champaka of atimuktaka blomme brand,
indien hy almoese soos hierdie offer
hy sal onmeetbare meriete bekom, grensloos soos die oop lug,
en sy seëninge sal ook so wees.
Hoeveel so meer indien iemand hierdie soetra handhaaf
en terselfde tyd almoese uitdeel, die voorskrifte nakom,
is vergewensgesind, verby in meditasie,
en nooit toegee aan woede of bose spraak
Indien ’n wese respek teenoor die aandenkings torings betoon,
onderdanig is teenoor monnikke,
’n arrogante bewussyn so vêr as moontlik vermy,
gedurig wysheid bepeins
en is nooit vererglik wanneer moeilike vrae gestel word
maar handel nakomend met ’n verduideliking -
indien ’n wese sulke praktyke kan uitvoer,
sal sy meriete verhewe bo berekening wees.

Indien jy die leermeester van die Wet sien
wie deugde soos hier bo genoem kultiveer,
moet jy hemelse blomme oor hom strooi,
klee sy liggaam in hemelse kleedstuk,
buig jou hoof voor sy voete in verering,
en in jou verstand verbeel jy, jy sien die Boedda.
Jy behoort ook by jouself te dink:
kort voor lank sal hy na die plek van beoefening gaan
en na ʼn staat van geen uitvloeiings en geen aksie bereik,
bring wyd voordele vir hemelse en menslike wesens!
In die plek waar so ’n persoon woon,
waar hy loop, sit of lê,
of voordra seën verse van die heilige geskrifte,
daar moet jy ’n toring oprig
versier op ’n gepaste en wonderlike manier
en offer verskillende almoese daarvoor.
Wanneer ’n seun van die Boedda in sulke plekke vertoef
die Boedda sal hulle aanvaar en gebruik,
en sal konstant in hul midde loop, sit en lê.

Hoofstuk Agtien: Die Voordele van Vreugdevolle aanvaarding
Daardie tyd die streweling Maitreya sê vir die Boedda: “Wȇreld-Gerespekteerde Een, indien daar goeie mans en vroue wie, nadat hulle hierdie soetra gehoor het, met vreugde en blydskap reageer, hoeveel seëninge sal hulle bekom?”

Toe spreek hy in vers vorm:

Nadat die Wȇreld-Gerespekteerde Een nirvana bereik het,
indien diegene wat hierde soetra hoor
instaat is om met vreugde en blydskap te reageer,
hoeveel seëninge sal hulle bekom?

Die Boedda sê vir Maitreya: "Ajita, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, veronderstel daar is monnikke, nonne, leke mans en vrouens of ander wyse persone - jonk of oud, wie hierdie soetra hoor en reageer met vreugde en verlaat die Dharma byeenkoms, gaan moontlik na kwartiere vir monnikke, ’n plek wat verlate en stil is, ’n nedersetting of dorpie en dan in ooreenstemming met wat hulle gehoor het, hulle probeer ywerig om te preek en te verduidelik terwille van hul ouers, goeie vriende en kennisse. Hierdie persone, nadat hulle dit gehoor het, reageer met blydskap en versprei die leerstellings. Een persoon, nadat hy gehoor het, reageer met blydskap en versprei die leerstellings en die leerstellings op so wyse gaan voort om op so wyse te versprei te word van een na die ander todat dit die vyftiende persoon bereik.

"Ajita, die voordele bekom deur die vyftiende persoon wie met blydskap reageer, sal ek nou aan jou verduidelik – hy moet sorgvuldig luister.Verbeel al die wesens op die ses bestaanspaaie of vier honderd tien duissend miljoen wȇrelde, al die vier verskillende lewende wesens- gebore uit ’n eier, gebore uit
die baarmoeder, gebore in/uit klamheid en gebore deur middel van transformasie, daardie met vorm, daardie sonder ’n vorm, daardie met denke, daardie sonder denke, daardie wat nie sonder denke is nie, daardie sonder bene, daardie met twee bene, vier bene en baie bene. En verbeel dat, tussen hierdie menigte getal lewende wesens, ’n persoon wat seëninge soek en reageer op hul verskillende begeertes, versprei voorwerpe van verwondering en speelgoed vir al hierdie lewende wesens. Elkeen van die lewende wesens word gegeee goud, silwer, lapis lazuli, seeskulpe, agaat, koraal, amber en ander wonderlike en waardevolle edelgesteentes, sowel as olifante, perde, waens en paleise en torings gemaak van die sewe skatte, genoeg om ’n hele Jambudvipa te vul. Hierdie groot verspreider van liefdadigheid, nadat hy vir tagtig jare op hierdie manier geskenke uitgedeel het, dink by homself: “Ek het alreeds uitgedeel voorwerpe van genot en speelgoed vir hierdie lewende wesens, reageer op hul verskillende begeertes. Maar hierdie lewende wesens is nou oud en afgeleef, alreeds oor tagtig jaar, hul hare grys, hul gesigte verkreukeld, kort voor lank sal hulle sterf. Ek sal nou die wet van die Boedda gebruik om hulle te onderrig en te lei.

"Onmiddelik versamel hy alle lewende wesens en verduidelik die wet tussen hulle, onderrig, bevoordeel en verbly hulle. In een oomblik is hulle instaat om die weg van
die stroom-toetreder, die wegvan die een-keer terugkeer, die weg van die nooit-weer terugkeer en die weg van die arhat, alle uitvloeiings mee wegdoen en diepe meditasie betree. Almal het Vryheid bereik en word versier met die agt bevrydings. Nou, wat is jou opinie? Is die voordele bekom deur hierdie groot verspreider van liefdadigheid baie of nie?"

Maitreya sê vir die die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie man se seëninge is menig inderdaad, onmeetbaar en grensloos. Selfs as hierdie verspreider van liefdadigheid net al daardie speelgoed gegee, sy voordele sal nog steeds onmeetbaar wees. En hoeveel te meer nie wanneer hy hulle instaat gestel het om die vrugte van ontwaking te bekom!"

Die Boeddas ê vir Maitreya: "Ek sal nou hierdie saak vir jou duidelik stel. Hierdie man het al hierdie voorwerpe van verwondering vir die lewende wesens in die ses bestaansweë van vier-honderd tien-duisend miljoen wȇrelde gegee en ook dit moontlik gemaak dat hulle die vrugte van ontwaking kon bekom. Maar die voordele wat hy bekom het, is nie gelyk aan die voordele van die vyftiende persoon wat slegs een vers van die Lotus soetra gehoor het en met blydskap gereageer het. Hulle is nie gelyk aan een honderdste, duisendste, een deel in honderd, duisend, tien duisend, ’n miljoen nie. Inderdaad dit is verhewe bo berekening, metafoor of gelykenis om uit te druk as vergelyking
.

"Ajita, die voordele bekom deur die vyftiende persoon wat die Lotus soetra hoor soos dit aan hom oorvertel is en hy reageer met blydskap, se seëninge en voordele is onmeetbaar en grensloos en is inderwaarheid onvergelykbaar.

"Weereens Ajita, veronderstel ’n persoon terwille van hierdie soetra besoek die kwartiere van die monnikke en sittend of staande, selfs vir ’n oomblik luister daarna en aanvaar dit. As gevolg van die voordele so bekom, wanneer hy weer gebore word in sy volgende lewensbestaan, sal die fynste, die mees uitstaande en wonderlikste olifante, perde en waens versier met waardevolle skatte ontvang en hy sal hulle opsaal en opvaar na die hemelse paleise. Of veronderstel daar is ’n persoon wat sit in die plek waar die Wet verduidelik word en waaneer ’n ander persoon verskyn en hy moedig hom aan om te sit en te luister of hy offer ’n gedeelte van sy sitplek en so ooreed hom om te sit en luister. Die voordele bekom deur daardie persoon sal veroorsaak dat waaneer hy her-gebore word, sal dit wees waar die heer Shakra sittend is, waar die hemelse koning Brahma sit of waar ’n wiel-draaiende wyse koning sit.

"Ajita, veronderstel daar is ’n persoon wat aan ’n ander een sȇ, 'Daar is ’n soetra genaamd die Lotus. Kom saam en luister daarna.' En veronderstel verder, nadat die ander persoon aangemoedig is, gaan en luister vir selfs een oomblik. Die voordele van die eerste persoon sal wees dat wanneer hy her-gebore word, sal dit in dieselfde plek wees waar die strewelinge van modelingse formules is. Hy sal skerp fakuliteite en wysheid besit. Vir honderd, ’n duisend, tien duisend jaar sal hy nooit dom of doof gebore word nie. Sy mond sal nie stink ruik nie. Sy tong en mond sal nooit siekte ervaar nie. Sy tande sal nie gevlek of swart, ook nie geel of wyd gespasieerd, ook nie uitval nie, ook nie skeef groei nie. Sy lippe sal nie afhang nie of op krul nie, of nie rof en vol barste of nie met sere of nie gekrul, of nie te dik of nie te groot of nie swart of nie verkleurd of nie onooglik wees nie. Sy neus sal nie te breed of plat of te krom wees nie.
Sy gesig sal nie donkerkleurig wees nie, nog minder sal dit te lank of te maer of ingevalle of opgepof wees nie. Hy sal nie ’n enkele onooglike eienskap besit. Sy lippe, tong en tande sal alles in aansienlike proporsies wees. Sy neus sal lank en hoog wees, sy gesig rond en vol, sy wenkbroue lank en hoog, sy voorkop sal egalig en welgevormd wees en hy sal toegerus wees met die eienskappe geskik vir ’n menslike wese. In elke lwesensbestaan sal hy die Boedda sien, sy Wet hoor en geloof hê in sy leerstellings.

"Ajita, kyk net! Die voordele bekom deur net een persoon aan te moedig om na die Wet te luister is soos hier bo genoem! Hoeveel meer, indien een persoon gefokus hoor, lees en die soetra voordra en voor die groot byeenkoms onderskeidings maak terwille van mense en beoefen soos dit deur die soetra voorgeskryf word!"

Daardie tyd, die Wêreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Indien iemand in die Dharma byeenkoms
instaat is om hierdie soetra te hoor is,
selfs net een vers,
en met blydskap reageer, dit vir andere preek,
en op so wyse word die leerstellings oorgedra
totdat dit vyftiende persoon bereik,
die sëeninge bekom deur die laaste persoon
is verseker soos ek dit nou gaan beskryf.
Veronderstel daar is ’n groot verspreider van liefdadigheid
wie goedere aan onmeetlike menigtes gee,
vir ’n volle tagtig jaar,
reageer op elke persoon se begeertes.
Sien die tekens van verval en ouderdom,
die wit hare en gerimpelde gesig,
die ontbrekende tande, die verdorde vorm,
hy dink dan: "Hulle dood is nie ver weg;
Ek moet hulle nou onderrig
sodat hulle die vrugte van die weg bekom!"
Onmiddelik terwille van hulle, gebruik hy wenslike metode,
preek die ware Wet van nirvana:
"Niks in hierdie wȇreld is blywend of ferm
maar is alles soos borrels, skuim, hitte glinster.
Daarom moet almal van julle vining
leer om dit te haat en weg wees!"
Wanneer mense hierdie Wet hoor,
almal is instaat om te ontwaak
toegerus met die ses transendentale magte,
die drie kennisse en agt bevrydings.
Maar die vyftiende persoon
wie net een vers hoor [van die Lotus soetra] en reageer met blydskap
bekom seëninge wat veel groter is,
verhewe bo beskrywings of metafore of gelykenisse.
En indien ’n persoon die leerstellings wat aan hom oorgedra is
bekom seëninge wat onmeetbaar is,
hoeveel te meer so die een wat in die Dharma byeenkoms is
en die soetra hoor en met blydskap reageer.
Veronderstel ’n persoon moedig ’n ander persoon aan,
om te gaan luister na die Lotus,
hy sê, "Hierdie soetra is diepgaande en wonderlik,
moeilik om teë te kom in ʼn duisend, tien duisend eeue!"
En veronderstel, soos aangemoedig, daardie persoon gaan luister,
selfs al luister hy vir ’n oomblik
Die seëninge wat die eerste persoon ontvang as vergoeding
Ek sal nou in detail beskryf:
Lewensbestaan na lewensbestaan, geen aandoening van die mond,
geen tand ontbreek, geel of swart verkleurd,
lippe wat nie te dik, gekrul of gebrekkig nie,
geen noodlottige tekens,
nie ’n droë, swart of te sag nie;
neus hoog, lank en reguit,
voorkop breed, glad en wel gevormd,
gesig en oogkas behoorlik in lyn en indrukwekkend,
die soort wat mense hou van om na te kyk,
asem vry van onsmaaklike reuk,
die geur van utpala blomme konstant uitgestraal deur die mond
Veronderstel’n persoon gaan na die kwartier van die monnikke
uitdruklik om na die Lotus soetra te luister
en luister vir selfs ’n oomblik met blydskap -
Ek wil nou sy seëninge beskryf.
In toekomstige lewensbestaan tussen hemelse en menslike wesens
hy sal bekom: wonderlike olifante, perde, waens,
dra stoeleversier met skaarse juwele,
wat hy sal opsaal en opvaar na die paleise van die hemel.
Indien in ’n pelk waar die Wet verduidelik word,
’n persoon moedig ’n ander persoon om te sit en luister na die soetra,
die seëninge wat hy sal bekom sal hom instaat stel
om die sitplek van Shakra, Brahma en wiel-draaiende koning te bekom
Hoeveel meer indien ’n persoon gefokusd luister,
verduidelik en verkondig die betekenis en praktyke wat die soetra aanbevel -
daardie persoon se seëninge ken geen perke!


Hoofstuk Neëntien: Die Voordele van die Leermeester van die Wet
Die Boedda sê vir die streweling Konstante Inspanning: 'Indien goeie mans en vrouens hierdie Lotus soetra aanvaar en handhaaf, as hulle dit lees, voordra, verduidelik, preek of transkribeer, sulke persone sal agt duisend oë voordele, twaalf duisend oor voordele, agt honderd neus voordele, twaalf honderd tong voordele, agt honderd liggaam’s voordele en twaalf honderd bewussyn’s voordele bekom. Met hierdie voordele sal hulle instaat wees om hul ses sensoriese organe te versier en almal rein maak.

"Hierdie goeie mans en vrouens, met rein fisiese oë wat hulle van hul ouers by geboorte ontvang het, sal alles sien wat in die binneste en buitste dele van die duisend-miljoen wȇrelde bestaan, die berge, woude, riviere en oseane, afwaarts so vêr as die Avichi hel en opwaarts tot die Kruin van Bestaan. En in die middel sal hulle sien al die lewende wesens en ook sien die oorsake en kondisies geskep deur hul dade en die geboortes wat op hulle wag as resultaat en vergoeding vir daardie dade."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Indien in die midde van die groot byeenkoms
iemand met ’n vreeslose bewussyn
preek hierdie Lotus soetra,
hoor van die voordele wat hy sal ontvang!
So ’n persoon bekom agt honderd voordele van mees uitstaande

As ’n resultaat van die versierings
sy oë word uitermatig rein.
Met oë ontvang vanaf sy ouers gedurende geboorte
sal hy al die drie duisend wȇrelde sien,
hul binneste en buitenste dele, hul Berg Meru
hul Sumeru, die Yster Omringende Berge
en al die ander berge en woude,
die waters van die groot oseane, riviere en strome,
afwaarts so vêr as die Avichi hel,
opwaarts tot die Kruin van Bestaan hemel.
En hy sal al die lewende wesens in hul midde sien.
Alhoewel hy nog nie hemelse oë bekom het nie,
die mag van sy fisiese oë sal sodanig wees.

"Verder, Konstante Inspanning, indien goeie mans en vrouens hierdie sotetra aanvaar en handhaaf, indien hulle dit lees, voordra, verduidelik en preek of vertaal, sal hulle bekom twaalf honderd voordele waarmee hulle hul ore kan reinig sodat hulle hoor al die verskeidenheid woorde en geluide in die duisende miljoen-voudige wȇreld, afwaarts so vêr as die Avichi hel, opwaarts tot die Kruin van Bestaan. Geluide van olifante, perde, osse, waens,
weenende, treuerende geluide, trompette, dromme, klokke, gelag, praat, mans, vrouens, seuns, meisies, verbitterde, gelukkige, gewone mense, wyse mans en vrouens, ongelukkige, hemelse wesense, drake, yaksha, gandharva, asura, garuda, kimnara, mahoraga, brandende vuur, lopende water, wind, bewoners van die hel, diere, honger geeste, monnikke, nonne, stem-aanhoorders, privaat-boeddas, strewelinge en die stemme van die Boeddas. Opsommend, alhoewel die persoon nog nie die hemelse oor bekom het nie, met die rein en gewone ore wat hy ontvang het met geboorte, sal hy instaat wees om te hoor en te verstaan al die geluide wat bestaan in die binneste en uiterste dele van die duisend miljoen-voudige wȇreld. Alhoewel hy op hierdie manier kan onderskei tussen al die verskeie soorte geluide, klanke en stemme, sal dit nie sy gehoor fakuliteite negatief beїnvloed nie.


Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Met ore ontvang gedurende geboorte,
rein en sonder gebrekke,
met hierdie gewone ore kan ’n persoon hoor
die geluide van die drie duisend wȇrelde,
olifante, perde, waens, osse
klokke,
trompette, dromme, fluit en harpe, pype en fluite;
reine en pragtige gesang
’n persoon kan dit hoor sonder om aangetrokke en geheg daaraan te word.
Die ontelbare verskeidenheid van menslike stemme -
’n persoon kan dit alles hoor en verstaan.
Ook kan ’n persoon die stemme van hemelse wesense hoor,
subtiel en wonderlik,
en ’n persoon kan hoor mans en vrouestemme,
en jong seuns en meisies.
In die midde van heuwels, riviere en diep valleie
die geluid van die
kalavinka,
die jivakajivaka en ander voëls -
al hierde geluide sal hy hoor.
van die gefolterde menigte in die hel
die geluide van verskeie soorte lyding en angs,
geluide van honger geeste aangedryf deur hongersnood en dors
soos hulle soek na voedsel en drinkgoed
van die asuras wie woon langs die oewers van die groot see
wanneer hulle geselskap hou onder mekaar
of uiter luide geskree
Dus hy wie die Wet preek
kan veilig vertoef tussen die menigte,
hy hoor hierdie baie stemme van veraf
sonder dat dit sy gehoor verswak.
In die wȇrelde van die tien rigtings
wanneer diere en voëls na mekaar roep
hierdie persoon wat die Wet preek
hoor hulle almal van waar hy is
In die Brahma hemel en hoër,
die Lig Geluid Hemel, Alles Rein hemel,
en op tot die Kruin van Bestaan hemel,
die geluide van stemme wat daar praat -
die leermeester van die Wet, wat daar woon,
kan hulle almal hoor.
Al die menigte van monnikke en al die nonne,
of hulle die heilige geskrifte lees of voordra
of dit preek ter wille van andere -
die leermeester van die Wet wat daar vertroef,
kan hulle almal hoor.
En wanneer daar strewelinge is wie die soetra leerstellings lees en voordra
of preek ter wille van andere
of kies sekere paragrawe en verduidelik hul betekenis,
die geluid van hul stemme kan hy almal hoor.
Wanneer die Boeddas, die magtige wyse en geëerdes,
onderrig en bekeer lewende wesens,
in die midde van die groot byeenkoms
verduidelike en preek die subtiele en wonderlike Wet,
een wat die Lotus soetra handhaaf kan hulle almal hoor.
All die geluide in die binneste en buitenste dele
van die duisend-miljoen-voudige wȇreld,
afwaarts tot by die Avichi hel,
opwaarts tot die Kruin van Bestaan hemel -
hy kan al hierdie geluide hoor
en nooit verswak sy vermoë om te hoor.
Omdat die fakuliteite van sy gehoor so skerp is
kan hy die geluide onderskei en verstaan
’n Persoon wie die Lotus soetra handhaaf,
alhoewel hy nog nie die hemelse oor bekom het nie,
kan hy dit eenvoudig doen deur middel van die ore waarmee hy gebore is -
sulks is die voordele wat hy bekom.

