Tuesday 30 July 2024

Na Tumhaka Sutta

Na Tumhaka Sutta

Nie joune nie


Vertaal vanuit Pali deur Thanissaro

"Wat ookal nie joune is nie; doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel. En wat is nie joune nie?


"Die oog is nie joune nie; doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel. Vorms is nie joune nie… Oog-bewussyn is nie joune nie…Oog-kontak is nie joune nie…Wat ookal ontstaan in afhanklikheid van oog-kontak, wat ondervind word as of plesier, as ʼn pyn, of as nie-plesier-nie of nie-pyn-nie, dit ook is nie joune nie: doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel.

"Die oor (gehoor) is nie joune nie: doen afstand daarvan…

"Die neus (reuk) is nie joune nie: doen afstand daarvan...

"Die tong is nie joune nie: doen afstand daarvan…

"Die liggaam is nie joune nie: doen afstand daarvan…

"(Die) intellek is nie joune nie: doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel.

Idees is nie joune nie... Intellektuele-bewussyn is nie joune nie… Intellektuele-kontak is nie joune nie… Wat ookal ontastaan in afhanklikheid van intellektuele-kontak, ondervind word as of plesier of as pyn of as nie-pyn-nie of nie-plesier-nie, dit ook is nie joune nie: doen afstaan daarvan… Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel.

"Veronderstel ʼn persoon maak bymekaar of verbrand of doen soos hy goed dink met gras, takkies, stompe en blare hier in Jettta se groef. Sal die volgende gedagte by jou opkom, “Dit is ons wat hierdie persoon bymekaar maak, verbrand of doen met soos hy goed dink?”

"Nee my heer. Waarom is dit so? Omdat daardie dinge nie u self is nie en dit het nie betrekking op ons self nie."

"Op dieselfde wyse monnike, die oog is nie joune nie: doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel... Die oog… Die neus… Die tong… Die liggaam… Die intellek is nie joune nie: doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel... Watook antstaan in afhanklikheid van intellek, wat ondervind as of plesier, of pyn, of as nie-pyn-nie of nie-plesier-nie, dit ook is nie joune nie: doen afstand daarvan. Deur afstand daarvan te doen sal lei tot jou langtermyn gelukkigheid en voordeel.




*Lord Jesus be praised. Translated 27 March 2021


No comments:

Post a Comment