Tuesday 30 July 2024

Dana Soetra Die Stok

 

Dana Soetra


Vertaal vanuit Pali deur Thanissaro


Die Stok


So het ek gehoor; Die Boedda was in Savatthi en het gesê:

Vanuit ʼn ondenkbare begin ontstaan transmigrasie. ʼn Begin punt is nie bemerkbaar nie maar wesens bekleed met onkunde en omketting met begeertes (drange), transmigreer en dwaal voort.


Net soos ʼn stok in die lug opgegooi word en dit soms op die basis, soms op die kant, soms op die punt val, op dieselfde wyse/manier, wesens bekleed met onkunde en omketting met begeertes, transmigreer en dwaal voort – somstyds gaan van hierdie wêreld na ʼn ander;somstyds kom vanaf ʼn ander wêreld na hierdie een.


Waarom is dit so? Vanaf ʼn onbeskryflike en ondenkbaare ontstaan, begin transmigrasie. ʼn Beginpunt is nie opmerkbaar nie maar nogtans wesens bekleed met onkunde en geketting en verstrengeld met begeertes, transmigreer en dwaal voort.


Lank genoeg het jy gestres, gepynig en verlies ondervind en die begraafplase volgemaak. Genoeg om misnoee ten opsigte van die gefabriseerde dinge te ontwikkel; genoeg om dispassievol te raak; genoeg om verlos te raak!





** Lord Jesus be praised…

Translate into Afrikaans, 21 December 2020





No comments:

Post a Comment