"Weereens, Konstante Inspanning, indien goeie mans en vrouens hierdie soetra aanvaar en handhaaf, as hulle dit kan lees, voordra, verduidelike en preek of dit vertaal, sal hulle suksesvol wees in die
bereiking van agt honderd neus voordele waarmee hulle hul fakulitiete van reuk kan reinig sodat hulle waarneem al die verskillende reuke vanaf die top punt onderste gedeelte en die middelste en buitenste gedeelte van ’n duisend-miljoen-voudige wȇreld, die reuk van sumana blomme, jatika blomme, mallika blomme, champaka blomme, patala blomme, rooi en blou en wit lotus blomme, die reuk van bome in blom, vrugtebome, sandalhout, aalwyn bome, tamalapatra en tagara, sowel as wierook gemeng van duisend, tien duisend bestanddele engepoeierde wierook. Een wat hierdie soetra handhaaf terwyl hy daar woon, sal instaat wees om alles genoem, te onderskei.

"Verder sal hy instaat wees om te onderskei en identifiseer die reuke van lewende wesens, van olifante, perde, osse, skape en sovoorts, die reuk van ’n man, ’n vrou, ’n seun, ’n meisie en die reuke van plante, bomme, struike en woude. Of dit naby of vêr is, hy sal instaat wees om al hierdie reuke waar te neem en te onderskei sonder om ’n fout te maak.

"’n Persoon wie hierdie soetra handhaaf, alhoewel hy hier vertoef, sal ook instaat wees om die reuke van die verskillende hemele in die lug waar te neem. Die reuk van parijataka en kovidara bome, van mandarava blomme, groot mandarava blomme, groot manjushaka blomme, sandalhout, alwyn, verskeie soorte gepoeierde wierook en weirook gemaak van verskeidenheid blomme - van hemelse reuke, daar is niks wat hy nie kan waarneem en identifiseer nie.

"Hy sal ook instaat wees om die reuk van hemelliggame en hemelse wesens waar te neem. Die reuk van wanneer Shakra Devanam Indra in sy manjifieke paleis is waar hy homself vermaak en die vyf begeertes bevredig of die reuk wanneer hy in die Saal van die Wonderlike Wet preek vir die hemelse wesens of die reuk van Trayastrimsha of die reuk wanneer hy as ontspanning in sy tuine wandel, sowel as die reuk van die liggame van onder manlike en vroulike hemelse wesens - al hierdie sal hy instaat wees om van vêraf waar te neem.

"Hy sal dus instaat wees om sy waarnemings uit te brei na die Brahma hemel en selfs hoër tot die Kruin van Bestaan hemel, sal ook kan waarneem die reuk van al die liggame van die hemelse wesens en ook die wierook wat gebrand word deur die hemelse wesens. Ook die reuk van die stem-aanhoorders of die privaat-boeddas, strewelinge en van die Boeddas - al hierdie sal hy van vȇraf waarneem en weet waar die wesens hulle bevind. En alhoewel hy al hierdie reuke kan waarneem, sal sy reuksintuie nie negatief beḯnvloed word nie. Indien hy sou wens om die een reuk van ’n ander te onderskei, sal hy instaat wees om dit foutloos te herroep."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:

Die reinheid van so ’n persoon se neus sal sodanig wees
dat regdeur hierdie wȇreld
hy sal instaat wees om waar te neem en te identifiseer
alle soorte reuke, geurvol of walglik,
sumana en jatika blomme,
tamalapatra en sandalhout,
die reuk van aalwynne en kassia,
die reuk van verskillende blomme en vrugte.
En hy sal ken die reuk van lewende wesens,
die reuk van mans en vrouens.
Alhoewel hier prediker van die Wet vêr weg so woon,
sal hy kan waarneem al die reuke en weet waar die persone hulle bevind.
Wiel-draaiend konings van groot outoriteit,
Geringe wiel-draaiende konings en hul seuns,
hul ministers en paleis bediendes (werkers) -
hy sal hy reuk kan waarneem en weet wat hulle is.
Waardevolle skatte versier sy liggaam,
skatte stoorhuise in die aarde,
juweel-versierde dames van wiel-draaiende konings -
hy sal hul reuke waarneem en weet waar hulle is.
Ornamente om die liggame van persone te versier,
kleding en halskettinkies,
alle soorte van gepoeierd wierook -
deur hierdie waar te neem sal hy weet waar die draers daavan is.
Wanneer hemelse wesens loop of sit,
hulself vermaak deur magiese transformasie uit te voer,"
die handhawer van die Lotus
deur hul reuk waar te neem, ken alles dit.
Blare en vrugte van verskillende bome,
en die aroma van botter olie -
die handhawer van die soetra, woon daar,
weet waar al hierdie dinge is.
Diep in die berge, in steil plekke
waar blare van die sandalhout boom ontvou,
lewende wesensis in hul midde -
deur die reuk waar te neem, kan hy dit alles weet.
Lewende wesens in die Yster Omsirkelde Berge,
in die groot see of in die grond -
die handhawer van hierdie soetra kan hul reuk waarneem
en weet waar almal van hulle is.
Wanneer manlike en vroulike asuras
en hul groep van na-volgers
met mekaar baklei of hulself vermaak,
hy neem die reuk waar en weet alles daarvan.
Op die oop vlaktes, in nou en eng plekke,
leeus, olifante, tiere, wolwe,
buffels en water buffels -
deur hu reuk waar te neem, weet waar hulle is
Wanneer ’n vrou verwagtend is
en geeneen kan bepaal of die kind manlik of vroulik is,
indien die fetus normale funksie ontbreek of onmenslik is,
deur die reuk waar te neem, weet hy dit alles.
En deur hierdie mag en vermoë om reuke waar te neem
weet hy of ’n vrou suksesvol al dan nie gaan wees,
of die swangerskap suksesvol of nie gaan wees,
of sy ’n gesonde baba veilig gaan baar.
Deur sy mag om reuke waar te neem
ken hy die gedagtes van mans en vroue,
of hul bewussyne bevlek is met begeertes, onnoselheid of woede,
en hy weet of hulle goeie dade pleeg.
Horde goedere wat gestoor word in die aarde,
goud, silwer en waardevolle skatte,
items gestoor in brons houers -
deur die reuk waar te neem, kan hy sê waar dit alles is
Verskeie soorte halskettinkies
waarvan die waarder nie bepaal kan word nie -
deur die reuk waar te neem, weet hy of dit waardevol of geen waarde besit,
waar hulle vandan kom en waar hulle nou is.
Blomme in die hemele daarbo,
mandaravas, manjushakas,
parijataka bome -
deur hul reuk waar te neem, weet hy dit alles.
Die paleise in die hemele daarbo
in hul verskillende vlakke van boonste, intermediëre en laer (laagste),
versier met menigte juweelblomme -
deur hul reuke waar te neem, weet hy dit alles.
Die hemelse tuine en boorde, die manjifieke wonings,
die observasie stasies, die Saal van die Wonderlike Wet,
en diegene in hul midde wat dit geniet -
deur hul reuk waar te neem, weet hy dit alles.
Wanneer hemelse wesens na die Wet luister
of hul self verlustig in die bevrediging van die vyf begeertes,
kom en gaan, loop, sittend, lê -
deur hul reuk waar te neem, weet hy van hulle almal.
Die kleding stukke gedra deur die hemelse vrouens
wanneer, versier met lieflike blomme en perfuum,
hulle draai en swaai in blydskap -
deur hul reuke waar te neem, weet hy dit alles.
Dus deur sy waarneming uit te brei opwaarts tot die Braham hemel,
deur hul reuk waar te neem, weet hy wie
besig om te mediteer en wie so pas klaar gemediteer het.
In die Lig Klanke en Alle Rein hemele
en opwaarts tot die Kruin van Bestaan,
diegene wie vir die eerste keer gebore word of diegene wat gesterf het -
deur hul reuk waar te neem, weet hy dit alles.
Die menigte monnikke
ywerig ten alle tye met betrekking tot die Wet,
of sittend of rondloop
of lees of voordra van die soetra leerstellings,
somtyds onder die bome van die woud
konsentreer hul energie, sittend in meditasie -
die handawer van die soetra neem hul reuke waar
en weet waar almal van hulle is.
Strewelinge ferm en onbuigsaam in voornemens,
sittend in meditasie of lees die soetras
of preek die Wet vir andere -
deur hul reuke waar te neem, weet hy dit alles.
Die Wêreld-Gerespekteerde Een, teenwoordig in alle kwartiere,
vereerd en gerespekteer deur almal,
bejammer die menigte, preek die Wet -
deur hul reuke waar te neem, weet hy van hulle almal
Lewende wesens wie in die Boedda se teenwoordigheid
die soetra hoor en verblyd is,
wie die Wet beoefen soos voorgeskryf -
deur hul reuk waar te neem, weet van hulle almal.
Alhoewel hy nog nie die neus besit van ’n streweling van die Wet,
die handhawer van die soetra sal voor lank
’n neus bekom met die kenmerke soos hierbo beskryf

Verder, Konstante Inspanning, indien goeie mans en goeie vrouens hierdie soetra aanvaar en handhaaf, dit lees, voordra, dit verduidelik en preek of dit vertaal, sal hulle die twaalf duisend voordele van die tong bekom. Of iets goed of sleg smaak of dit smaakvol of nie is en selfs as iets bitter of suur is wanneer dit in aanraking met hierdie persoon se tong kom, sal dit verander na uitstaande smaak so fyn soos die soet dou van die hemel en daar sal niks wat nie smaakvol sal proe nie.

"Indien met hierdie fakulitiete van die tong, hy onderneem die verduideliking en preking in die midde van die groot byeenkoms, sal hy ’n diep en wonderlike stem bekom wat instaat is om die bewussyn te penetreer en veroorsaak dat almal dit hoor, bly en verheug is. Wanneer die mans en vrouens van die hemel, Shakra, Braham en die ander hemelse wesens, sy diep en wonderlike stem hoor – verduidelik en preek, argumenteer punt vir punt, sal hulle almal vergader om te luister. Drake en drake dogters, yakshas en hul dogters, gandharvas en hul dogters, asuras en hul dogters, garudas en hul dogters, kimnaras en hul dogters, mahoragas en hul dogters sal almal rondom hom vergader om sodoende te luister na dieWet en sal hom vereer en almoese offer. Monnikke, nonne, leke mans en vrouens, heersers, prinse, minsters en hul gevolg, geringe wiel-draaiende konings en magtige wiel-draaiende konings met hul sewe skatte en duisend seuns en hul menigte na-volgers, sal na hul paleise optrek en almal sal luister na die Wet.

"Omdat hierdie streweling so vaardig is om die Wet te preek, sal die priesters, huishoudings en mense regdeur die land, sal vir die res van hul lewens hom navolg en op hom wag en almoese aanbied. Stem-aanhoorders, privaat-boeddas, strewelinge en Boeddas is, sal hulle konstant verheug wees om hom te sien. Waarook die persone is, die Boeddas sal in daardie rigting kyk wanneer hulle die Wet preek en hy sal instaat wees om al die leerstellings van die Boedda te aanvaar en te handhaaf. En daarmee saam sal hy instaat wees om die diep en wonderlike klanke van die Wet uit te basuin."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in
vers vorm en sȇ:

Die fakuliteite van hierdie persoon se tong is so rein
dat hy nooit enige slegte smake sal ervaar,
maar alles wat hy eet
sal soos soet dou proë.
met sy diep, rein en wonderlike stem
sal hy die Wet preek in die groot byeenkoms,

oorsake, kondisies, metafore en gelykenisse gebruik
om die bewussyne van lewende wesens te lei.

almal wat hom hoor sal verheug wees
en hom hul fynste almoese offer.
Hemelse wesens, drake, yakshas,
sowel as asuras en andere
sal hom met ’n respekte en eerbiedige bewussyn benader
en saamkom om te luister na die Wet.
Indien hierdie prediker van die Wet
wens om sy wonderlike stem te gebruik
om die drie duisende wȇrelde te vul
kan hy dit na wille kere doen.
Wiel-draaiende konings; magtig en klein
en hul duisende seuns en na-volgers
sal hul hande saamvou met eerbiedende bewussyne
en gedurig kom om die Wet te hoor en te aanvaar.
Hemelse wesens, drake, yakshas,
rakshasas en pishachas
sal ook met verheugde bewussyne
gedurig verblyd wees om almoese te offer.
Die hemelse koning Brahama, die bose koning,
die gode; Vryheid en Groot Vryheid,
al die menigte van hemelse wesens
sal gedurig kom waar hy is.
Die Boeddas en hul dissipels,
hoor die klank van hom die Wet onderrig,
sal hom gedurig in hul gedagte hou en hom beskerm
en ten alle tye hul self toon terwille van hom.

"Verder, Konstante Inspanning, indien goeie mans of goeie vrouens hierdie soetra aanvaar en handhaaf, dit lees, voordra, verduidelik en preek of vertaal, sal hulle agt honderd liggam voordele bekom. Hulle sal rein liggame soos egte lapis lazuli bekom - lewende wesens sal verheug is wees om dit te aanskou. Omrede die reinheid van hul liggame, wanneer die lewende wesens van die duisend-miljoen wȇrelde gebore of sterf, wanneer hulle gebore word in die boonste of onderste streke, in gunstige of ongunstige toestande, in goeie of slegte plekke, hulle almal sal in hierdie liggame gereflekteer word. Die berg koning, koning van die Yster Omsirkelde Berge, berge Meru en Mahameru, sowel as die lewende wesens in hul midde, sal daarin gereflekteer word. Afwaarts tot in die Avichi hel, opwaarts tot die Kruin van Bestaan, al die streke en die lewende wesens sal daarin gereflekteer word. Stem-aanhoorders, privaat-boeddas, strewelinge, Boeddas wat die
Wet preek - die vorms en fatsoene sal gereflekteer word in hul liggame."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Indien iemand die Lotus soetra handhaaf
sy liggaam sal rein wees,
soos egte
lapis lazuli -
lewende wesens sal verheug wees om dit te sien.
En dit ook wees soos ’n egte helder spiëel
waarin vorms en fatsoene gereflekteer word in.
Die streweling in sy rein liggaam
sal alles sien wat in die wȇreld is:
hy alleen sal dit helder waarneem (sien)
wat vir andere nie sigbaar is nie.
Binne die drie duisend wȇrelde
al die menigte ontluikende wesens,
hemelse en menslike wesens, asuras,
hel bewoners, geeste, diere -
hul vorms en fatsoene sal alles gereflekteer word in sy liggaam.
Die paleise van die verskillende hemele
opwaarts tot die kruin van Bestaan,
die Yster Omsirkelde Berge,
Die Meru en Mahameru berge,
die groot oseane en ander water massas -
alles sal gereflekteer word in sy liggaam.
Die Boeddas en stem-aanhoorders,
Boedda seuns en strewelinge,
of alleen of in ’n byeenkoms
preek die Wet - almal sal gereflekteer word.
Alhoewel die persoon nog nie bekom het
die wonderlike liggaam van Dharma natuur, vry van uitvloeiings.
omrede die reinheid van sy gewone liggaam
refleteer ons alle dinge daarin.

"Verder, Konstante Inspanning, indien goeie mans of vrouens nadat die Dus Hier Kom Een nivarna bereik het, hierdie soetra aanvaar en handhaaf, dit lees, voordra, verduidelik, preek of vertaal, sal hulle die twaalf honderd bewussyn (verstand) voordele bekom. Omrede die reinheid van hul verstandelike fakuliteite, wanneer hulle net meer as een vers of een frase [van die soetra] hoor, sal hulle onmeetbare en grenslose beginsels bemeester. En nadat hulle die beginsel verstaan het, sal hulle instaat wees om ’n enkel frase of enkele vers vir ’n maand, vir vier maande of vir ’n hele jaar te verduidelik en te preek en die leerstellings wat hulle gedurende daardie tydperk sal preek, sal ooreenstem met die kern van die beginsels en nooit teenstrydig met ware realiteit wees.

"Indien hulle sekere teks van sekulêre wȇreld verduidelik of praat oor regering sake of wat betrekking het op rykdom en lewens omstandighede, sal dit in alle gevalle ooreenstem met die korrekte Wet. Met betrekking tot lewende wesens in die ses bestaanswȇrelde, sal hulle verstaan hoe die bewussyn van daardie lewende wesens werk, hoe hulle beweeg en watter sluimerende teorieë hulle bepeins
.

"Dus alhoewel hulle nog nie die wysheid bekom het nie, die reinheid van hul bewussyn sal van so aard wees dat die gedagtes van die persone en hul berekeninge en afleidings en die woorde wat hulle spreek, sal in alle gevalle die Wet van die Boeddas verteenwoord en nooit afdwaal van die waarheid en ook ooreenstem met wat gepreek was in die soetras van die vorige Boeddas."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis te beklemtoon, spreek in vers vorm en sê:


Die bewussyn van die persone sal rein,
helder, knap en sonder bevlekking of besoedeling wees.
En met hierdie wonderlike verstandelike vermoeëns
verstaan hulle die mees uitstaande, die intermediëre en die minderwaardige Wet
Hulle hoor meer as net een vers,
en hulle bemeester die onmeetbare beginsels
en instaat om stap vir stap te preek wat in ooreenstemming met die Wet is
vir ’n maand, vier maande of ’n jaar.
Al die lewende wesens
in die binneste en buitenste dele van hierdie wȇreld,
hemelse wesens, drake, mense,
yakshas, geeste,
diegene in die ses bestaans koninryke
en al die verskillende gedagtes wat hulle koester -
as vergoeding sal die handhawers van die Lotus soetra,
oombliklik sal hy dit alles weet!
Die ontelbare Boeddas van die tien rigtings,
versier met die tekens van honderd seëninge,
terwille van die lewende wesens, preek hulle die Wet,
en sulke persone wat dit hoor, sal instaat wees om dit te aanvaar en te handhaaf.
Hulle sal onmeetbare begingsels bepeins,
preek die Wet op ontelbare wyse,
nogtans vanaf die begin tot die einde vergeet hulle nie ’n frase

of maak nie ’n fout nie,
omdat hulle handhawers van die Lotus soetra is.
Hulle sal die karakter eienskapppe van alle verskynsels verstaan,
wat in ooreenstemming met die beginsels is en hul regte orde herken,
sal meesters van name en woorde wees,
en verduidelik en preek dinge soos hulle dit verstaan.
Wat hierdie persone preek
is in alle gevalle die Wet van die Boeddas van die verlede,
en omdat hulle hierdie Wet verduidelik
het hulle geen vrees wanneer hulle voor die byeenkoms verskyn.
So is die reinheid van die verstandelike vermoeëns
van die handhawers van die Lotus soetra.
Alhoewel hulle nog nie vryheid bekom het van uitvloeiings
sal hulle voor dit, die tekens hierbo beskryf, manifesteer.
Terwyl hierdie persone hierdie soetra handhaaf
sal hulle veilig woon op reine grond,
Deur alle lewende wesens gerespekteer, geliefd en verheug in
instaat om ’n duisend, tien duisend verskeidenheid
geskikte en vaardige woorde te gebruik
om onderskeidings te maak en te verduidelik en te preek-
alles omdat hulle die Lotus soetra handhaaf.

Hoofstuk Twintig: Streweling nooit Minagtend
Die Boedda sê vir die streweling en monasties ontwaakte, Bereiker van Magtige Outoriteit: 'Jy moet die volgende verstaan. Wanneer monnikke, nonne, leke mans en vrouens die Lotus soetra handhaaf, indien enige iemand sleg van hulle praat, hulle vervloek of beskinder, sal daardie persoon erge lyding ondergaan as vergoeding vir sy/haar misdaad, soos ek vroeër verduidelik het. En ek het ook vroëer verduidelik die voordele bekom deur diegene wie soetra handhaaf, naamlik, reiniging van hul oë, ore, neus, tong, liggaam en bewussyn.

