Tuesday 30 July 2024

Abhaya Sutta Vreesloos

 

Abhaya Sutta

Vreesloos

Vertaal uit Pali deur Thanissaro

Janussoni die priester, gaan na die Boedda en by aankoms, groet die Boedda vriendelik. Hy gaan sit toe eenkant en sê vir die Boedda: "Ek is van mening en oponinie dat daar is geen een wat onderhewig is aan sterfte wat nie bang is nie of nie in vrees is vir die dood is nie."

Die Boedda sê: "Priester, daar is wesens wat onderhewig is aan sterfte, wat bang en in angs en vrees van die dood is. En ook wesens wat onderhewig is aan sterfte wat nie bang en nie in angs en vrees vir die dood is nie.

"En wie is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte wat bang, angstig en in vrees is vir sterfte? Dit is die geval van ʼn persoon wat nie weg gedoen het met passies, begeertes, liefde, koorsigheid en drang vir sensualiteit. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, 'O, daardie geliefde sensuele plesier sal van my af weg geneem en ek sal van daardie sensuele genot ontneem word!” Hy treur en gepynig; getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat bang, bevrees en angstig is wanneer die dood verseker sal intree.

"Verder, dit is die geval van ʼn persoon wat nie weg gedoen het met passies, begeertes, liefde, koorsigheid en drang vir die liggaam. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, 'O, my geliefde liggaam sal my ontneem word en ek sal skei van my geliefde liggaam!' Hy treur en gepynig; getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op.

Dit is daardie persoon wat ondehewig is aan sterfte, wat bang, bevrees en angstig is wanneer die dood verseker sal plaasvind.

Verder, daar is die geval van ʼn wese wat nie goed gedoen het nie, wat nie gedoen wat vaardig is nie en het nie beskerming verleen aan hulle wat vreesbevange gewees het nie en instede gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed is. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte.

Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, “Ek het nie gedoen wat goed is nie, ook nie gedoen wat vaardig is nie, nie beskerming verleen aan die wat bevrees was nie. In teendeel het ek gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed was. Tot so ʼn mate dat daar ʼn bestemming is vir daardie wesens wat slegte, bose, onmenslike en wrede dade pleeg en dit is daarheen waarna ek op pad is na afsterfte!” Hy treur en gepynig, getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op. Dit, ook, is ʼn persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat bang, vervrees en anstig is wanneer die dood verseker sal plaasvind.

Verder, daar is die geval van wesens wat in twyfel en radeloosheid is, wie nog nie sekerheid het t.o.v die egte Dharma. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte en op sy siekbed die volgende gedagte kom by hom op, “Hoe twyfelagtig en radeloos is ek! Ek het geen sekerheid t.o.v die egte Dharma!” Hy treur en gepynig, getreisterd en wenend, slaan op sy bors en tree wanhopig op. Dit, ook, is ʼn persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat bang, vervrees en anstig is wanneer die dood verseker sal plaasvind.

"Hierdie, priester, is die vier wesens (persoone) wat onderhewig is aan sterfte wat bang, bevrees en beangs t.o.v die dood.

"En wie is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie t.o.v die dood?

"Daar is die geval van ʼn wese wat weg gedoen het met passies, begeertes, liefde, koors en drang vir sensualiteit. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte.

Op sy siekbed kom die volgende gedagte glad nie by hom op nie, “O, daardie geliefde sensuele plesier en genot sal van my weg geneem word en ek sal van dit ook weg geneem word!” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

"Verder, daar is die geval van ʼn persoon wat weg gedoen het met passies, liefde, dors, koors en drang vir die liggaam. Dan word hy platgetrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte glad nie by hom op nie, “O, my geliefde liggaam sal van my af weg geneem word en ek sal van my geliefde liggaam ontneem word!” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig nie, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit, ook, is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

"Verder, daar is die geval van ʼn persoon wat gedoen het wat goed is, gedoen wat vaardig is, wat beskerming verleen het aan die wat bevrees was en wat nie gedoen het wat sleg, boos, onmenslik en wreed is nie. Dan word hy plat getrek deur ʼn ernstige siekte. Op sy siekbed kom die volgende gedagte by hom op, “Ek het gedoen wat goed is, gedoen wat vaardig is, beskerming verleen aan die bevrees was en nie gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed is nie.Tot so ʼn mate is ʼn dat daar ʼn bestemming is vir hulle wat goed gedoen het, gedoen wat vaardig is, beskerming verleen aan die die wat bevrees was en het nie gedoen wat sleg, boos, onmenslik en wreed is nie. Dit is waarheen ek op pad is wanneer ek verseker sal sterf!” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig nie, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

Verder, daar is die geval van ʼn wese wat nie twyfel nie en ook nie radeloos is t.o.v die egte Dharma. Verseker weet hy wat die egte Dharma is. Dan word hy platgetrek deur ʼn ernstige siekte.

Op siektebed kom die volgende gedagte by hom op, “Ek het geen twyfel of is nie radeloos t.o.v die egte Dharma nie. Verseker weet ek wat die egte Dharma is.” Hy is nie gegriefd nie, is nie gepynig nie, ween nie, slaan nie op sy bors nie en is nie wanhopig nie. Dit is daardie persoon wat onderhewig is aan sterfte, wat nie bang, angstig en bevrees is nie wanneer die dood verseker sal intree.

Hierdie, priester, is die vier wesens wat onderwerpe is aan sterfte, wat nie bang, nie angstig en nie bevrees is oor die dood nie!” Nadat dit gesê is, antwoord Janussoni die priester, die Boedda, “Wonderlik, Meester Gotama! Wonderlik! Dit kan vergelyk word met dit wat omgeval het wat weer regop gesit is, of belig word dit wat verborge was, of om iemand wat verdwaal het weer die regte pad aan te wys, of om ʼn lig te dra in die donkerte sodat hulle met oë, vorms kan onderskei/sien. Op dieselfde wyse, Meester Gotama, deur middel van verskeie beredenering het u die Dharma verhelder. Ek kom na Meester Gotama, die Dharma en die monnikke vir toevlug. Mag Meester Gotama my onthou as ʼn leke navolger vir lewenslank van hierdie dag af."





** Lord Jesus be praised…

Translated into Afrikaans, 2 January 2021 by Elroy M Heynes


No comments:

Post a Comment