"Bereiker van Magtige Outoriteit, lank gelede, ’n onberekenbare, grenslose en ondenkbare aantal eeue gelede, was daar ’n Boedda genaamd Wondelike Geluid Koning, Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van regte en
universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaarde opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Sy tydperk was genoem Vrygestel van Verrotting en sy land was genoem Magtige Prestasie.

"Hierdie Boedda, Wonderlike Geluid Koning, gedurende sy tydperk, preek die Wet vir hemelse en menslike wesens en asuras. Vir diegene wat soekend was om stem-aanhoorderste word, preek hy die Wet van die vier edele waarhede sodat hulle geboorte, ouderdom, siekte en sterfte kon oorkom en uiteindelik nirvana kan bereik. Vir diegene wat privaat-boeddas wou word, preek hy die Wet van die twaalf-interafhanklike kettings van oorsprong. Vir die strewelinge, as ’n metode om hulle na alomvattende Boeddaheid te lei, preek hy die Wet van die ses vervolmakings.

"Bereiker van Magtige Outoriteit, daardie Boedda Wonderlike Geluid Koning het ’n lewensbestaan van eeue gelykstaande aan vier honderd duisend miljoen sand van die Ganges rivier. Sy korrekte Wet het bestaan in die wȇreld vir soveel eeue soos daar stofdeeltjies is in een Jambudvipa. Sy Vervalsde Wet het voorgeduur vir soveel eeue soos daar stofdeeltjies is in die vier kontinente. Nadat daardie Boedda groot voordele vir die lewende wesens gebring het, het hy nirvana bereik.

"Nadat sy korrekte en vervalsde Wet tot ’n einde gekom het, het daar ’n ander Boedda in dieselfde land verskyn. Hy was ook genoem Wonderlike Geluid Koning Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van korrekte en
universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Hierdie proses het so voorgeduur totdat twintig duisend miljoen Boeddas een na die ander verskyn het en almal het dieselfde naam gehad.

"Nadat die oorspronlike Boedda,
Wonderlike Geluid Koning, Dus Hier Kom Een, nirvana bereik het en nadat sy Korrekte Wet ook verdwyn het en gedurende die tydperk van sy Vervalsde Wet, het die monnikke wat oordadig arrogant was, groot outoriteit en mag beoefen. Gedurende daardie tyd was daar ’n streweling met die naam Nooit Verkleinerend. Nou, Bereiker van Magtige Outoriteit, vir watter rede was hy Nooit Verkleinerend genoem? Daardie monnik, watter persone hy ookal ontmoet het of monnikke, nonne, leke mans en vrouens, het hy in eerbied gebuig en hulle geloof deur te sê, 'Ek het diepgaande respek vir u, ek sal nooit waag om u met mingating en arrogansie te behandel. Waarom? Omdat julle almal die streweling’s weg beoefen en is verseker dat julle Boeddaheid sal bereik.'

"Daardie monnik het hom nie toegewy tot die lees of voordra van die geskrifte nie maar het eenvoudig net voor al die mense gebuig. En wanneer hy enige van die vier geloofs na-volgers in die verte sou sien, het hy doelbewus na hulle gegaan en voor hulle gebuig en gesȇ, 'Ek sal nooit waag om jou met mingating en arrogansie te behandel omdat julle almal verseker Boeddaheid sal bereik!'

"Tussen die vier soorte geloofs na-volgers was daar diegene wat toegegee aan woede, hul bewussyn was onrein en hulle het sleg van hom gepraat en hom vervloek, 'Hierdie dom monnik - waar kom hy vandaan, wat voorgee dat hy ons nie minag nie en voorspel dat ons alomvattende Boeddaheid sal bereik en verklaar dat hy ons nooit verkleineer nie.
Ons het geen nut vir sulke onsinnige en onverantwoordelike voorspellings!'

"Baie jare het op so manier verby gegaan, gedurende daardie tyd was daardie monnik onderwerpe aan konstante vervloeking en vernedering. Hy het egter nooit toe gegee aan woede maar het elke keer dieselfde woorde gespreek, 'U sal verseker alomvattende Boeddaheid bereik!' Wanneer hy op so manier gepraat het, het sommige van die groep hom met stokke, hout of
teëls of klippe bestook en hom geslaan. Maar selfs as hy weghardloop, neem hy stelling in van ʼn vêr afstand van hulle en sê in ’n luide stem, 'Ek sal nooit u minag want u sal verseker alomvattende Boeddaheid bereik!' Omdat hy altyd hierdie woorde gebruik het, het die oordaadig arrogante monnikke, nonne, leke mans en vrouens hom die naam Nooit Verkleinerend gegee.

"Toe hierdie monnik op die punt was om te sterf, hoor hy hoog in die lug ’n volle twintig duisend miljoen verse van die Lotus soetra soos voorheen deur die Boedda Wonderlike Geluid Koning gepreek en hy was instaat om dit te aanvaar en te handhaaf. Onmiddelik bekom hy die soort reinheid van visie en die reinheid van fakuliteite van die oor, neus, tong, ligaaam en bewussyn wat voorheen hierbo beskryf was. Sy lewensbestaan was vermeerder met tweehonderd tien miljoen jare en hy het wyd en suid die Lotus soetra vir mense gepreek.
"Toe daardie vier geloofs aanhagers wat so oordadig arrogant was en hom met minagtig behandel het, sien dat hy die magtige transendentale magte, die mag om verblywende en welsprekend te preek, die mag van groot goedheid en rustigheid bekom het en toe hulle sy preking hoor, het hulle in hom geglo en sy aanhangers geword.

"Hierdie streweling het menigte van duisend, tien duisend, ’n miljoen bekeer en veroorsaak dat hulle in ’n staat van alomvattende Boeddaheid verkeer. Nadat sy lewe tot ’n einde gekom het, was hy instaat om twee duisend miljoen Boeddas teë te kom – almal van hulle se naam was Son Maan Helder. In die midde van die Wet het hy hierdie Lotus soetra gepreek. Deur middel van oorsake en kondisies daar deur geskep, was hy ook instaat om twee duisende miljoen Boeddas met die identiese naam, Wolk Vryheid Lamp Koning te ontmoet. In die midde van die Wet van die Boeddas, het hy aanvaar, handhaaf, voor gedra en gepreek hierdie soetra aan die vier soort geloofs na-volgers. Vir daardie rede was hy instaat om perfekheid van sy gewone oë en die fakuliteite van sy ore, neus, liggaam en bewussyn te bekom. Tussen die vier soorte geloofs aanhangers het hy die Wet sonder vrees in sy bewussyn gepreek.

"Bereiker van Magtige Outoriteit, hierdie streweling Nooit
Verkleinerend het op so manier almoese aan ’n menigte Boeddas geoffer, hulle met respek en eerbied behandel en hulle geloof. Deur hierdie goeie wortels te plant was hy instaat om later ’n duisend, tien duisend, miljoen Boeddas teë te kom en in die midde van die Wet van die Boeddas het hy hierdie soetra gepreek en die voordele bekom wat hom instaat gestel het om Boeddaheid te bereik.

"Bereiker van Magtige Outoriteit, wat dink jy? Die streweling Nooit
Verkleinerend wie gedurende daardie tyd geleef het - kon hy moontlik onbekend aan jou wees? In werklikheid is hy niemand anders as ek myself! Indien ek nie in my vorige lewensbestaan hierdie soetra aanvaar, handhaaf, gelees, voor gedra of gepreek het nie, sou ek nooit instaat wees om so vining Boeddaheid te bereik nie. Omdat ek in die teenwoordigheid van die vorige Boeddas die soetra aanvaar, handhaaf, lees, voordra en gepreek het en daarom was ek instaat om so vining volkome Boeddaheid te bereik.

"Bereiker van Magtige Outoriteit, daardie tyd, daardie monnikke, nonne, leke mans en vroue na-volgers omdat hulle woede in hul bewussyn gekoester het en my toe verneder, beledig en met veragting behandel het, was tweehonderd miljoen eeue nie instaat om nooit ’n Boedda te ontmoet, om die Wet te hoor of om die gemeenskap van monnikke te sien nie. Vir ’n duisend eeue het hulle groot lyding deurgemaak en in die Avichi hel beland. Nadat hulle klaar betaal het vir hul oortredings, kon hulle weer die streweling Nooit
Verkleinerend teë kom wat hulle onderrig het in alomvattende Boeddaheid.

"Bereiker van Magtige Outoriteit, wat dink jy? Die vier soort geloofs na-volgers wat gedurig die streweling verneder het - kon hulle moontlik onbekend aan jou wees? Hulle is nou deel van die byeenkoms, Bhadrapala en sy groep vyf honderd strewelinge; Leeu Maan en haar groep van vyf honderd leke mans na-volgers, almal het n staat van nooit terug val op ou weë bereik in hul strewe na alomvattende Boeddaheid!

"Bereiker van Magtige Outoriteit, jy moet verstaan dat hierdie Lotus soetra die strewelinge en ontwaaktes ryklik bevoordeel omdat dit veroorsaak dat hulle volkome Boeddaheid bereik. Vir hierdie rede, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, moet die strewelinge en ontwaaktes ten alle tye hierdie soetra, aanvaar, handhaaf, lees, voordra, preek en vertaal."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

In die verlede was daar ’n Boedda
genaamd Wonderlike Geluid
Koning,
van onmeetbare bonatuurlike magte en wysheid,
een en almal het hy gelei.
Hemelse en menslike wesens, drake, geeste
het hom almoes geoffer.
Nadat die Boedda nirvana bereik het,
toe sy Wet aamper verdwyn het,
was daar ’n streweling genaamd Nooit
Verkleinerend
Die vier soorte geloofs na-volgers het daardie tyd
het die Wet ondersoek en gehandhaaf.
Die streweling Nooit Verkleinerend
sou gaan na waar hulle was
en vir hulle sê,
"Ek sal julle nooit disrespekteer en verkleineer,
want julle beoefen die weg
en almal van julle sal Boeddas word!"
Toe die mense dit hoor,
gryp, vervloek en slaan hulle hom,
maar die streweling Nooit Verkleinerend
verdra alles geduldig
Toe sy oortredings
uitgeveë was
en sy sterfte naby was,
was hy instaat om hierdie soetra te hoor
en sy ses fakuliteite was gereinig
Omrede sy transendentale magte
was sy lewensbestaan verleng,
en terwille van die ander lewens wesens
preek hy hierdie soetra vêr en wyd.
Die menigte persone wat die wet handhaaf
het almal onderrig en bekering ontvang van hierdie streweling,
wie hulle veroorsaak het om in die Boedda-weg te vertroef.
Toe Nooit Verkleinerend se lewe tot ’n einde kom,
het hy menigte Boeddas teë gekom,
en omdat hy hierdie soetra gepreek het
het hy onmeetbare seëninge ontvang
Geleidelik het hy voordele bekom
en vining die Boedda-weg voltooi.
Nooit Verkleinerend wie daardie tyd geleef het
was niemand behalwe ek, myself
En die vier soorte geloofs na-volgers
wie die Wet aangekom gehet,
het gehoor Nooit Verkleinerend sȇ,
"Julle sal almal Boeddas word!"
en deur die oorsake sodoende geskep -
kom menigte Boeddas teë,
’n groep van vyf honderd strewelinge,
en die vier soorte geloofs na-volgers,
mans en vrouens van reine geloof
wie nou in my teenwoordigheid luister na die Wet.
In vorige lewensbestaan
het ek hierdie persone aangemoedig
om te luister na en hierdie soetra te aanvaar,
die mees uitstaande in die Wet,
lê dit uit en onderrig die mense,
en veroorsaak dat hulle vertoef in nirvana.
So, leeftyd na leeftyd aanvaar en handhaaf hulle geskrifte soos hierdie.
’n Miljoen-tien duisend eeue,
’n ondenkbare tydperk sal verbygaan
voordat ’n persoon hierdie Lotus soetra kan hoor.
’n miljoen-tien duisend eeue,
’n ondenkbare tyd sal verbygaan
voordat Boeddas, Wȇreld-Gerespekteerde Een,
hierdie soetra preek.
Daarom sal die beoefenaars daarvan
nadat die Boedda nirvana bereik het,
wanneer hulle ’n soetra soos hierdie hoor
moet hulle geen twyfel en verwarring hê nie
maar moet met ’n enkele gefokusde bewussyn
hierdie soetra wyd en syd preek,
tydperk na tydperk sal hulle Boeddas teë kom

En vining die Boedda-weg voltooi.

Hoofstuk Een en twintig: Die mistieke magte van die Tathagata
Daardie tyd, die strewelinge en ontwaaktes wie vanuit die aarde verskyn het, getalvol soos die stofdeeltjies van ’n duisend wȇrelde, almal in die teenwoordigheid van die Boedda vou hul hande saam en staar in eerbied na die Boedda en sȇ: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, nadat die Boedda nirvana bereik het, in die lande waar die uitstrallings van die BoeddaWereld-Gerespekteerde Een teenwoordig is, sal hierdie soetra
wyd en suid preek. Waarom? Omdat ons wens om hierdie magtige Wet - rein en opreg, te aanvaar, handhaaf, voordra, verduidelik, te preek en vertaal en almoese te offer."

Die Boedda vertoon voor al die miljoene wesens sy magtige bonatuurlike magte. Hy strek sy lang breë tong opwaarts totdat dit die Brahma hemel bereik en vanuit die openinge in sy liggaam, straal hy ontelbare ligstrale wat al die wȇrelde in die tien rigtings verlig het.

Die ander Boeddas, sittend op die leeu trone onder die verskillende juweel-versierde bome, verleng ook hul lang breë tong en straal onmeetbare ligstrale uit. Shakyamuni Boedda en die ander Boeddas onder die juweel-versierde bome vertoon hul bonatuurlike magte vir volle honderd duisend jare. Daarna trek hulle weer hul tonge in, hoes en klap hul vingers almal gelyktydig. Die geluide so veroorsaak, vul al die Boedda wȇrelde in die tien rigtings en die aarde skud en bewe op ses verskillende maniere.

Die lewende wesens in hul midde, die hemelse wesens, drake, yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens, te danke aan die Boedda se bonatuurlike magte, sien op die Aarde ontelbare miljoene Boeddas sittend op die leeu trone onder die juweel-versierde bome en hulle kon ook Shakyamuni Boedda en Baie Skatte Dus Hier Kom Een tesame op ’n leeu troon sit in die skatte toring. Verder kon hulle ook sien ontelbare miljoene strewelinge en ontwaaktes en die vier soorte geloofs na-volgers wat eerbiedig rondom Shakyamuni Boedda sit.

Toe hulle al hierdie dinge gesien het, was hulle almal gevul met groot vreugde, en bekom wat hulle nog nooit tevore besit het nie. Die hemelse wesens in die middel van die lug skree in luide stemme, "Behalwe hierdie onmeetlike, grenslose honderde, duisende, tien duisende miljoene wȇrelde, is daar ’n wȇreld genaamd saha (Aarde) en in dit is daar ’n Boedda genaamd Shakyamuni. Nou, terwille van die strewelinge en die ontwaakte spreek hy sy soetra van die Groot Voertuig genaaamd die Lotus van die Wonderlike Wet, ʼn wet om strewelinge te onderrig, een wat beskerm en ingedagte gehou word deur die Boeddas. Jy moet met vreugde reageer vanuit diep uit jou hart en ook aan Shakymuni Boedda eerbied en almoese offer!"

Toe die verskillende lewende wesens die stemme in die lug hoor, druk hulle hul handpalms saam, draai hul aangesig na die Aarde en sê: "
Eer aan Shakyamuni Boedda! Eer aan Shakyamuni Boedda!"

Toe neem hulle verskeie soorte blomme, wierook, halskettinkies, baniere en tente, sowel as ornamente, skaarse juwele en ander wonderlike artikels wat hul eie liggame versier het en strooi dit in die rigting van die Aarde. Die voorwerpe wat dus vanuit die tien rigting gestrooi was, het soos wolke saam gevorm. Toe verander dit in ’n juweel-versierde gordyn wat die area kompleet bedek waar die Boeddas was. Die wȇrelde in die tien rigtings het geopen sodat daar geen hindernisse was tussen die verskillende wȇrelde en hulle was soos een Boedda land.

Die Boedda sê toe vir streweling,
Mees Uitstaande Praktyke en die andere in die byeenkoms van strewlinge: "Die bonatuurlike magte van die Boeddas, soos julle gesien het, is onmeetlik, grensloos en ondenkbaar. Indien daar in die toevertrou aan andere van hierdie soetra en ek gebruik hierdie bonatuurlike magte vir ’n meetbare miljoene eeue om die voordele van die soetra te beskryf, sal ek nooit einde daarna kry nie! Om dit kortliks te stel; al die leerstellings wat besit word deur die Dus Hier Kom Een, die stoorhuis van al die geheime essensies van die Dus Hier Kom Een - al hierdie word aangekondig, onthul en helder verduidelik in hierdie soetra.

Vir hierdie rede, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, moet jy met ’n gefokusde bewussyn die Lotus soetra aanvaar, handhaaf, lees, voordra, verduidelik, preek, vertaal en beoefen. In enige van die verskillende lande, waar ookal diegene is wat die soetra aanvaar, handhaaf, lees, voordra, verduidelik, preek en vertaal of beoefen soos aangedui deur die soetra of waar die soetra rolle bewaar – of in ’n tuin, ʼn woud, onder ’n boom, in kwartiere van monnikke, in woonplekke van wit geklede leke mans, in paleise of in berg valleie of die wilde wildernis, in al hierdie plekke moet ’n persoon torings oprig en almoese offer. Waarom? Omdat jy behoort te verstaan dat sulke dele is plekke van godsdienstige praktyke. In sulke plekke het die Boeddas volkome Boeddaheid bereik, in sulke plekke het die Boedda die wiel van die Wet gedraai, in sulke plekke het die Boedda nirvana bereik."

Daardie tyd, die Wȇreld-Gerespekteerde Een, wens om sy betekenis weereens te beklemtoon, spreek in vers vorm en sȇ:

Die Boeddas, bevryders van die wȇreld,
vertoef in hul magtig transendentale magte ,
en om lewende wesens tevrede te stel
vertoon hulle onmeetlike bonatuurlike magte.
Hul tonge reik tot in die Brahma hemel,
hul liggame straal ontelbare ligstrale uit.
terwille van diegene op soek na die Boedda-weg
manifesteer hul dinge wat selde gesien word.
Die geluid van die Boeddas se gehoes,
die klanke van hul vingers wat klap,
word gehoor regdeur die lande in die tien rigtings
en die vastelande in daardie wêrelde beweeg op ses wyse.
omdat, nadat die Boedda nirvana bereik het
sal daar diegene wees wat hierdie soetra kan handhaaf,
die Boeddas is verheug
en manifesteer onmeetlike bonatuurlike magte.
Omdat hulle wens om hierdie soetra aan iemand toe te vertrou,
loof en vereer hulle die persoon wat die soetra aanvaar en handhaaf,
en alhoewel hulle dit vir onmeetbare eeue sou doen
sal hulle nooit aan ’n einde van hul lof (sange) kom nie

Die voordele bekom deur so ’n persoon
is grensloos en onuitputbaar,
soos die wye ruimte in die tien rigtings
dat niemand ’n beperking daar aan kan sit.
’n Wese wat hierdie soetra kan handhaaf
het in werklikheid alreeds my gesien,
en het ook terselfde tyd baie Skatte Boedda gesien
en die Boeddas wat uitstraling van my liggaam is.
En hy sien my ook vandag
soos ek die strewelinge onderrig en bekeer.
’n Persoon wat hierdie soetra kan handhaaf
veroorsaak dat ek en my uitstralings,
en Baie Skatte Boedda wat alreeds nirvana bereik het,
almal met groot vreugde gevul is.
Die Boeddas wie teenwoordig is in die tien rigtings
en die Boeddas van die verlede en die toekoms -
hulle sal hy ook kan sien, offer almoese
en veroorsaak dat hulle met vreugde gevul is.
Die geheime essensie (kern) van die Wet
bekom deur die Boeddas wat in die plek van praktyke gesit het -
iemand wat hierdie soetra kan handhaaf
sal hulle ook kort voor lank kan bereik.
Iemand wat hierdie soetra kan handhaaf
sal verheug wees om dit eindeloos te verduidelik
die beginsels van die verskillende leerstellings
en hulle name en frases
soos die wind in die ope lug
beweeg orals sonder enige hindernisse.
Nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het,
daardie persoon sal die soetras gepreek deur die Boeddas ken,
hul oorsake en kondisies en hul korrekte volgorde,
en sal dit preek in waarheid en in ooreenstemming met die beginsel.
Soos die lig van die son en die maan
die onbekendheid en donkerte laat verdwyn
,
so kan hierdie persoon soos hy deur die wȇreld beweeg
die donkerte van die lewende wesens uitwis,
veroorsaak dat ontelbare menigte strewelinge
aan die einde vertroef in die een voertuig.
Daarom, ’n persoon van wysheid,
wat hoor hoe nuttig die voordele wat bekom kan word, is
nadat ek nirvana bereik het
behoort hierdie soetra te aanvaar en te handhaaf.
So ’n persoon is versekerd en sal sonder twyfel
die Boedda-weg bereik.


Hoofstuk Twee-en-Twintig: Toevertrou(ing)
Daardie tyd Shakyamuni Boedda staan op vanuit sy Dharma sitplek en manifesteer sy magtige bonatuurlike magte, met sy regterhand druk op die hoofde van sommige van die menigte strewelinge en ontwaaktes en spreek die volgende woorde: "Vir onmeetbare miljoene eeue het ek hierdie uiters- moeilik-om-te-bereik volkome Boeddaheid beoefen. Nou vertrou ek dit aan julle toe. Julle moet met ’n gefokusde bewussyn hierdie Wet oorsee propageer sodat die voordele daarvan wyd en suidd kan versprei."

Drie keer druk hy op die strewelinge en ontwaaktes se hoofde en sê: "Vir onmeetbare miljoen eeue het ek hierdie uiters moeilike om te bereik volkome Boeddaheid beoefen. Nou vertrou ek dit aan julle toe. Julle moet hierdie Wet aanvaar, handhaaf, voordra en breedvoerig verduidelik en sodoende alle lewende wesens orals dit laat hoor en verstaan. Waarom? Omdat die Dus Hier Kom Een het groot bejammering en medelye. Hy is nie op enige manier suinig of haatdraend nie, nog minder het hy enige vrees. Hy is instaat om aan lewende wesens die wysheid van die Boedda, die wysheid van die Dus Hier Kom Een, die wysheid wat van nature self kom, toe te vertrou. Die Dus Hier Kom Een is ’n magtige donateur van geskenke aan alle lewende wesens. Vir julle deel moet julle hierdie Wet van die Dus Hier Kom Een bestudeer. Julle moenie suinig of
haatdraend wees nie.

"In toekomstige tye indien daar goeie mans en vroue is wat geloof in die wysheid van die Dus Hier Kom Een het, moet jy die Lotus soetra vir hulle preek en verduidelik sodat andere dit ook mag hoor en verstaan. Op hierdie manier kan jy veroorsaak dat hulle die wysheid van die Boedda bekom. Indien daar lewende wesens is wat dit nie glo of aanvaar nie, moet jy sommige van die ander diepgaande leerstellings van die Dus Hier Kom Een gebruik om hulle te leer, te bevoordeel en vreugde vir hulle te bring. Indien jy alles hierdie kan doen, het jy jou skuld van dankbaarheid teenoor die Boedda betaal."

Toe die strewelinge en die ontwaaktes die Boedda hierdie woorde hoor spreek, het hulle almal groot vreugde en blydskap wat hul liggame gevul het, ervaar. Met selfs groter respek as tevore het hullle met liggame en hoofde vooroor gebuig, handpalms saamgevou, na die Boedda gestaar en saam gesȇ: "Ons sal respekvol al die dinge uitvoer net so dieWȇreld-Gerespekteerde Een bevel het. Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om geen bekommernis aangaande die saak te hê nie!"

Hulle herhaal toe hierdie woorde drie keer: "Ons sal respekvol al die dinge uitvoer net so dieWȇreld-Gerespekteerde Een
bevel het. Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om geen bekommernis aangaande die saak te hê nie!"

Daardie tyd Shakyamuni Boedda veroorsaak dat die uitstralings van sy eie liggaam wat vanuit die tien rigtings gekom het, elkeen na sy oorspronklike land gaan en sê vir hulle: "Elkeen van u mag terugkeer na u land en so ook die toring van Baie Skatte Boedda."

Toe hy die woorde spreek het, was almal teenwoordig gevul met groot vreugde en blydskap.


Hoofstuk Drie-en-Twintig: Die vorige dade van streweling Medisyne Koning
Daardie tyd, streweling Konstelasie Koning
Blom sê vir die Boedda "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hoe kom en gaan die streweling Medisyne Koning in die saha wȇreld? Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie streweling Medisyne Koning het vir honderde, duisende, tien duisende, miljoene eeue moeilike en uitmergelende praktyke uitgevoer. Wȇreld-Gerespekteerde Een, kan ek u vra om assebief verder te verduidelik? Die hemelse wesens, drake, gode, yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahrogas, menslike en nie-menslike wesens en die menigte strewelinge wie van ander lande afgekom het, sal verheug wees om u te hoor."

Die Boedda addresseer die streweling Konstellasie Koning Blom deur te sê: "Baie eeue gelede, onmeetbaar soos die sand van die Ganges, was daar ’n Boedda genaamd Son Maan Rein Helder Deugde, Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van korrekte en universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermesster van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. Hierdie Boedda had tagtig miljoen magtige strewelinge en ontwaaktes en ’n groot menigte stem-aanhoorders gelykstaande aan die sand van twee-en sewentig Ganges riviere. Daardie Boedda se lewensbestaan was twee-en-veertig eeue en die strewelinge se lewensbestaan was dieselfde. In sy land was daar geen vrouens, hel bewoners, honger geeste, ongediertes of asuras
nie of vorme van lyding gewees nie. Die grond was gelyk soos die palm van ’n hand, gemaak van lapis lazuli en met juweelversierde bome. Juweel-versierde gordyne bedek dit, baniere van juweel blomme hang orals en juweelversierde wierook verbrandings houers vul die land orals. Daar was poduims gemaak van die sewe skatte, met ’n boom by elke poduim, die boom was geleë die lengte van ʼn afgevuurde pyl uit n boog daarvan daan. Hierdie juweel-versierde bome het almal strewelinge en stem-aanhoorders wat onder hulle sit en elke juweel-verfraaide poduims het honderde miljoen hemelse wesens wat hemelse instrumente bespeel en hulle sing loofsange ter ere van die Boeddas as offerande.

"Terwille van die streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens en die ander menigte strewelinge en stem-aanhoorders, preek die Boedda die Lotus soetra. Hierdie streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens was verheug om die moeilike en uitmergenlende praktyke uit te voer. In die midde van die Wet gepreek deur die Boedda Son Maan Rein Helder Deugde het hy ywerig sy beste probeer en orals gereis en met ’n gefokusde bewussyn die Boedda-weg gesoek vir ’n periode van twaalf dusiend jaar. Daarna was hy instaat om die samadi te bekom wat ’n wese instaat stel om alle fisiese vorms te manifesteer. Nadat hy hierdie samadi bekom, was sy hart gevul met groot vreugde en hy dink by homself: My vermoë om hierdie samadi te bereik is net as gevolg van die feit dat ek die Lotus soetra gehoor het. Ek moet nou offerande aan die Boedda Son Maan Rein Helder Deugde en die Lotus soetra maak!

"Onmiddelik bereik hy die samadhi en in die middel van lug reën mandarava blomme, groot mandarava blomme en fyngemaalde harde swart deeltjies van sandalhout neer; dit vul die hele lug soos wolke soos dit neer reën. Hy het ook
laat neer reën die wierook van sandalhout wat groei by die suidelike see kuslyn. Ses taels van hierdie wierook is gelykstaande aan die waarde van die saha wȇreld. Al hierdie het hy gebruik as ’n offerande aan die Boedda.

"Nadat hy klaar offerande aangebied het, staan hy op vanuit hierdie samadhi en dink by homself: Alhoewel ek my bonatuurlike magte gebruik om hierdie offerande aan die Boedda te bied, is dit nie so goed as om ’n offerande van my eie liggaam te maak nie.

"Daarna sluk hy verskeie soorte parfuum, sandalhout, kunduruka, turushka, prikka, alwynne en liquidambar gom en hy het ook gegeurde olie van champaka en ander soort blomme gedrink - vir ’n periode van twaalf honderd jaar. Hy salf sy liggaam met die gegeurde olie en verskyn voor Boedda Son Maan Rein Helder Deugde, draai sy liggaam toe in hemelse
juweel-versierde kleed, giet gegeurde olie oor sy hoof en beroep hom op sy bonatuurlike magte en steek sy liggaam aan die brand. Die helder gloed verlig wȇrelde gelykstaande aan die sand van agt miljoen Ganges riviere. Die Boeddas in daardie wȇrelde loof hom deur gelyke tyd te sê: 'Wel gedaan, wel gedaan! Hierdie is ware getrouheid en nakomming. Dit is wat genoem word ʼn ware Dharma offerande aan die Dus Hier Kom Een. Alhoewel ’n persoon mag blomme, halskettinkies, wierook vir verbranding, gepoeierde wierook, hemelse systof baniere en tente, sowel as wierook van die sandalhout wat by die suidelike kuslyn groei, gebruik as offerande aan die Boedda, sal dit nooit ewenaar nie. Alhoewel ’n persoon mag donasies van sy eie koninkryk, sy stede, sy vrou en kinders, kan dit nie ge-ewenaar word nie! Geagte manne, dit word genoem die mees uitstaande skenking ooit. Tussen alle donasies, is hierdie die mees waardevolste omdat ʼn persoon offer die Dharma aan die Dus Hier Kom Een.'

"Nadat hulle hierdie woorde gespreek het, bly hulle stil. Die liggaam van die streweling het vir twaalf honderd jaar gebrand en toe die tydperk verby is, het die liggaam uiteindelik klaar verbrand.

"Daarna was die streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens gebore in die land van Boedda Son Maan Rein Helder Deugde, in die huishouding van die Koning Reine Deugde. Sittend met gekruisde bene, was skielik deur middel van transformasie gebore en meteens vir die voordeel van sy vader spreek hy in vers vorm:

Grote koning, jy moet nou hierdie verstaan.
Nadat ek ’n tyd rondgeloop het in ’n sekere plek,
het ek onmiddelik die samdhi bereik
wat my toegelaat het om alle fisiese vorms te manifesteer.
Ek het my voornemens met groot ywerigheid en pligsgetroud uitgevoer en het die liggaam wat ek so lief voor was, agtergelaat.

"Nadat hy hierdie vers voorgedra het, sê hy vir sy vader: 'Boedda Son Maan Egte Helder Deugde is nog teenwoordig. Voorheen het ek offerande aan hierdie Boedda gebring en ’n mondelings formule bekom wat my toegelaat het om die die woorde van alle lewende wesens te verstaan
. Verder het ek hierdie Lotus soetra met sy miljoene verses gehoor. Ek moet nou weereens ’n offerande aan hierdie Boedda maak.

"Daarna gaan sit hy op ’n sitplek gemaak van die sewe skatte, styg op in die lug tot ’n hoogte van sewe tala bome en gaan na die plek waar die Boedda was, buig sy hoof in eerbied na die Boedda se voete, vou sy handpalms saam en spreek in vers vorm tot lof van die Boedda:

Die gesig om te aanskou so skaars en wonderlik,
die helderheid verlig in die tien rigtings!
By ’n vorige geleentheid het ek ’n offerande gebring.
En nou weer staan ek nader.

"Nadat die strewelingVerheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens hierdie verse gespreek het, sê hy vir die Boedda: 'Wȇreld-Gerespekteerde Een, is die Wȇreld-Gerespekteerde Een steeds teenwoordig in die wȇreld?'

"Daardie tyd Boedda Son Maan Egte Helder Deugd sê vir die streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens: 'Geagte man, die tyd het gekom vir my nirvana. Die tyd is reg vir my uitwissing. Jy mag vir my’n gemaklike rusbank voorsien want vanaand sal ek nirvana bereik.'

"Hy het ook die streweling
.Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens bevel deur te sȇ: 'Geagte man, ek neem hierdie Wet van die Boeddas en vertrou dit aan jou toe. Verder ook, die strewelinge en die groot dissipels, tesame met die Wet van volkome Boeddaheid en die duisend miljoen-voudige sewe-juweel wêreld met juweel-versierde bome en juweel-versierde, duisend-miljoen voudige sewe-juweel wêrelde met hul juweel-versierde bome en juweel-versierde poduims en die hemelse wesens wat hulle bedien–alles handig ek oor aan jou. Ek vertrou ook die aandenkings van my liggaam wat sal agterbly na my nirvana, aan jou toe. Jy moet dit oorsee versprei en organiseer wyd en syd offerande aan dit. Jy moet ook menigte duisende torings [om dit te huisves] oprig.'

Die Boedda Son Maan Egte Helder Deugde, nadat hy hierdie bevele aan die strewelingVerheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens gegee, het daardie nag gedurende die laaste wag van die aand, Nirvana bereik.

"Die streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens, sien die Boedda bereik nirvana, was diep bedroef en bekommerd. As gevolg an sy groot liefde en verlange na die Boedda, berei hy
’n brandstapel gemaak van sandalhout vanaf die kuslyn voor en met dit as offerande aan die Boedda se liggaam, verbrand (veras) hy die liggaam. Nadat die vuur uitgebrand het, het hy die aandenkings bymekaar gemaak en maak vier en tagtig duisend juweel-versierde wierook-houers en rig vier en tagtig duisend torings so hoog soos die drie wȇrelde, versier met middel pale, baniere en menigte juweel-versierde klokke, op.

"Daarde tyd, streweling
Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens weereens dink by homself: Alhoewel ek hierdie offerande gemaak het, is my bewussyn nog steeds nie versadig nie. Ek moet nog meer offerande aan die aandenkings maak.

"Toe sê hy vir die ander strewelinge en die magtige dissipels en vir die hemelse wesens, drake, yakshas en al die ander lede van die groot byeenkoms, 'Julle moet my jul onverdeelde aandag gee. Ek sal nou ’n offerande aan die aandenkings van die Boedda Son Maan Egte Helder Deugde maak.'

"Onmiddelik daarna verbrand hy sy arms wat versier was met honderd seëninge vir ʼn period van twee-en-sewentig duisend jare as sy offernade. Dit het versoorsaak dat die getallose menigtes wat gestrewe het om stem-aanhoorders te word tesame met ’n onmeetbare getal mense die begeertes ontwikkel het om volkome Boeddaheid te bereik en almal was instaat om die samdhi te bereik waar ’n wese alle fisiese vorms kan manifesteer.

"Die streweling, hemelse wesens, asuras en die andere, sienend dat die streweling sy arms vernietig het, was verskrik en hartseer en sê toe: 'Hierdie strewelingVerheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens is ons leermeester, hy onderrig en bekeer ons. Nou het hy sy arms vernietig en sy liggaam is nie meer heel nie!'

"In die midde van die groot byeenkoms, die streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens
lê ’n eed af en sȇ: 'Ek het my beide my arms vernietig. Ek sal verseker die goue liggaam van ’n Boedda bekom. Indien dit waar is, dan sal my twee arms weer word soos dit voorheen was!'

"Toe hy klaar die eed afgelȇ het, verskyn sy arms vanself soos dit voorheen was. Dit was as gevolg van die meriete en wysheid van hierdie streweling veelvoudig en diepgaande was. Daardie tyd die dusiend-miljoen voudige wêreld skud en bewe op ses verkillende wyses, uit die hemel reën juweel-versierde blomme en die hemelse en menslike wesens bekom wat hulle nooit voorheen gehad het."

Die Boedda sê vir die streweling Konsellasie Koning Blom: "Wat dink jy? Is hierdie streweling Verheug Om Gesien Te Word Deur Alle Lewende Wesens iemand onbekend aan jou? Hy is in werklikheid niemand anders as die huidige streweling Medisyne Koning! Hy het sy liggaam as ’n offerande op hierdie manier vir onmeetlike honderd-duisende- tien-duisende-miljoen eeue aangebied.

"Konstellasie Koning Blom, indien daar diegene is wat vas beslote is en wens om volkome Boededaheid te bereik, sal dit goed wees indien hulle ’n vinger of een toon as ’n offerande aan die Boedda torings skenk. Dit is veel beter as om jou koninkryk en stede, vrou en kinders, of berge, woude, riviere en mere in die miljoen-voudige wȇrelde of al jou waardevole skatte te skenk. En selfs al sou ’n persoon die hele duisend-miljoen voudige wȇrelde met die sewe skatte as ’n offerande aan die Boeddas, die magtige strewelinge, die privaat-boeddas en ontwaaktes skenk, sal die voordele bekom deur so ’n persoon nie gelykstaande wees aan die persoon wat die Lotus soetra aanvaar en handhaaf nie – selfs al is dit net ’n een vier-lyn vers daarvan! Laasgenoemde bring die mees ontelbaarste seëninge.

"Konsellasie Koning Blom, tussen al die rivere, strome en al die waters byvoorbeeld is die see die mees uitstaande. Hierdie Lotus soetra is soortgelyk – die mees diepsinnigste en grootste van die soetras gepreek deur die Dus Hier Kom Een (Boeddas). Weereens net soos tussen die Skurwe Berge, Swart Berge, Klein Yster Omsirkelende berge, Groot Yster Omsirkelende berge, Tien Skatte Berge en al die ander berge, Berg Sumeru is die mees uitsaande, so hierdie Lotus soetra is
soortgelyk. Tussen die al die soetras, hou dit die hoogste plek. En net soos tussen al die sterre en soort gelyk, die maan, is die son die mees uitstaande en soort gelyk is die Lotus soetra dieselfde. Tussen al die duisende, tien dusiende, miljoene tipes soetra leerstellings, skyn die Lotus soetra die helderste. En net soos die son alle donkerte laat verdwyn, so is hierdie soetra instaat om alle donkerte wat nie voordelig is nie, te verban.

"Soos tussen die geringe konings, die wiel-draaiende wyse koning is die mees uitstaande, so hierdie soetra is die mees gerespeketeerde van al die soetras. Soos die heer Shakra koning is tussen die drie-en-dertig hemelse wesens, so hierdie soetra is soort gelyk koning tussen die soetras. En soos die hemelse koning, magtige Brahma, vader is van al die lewende wesens, so hierdie soetra is soort gelyk die vader van alle soetras;
waardiges, diegene nog besig om te leer, diegene alreeds hul leer voltooi en diegene wat hul bewussyne gefokus het om strewelinge te word. En tussen die gewone mense, die stroom-toetreder, een-keer terugkeer, nooit-weer terug keer, ontwaaktes en privaat-boeddas is die mees uitstaande, so hierdie soetra is soort gelyk die meest uitstaande tussen al die soetras wat gepreek word deur die Boeddas, gepreek deur die strewelinge, gepreek deur die stem-aanhoorders en gepreek deur die privaat-boeddas en op dieselfde wyse is hierdie soetra die mees uitstaande tussen al die soetra leerstellings. Soos die Boedda die koning van die leerstellings is, soort gelyk is hierdie soetra die koning van al die soetras.

"Konstellasie Koning Blom, hierdie soetra kan alle lewende wesens red. Die soetra kan versoorsaak dat alle lewende wesens hulself bevry van lyding en angs. Die soetra kan groot voordele vir lewende wesens bring en hul begeertes bevredig soos ’n helder poel al diegene se dors kan les. Dit is soos ’n vuur vir iemand wat koud kry, ’n kleed vir iemand wat naak is, ’n groep handelaars wat ’n leier gevind het, die kind wat sy moeder gevind het, iemand vind ’n skip om die waters te oorkruis, ’n sieke vind ’n dokter, iemand in donkernis gehul vind ’n lamp, die arme wat skatte vind, die mense wat ’n heerser vind of ’n reisende handelaar wat sy weg vind na die see. Dit is soos ’n lamp (lig) wat die donkerte verban, as sulkes is hierdie Lotus soetra. Dit veroorsaak dat lewende wesens ontslae raak van alle bekommernisse, alle siektes en pyn. Dit kan al die kettings van geboorte en sterfte losmaak.

"Indien ’n persoon instaat is om hierdie Lotus soetra te hoor, indien hy dit kopiëer of versoorsaak dat iemand anders dit kopieër, sal sy sëeninge sodanig wees dat selfs die Boedda-wysheid nooit die einde daarvan kan bereken nie. Indien ’n wese hierdie soetra rolle kan kopiëer en gebruik
blomme, wierook, halskettinkies, wierook vir verbranding, gepoeierdewierook, baniere, tente, monnik’s kleed, verskeie soorte lampe soos byvoorbeeld botter olie lampe, olie lampe, lampe met verskillende gegeurde olies, lampe van champaka olie of lampe van navamlika olie om ’n offerande aan hulle te maak, sal die seëninge soort gelyk onmeetbaar wees.

"Konstellasie Koning Blom, indien daar ’n persoon is wat hierdie hoofstuk oor die vorige dade van die streweling Medisyne Koning hoor, sal hy ook onmeetbare en grenslose voordele bekom. Indien daar ’n vrou is wat hierdie hoofstuk oor die vorige dade van die streweling Medisyne Koning hoor en instaat is om dit te aanvaar en handhaaf, sal dit haar laaste keer wees dat sy ’n vroulike vorm sal aanneem (hierna sal sy nie weer as ’n vrou gebore word nie).

"Indien daar in die vyf laaste honderd jaar nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, ’n vrou is wat hierdie soetra hoor en sy beoefen en voer uit die praktyke soos die soetra aanwys, sal sy onmiddelik nadat haar lewe tot ’n einde gekom het, na die wȇreld van Vreugde en Blydskap waar Boedda Amitayus (omring deur die byeenkoms van magtige strewelinge) woon en sal daar sittend in die middel van ’n lotus blom gebore word. Hy sal nooit weer die lyding van gulsigheid, begeertes, woede,
onnosselheid of onkunde of lyding as gevolg van arrogansie, nydigheid of die ander besmettings ondervind nie. Hy sal die streweling se transendentale magte en die waarheid van die geboorteloosheid van alle verskynsels bekom. Nadat hy hierdie waarhede bekom het, sal sy fakuliteite van sig, helder en skoon wees en hy sal onmeetbare getal Boeddas sien.

"Daardie tyd die Boeddas sal hom vereer en loof deur te sê: 'Uitstekend, uitstekend geagte man! In die midde van die Wet van Shakyamuni Boedda was jy instaat om hierdie soetra te aanvaar, handhaaf, te lees, voor te dra, te bepeins en vir andere te preek.
Die goeie geluk wat jy hier deur bekom is onmeetbaar en grensloos. Dit kan nie deur vuur gebrand word nie en ook nie deur water weg gewas word nie. Jou voordele is sulks dat ’n duisend Boeddas saam sal nie instaat sal wees om die einde daarvan te beskryf nie. Nou is jy instaat om al die bose en skelms te vernietig, die weermag van geboorte en sterfte te verslaan en al die andere wat jou vyandig is ook uitgewis.

"Geagte man, ’n honderd, ’n duisend Boeddas sal hulle transendentale magte gebruik om jou te bewaak en te beskerm. Tussen die hemelse en menslike wesens van al die wȇrelde, sal daar niemand soos jy wees. Met die enigste uitsondering van die Dus Hier Kom Een, sal daar niemand tussen die stem-aanhoorders, priavaat-boeddas of die strewelinge wees wie se wysheid en vaardighede in meditasie jou kan ewenaar!'

"Konsellasie Koning Blom, as sodanig sal die voordele en mag van wysheid wees as daardie streweling dit suksesvol bereik.

"Indien daar ’n persoon is wat nadat hy hierdie hoofstuk oor die vorige dade van die streweling Medisyne Koning gehoor het en met blydskap reageer en die soetra se uitmuntendheid loof, dan sal daardie persoon se mond in sy teenwoordige bestaan, gedurig die geur van blou lotus blomme uitstraal en die opening van sy liggaam sal die geur van bees-kop sandalhout uitstraal. Sy voordele sal wees soos hierbo beskyf.

"Vir hierdie rede, Konsellasie Koning Blom, vertrou ek hierdie hoofstuk van die vorige dade van die streweling Medisyne Koning aan jou toe. Nadat ek nirvana bereik het, in die vyf laaste honderd periode, moet jy die soetra wyd versprei regdeur Jambudvipa en nooit toelaat dat dit uitgewis of verdwyn nie, ook mag nie toelaat dat die boses, die bose se na-volgers, drake, yakshas of kumbhanda demone die voordeel bekom!

"Konsellasie Koning Blom, jy moet jou transendentale magte gebruik om hierdie soetra te bewaar en te beskerm. Waarom? Omdat hierdie soetra goeie medisyne bied vir al die siektes van die mense van Jambudvipa. Indien ’n persoon wat siek is, hierdie soetra hoor, sal sy siekte uitgewis word en hy sal nie onderhewig wees aan ouderdom en sterfte nie.

"Konstellasie Koning Blom, indien jy iemand sien wat hierdie soetra aanvaar en handhaaf, moet jy blou lotus blomme neem, maak ’n hoop daarvan met gepoeierde wierook en strooi dit as ’n offerande oor hom. En daarna moet jy by jou self dink: Voor lank sal hierdie persoon gras pluk, ’n sitplek voorberei op die plek van praktyke en die weermag van die bose oorwin. Daarna sal hy die
trompet van die Wet blaas, die drom van die magtige Wet slaan en alle lewende wesens bevry van die see van ouderdom, siekte en sterfte!

"Vir hierdie rede moet diegene wat die Boedda soek, wanneer hulle so iemand sien wat hierdie soetra aanvaar en handhaaf, moet hulle hom met respek en verering benader."

Toe [die Boedda] hierdie hoofstuk oor die vorige dade van die streweling Medisyne Koning preek, het vier-en-tagtig duisend strewelinge die mondelings formules bekom wat hulle instaat gestel het om die woorde van alle lewende wesens te verstaan. Baie Skattes Dus Hier Kom Een ten midde van sy skatte toring vereer die Konstellasie Koning Blom deur te sȇ: "Uitstekend, uitstekend, Konsellasie Koning Blom. Jy was suskesvol om die ondenkbare voordele bekom en sodoende Shakyamuni Boedda te bevraagteken aangaande hierdie saak en terselfde tyd onmeetbare menigte lewende wesens te bevoordeel."

Hoofstuk Vier-en-Twingtig: Streweling Wonderlike Geluide
Daardie tyd Shakyamuni Boedda laat ’n straal van helder lig vanuit die knop op die kroon van sy hoof, een van die kenmerke van ’n magtige man en vanuit die wit haargroeisel tussen sy wenkbroue, dit verlig die Boedda wȇrelde in ’n oostelike rigting (gelykstaande aan die sand van een honderd tagtig duisend Ganges riviere). Buite hierdie menigte wȇrelde was daar ’n wȇreld genoem Versier met Rein Lig. In daardie koninkryk was daar ’n Boedda genaamd Rein Blom Konstellasie Koning Wysheid Dus Hier Kom Een, waardig van offerande, van korrekte en
universele kennis, perfekte helderheid en gedrag, goed weg, perfekte helderheid en gedrag, ongeëwenaard waardig, opvoeder van mense, leermeester van hemelse en menslike wesens, Boedda, Wȇreld-Gerespekteerde Een. ’n Onmeetbare en grenslose groot menigte strewelinge omring en vereer hom en vir hulle preek hy die Wet. Die helder ligstraal vanuit die wit haargroeisel van Shakyamuni Boedda, verlig die hele land.

Daardie tyd in die land genaamd Versier met Reine Lig was daar ’n streweling met die naam Wonderlike Klanke wie lank gelede verskeie wortels van eerbaarheid geplant het, almoese geoffer het en ontelbare miljoene Boeddas bedien het. Hy was suksesvol in die bereiking van alle soorte diepsinnige wysheid, bereik die samadhi van die wonderlike banier-teken,
die Dharma blom samadhi, die reine deugde samadhi, die samadhi van die Konstellasie Koning se sport, die kondisielose samadhi, die seël van wysheid samadhi, die samadhi wat ’n persoon instaat stel om die woorde van alle lewende wesens te verstaan, die samadhi wat alle voordele versamel, die rein samadhi, die samadhi van die sport van transendentale magte, die wysheid’s lamp samadhi, die verfraaide koning samadhi, die gloeiende rein lig samadhi, die rein stoorhuis samadhi, die ongedeelde samadhi, en die samadhi van die draaiende sonne. Hy het al hierdie magtige samadhis gelykstaaande aan miljoene sand van die Ganges rivier bereik.

Toe die lig wat deur Shakyamuni Boedda uitgestraal was, sy liggaam verlig het hy onmiddelik vir die Boedda Rein Blom Konstellasie Koning Wysheid gesȇ: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek moet na die saha wȇreld reis om eerbied te toon, bedien en almoese offer vir Shakyamuni Boedda en om streweling Manjushri, prins van die Dharma, streweling Medisyne Koning, streweling Brawe Donateur, streweling Konsellasie Koning Blom, streweling Mees Uitstaande Voornemende Praktyke, streweling Versierde Koning en streweling Medisyne Mees Uitstaande, te gaan sien."

Daardie tyd sê Boedda Rein Blom Konstellasie Koning Wysheid sê vir streweling Wonderlike Geluide: "Jy moenie met minagting na die land kyk en ook nie aan dit dink as lae en minderwaardig. Geagte man, daardie saha wȇreld is ongelyk, hoog in sekere plekke, laag in ander dele en vol vullis, klippe, berge, stinkheid en onreinheid. Die Boedda is klein van postuur en menigte strewelinge is soort gelyk klein in vorm,
daar in teen is jou liggaam twee en veertig duisend meter in hoogte en myne is ses miljoen agt honderd meter. Jou liggaam is uitstaande in vorm met honderde, duisende en tien duisende seëninge en met ’n helderheid wat uitsonderlik wonderlik is. Dus, wanneer jy daarna heen reis, moet jy nie met minagtig na die land kyk of dink dat die Boedda en die strewelinge daar laag en minderwaardig is!"

StrewelingWonderlike Geluide sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, my reis nou na die saha wȇreld is in alle respek moontlik as gevolg van die mag van die Dus Hier Kom Een,
ʼn sport uitgevoer deur die Dus Hier Kom Een se transendentale magte, ’n versiering tot die Dus Hier Kom Een se sëeninge en wysheid."

Daarna het die strewelingWonderlike Geluide sonder dat hy opstaan uit sy sitplek of sy liggaam beweeg, Samadhi bereik en deur die krag daarvan,in ’n plek nie vêr van die Dharma troon op Arendsvoel hoogte, ’n juweel massa van vier en tagtig duisende lotus blomme geskep. Hul stamme was van Jambunada goud, die blare van sliwer, hul meeldraad van diamand
en hul blomkelke van kimshuka juwele.

Daardie tyd, die Dharma Prins Manjushri, sien die lotus blomme en sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, watter oorsake het hierdie wonderlike tekens laat verskyn? Hier is tien duisende lotus blomme - hul stingels gemaak van Jambunada goud, hul stamme van diamand en hul meeldraad en hul blomkelke van
kimshuka juwele!"

Shakyamuni Boedda sê vir Manjushri: "Hierdie streweling en ontwaaktes, Wonderlike Geluide wens om die land van die Boedda Rein Blom Konstellasie KoningWysheid te verlaat en omring deur vier en tagtig strewelinge, hier na die saha wȇreld te kom en almoese te offer, te wag op my en eerbied te toon. Hy wens ook om die Lotus soetra te hoor."

Manjushri sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, watter goeie wortels het hierdie streweling geplant, watter voordele het hy gekultiveer dat hy instaat kan wees om sulke magtige transendentale magte uit te voer? Watter samadhi voer hy uit? Ek pleit by u om die naam van hierdie samadhi te verduidelik omdat ons ook ywerig en pligsgetrou dit wil beoefen. Indien ons hierdie samdhi uitvoer sal ons instaat wees om die grote en vorm en die optrede van hierdie streweling te kan waarneem. Ons pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om sy transendentale magte te gebruik om hierdie streweling hierna te bring en om ons instaat te stel om hom te sien!"

Shakyamuni Boeddasê vir Manjushri, "Baie Skattes Dus Hier Kom Een, wie lank gelede nirvana bereik het, sal nou sy vorm manifesteer vir julle.

Toe sê die Boedda Baie Skatte vir die streweling [Wonderlike Geluide], "Kom geagte man. Die Dharma prins Manjushri wens om u liggaam te sien."

Daarmee verdwyn die streweling Wonderlike Geluide van sy eie land en vergesel van vier en tagtig duisend strewelinge verskyn hier in die saha wȇreld. Die lande waardeur hy gereis het, het gebewe en geskud op ses verskillende wyse en in almal van hulle het daar sewe juweel-versierde lotus blomme neer gerëen en instrumente van honderde duisende musikante het vanself klanke voortgebring sonder dat dit bespeel was.

Hierdie streweling se oë was groot en wyd soos die blare van die bou lotus en ’n honderd, duisend, tien duisend mane saamgevoeg kon nie die perfeksie van sy gesig ewenaar nie. Sy liggaam was goud van kleur, versier met onmeetbare sëeninge. Sy waardigheid en deugde was uitsonderlik, sy lig skyn helder, hy was versier met menigte spesiale merke en as ’n stydmaat in liggaam as
Narayana.

Nadat hy sy plek ingeneem het op die troon gemaak van die sewe skatte, styg hy op in die lig tot ’n hoogte van sewe tala bome. Toe, omring deur die menigte strewelinge wat hom eerbeid betoon, reis hy na Berg Arendshoogte in die saha wȇreld. Daar aangekom, klim hy af van die troon gemaak van die sewe skate. Sy halsketting ter waarde van honderde duisende skenk hy aan die Shakyamuni Boedda. Nadat hy gebuig het voor die Boedda en sê: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, die Boedda Rein Blom Konstellasie Koning Wysheid wens om navrae te doen aangaande die Wȇreld-Gerespekteerde Een. Is u siektes min, is u bekommernisse min? Kan u gemaklik kom en gaan soos u wil, kan u in gemak rond beweeg? Is die vier elemente ordelik geharmoniseerd in u? Kan u die wȇreld sake verdra? Is lewende wesens maklik om te red? Is hulle nie oordadig in hul gulsigheid, woede,
onnosselheid, jalosie, suinigheid en arrogansie nie? Is daar nie ’n gebrek aan eerbare optrede teenoor hul ouers nie? Is hulle nie disrespekvol teenoor die shramanas en het ’n neiging to heterodoks sienings en ander bose? Faal hulle om hul vyf emosies te beheer? Wȇreld-Gerespekteerde Een, is die lewende wesens instaat om die vyandigheid van die bose te oorwin en te oorkom? Het Baie Skatte Dus Hier Kom Een, wie lank gelede nirvana bereik het, hierna gekom met sy toring van skatte om te kom luister na die Wet? Die Boedda wens om navrae te doen aangaande Baie Skatte Dus Hier Kom Een of hy rustig en op sy gemak is, met min bekommernisse, gedudig en lank vertoewend is. Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek wil graag die liggaam van die Boedda Baie Skatte sien. Ek pleit by die Wȇreld-Gerespekteerde Een om my toe te laat om hom te sien!"

Daardietyd, Shakyamuni Boedda sê vir Baie Skattes Boedda, "Hierdie streweling Wonderlike Geluide wil jou graag sien."

Toe adresseer Baie Skatte Boedda vir strewelingWonderlike Geluide en sȇ: "Uitstekend, uitstekend! U het hierna gekom om almoese aan Shakyamuni Boedda te offer, na die Lotus soetra te luister en om Manjushri en die andere te sien."

Daardie tyd die streweling Blom Deugde sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie streweling Wonderlike Geluide, watter goeie wortels het hy geplan en watter voordele het hy gekuliveer dat hy hierdie bonatuurlike magte besit?"

Die Boedda antwoord streweling Blom Deugde: "Eeue gelede was daar ’n Boedda genaamd Wolk Donderstorm Geluid Koning, ontwaakte, volkome Boedda. Sy land was genoem Manifestreer Alle Wȇrelde en sy tydperk was genoem Verheug Om Gesien te Word Deur Alle Lewende Wesens. Vir twaalf duisend jare het die streweling Wonderlike Geluide honderd-duisend tipe musiekinstrumente gebruik om offerande aan die Boedda Wolk Donderstorm Geluid Koning te bring en hy het ook vier en tagtig duisend almoes houers gemaak van die sewe skate, geoffer. As vergoeding vir hierdie aksies is hy gebore in die land van die Boedda Reine Blom Konstellasie Koning Wysheid en besit nou hierdie bonatuuurlike magte.

"Blom Deugde, wat is jou opinie? Die streweling Wonderlike Geluide wie daardie tyd die musikale offerande aan die Boedda Wolk Donderstorm Geluid Koning gemaak het en ook aan hom die juweel-versierde houers geskenk het - was hy iemand onbekend aan jou? In werklikheid is hy niemand anders as die streweling en ontwaakte Wonderlike Geluide wie nou hier is!

"Blom Deugde, hierdie streweling Wonderlike Geluide het alreeds offerande gemaak en onmeetlike aantal Boeddas bedien. Lank gelede het hy wortels van eerbaarheid geplant en het miljoene Buddiste teëgekom.

Blom Deugde, jy sien net die liggaam van streweling Wonderlike Geluide wat nou hier teenwoordig is. Maar hierdie streweling manifesteer homself in verskillende liggame en preek hierdie soetra terwille van lewende wesens in verskillende plekke. Sommige tye verskyn hy as Koning Brahma, ander tye weer as Heer Shakra of as die hemelse wese Vryheid of as ’n wiel-draaiende wyse koning of as ’n magtige generaal van die hemel of as die hemelse Koning Vaishravana of as een van die geringe konings of as ’n ryk man of as hoof van ’n huis of as ’n hoof minister of as ’n priester of as ’n monnik, ’n non, ’n leke navolger of as die vrou van ’n ryk man of as die vrou van ’n hoof minister of as die vrou van ’n priester of as ’n jong seun of meisie of as ’n hemelse wese of as ’n draak ’n yaksha, ’n gandharva, ’n asura, ’n garuda, ’n kimnara, ’n mahoraga, ’n menslike of nie-menslike wese om sodoende hierdie soetra te preek. Die bewoners van die hel, honger geeste, ongediertes en die wese wat in moeilike omstandighede is, word soedende instaat gestel om gered te word. En terwille van diegene wat in die vroue kwartiere van die koninlike paleis is, verander hy homself na ’n vroulike vorm en preek hierdie soetra.

"Blom Deugde, hierdie streweling Wonderlike Geluide kan verskillende lewende wesens van die saha wȇreld red en beskerm. Hy kan verskillende transformasies uitvoer, manifesteer homself in verskillende vorms in die saha wȇreld en hy preek hierdie soetra terwille van lewende wesens maar nogtans verminder of word sy transendentale magte, sy transformasies en sy wysheid nie benadeel nie. Hierdie streweling gebruik verskillende tipe wyshede om die saha wȇreld te verlig, veroorsaak dat elkeen tussen al die lewende wesens die geskikte begrip bekom en doen dieselfde in die al die ander wȇrelde van die tien rigtings wat so getalvol soos die sand van die Ganges rivier is.

"Indien die vorm van ’n stem-aanhoorder nodig is om
redding en verlossing te bring, dan manifesteer hy homself in die vorm van stem-aanhoorder en preek die Wet. Soort gelyk wanneer redding nodig is, manifesteer hy homself in die vorm van ’n privaat-boedda of in die vorm van ’n streweling en hy preek die Wet. Indien die vorm van ’n Boedda nodig is om vryheid te bewerkstelling, manifesteer hy onmiddelik ’n Boedda vorm en preek die Wet. Dus manifesteer homself in die verskillende vorms afhangende wat nodig is vir redding. En indien dit nodig is om nirvana te bereik, dan manifesteer hy homself as ’n Boedda wat besig is om nirvana te bereik.

"Blom Deugde, die streweling en ontwaakteWonderlike Geluide het magtige transendentale magte bekom en die mag van wysheid wat hom instaat stel om dit alles te doen!"

Daardie tyd die streweling Blom Deugde sê vir die Boedda
, “Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie streweling Wonderlike Geluide het wortels van goedheid baie diep geplant. “Wȇreld-Gerespekteerde Een, in watter samadhi vertroef hierdie streweling dat hy instaat is om al hierdie transformasies en manifesterings uit te voer om lewende wesens te red?”

Die Boeddas ê vir streweling Blom Deugde, "Geagte man, hierdie samadhi word genoem Manifesteer Alle Soorte Liggame. Die strewelingWonderlike Geluide, vertoef in hierdie samadhi en is instaat om op hierdie manier ontelbare lewende wesens se lewens te verryk en te bevoordeel"

Toe die Boedda hierdie hoofstuk oor die strewelingWonderlike Geluide preek, het die vier-en-tagtig duisend persone wat saam met streweling Wondelike Geluide gekom het, almal die samadhi bekom wat hulle instaat stel om alle soorte liggame te manifesteer en die onmeetbare strewelinge in hierdie saha wȇreld het ook hierdie samadhi en mondelings formule bekom.

Die streweling Wonderlike Geluide nadat hy almoese aanShakyamuni Boedda en aan die toring van Baie Skatte Boedda geoffer het, het hy teruggekeer na sy oorspronklike land. Die lande waardeur hy reis, skud en bewe op ses verskillende wyse, juweel-versierde lotus blomme reën neer en honderde, duisende miljoene verskeie soorte musiek speel.

Nadat hy (omring deur sy vier en tagtig duisende strewelinge) in sy oorspronklike land aangekom het, gaan hy na die plek van die Boedda Rein Blom Konstellasie KoningWysheid en adresseer die Boedda deur te sê, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, Ek het die saha wȇreld besoek, die lewende wesens verryk en bevoordeel, Shakyamuni Boedda en die toring van Baie Skatte Boedda gesien, eerbied en almoese geoffer. Ek het ook die streweling Manjushri, prins van die Dharma sowel as streweling Medisyne Koning, streweling
Bekom Ywerige Beoefening’s Mag, streweling Brawe Donateur en die andere gesien. En ek het dit moontlik gemaak vir die vier-en-tag-duisende strewelinge om die samadhi te bekom wat hulle instaat stel om alle soorte liggame te manifesteer."

Toe die Boedda hierdie hoofstuk oor die kom en gaan van streweling Wonderlike Geluide preek het twe-en-veertig duisend seuns van gode die waarheid van die geboorteloosheid van alle verskynsels bekom terwyl die streweling Blom
Deugde die Dharma Blom samadhi bekom het.

Hoofstuk Vyf en twingtig: Die Universele IngangsHek van streweling Waarnemer van Wêreldse Geluide
Onuitputbare Voornemens staan onmiddelik op vanuit sy sitplek, ontbloot sy regter skouer, vou sy handplams saam en staar na die Boedda en sê: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie streweling
Waarnemer van Wȇreldse Geluide -waarom word hy genoem Waarnemer van Wȇreldse Geluide?"

Die Boedda sê vir streweling Onuitputlike Voornemens (Bedoeling): "Geagte man, veronderstel daar is onmeetbare miljoene lewende wesens wie verskeie beproewinge en lyding ondergaan. Indien hulle hoor van hierdie streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide en met ’n gefokusde bewussyn sy naam aanroep, dan meteens sal hy die geluid van huul stemme waarneem en hulle sal verlos wees van hul beproewings.

Indien ’n persoon wat vashou aan die naam van strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide en hy betree ’n groot vuur, sal die vuur hom nie kan (ver) brand nie. Dit sal wees as gevolg van daardie streweling se outoriteit en bonatuurlike magte. Indien ’n persoon weggevoer word deur ’n groot vloed en die streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide se naam aanroep, sal daardie persoon hom skielik in ’n vlak plek (gedeelte) bevind.

"Veronderstel daar was miljoene lewende wesens wat opsoek was na goud, silwer, lapis lazuli, seeskulpe, agaat, koraal, amber, pȇrels en ander skatte en hulle vaar uit op die groot see en veronderstel ’n woeste wind blaas hul skip van koers af en hulle dryf na die land van die rakshasas demone. Indien daar tussen hulle een persoon wie die naam van streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide aanroep, dan sal al daardie persone verlos word van hul probleme met die rakashasas. Dit is waarom hy genoem word Waarnemer van Wȇreldse Geluide.

"Indien ’n persoon wat in die gevaar is om aangeval te word en hy roep die naam van die Waarnemer van Wȇreldse Geluide aan, dan sal die swaarde en stokke wat sy aanvallers wil gebruik, onmiddelik in stukke breek en hy sal dus verlos wees.

Alhoewel yakshas en rakshasas soveel as duisend-miljoen-voudige wȇrelde sal probeer om hom martel, as hy egter die naam van streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide aanroep, sal die yakshas en rakshasas nie instaat kan wees om na hom te kyk nie nog minder sal hulle hom kan kwaad aandoen.

"Veronderstel, in ’n plek gevul met bose rowers van die duisend-miljoen voudige wȇrelde, daar is ’n besigheidsleier wat ’n groep handelaars (wat waardevolle skatte oor ’n steil en gevaarlike pad karwei) lei en daar is een man wat sou uitroep: 'Geagte manne, moenie bevrees wees nie! Julle moet met gefokusde bewussyne die naam van strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide uitroep. Hierdie streweling kan vreesloosheid aan lewende wesens toestaan. Indien julle sy naam aanroep, sal julle verlos wees van hierdie rowers!' Toe die groep handerlaars dit hoor het hulle hul stemme verhef en uitgeroep: 'Eer aan die streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide!' En omdat hulle sy naam aangeroep het, was hulle instaat om onmiddelik verlos te raak. Onuitputlike Bedoeling, die outoriteit en bonatuurlike mag van die streweling en ontwaakteWaarnemer van Wȇreldse Geluide is so magtig soos hierbo genoem!

"Indien daar lewende wesens sou wees wat beset is met menigte wellus en drange, laat hulle dink met gedurige verering aan streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide en dan sal hulle begeertes kwyn en verdwyn. Indien hulle groot wrok koester, laat hulle met konstante verering aan streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide dink en dan sal hulle wrok verdwyn. Indien hulle in groot onkunde en onnoselheid verkeer, laat hulle met konstante verering aan strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide dink en dan sal hulle onnoselheid verdwyn.

"Onuitputlike Voornems (Bedoeling), die streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide besit magtige outoriteit en bonatuurlike magte soos ek alreeds beskryf het en hy kan menigte voordele verleen. Vir hierdie rede behoort lewende wesens hom konstant ingedagte hou.

"Indien ’n vrou wens om geboorte te skenk aan ’n manlike kind, moet sy gehoorsaamheid betton en almoese bied aan streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide Waarnemer en dan sal sy ’n seun geseënd met meriete, deugde en wysheid baar. En indien sy wens om ’n dogter te baar, sal sy geboorte skenk aan ’n dogter wat al die eienskappe van eerbaarheid besit, ’n dogter wat in die verelde goeie wortels geplant het en geliefd en gerespekteer word deur baie mense.

"Onuitputlike Bedoeling, die strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide besit die mag om dit alles te doen. Indien daar lewende wesens is wat respek betoon en gehoorsaam is teenoor die strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide Waarnemer, hul goeie deugde sal nie vlugtig of tevergeefs wees nie. Daarom moet lewende weses die naam van streweling StrewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide aanvaar en handhaaf.

"Onuitputlike Voornemens (Bedoeling), veronderstel daar is ’n persoon wat die name van soveel strewelinge gelykstaande aan die sand van twee en sestig miljoen Ganges riviere aanvaar en handhaaf en vir so lank as sy huidige liggaam bestaan, offer hy almoese in die vorm van kos en drinkgoed, beddegoed en medisyne. Wat is jou opinie? Sal daardie goeie man of goeie vrou baie voordele bekom of nie?"

Onuitputlike Voornemens (Bedoeling) antwoord, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, dit sal inderdaad baie wees."

Die Boedda sȇ: "Veronderstel ook daar is ’n persoon wie die naam van die streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide aanvaar en handhaaf en selfs net een keer eerbied toon en almoese aanbied. Die voordele bekom deur hierdie twee persone sal presies dieselfde wees. Vir honderd, duisend, tien duisend, miljoen eeue sal die voordele nooit uitgeput raak of verminder nie. Onuitputlike Voornemens (Bedoeling), indien ’n persoon die naam van streweling Waarnemer van die Wȇreldse Geluide aanvaar en handhaaf, sal sy voordele, meriete en deugde onmeetbaar en grensloos soos bogenoemde wees!"

Streweling Onuitputlike Voornemens (Bedoeling) sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, StrewelingWaarnemer van die Wȇreldse Geluide -hoe kom en gaan hy in hierdie saha wȇreld? Hoe preek hy die Wet terwille van die lewende wesens? Hoe word die mag van wenslike metodes in hierdie geval toe gepas?"

Die Boedda sê vir streweling Onuitputlike Voornemens (Bedoeling): "Geagte man, indien daar lewende wesens in die land is wie iemand in die liggaam van ’n Boedda nodig het om gered te word, streweling Waarnemer van die Wȇreldse Geluide onmiddelik manifesteer homself in ’n liggaam van ’n Boedda en preek die Wet vir hulle. Indien hulle iemand in die liggaam van ’n privaat-boedda benodig om gered te word, dan manifesteer hy homself onmiddelik in die liggaam van ’n privaat-boedda en preek die wet vir hulle om sodoende hulle te red. Indien hulle ’n stem-aanhoorder benodig om gered te word, dan onmiddelik word hy ’n stem-aanhoorder en preek die Wet vir hulle. Indien hulle Koning Brahma nodig het om gered te word, dan onmiddelik word hy Koning Brahma en preek die Wet vir hulle. Indien hulle die heer Shakra benodig om gered te word, dan word hy onmiddelik die heer Shakra en preek die Wet vir hulle. Indien hulle die hemelse wese Vryheid benodig om gered te word, dan word hy onmiddelik die hemelse wese Vryheid en preeek die Wet vir hulle. Indien hulle ’n magtige generaal van die hemel benodig on gered te word, dan word hy onmiddelik ’n generaal van die hemel en preek die Wet vir hulle. Indien hulle Vaishravana benodig om gered te word, onmiddelk word hy Vaishravana en preek die Wet vir hulle. Indien hulle ’n geringe koning benodig om gered te word, onmiddelik word hy ’n geringe koning en preek die Wet vir hulle.

Indien hulle ’n ryk man nodig het om gered te word, word hy onmiddelik ’n ryk man en preek die Wet vir hulle. Indien hulle ’n gewone man benodig om gered te word, word hy onmiddelik ’n gewone man en preek die Wet vir hulle. Indien hulle ’n hoof minister benodig om gered te word, word hy onmiddelik ’n hoof minsister en preek die wet vir hulle. Indien hulle ’n Brahman benodig om gered te word, word hy onmiddellik ’n Brahman en preek die Wet vir hulle. Indien hulle die volgende benodig om gered te word, naamlik of ’n monnik of ’n non of ’n leke mans of vroue geloofs navolger of die vroue van ’n rykman, ’n huishouer, ’n hoof minsister, ’n Brahman, word hy onmiddelik genoemde persone en preek die Wet vir hulle. Indien hulle verder die volgende persone benodig om gered te word naamlik ’n jong seun of jong dogter, word hy onmiddelik hulle en preek die Wet. Indien hulle ’n hemesle wese, ’n draak, ’n yaksha, ’n gandharva, ʼn asura, ’n garuda, ’n kimnara, ’n mahoraga, ’n menslike of nie-menslike wese benodig om gered te word, word hy onmiddelike hulle en preek die Wet vir diegene wat gered moet word. Indien hulle ’n diamand-draende god benodig, word hy onmiddelik een en preek die Wet vir hulle.

"Onuitputlike Voornemens (Bedoeling), hierdie streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide was suksesvol in die bereiking van sulke voordele en neem ’n verskeidenheid vorme aan en gaan deur die land en red lewende wesens. Vir hierdie rede moet jy en andere met gefokusde bewussyne almoese offer aan strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide. Hy kan vreesloosheid skenk aan diegene wat vreesbevange, angsvol of in moeilike omstandighede is. Dit is waarom almal in hierdie saha wȇreld hom Skenker van Vreesloosheid noem."

"Streweling Onuitputlike Voornemens (Bedoeling) sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek moet nou almoese offer aan strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide."

Toe neem van sy halsketting versier met verskeie waardevolle edelgesteentes ter waarde van duisend stukke goud en gee dit vir die streweling en sê, “Geagte heer, aanvaar asseblief hierdie waardevolle halskettingas ’n geskenk aan die Dharma.”

Die streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide was ongewillig om die geskenk te aanvaar.

Onuitputlike Voornems (Bedoeling) spreek toe weer met strewelingWaarnemer van Wȇreldse Geluide deur te sê, "Geagte heer, uit medeleye vir ons, aanvaar asseblief hierdie halsketting."

Toe sê die Boedda vir streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide, "Uit medelye vir die streweling Onuitputlike Voornemns (Bedoeling) en die vier soorte geloofs na-volgers, die hemelse wesens, drake, yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens moet jy hierdie halsketting aanvaar
."

Daarna aanvaar streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide die geskenk en verdeel dit in twee en skenk een gedeelte aan Shakyamuni Boedda en die ander gedeelte aan die toring van Boedda Baie Skattes.

[Die Boedda sȇ,] "Onuitputlike Voornemens (Bedoeling), hierdie is die soort bonatuurlike magte wat die streweling Waarnemer van Wȇreldse Geluide vertoon en uitvoer in sy kom en gaan in die saha wȇreld."

Daardie tyd streweling Onuitputlike Voornemens (Bedoeling) stel sy vraag in vers vorm:

Wȇreld-Gerespekteerde Een, vol wonderlike eienskappe,
nou vra ek u weereens
vir watter rede is daardie Boedda se seun
se naam strewelingWaarnemer van die Wêreld se Geluide?
Die vereerde Een toegerus met wonderlike kenmerke
antwoord Onuitputlike Voornemens (Bedoeling) in vers vorm:
Luister na die aksies van die Waarnemer van Geluide,
hoe hy vaardig reageer in verskillende kwartiere.
Sy wye eed is so diep soos die oseaan;
eeue is al verby maar steeds is dit (sy eed) ondenkbaar
Hy het duisende en miljoen Boeddas bedien,
sy groot en magtige eed begin.
Ek sal hom nou vlugtig beskryf -
luister na sy naam en observeer sy liggaam,
hou hom in gedagte, moenie jou tyd te vergeefs verwyl,
want hy kan die lyding (pyne) van bestaan uitwis.
Veronderstel iemand bedink ’n plan om jou seer te maak,
sou jou in ’n groot vuur pit stoot
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en die vuurpit sal in ’n fontein verander!
Indien jy drywend verstoot word in die wye oseaan,
verpes deur drake, visse en verskillende demone,
dink aan die mag van daardie Waarnemer van Wȇreldse Geluide
en die golwe en die branders kan jou nie laat verdrink nie!
Veronderstel jy is op die kruin van Berg Sumeru
en iemand stoot jou af.
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en jy sal in die lug hang soos die son!
Verondersteljy word gejaag deur bose manne
wat wens om jou van ’n diamand berg af te gooi.
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en julle sal nie ’n haar op jou hoof seermaak nie!
Veronderstel jy is omring deur wrede rowers,
elkeen ’n mes om jou mee leed aan te doen (om jou te wond).
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en meteens sal almal deur medeleye oorkom word!
Veronderstel jy kom in moelikheid met die koning se Wet,
staar tronkstraf in die gesig - jou lewe verloor.
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en die laksman se swaard sal in stukke breek!
Veronderstel jy is in gevangenis,
hande en voete geketting
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en dit (die kettings) sal afval en jy sal vry wees!
Veronderstel met vervloeking en verskillende giftige kruie
iemand probeer jou kwaad aandoen.
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en die ongeluk sal terugkeer na die oorsprong daarvan

Veronderstel jy kom bose rakshasas teë,
giftige drake en verskillende demone
Dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en niemand van hulle sal jou leed aandoen.
Indien bose gediertes jou sou omsingel,
hul skerp tande en voorkoms jou vreesbevange laat,
dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en hulle in alle rigting spat en weghardloop.
Indien akkerdisse, slange, adders,
skerpione,
jou bedreig met giftige asem wat soos vlamme skuur,
dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en as hulle jou stem hoor, sal hulle vanself weg vlug.
Indien wolke donder en weerlig bring,
indien hael soos deurdringende reëns sou val,
dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en op daardie presiese oomblik sal dit ophou reën.
Indien lewende wesens moegheid van gevaar ondervind,
onmeetbare lyding hulle neerdruk,
die mag van die Waarnemer van Geluide se wonderlike wysheid
kan hulle red van die lyding van die wȇreld.
Hy is toegerus met transendentale magte
en wyd beoefen die wenslike metodes van wysheid.
Regdeur die land in die tien rigtings
is daar geen streek waar hy homself nie manifesteer nie.
In baie verskeie soorte bose omstandighede
in die koninkryk van die hel, honger geeste of ongediertes,
die lyding van geboorte, ouderdom, siektes en sterfte -
alles hierdie wish hy deel vir deel uit.
Hy is van ware (ge) sig, die egte blik (staar),
die blik van groot en alomvattende wysheid,
die blik van bejammering, gedurige op staar in verering -
gedurig pleit ons by hom, gedurig kyk ons op in eerbied.
Sy egte lig, vry van bevlekking,
is ’n son van wysheid wat alle donkerte verban.
Hy kan die winde en vure van ongeluk onderdruk
en bring orals lig na die wȇreld.
Die voorskrifte van sy deernisvolle liggaam skud ons

soos donderweer,
die wonder van sy bejammering’s bewussyn is soos ’n magtige wolk.
Hy laat die soete dou, die Dharma reën neer daal,
om die vlamme van wȇreldse begeetes te stil.
Wanneer wetlike geskille jou voor amptenare laat verskyn,
wanneer bevrees ten midde van ’n weermag van soldate,
dink aan die mag van daardie Waarnemer van Geluide
en haat in alle vorme sal verwerp word.
Wonderlike Geluide, Waarnemer van die Wȇreldse geluide,
Brahma se geluide, die see getye geluide-
hulle oortref die geluide van die wȇreld;
daarom moet jy gedurig aan hulle dink
van gedagte tot gedagte moet nooit twyfel!
Waarnemervan die Wêreld se Geluide, egte wyse -
vir diegene in lyding, in gevaar van die dood,
kan hy hulp en leiding offer.
Toegerus met al die voordele,
kyk hy na lewende wyse met medelyende oë.
Die see van sy opgehoopte seëninge is onmeetbaar;
daarom moet jy hom altyd ingedagte hou!

Daardie tyd, die streweling Aarde (Be) Houer staan onmiddelik vanuit sy sitplek, gaan na die Boedda en sê, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, indien daar lewende wesens is wat hierdie hoofstuk aangaande die streweling Waarnemer van die Wȇreldse Geluide hoor, van die vryheid van sy optredes, sy manifestering van ’n universele toegangs hek en sy transendentale magte, dan behoort dit bekend te wees dat die seëninge van daardie persone nie min is nie!"

Toe die Boedda hierdie hoofstuk oor die Universele Toegang preek, het ’n menigte van vier-en-tagtig persone in die byeenkoms, die voornemens om die ongeëwenaarde staat van alomvattende Boeddaheid te bereik, ontwikkel.

Hoofstuk ses-en-twintig: Mondelings Formules
Daardie tyd streweling Medisyne Koning staan op vanuit sy sitplek, ontbloot sy regterskouer, vou sy handpalms saam, draai na die Boedda en sê, "W
reld-Gerespekteerde Een, indien daar goeie mans of vrouens is wie die Lotus soetra kan aanvaar en handhaaf, indien hulle dit lees,voordra en die menings daarvan kan penetreer of dit kopiëer, hoeveel meriete sal hulle bekom?"

Die Boedda sȇ vir Medisyne Koning, "Indien daar goeie mans of vrouens is wat almoese offer aan Boeddas gelykstaande aan die getal van sand van agt honderd, tien duisend miljoen Ganges riviere, wat is jou opinie? Die meriete wat hulle sal bekom sal verseker baie wees of nie?"

"Verseker baie, Wȇreld-Gerespekteerde Een."


Die Boedda sȇ, "Indien daar goeie mans of vrouens is wat betreffende hierdie soetra, selfs net een vier-lyn vers kan aanvaar en handhaaf, dit kan lees en voordra, die begingsels verstaan en beoefen soos die soetra aandui, sal die voordele verskriklik baie wees."

Daardie tyd streweling Medisyne Koning sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek sal nou vir diegene wat die Wet preek, mondelings formules en
towerspreuke gee wat hulle sal bewaar en beskerm." Toe kondig hy hierdie towerspreuke aan:

anye manye mane mamane chitte harite shame shamitavi
shante mukte muktatame same avashame sama same kshaye
akshaye akshine shante shame dharani alokabhashe-
pratyavekshani nivshte abhyantaranivishte atyantaparishuddhi
ukkule mukkule arade parade shukakashi asamasame
Boeddavilokite dharmaparikshite samghanirghoshani
bhayabhayashodhani mantre mantrakshayate rute
rutakaushalye akshaye akshayavanataya abalo amanyanataya.

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie mondelings formules, hierdie bonatuurlike towerspreuke, word ook aangekondig deur ontelbare miljoene Boeddas. Sou enige iemand hierdie leermeesters van die Wet aanrand en beseer, dan is dit asof hy daardie Boeddas aangerand en beseer het!"

Daardie tyd Shakyamuni Boedda loof die streweling Medisyne Koning deur te sê, "Uitstekend, uitstekend, Medisyne Koning! Jy hou hierdie leermeesters van die Wet in jou medelye gesentreerde gedagtes, beskerm en bewaar hulle en vir daardie rede kondig jy hierdie mondelings formules aan. Dit sal magtige voordele vir lewende wesens bring."

Streweling Brawe Donateur sê toe vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek sal ook nou mondelings formules aankondig om diegene wat die Lotus soetra lees, voordra, aanvaar en handhaaf om hulle te beskerm en te bewaar. Indien ’n leermeester van die Wet hierdie formules bekom, dan alhoewel yakshas, rakshasas, putanas, krityas, kumbhandas of honger geeste hul tekortkomminge probeer bespeur en probeer uitbuit, sal hulle dit nie regkry nie." Toe kondig hy hierdie
towerspreuke aan:

jvale mahajvale ukke mukke ade adavati nritye nrityavati ittini
vittini chittini nrityani nrityakati

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie formules, hierdie bonatuurlike , towerspreuke word aangekondig deur die Boeddas gelykstaande in getalle soos die sand van die Ganges rivier en almal van hulle het met vreugde gereageer. Indien eninge iemand hierdie leermeester sou aanrand of beseer, is dit net so goed wees asof hulle die Boeddas aanrand en beseer!"

Daardie tyd, die hemelse koning Vaishravana, beskermer van die wȇreld, sê vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek dink ook met medelye aan die lewende wesens en beskerm en bewaar ook hierdie leermeester van die Wet en daarom sal ek ook formules aankondig." Toe kondig hy hierdie
towerspreuke aan:

atte natte nunatte anada nade kunadi

"Wȇreld-Gerespekteerde Een
, met hierdie bonatuurlike towerspreuke beskerm en bewaar ek die leermeesters van die Wet. En ek sal ook diegene beskerm en bewaar wie hierdie soetra handhaaf, seker maak hulle ly nie of word beseer binne ’n area van honderd meter."

Daardie tyd die hemelse koning Handhawer van die Nasie wie tesame met miljoene gandharvas wat hom omring het, vereer en beweeg nader na die plek waar die Boedda was, vou hulle handpalms saam en loof hom en sȇ, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek ook sal die formules, bonatuurlike towerspreuke gebruik om die diegene wat die Lotus soetra handhaaf te beskerm en te bewaar." Toe kondig hy hierdie towerspreuke aan:

agane gane gauri gandhari chandali matangi janguly vrusani
agashti

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie formules, hierdie bonatuurlike inkantasies, word aangekondig deur twee en veertig Boeddas. Indien enige iemand hierdie leermeesters van die Wet sou aanrand en beseer, dan is dit so goed hulle rand aan en beseer hierdie Boeddas!"

Daardie tyd was daar dogters van rakshasa demone, die eerste een was genaamd Lamba, die tweede een Vilamba, die derde een Skewe Tande, die vierde een Blomagtige Tande, die vyfde Swart Tande, die sesde een was genoem Baie Hare, die sewende een Onversadigbaar, die agste een Halsketting
Draer, die neënde een Kunti en die tiende een was genaamd die Rower van Lewens Energie van Alle Lewende wesens. Hierdie tien rakshasa dogters tesame met die moeder van bose kinders, haar kinders en haar bediendes, almal gaan na die plek waar die Boedda was en spreek met die Boedda as eenheid en sê, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ook ons wens om diegene wat die Lotus soetra lees, voordra, aanvaar en handhaaf te beskerm en spaar van verswakking en seerkry. Indien enige iemand die leermeesters se tekortkomminge en gebrekke probeer uitbuit en hulle sodoende wil behandeel sal ons dit onmoontlik vir daardie persone maak om so te doen." Toe in die teenwoordigheid van die Boedda kondig hulle hierdie towerspreuke aan:

itime itime itime atime itime nime nime nime nime nime ruhe
ruhe ruhe ruhe stahe stahe stahe stuhe shuhe

"Selfs sou hulle tot op ons hoofde klim, sal hulle nooit die leermeesters van die Wet pla nie! Sou dit of ’n yaksha of ’n pakshasa of ’n honger gees of ’n putana of ’n kritya of ’n vetada of ’n skanda of ’n umaraka of ’n apasmaraka of ’n yaksha kritya of ’n menslike kritya of ’n hoë koors -’n dag, twee dae, drie dae, vier dae of soveel as sewe dae van konstante hoë koors of sou dit in ’n man se vorm of in vroue vorm of jong seun se vorm of in jong meisie se vorm of sou dit selfs net in ’n droom wees, dit sal nooit die leermeesters probleme verskaf!"

Toe in die teenwoordigheid van die Boedda spreek hulle in vers vorm en sȇ:

Sou daar diegene wees wat nie aandag gee aan ons towerspreuke
en probleme veroorsaak en die prekers van die Wet onderbreek,
hul hoofde sal in sewe dele breek
soos die take van die arjaka boom.
Hul oortreding sal wees soos iemand wat hul vader en moeder doodgemaak het,
of soos iemand wat olie (uit) pars,
of iemand wat ander bedrieg met afmeting en skale,
of soos Devadatta wie die order van monnike versteur.
Enige iemand wat ’n misdaad teenoor hierdie leermeesters van die Wet begaan
sal oor hul self so ’n straf bring!"

Daarna sê hulle (die rakshasa
demoon dogters) vir die Boedda, "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ons sal ons eie liggame gebruik om diegene wat hierdie soetra aanvaar, handhaaf, lees, voordra en beoefen, te beskerm en te bewaar. Ons wil toe sien dat hulle vrede en rustigheid bereik en hulle bevry is van verswakking en seerkry en die effekte van alle giftige kruie neutraliseer."

Die Boedda sê vir die rakshasa dogters, "Uitstekend, uitstekend! Indien julle diegene wat slegs die naam van die Lotus soetra aanvaar en handhaaf kan beskerm en bewaar, sal julle meriete onmeetbaar wees. Hoeveel te meer so indien julle diegene wat die Lotus soetra in sy geheel kan aanvaar en handhaaf, wie almoese aanbied vir die soetra, blomme, wierook, nek hangertjies, gepoeierde wierook, wierook vir verbranding, baniere,
tente, musiek, wie verskeie soorte lampe brand – botter olie lampe,olie lampe, lampe van verskillende gegeurde olies, lampe van sumana sonneblom olie en lampe van utpala sonneblom olie en diegene wat op so manier honderd duisende verskeidenheid almoese offer, kan beskerm en bewaar ? Kunti, jy en jou aanhangers moet die leermeesters soos hierdie van die Wet beskerm en bewaar!"

Nadat die Boedda hierdie Dharani hoofstuk gepreek het, het ses-en-tagtig duisend persone die waarheid van geboorteloosheid bereik.


Hoofstuk Sewe-en-Twintig: Die Vorige Dade van die Koning Wonderlike Versiering (Verfraaiing)
Daardie tyd adresseer die Boedda die groot byeenkoms deur te sê: "In ’n tydperk lank-lank, ’n onmeetbare, grenslose, ondenkbare tyd gelede was daar ’n Boedda genaamd Wolk Donderweer Geluid Konstellasie Koning Blom Wysheid, Tathagata, ontwaakte, Boedda. Sy land was genoem Helder Lig Versiering en sy tydperk was genaamd Verheug om te Sien. In die midde van hierdie Boedda se Wet, was daar ’n koning genaamd Wonderlike Versiering. Hierdie koning se vrou was genoem Egte Deugde. Hy het twee seuns gehad, naamlik Egte Stoorhuis en Reine Oog. Hierdie twee seuns het magtige bonatuurlike magte, meriete, deugde, wysheid besit en lank het hulle die weg geskik vir ’n streweling beoefen - die verskillende vervolmakings (uitvoering van die
almoes offerande-vervolmaking, nakoming van die voorskrifte-vervolmaking, geduld -vervolmaking, energie-vervolmaking, meditasie-vervolmaking, wysheid -vervolmaking, die vervolmaking van wenslike metodes, bejammering, medelye, vreugde en onpartydigheid sowel as die twee-en-dertig hulpmiddels van die Weg. Almal van hulle het ten volle verstaan en bemeester. Bykomstig het hulle die samadhis van ’n streweling bekom, naamlik, die reine samadhi; son, sterre en konstellasie samadhi; reine lig samadhi; egte kleur samadhi; egte verhelderingsamadhi; lang versiering’s samadhi; en die groot waardigheid en deugde stoorhuis samadhi en het ten volle al hierdie samadhis bemeester.

"Daardie tyd, die Boedda wens om Koning Wonderlik Versiering nader te lok en te lei en omdat hy met medelye aan lewende wesens gedink het, het hy die Lotus soetra gepreek. Die koning se twee seuns, Rein
Stoorhuis en Rein Oog, gaan tot waar hul moeder was, vou hul handpalms en naels van hul tien vingers saam en sê vir haar, 'Ons pleit by ons moeder om te gaan en besoek die plek waar die Boedda Wolk Donderstorm Geluid Konstellasie Koning Blom Wysheid nou is. Ook ons sal gaan en almoese en eerbied toon. Waarom? Omdat hierdie Boedda die Lotus soetra preek ten midde van menigte hemels en menslike wesens en dit is net reg dat ons gaan luister en dit aanvaar.'

"Die moeder sê vir haar seuns, 'Julle vader het sy geloof in nie-Boeddistiese leerstellings geplaas en is diep aangetrokke tot die
Brahmaniese Wet. Julle moet tot by julle vader gaan, vertel hom van hierdie en oortuig hom om saam met julle te gaan.'

"ReinStoorhuis en Rein Oogdruk hul handpalms en tien vingernaels saam en sê vir hul moeder, 'Ons is die seuns van die Dharma Koning en nogtans is ons gebore in hierdie familie van dwaalleer sienings!'

"Die moeder sê vir haar seuns, 'Julle is reg om met bekommernis aan julle vader te dink. Julle moet bonatuurlike wonders terwille van hom manifesteer. Wanneer hy dit sien, sal sy bewussyn verseker skoon en gereinig wees en hy sal ons daarom toelaat om te gaan waar die Boedda is.'

Die twee seuns, omdat hulle bekommerd was oor hu vader, spring in die lig op tot ’n hoogte van sewe tala bome en voer verskillende tipe bonatuurlike wonders uit – loop, staan, lê in die lug; veroorsaak dat water vanuit die boonste gedeelte van hul liggame uitkom; vuur kom uit die onderste gedeelte van hul liggame; water kom uit die onderste gedeelte van hul liggame, vuur kom uit die boonste gedeelte van hul liggame; manifesteer groot liggame wat die hele lug vul en dan weer kleiner word en daarna maak dit weer groot; verdwyn in die midde van die lug en verskyn skielik weer op die grond; sink in die grond in asof dit water; loop op die water asof dit land is. Hulle het hierdie verskillende bonatuurlike wonders gemanifesteer sodat die bewussyn van hul koninlike vader rein kon word en sodat hy kon glo en verstaan.

Die vader sien hoe sy seuns hierdie bonatuurlike magte vertoon en sy bewussyn was gevul met groot blydskap soos hy nog nooit tevore ondervind het.

Hy druk sy handpalms saam, staar na sy seuns en sê, "Wie is jul leermeester? Wie se dissipels is julle?'

"Die twee seuns antwoord, "Grote koning, die Boedda Wolk Donderweer Geluid Konstellasie Koning Blom Wysheid wie op hierdie huidige oomblik op die Dharma troon onder die sewe juweel-versierde wysheid’s boom, ten midde die menigte van hemelse en menslike wesens van al die wȇrelde sit. Hy verduidelik breedvoerig die Lotus soetra. Hy is ons leermeester en ons is sy dissipels.'

Die vader sê vir sy seuns, 'Ek wil graag nou gaan om jul leermeester te sien. Julle moet saam met my gaan.'

Daarop daal die twee seuns neer uit die lug, gaan na waar hul moeder is, vou hul handpalms saam en sê, 'Ons koninklike vader glo en verstaan nou, hy is ten volle instaat om ’n begeerte tot alomvattende Boeddaheid te ontwikkel. Ons het die Boedda se werk terwille van ons vader voltooi. Ons versoek ons moeder om ons toe te laat om na die plek te gaan waar die Boedda is, om die huislike lewe te verlaat en die weg te beofen.'

Daardie tyd die twee seuns wens om hul mening weereens te uiter, spreek in vers vorm en sê vir hul moeder:

“Ons pleit by ons moeder om ons toe te laat
om die huishoudelike lewe te verlaat en monnike te word.
Dit is baie moeilike om die Boeddas teë te kom;
ons sal hierdie Boedda navolg en van hom leer.
Uiters skaars is die udumbara blom,
nog skaarser is dit ’n Boedda teë te kom,
en om te ontsnap van moeilikhede is ook swaar!
ons pleit by u om ons toe te laat om die huishoudelike lewe te verlaat.”

Hul moeder sê vir hulle, 'Ek sal julle toelaat om die huishoudelike lewe te verlaat. Waarom? Omdat dit moeilik is om ’n Boedda teë te kom.'

Die twee seuns sê toe vir hul vader en moeder: 'Uitstekend, uitstekend, vader en moeder! En ons pleit by u-hulle om op die geskikte tyd te gaan na die plek waar die Boedda Wolk Donderstorm Geluid Konsellasie Koning BlomWysheid is, bedien hom in persoon en offer almoese. Waarom? Omdat dit uiters moeilik is om die Boedda teë te kom - so moeilik soos om die udumbara blom teë te kom. Of so moeilik soos dit vir ’n een-oog skilpad is om ’n drywende stomp met ’n gat daarin teë te kom. Ons is
geseënd met goeie geluk as gevolg van vorige lewensbestaan en is gebore in ’n tydperk waar ons die Boedda se Wet kan teë kom. Vir hierdie rede moet vader en moeder ons toelaat om die huishoudelike lewe te verlaat. Waarom? Omdat dit moeilik is om die Boeddas teë te kom en die geskikte tyd is ook moeilik om deel van te wees.'

Daardie tyd, die vier-en-tagtig duisende persone in die vroue kwartiere van Koning Wonderlike Versiering was almal instaat om die Lotus soetra te aanvaar en te handhaaf. Streweling Rein Oog het lank gelede honderde duisende tien duisende miljoen jare in die verlede die Dharma blom samdhi bemeester en streweling Rein Stoorhuis het ook miljoene eeue gelede die samadhi van ontsnap van die Bose bestaans koninkryke bemeester. Die rede was omdat hy gewens het om dit vir die lewende wesens moontlik te maak om te ontsnap van die bose bestaans koninkryke. Die koning se
vrou het die samadhi van die Boeddas se byeenkoms bekom en was instaat om die geheime stoorhuis van die Boeddas te verstaan. Haar twee seuns, soos alreeds beskryf, het die mag van wenslike metodes gebruik om hul vader te verbeter en te verander sodat hy die bewussyn van geloof kon bekom en die Boedda se Wet kon liefhê en daarin verbly kon wees.

Daarna het Koning Wonderlike Versiering, vergesel van sy ministers en sy bediendes; sy koningin Rein Deugde en al die vroue bediendes v an die vroue kwartiere; en die koning se twee seuns en hul twee-en-veertig duisende bediendes gaan na waar die Boedda was. Daar aangekom, buig hul hoofde na die grond in eerbied, gaan rondom die Boedda drie keer en gaan staan toe eenkant.

Daardie tyd, daardie Boedda preek die Wet terwille van die koning, onderrig hom en verskaf voordele en blydskap aan
hom. Die koning was uitermatig verheug.

Daardie tyd KoningWonderlike Versiering en sy
koningin haal hul halskettinkies ter waarde van honderd duisende en strooi dit oor die Boedda. Midde in die lug verander dit in ’n juweel-versierde halsketting met vier pilare. Op die podium was ’n groot juweel-versierde sitbanke oorhang met honderd, duisende, tien duisende van hemelse kleed. Sittend daarop met gekruisde bene was daar ’n Boedda wat ’n verhelderde lig uitgestraal het.

Daardie tyd KoningWonderlike Versiering dink by homself: Die Boedda se liggaam is skaars inderdaad, buitengewoon in waardigheid en versier, verteenwoordigend van ’n vorm van uiterse
subtiliteit en wonder! Toe spreek die Boedda Wolk Donderstorm Geluid Konstellasie Koning Blom Wysheid met die vier soorte geloofs na-volgers en sê, 'Sien julle hierdie KoningWonderlike Versiering wat hier met sy handpalms saamgevou voor my staan? In die midde van my Wet sal hierdie koning ’n monnik word, pligsgetrou die Weg wat die Boedda-weg bevorder en beoefen. Hy sal instaat wees om ’n Boedda te word en sy naam Sal-Boom Koning wees. Sy land genoem word Magtige Lig en sy tydperk sal genoem word Groot Verhewenheid Loofwaardig Koning. Hierdie Boedda, Sal Boom Koning, sal onmeetbare menigte strewelinge sowel as onmeetbare stem-aanhoorders hê. Sy land sal gelyk en glad wees. Sulks sal sy voordele wees.'

Die koning het toe onmiddelik sy koninkryk aan sy jongste broer oorgedra en hy, sy vrou, twee seuns en al hul bediendes het in die midde van die Boedda se Wet die huishoudelike lewe opgegee om die weg te beoefen.

Nadat die koning die huishoudelike lewe verlaat het, het hy vir ’n tydperk van vier-en-tagtig dusiend jare met pligstrouheid die Lotus soetra van die Wonderlike Wet beoefen. Nadat die tydperk verby is, het hy die samadhi van die versiering van alle egte voordele bekom. Hy styg in die lig op tot ’n hoogte van sewe tala bome en sê vir die Boedda: 'Wȇreld-Gerespekteerde Een, hierdie twee seuns van my het die Boedda se werk uitgevoer, transendentale magte en transformasies uitgevoer om my bewussyn weg te lei vanaf ketter leerstellings en sodoende my instaat gestel om in die Boedda se Wet te vertoef en my toegelaat om die Wȇreld-Gerespekteerde Een te sien. Hierdie twee seuns was goeie vriende vir my. Hulle wens om die goeie wortels van my vorige lewens bestaan te laat ontwaak en om my te verryk en te bevoordeel en vir daardie rede is hulle in my huishouding gebore.'

"Daardie tyd die Boedda Wolk Donderstorm Geluid Konstellasie Koning Blom Wysheid sê vir Koning Wonderlike Versiering, 'Net so, net so. Dit is soos jy gesȇ het. Indien goeie mans en vrouens wie goeie wortels geplant het en as gevolg daarvan in lewensbestaan na lewensbestaan instaat was om goeie vriende te bekom en daardie goeie vriende kan die Boedda se werk doen, onderrig, bevoordeel, verbly en hulle instaat stel om alomvattende Boeddaheid te bereik. Magtige koning, u moet verstaan dat ’n goeie vriend is die groot oorsaak en kondisie waar deur ’n persoon gelei word en instaat gestel word om die Boedda te sien en die begeerte te ontwikkel om alomvattende Boeddaheid te bereik. Magtige koning, sien u hierdie twee seuns? Hierdie twee seuns het alreeds almoese aan Boeddas soos die sand van miljoene Ganges riviere geoffer, het nader aan die Boeddas gegaan met eerbied en in die teenwoordigheid van daardie Boeddas die Lotus soetra aanvaar en handhaaf, met medelye aan lewende wesens wie
dwaalleersienings omhels het, gedink en veroorsaak dat hulle in die korrekte siening vertoef .'

"Koning Wonderlike Versiering het toe neergedaal en sê vir die Boedda, 'Wȇreld-Gerespekteerde Een, die Dus Hier Kom Een is ʼn baie skaarse wese! Omrede sy voordele en wysheid, die knop van vlees op die top van sy hoof, verlig almal met ’n helderlig. Sy oë is lank, wyd en donker blou van kleur. Die hare uitgroeisel tussen sy wenkbroue, een van sy kenmerke, is wit soos ’n kristal maan.Sy tande is wit, gelyk, na aan mekaar gespasieerd en vertoon ’n konstante glinster. Sy lippe is rooi en so mooi soos die bimba vrug.'

"Daardie tyd Koning WonderlikeVersiering, nadat hy die Boedda se onmeetbare miljoene voordele op so manier geloof het, in die teenwoordigheid van die Dus Hier Kom Een met ’n gefokusde bewussyn vou sy handpalms saam en addresseer die Boedda weereens en sê: 'Wȇreld-Gerespekteerde Een, iets soos hierdie was nog nooit te vore geken nie! Die Wet van die Dus Hier Kom Een is ten volle toegerus met ondenkbaar subtiele en wonderlike voordele. Waar sy leerstelling en voorskrifte nagekom word sal daar rustigheid en goeie gevoelens wees. Van hierdie dag af sal ek
dwaalleer en kettersienings en arrogansie, woede en ander bose bewussyn’s state weg mee doen'

"Nadat hy hierdie woorde gespreek het, buig hy voor die Boedda en verlaat die plek."

Die Boedda sê vir die groot byeenkoms, "Wat is julle opinie? Is hierdie KoningWonderlike Versiering iemand onbekend aan julle? In werklikheid is hy niemand anders as die teenwoordige streweling Blom Deugde. En sy koningin Egte Deugde, is streweling Skynende Lig Versierings Merke wie nou hier in die Boedda se teenwoordigheid is. Uit bejammering en medelye vir Koning Wonderlike Versiering en sy bediendes, was hy in hul midde gebore. Die koning se seuns is die huidige strewelinge Medisyne Koning en Medisyne Mees Uitstaande.

"Hierdie strewelinge Medisyne Koning en Medisyne Mees Uitstaande was alreeds suksesvol in die bereiking van magtige voordele soos genoem en in die teenwoordigheid van onmeetlike miljoene Boeddas het hulle menigte wortels van deugde geplant en het ondenkbare goeie voordele bekom. Indien daar persone is wat bekend is met hierdie strewelinge se name, dan sal die hemelse en menslike wesens van al die wêrelde verseker gehoorsaam wees aan hulle."

Nadat die Boedda hierdie hoofstuk oor die Vorige Sake van Koning Wonderlike Versiering gepreek het, het vier-en-tagtige persone hul self verwyder van stof en besmettings en die reine Dharma oog bekom aangaande die verskeie verskynsels.

Hoofstuk Agt-en-twingtig: Die aanmoediging van streweling Universeel Waardig.
Daardie tyd het streweling
Universeel Waardig, bekend vir sy vrye beoefening van transendentale magte, waardigheid en deugde, in die geselskap van die groot strewelinge in ontelbare getalle, het aangekom vanuit die ooste. Die lande wat hy verbygegaan het, het almal geskud en gebewe, juweel-versierde lotus blomme reën neer en ontelbare miljoene verskeie soorte musiek het gespeel. Daarby het getallose hemelse wesens, drake yakshas, gandharvas, asuras, garudas, kimnaras, mahoragas, menslike en nie-menslike wesens hom omring - elkeen vertoon sy waardigheid, deugde en transendentale magte.

Toe streweling Universeel Waardig aankom in die midde van Berg Arendshoogte (Gridhrakuta) in die saha wȇreld, buig hy sy hoof tot op die grond uit eerbeid vir Shakyamuni Boedda, omsirkel hom na regs vir sewe keer en sê vir die Boedda: 'Wȇreld-Gerespekteerde Een, toe ek in die land van die Boedda Koning Bo Juweel Waardigheid was en van vêraf hoor ek die Lotus soetra wat gepreek word. In die geselskap van hierdie menigte van onmeetbare miljoene strewelinge het ek gekom om te luister en dit te aanvaar. Ek pleit dat die Wȇreld-Gerespekteerde Een dit vir ons sal preek. En goeie mans en vrouens in die tydperk nadat die
Dus Hier Kom Een nirvana bereik het - hoe sal hulle instaat wees om hierdie Lotus soetra te bekom?"

Die Boedda sê vir streweling Universeel Waardig: "Indien goeie mans en vrouens vier konsdisies sal vervul in die tyd na die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, sal hulle instaat wees om hierdie Lotus soetra te bereik. Eerstens, moet hulle deur die Boeddas ingedagte gehou, beskerm en bewaar word. Tweedens, moet hulle wortels van deugde plant. Derdens, moet hulle die stadium bereik waar hulle verseker is dat hulle verligting sal bereik. Vierdens moet hulle ’n vasbeslotenheid om alle lewende wesens te red, onwikkel. Indien goeie mans en vrouens hierdie kondisies vervul, dan, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, sal hulle verseker hierdie soetra bekom."

Streweling
Universeel Waardig sê vir die Boedda: "Wȇreld-Gerespekteerde Een, in die bose en korrupte tydperk van die laaste vyf honderd jaar, indien daar iemand is wie hierdie soetra aanvaar en handhaaf sal ek hom beskerm en bewaar, hom bevry van verswakking en seer (kry), toesien dat hy rusitgheid en vrede bekom en seker maak dat niemand sy swakhede bespeur en probeer uitbuit, geen bose of die bose se seuns of dogters of die bose se helpers of iemand besete deur die bose, geen yaksha, rakshasa, kumdhanda, pishacha, kritya, putana, vetada, of enige iemand ander wese wat mense martel instaat sal wees om hom uit te buit.

"Of daardie persoon loop of staan, indien daardie persoon hierdie soetra lees en voordra, dan daardie tyd sal ek my ses-tand koninlike wit olifant opsaal en met my menigte strewelinge na daardie persoon toe gaan. Ek wil myself manifesteer, almoese offer, hom beskerm en bewaar en ook gerustelling vir sy bewussyn bring. Ek wil dit doen omrede ek almoese vir die Lotus soetra wil offer. Indien, wanneer daardie persoon sit en die Lotus soetra bepeins, dan daardie tyd sal ek ook my koninlike wit olifand opsaal en myself in sy teenwoordigheid manifesteer. Indien daardie persoon selfs ’n enkele frase of vers van die Lotus soetra sou vergeet, sal ek hom aanmoedig en saam met hom lees en voordra sodat hy begrip bekom. Daardie tyd sal daardie persoon wie die Lotus soetra aanvaar, handhaaf, lees en voordra, sal instaat wees om my liggaam te sien en hy sal gevul wees met groot vreugde en sal homself met groter pliggetrouheid as ooit tevore toepas. Omdat hy my gesien het, sal hy onmiddelik samadhis en mondelings formules bekom. Hierdie word genoem die repeterende (mondelings) formules - die honderde, duisende, tien duisende, miljoene repeterende mondelings formules en die Dhrama Geluid wenslike mondelingse formules. Hy sal sulke mondelingse formules bekom.

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, in daardie latere tydperk, onder die bose en korrupte tyd van die laaste vyf honderd-jaar periode, indien monnikke, nonne, leke mans of vroue geloofs aanhangers wie die Lotus soetra soek, aanvaar, handhaaf, lees, voordra en vertaal, sou wens om dit te beoefen, dan moet hulle dit pligsgetrou en met ’n gefokusde bewussyn vir een-en-twintig dae doen. Daarna sal ek my ses-tand wit olifand opsaal en met ontelbare strewelinge wat my omring en met hierdie liggaam wat alle lewende wesens verheug is om te sien, ek sal myself manifesteer in die teenwoordigheid van daardie persoon en Wet vir hom preek, instrukises, voordele en vreugde vir hom bring. Ek sal hom ook mondelings formules en towerspreuke
gee. En omdat hy hierdie towerspreuke bekom het, kan geen nie-menslike wese hom beseer of kwaad aandoen en hy kan ook nie verward word nie en ook nie deur vrouens mislei word nie. Ek sal hom ook persoonlik ten alle tye bewaar. Daarom, Wȇreld-Gerespekteerde Een, hoop ek u sal my toelaat om hierdie mondelingse formules aan te kondig." Toe kondig hy hierdie towerspreuke aan:

adande dandapati dandavarte dandakushale dandasudhare
sudhare sudharapati Boeddapashyane sarvadharani-avartani
sarvandhashyavartani su-avartani samghaparikshani
samghanarghatani asamge samgapagate tri-adhvasamgatulya-
arate-prapty savasamgasamatikrante sarvadharmasuparikshite
sarvasattvarutakaushalyanugate simhavikridite

"Wȇreld-Gerespekteerde Een, indien enige streweling instaat sal wees om hierdie mondelingse formules te hoor, moet hy verstaan dit is as gevolg van die transendentale magte van die streweling Universeel Waardig. Indien en wanneer die Lotus soetra regdeur Jambuvipa gepropageer word, sal daar diegene wees wat dit aanvaar en handhaaf en hulle moet by hulself dink: ‘Dit is alles as gevolg van die outoriteit en bonatuurlike mag van streweling Universeel Waardig!’ Indien daar diegene is wat hierdie soetra aanvaar, dit korrek memoriseer, die beginsels verstaan en beoefen soos die soetra voorskryf, sal daardie persone weet dat hulle die praktyke van streweling Universeel Waardig homself beoefen. In die teenwoordigheid van onmeetbare, grenslose Boeddas het hulle goeie wortels diep in die grond geplant en die hande van die Boeddas sal hulle op hul hoofde druk
.

"Indien hulle meer as net die soetra kopiëer, dan wanneer hul lewens tot ’n einde kom, sal hulle in die Trayastrimsha hemel her-gebore word. Daardie tyd vier-en-tagtig duisend hemelse vrouens voer verskeie soorte musiek uit en kom groet hulle. Sulke persone sal krone gemaak van die sewe skatte ten midde van die diensmeisies
, dit opsit en hulself vermaak en geniet. Hoeveel te meer dan, indien hulle die soetra aanvaar, handhaaf, lees, voordra, dit korrek memoriseer en die beginsels verstaan, dan wanneer die persone se lewens tot ’n einde kom, sal hulle ontvang word in die hande van duisende Boeddas wie hulle sal verlos van alle vrees en hulle help om nie die bose paaie van bestaan te betree nie. Onmiddelik sal hulle na die Tushita hemel gaan, na die plek waar streweling Maitreya is. Streweling Maitreya besit die twee-ene-dertig merke en is omring deur ’n menigte van magtige strewelinge. Hy het miljoene hemelse vrouens as bediendes en hierdie persone sal daar in hulle midde gebore word. Sulks sal die voordele en byvoordele wees wat hulle sal geniet.

"Daarom moet persone met wysheid met gefokusde bewussyn die soetra hulself
kopieër of versoorsaak dat andere dit kopieër, hulle moet dit aanvaar, handhaaf, lees, voordra, korrek memoriseer en beoefen soos die soetra voorskryf. "Wȇreld-Gerespekteerde Een, ek gebruik daarom nou my transendentale magte om hierdie soetra te beskerm en te bewaar. En nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, sal ek veroorsaak dat dit wyd gepropageer word regdeur Jambudvipa en toesien dat dit nooit tot ’n einde kom."

Shakyamuni Boedda spreek toe hierdie loof woorde: "Uitstekend, uitstekend,
Universeel Waardig! U is instaat om hierdie soetra te bewaar en te help en veroorsaak dat baie lewende wesens vrede, vreugde en voordele bekom. U het alreeds ondenkbare voordele en diepgaande groot bejammering en medelye bekom. Sedert lang tydperk in die verlede het u ’n begeerte na alomvattende Boeddaheid getoon en het ’n eed afgelȇ om u tansendentale magte te gebruik om hierdie soetra te bewaaren te beskerm. En nou sal ek my transendentale magte gebruik om diegene wat die naam van streweling Universeel Waardig aanvaar en handhaaf.

"Universeel Waardig, indien daar persone is wat hierdie Lotus soetra aanvaar, handhaaf, lees, voordra, korrek memoriseer, beoefen en vertaal, moet jy weet dat sulke persone vir Shakyamuni Boedda gesien het. Dit is so goed asof hulle hierdie soetra uit die mond van die Boedda gehoor het. U moet weet dat sulke persone almoese vir Shakyamuni Boeddageoffer het en dat hulle deur Shakyamuni Boedda op hul hoofde gedruk was. U moet weet dat sulke persone deur die kleed van Shakyamuni Boedda bedek was.

"Hulle sal nie meer langer gulsig vir of aangetrokke wees tot wȇreldse plesier, hulle sal geen nuuskierigheid openbaar vir die geskifte of aantekeninge van nie-Buddiste.
Hulle sal geen plesier vind in assossiasie met sulke persone nie of diegene wat bose beroepe soos slagters, persone wat met varke, skape, hoenders of honde boer nie of jagters of diegene wat vrouens se dienste verkoop. Hierdie persone sal opreg en eerlik in voornemens wees, korrekte geheue hê en sal die mag van meriete en deugde besit. Hulle sal nie gepla word deur die drie soorte gif of ook nie gepla word deur jaloesie, self-belangrikheid, onbesonne verwaandheid of arrogansie. Hierdie persone sal min begeertes hê, sal maklik tevrede gestel word en sal weet hoe om die praktyke van streweling Universeel Waardig uit te voer.

"
Universeel Waardig, nadat die Dus Hier Kom Een nirvana bereik het, in die vyf laaste honderd jaar periode, indien jy iemand sien wat die Lotus soetra aanvaar, handhaaf, lees en voordra, dan moet jy by jouself dink: ‘Voor lank sal hierdie persoon na die plek van beoefening (praktyke) gaan, die bose weermag oorwin en alomvattende Boeddaheid bereik. Hy sal die wiel van die Dharma draai, die Dharma drom slaan, die Dharmatrompet lui en die Dharma reëns laat neer kom. Hy is waardig om te sit op die leeu troon van die Dharma ten midde van die groot menigte (byeenkoms) van hemelse en menslike wesens.

"Universeel Waardig, in die later jare, indien daar diegene is wat hierdie soetra aanvaar, handhaaf lees en voordra sal sulke persone nie meer gulsig wees vir of aangetrokke tot kleding stukke, beddegoed, voedsel en drank of die ander daaglikse noodsaaklikhede. Hul wense sal nie te vergeefs wees nie en in hul huidige lewensbestaan sal hul die vergoeding van goeie voorspoed
bekom. Indien daar enige iemand hulle verneder of spot deur vir hulle te sȇ, ‘Julle is idiote! Dit is nutteloos om hierdie praktyke te beoefen - julle sal aan die einde niks bereik!’ Dan as straf vir sy oortreding sal daardie persoon sonder oë in leeftyd na leeftyd gebore word. Maar indien daar enige iemand is wie almoese aanbied en hulle loof, dan in hierdie huidige lewensbestaan sal daardie persone vergoeding ontvang.

"Indien enige iemand ’n persoon sien wat hierdie soetra aanvaar en handhaaf en probeer om daardie persoon se foute en tekortkominge openbaar te maak of hy die waarheid praat al dan nie, sal hy in sy huidige lewensbestaan aangetas word met wit melaatsheid. Indien enige iemand daardie persoon verneder of vir hom lag dan in sy huidige lewensbestaan sal hy tande wat uitval hȇ of vêr uitmekaar gespasieerd is, lelike lippe, ’n plat neus, hande en voete wat misvorm en nou-skrefie oë hê. Sy liggaam sal ’n onaangename reuk hê, met sere waaruit sug en bloed loop en hy sal ly aan water in die maag, kortasem en ander erge en kwaadwillige
siektes. Daarom, Universeel Waardig, indien jy ’n persoon sien wie hierdie soetra aanvaar en handhaaf, moet jy opstaan eh hom van vêraf groet, hom dieselfde respek bewys as ’n Boedda."

Toe hierdie hoofstuk aangaande die bemoedingings van die streweling
Universeel Waardig gepreek was, het streweling so onmeetbaar en grensloos soos die sand van die Ganges rivier die mondelings formules bekom wat hulle instaat gestel het om miljoene repetasies van die leerstellings te memoriseer en strewelinge gelykstaande aan die stofdeeltjies van die duisend-miljoen wȇreld het die perfekte weg van Universeel Waardig vervolmaak.

Nadat die Boedda hierdie soetra gepreek het, het
Universeel Waardig en die ander strewelinge, Shariputra en die ander stem-aanhoorders tesame met die hemelse wesens, drake, menslike en nie-menslike wesens - al die lede van die groot byeenkoms was gevul met groot vreugde. Hulle aanvaar en handhaaf die woorde van die Boedda daarna buig hulle in eerbied en verlaat die byeenkoms.



  • Lord Jeus be praised. Translation completed on 11 March 2023.











No comments:

Post a Comment